I left Nosy Be on Tuesday afternoon for Antananarivo. I managed to get everything done and everyone organized and prepared for my absence which might be more than a couple of months.
Lees meer “Madagaskar: Nuusbrief 25 Desember 2021 : Merry Christmas”Dringende Gebedsversoek: Amos
Ons het hierdie dringende gebedsversoek vanaf Amos ontvang vir ons voorbidding – hy gaan deur ‘n moeilike tyd met sy oë.
Dankie vir jul voorbidding.
Dear brothers and sisters
Pray that you all doing well,and enjoyed the Christmas day ,praying that you are blessed
I am sorry to bother you with my urgent prayers request, but please join me praying for my eye total healing
Lees meer “Dringende Gebedsversoek: Amos”Erediens 26 Desember 2021
Prediker: Ds. Rudolph du Plooy
Skriflesing: Openbaring 21: 1 – 7 & 22-23
Tema: Ons leef in ‘n verlede, hede en toekomstyd maar trap oor die drumpel na God se ewigheid
Begeleiding: Mev. Annalene de Swardt
Liedere:
Lied 164: 1 – 2
Lied 184: 1 & 4
Lied 191: 1 – 3
Gebedsgids – Januarie 2022
Ek wil in swakke mensetaal eerbiedig tot U nader. Ek wy aan U die nuwe jaar en steun op U genade; en wat daar ookal op my wag, ek loof U goeie dade, ek loof U goeie dade. (Liedboek 556:2)
Hier volg die gebedsgids vir Januarie 2022:
Lees meer “Gebedsgids – Januarie 2022”Kersdiens 25 Desember 2021
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: Efesiërs 3: 3 – 6 & 9 – 11
Tema: Kersdag – Kan jy ‘n geheim hou?
Begeleiding: Mev. Elize Hancke
Koor: Die singende oupas
Liedere:
Lied 358: 1 – 3
Lied 348: 1 – 3
Erediens 19 Desember 2021 NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Dr. Kobus Smit
Skriflesing: Lukas 2: 1 -14
Tema: Moenie bang wees nie.
Begeleiding: Mev. Annalene de Swardt
Liedere:
Lied 344: 1 – 3
Lied 334: 1 – 4
Hart vir Oekraïne: Gebedsbrief Desember 2021
Hiermee Michele se nuutste nuusbrief/gebedsbrief vir julle inligting en voorbidding asb. Die vlugte bly maar ‘n kopseer asook die verskillende lande se inperkings. Ons kan saam met hulle bly wees dat die alarmstelsel/ brandtrap asook alles wat daarmee verband hou suksesvol afgehandel kon word. Nou kan ons fokus om saam te bid oor die gebou en dat die harte van mense sal verander – iets wat net Hemel Vader mee kan help.
Liewe vriende en familie
Lees meer “Hart vir Oekraïne: Gebedsbrief Desember 2021”Madagaskar – Lynette’s Madanews – One Year…
I joked with the Saturday Rangers last week when we prayed for those who had birthdays during the week that I also have an anniversary of some sorts. Dries has been away from home for one whole year now. I still wonder how that is even possible and how Covid 19 was allowed to ruin people’s lives on so many levels. I refrain from dwelling on the fact that I don’t know how we can ever recover financially. Gabriel has not seen maintenance for a year now, not to even speak of the Land Rover. I try my best to do what I can, but my efforts in this regard are merely superficial. So when my quad bike broke down on the road three weeks ago, it was a case of the proverbial ‘the last straw to break the camel’s back’, scenario.
Lees meer “Madagaskar – Lynette’s Madanews – One Year…”Lief en Leed Week 50
Flitse Week 50+
- Sondag 12 Desember 2021 skriflesing vanoggend kom uit Filippense 4:4-7
- Gebedsgidse vir Desember 2021 en Januarie 2022 is beskikbaar in die voorportaal
- Die Kersdagdiens sal ook 25 Desember 2021 om 07:00 op YouTube uitgesaai word.
- Sondag – 19 Desember 2021 Prediker: Ds Danie Goosen
- Ds Danie is met verlof vanaf 26 Desember 2021 tot 10 Januarie 2022.
- Sondag – 26 Desember 2021 Prediker: Ds Rudolph du Plooy
- Sondag – 2 Januarie 2022 Prediker: Dr Ronell Bezuidenhout
- Sondag – 9 Januarie 2022 Prediker: Dr Frans Hancke
- Kersdagdienste – 25 Desember 2021 Die dienstye is 07:00; 08:00; 09:00 en 10:00
- Oujaarsdiens – 31 Desember 2021 As gevolg van Covid-19 regulasies sal die oujaarsdiens nie in die kerkgebou aangebied word nie. Die diens sal wel op YouTube om 17:00 op 31 Desember 2021 uitgesaai word
Afkondigings 12 Desember 2021 tot 9 Januarie 2022
Vandag – Sondag 12 Desember 2021:
- Baie welkom by vanoggend se erediens.
- Ons skriflesing vanoggend kom uit Filippense 4:4-7. Die tema van die prediking is: Gesoek: Blydskap?
- Spesiale offer vir Radio FEBA.
Missie Japan: SA BESOEK TERUGFLITS 8 Desember 2021
Beste Emile en Annelie,
Dis alweer sulke tyd … die tyd van die jaar wanneer min (Suid-Afrikaanse) mense nog lus of tyd het vir e-pos lees. Daarom hou ek die nuusflits kort. Hier volg ook ‘n kort video oor ons besoek aan SA!
Lees meer “Missie Japan: SA BESOEK TERUGFLITS 8 Desember 2021”Erediens 12 Desember 2021 – NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Filippense 4: 4 – 7
Tema: Gesoek: Blydskap!
Liedere:
Jeugsangbundel: Ek is bly, ek is bly ek verheug my in die Heer!
Lied 366: 1 – 3
Begeleiding:
Pianis: Annelene de Swardt
Kitaar: Johan Smit
Erediens – 5 Desember 2021
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: Matteus 2
Tema: Kyk die ster!
Afkondigings 5 – 12 Desember 2021
Vandag – Sondag 5 Desember 2021:
- Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan
Dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing vanoggend kom uit Matteus 2. Die tema van die prediking is: Kyk die ster!
- Spesiale offer vir Hugenote-Kollege.
Flitse Week49+
- Vandag – Sondag 5 Desember 2021 Dr Frans Hancke Matteus 2 -Kyk die ster!
- Gebedsgidse vir Desember 2021 is beskikbaar
- Kersdagdiens sal ook 25 Desember 2021 op YouTube uitgesaai word
- Hartenbos Versorgingsoord se jaarlikse basaar vind plaas 18 Desember 2021, 9h00 by die NG kerk Hartenbos
- Rek en strek oefeninge vir seniors – Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die kerksaal.
Gemeentebrief 3 Desember 2021
Goeie more gemeente,
Die seisoen is hier. ‘n Tyd van terugkyk en vorentoe kyk (Adventstyd). Dit was ‘n jaar waarin ons as gemeente met dankbaarheid kon ervaar hoe God op talle wyses voorsien het. Ons het ook verlies ervaar. ‘n Verlies van geliefdes, normaliteit en soms gemeenskap van gelowiges. Ons moes elkeen op kreatiewe maniere nuut dink oor ons lewens, familie en vriende. Ook kerkwees het ‘n nuwe era ingegaan. Virtuele eredienste het ‘n algemene verskynsel geword en ons glo dat, alhoewel ons weer in die kerkgebou bymekaar kom, eredienste virtueel sal voortgaan. Dit kan egter nooit plaasvervangend wees vir die “in die oë kyk” geleenthede nie. Mag ons ere-diens aan God in ons lewens nuwe gestalte kry in ons huise, gemeenskap en wêreld. Ons moedig kreatiewe dissipelskap in u invloedsfeer aan. Soos Christus eens na die wêreld gekom het, mag iets van die gestalte van Sy koms ook in ons en deur ons sigbaar word.
Lees meer “Gemeentebrief 3 Desember 2021”Konnichiwa Nuusbrief – Elmar & Nadine (Missie Japan)
Liewe ondersteuner,In Japan is daar ‘n gebruik om te sê 久しぶり (hisashiburi) vir iemand wat jy vir ‘n lang tydperk nie gesien het nie. Aangesien ons elkeen van julle lank terug gesien het sê ons aan julle elkeen Konnichiwa, 久しぶり Hisashiburi.
In hierdie brief wil ons baie belangrike nuus met julle deel. Hierdie nuusbrief sluit in ‘n brief vanuit die Missie Japan kantoor sowel as ‘n video waarin ons meer verduidelik.
TWEE UITHOEKE – Japan en Suid-Afrika
Beste Ondersteuners
Kan twee lande meer van mekaar verskil as Japan en Suid-Afrika? Suid-Afrika is ‘n warm, soms lawaaierige, onvoorspelbare mengelmoes van kulture van die Weste, Nabye Ooste en Afrika. Japan is stil, homogeen en voorspelbaar. Na 12 en ‘n halwe jaar in Japan en ons onlangse besoek aan Suid-Afrika na ‘n besondere lang onafgebroke 4 jaar in Japan – boonop midde-in die derde golf van Covid-19 – was dit bykans onmoontlik om nie konstant melodramatiese vergelykings te tref nie.
Laaste uitreik aan Wolwedans vir 2021 – 1 Desember 2021
Die jaar se uitreike na Wolwedans is gister suksesvol afgesluit met die gee van ‘n Kersboodskap, kerskaartjie, sop, brood en bederfpakkies vir 76 mensies en 70 kindertjies. Daar was groot blydskap vir die persoonlike kontak en dankbaarheid vir alles wat in moeilike tye gedoen is. Hier is ‘n paar fotos om iets weer te gee van ons ervaring.
Lees meer “Laaste uitreik aan Wolwedans vir 2021 – 1 Desember 2021”
