
Sondag 23 Augustus 2026 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers:
- Dirk & Karen Noeth (seuntjie – Joshua Noeth).
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Deuteronomium 8.
- Die tema van die prediking is:Onthou om te onthou.
- Bybelsondag.
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- Kategese.
- Spesiale Offer vir Bybelverspreidingsfonds by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- LEEFKerk om 17:00 in die sysaal – Ds Charné Viljoen.
DEURKOLLEKTE
Vandag se deurkollekte vir Bybelverspreidingsfonds gaan aan die Sinodale Taakspan vir Finansies en Administrasie om Bybels teen subsidie te kan voorsien aan gemeentes wat spesifieke programme loots waar daar kontrole is dat die ontvanger werklik die Bybel wil hê en kan lees.
Woensdag 26 Augustus 2026 :
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Alle belangstellendes welkom.
- Marida – Epos Kontak.
- GEEN Blokbyeenkoms.
Verjaarsdae

Sondag 30 Augustus 2026 :
- Erediens om 10:00 – Ds Leon Cronje.
- Biddag vir Dowes.
- Kleuterkerk in Lokaal 6.
- Kategese.
- Spesiale Offer vir Bediening aan Dowes by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.
Getuienisbediening

Klub 50

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Rusland
Tsjetsjnië is ‘n outonome republiek in die Russiese Federasie, met ’n bevolking van sowat 1.5 miljoen mense. Hoewel ’n klein minderheid (meestal Russe of Georgiërs) Christene is, is etniese Tsjetsjniërs gewoonlik Moslem en bekering tot Christenskap bring verskriklike gevolge mee. Christene is huiwerig om hul getuienisse te deel, selfs anoniem, wat evangelisasie besonder moeilik maak.
Ons gebed vir die week: Bid dat ‘n deur vir FEBA Rusland sal oopgaan om die evangelie met die Tsjetsjniërs te deel en dat die evangelie Tsjetsjnië sal verander.


Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)
Nuut op 23 Augustus 2026
- Erediensbediening:
- Kry die skakel na die YouTube Erediens van 23 Augustus 2026, gelei deur ds Charné Viljoen.
- Bybelstudiereekse:
- ‘Splitsekondes met God’ is ‘n heerlike oomblik vir elke dag.
- Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Alle eer…”
- Gemeentenuus:
- Bybels vir dankbare mede-gelowiges.
- Die weeklikse Afkondigings, asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



