Wolwedans deel met ons van die wonderlike naaldwerk produkte wat hulle hierdie maand gemaak het.
Lees meer “Wolwedans Handewerk Maart 2023”Wolwedans: Naaldwerkprojek terugvoer 8 Februarie 2023
Hier bygaande vind u sommige van die artikels wat in die afgelope tyd deur in Wolwedans geskep is vanuit die bydraes wat ons gemeente gemaak het.
U bydrae dra elke dag to tot die ontwikkeling van ons gemeenskap en dra daartoe by dat ons stelselmatig elkeen kan bereik deur die u Welwillendheid.
Lees meer “Wolwedans: Naaldwerkprojek terugvoer 8 Februarie 2023”Getuienisbediening: Naaldwerk Projek
Die naaldwerkprojek gebruik die afval materiaal wat deur die Stoffeerwinkel CurtainsUp van George geskenk word, asook dit wat die gemeente skenk. Die afval-lappies word weekliks aan die deelnemende Oumas in die Wolwedans gemeenskap voorsien. Reeds 4 naaimasjiene het werkplek gekry, maar nog masjiene sal handig te pas kom. Die Oumas wat nie masjiene het nie, doen naaldwerk, hekel of breiwerk met die hand.
Lees meer “Getuienisbediening: Naaldwerk Projek”Getuienisbediening: Handewerk vanuit Wolwedans.
Ellie van Wolwedans wys vir ons van haar handewerk wat sy gemaak het uit die laslappies en wol wat sy ontvang het uit die skenkings van die gemeente.
Lees meer “Getuienisbediening: Handewerk vanuit Wolwedans.”Wolwedans uitreik 4 Mei 2022
Ons het woensdag weer vir 80 mensies bedien met ‘n boodskap, sop en brood en Hiermee van die dames se handewerk om te waardeer. Ons het ook verneem van ‘n sterfgeval asook een man wie se regtervoet geamputeer is. Met die kouer weer is baie van die ou mensies meer vatbaar vir wintersiektes
Lees meer “Wolwedans uitreik 4 Mei 2022”Wolwedans besoek 6 April 2022
Gister se uitreik na Wolwedans was geseend en kon ons weer vir 80 gesinne bedien met die Goeie Boodskap, sop en brood, danksy die goeie ondersteuning van ons gemeentelede met die deurlopende voorsiening van sop. Hiermee ook fotos van waarmee die dames van die naaldwerkprojek tans besig.
Groete in Jesus
Lees meer “Wolwedans besoek 6 April 2022”Wolwedans besoek 9 Maart 2022
Wolwedans besoek op 9 Maart 2022
Die uitreik was baie suksesvol en het ons ‘n boodskap oor Lydenstyd oorgedra en droë sopbestanddele (3 pakkies elk) en brood uitgegee vir 80 gesinne. Die oumas het ook gewone sop ontvang. Hiermee ook fotos waar van die dames hulle handewerk vertoon het:
Lees meer “Wolwedans besoek 9 Maart 2022”Uitreik aan Wolwedans – 23 Februarie 2022
Baie dankie weereens vir almal se bydrae om Wolwedans te help opbou. U skenkings dien ‘n dubbele doel:
- Die ontvangers is vry om die skenkings te gebruik vir skeppings en produkte om ‘n eie geldjie te verdien (hou in gedagte Wolwedans het ‘n besondere hoë werkloosheidsyfer)
- Die skenkings of eie skeppings kan aan ander wat dit moontlik nodiger het (en waarvan ons nie noodwendig bewus is nie), herversprei word
Let wel: U skenkings van komberse of klere word aan verdienstelike ontvangers gegee en mag dus nie verkoop word nie.
Die uitreik na Wolwedans woensdag was weer ‘n goeie uitreik waar ons hulle met ‘n boodskap, sop, en brood bedien het. Ons het ook baie lap,wol,gare, ens. Ontvang waarvoor hulle baie dankbaar voor is en weer kan aangaan met hul onderskeie projekte.
Ons sal van tyd tot tyd foto’s plaas van produkte. Hou egter in gedagte dat handgemaakte produkte tyd vat om te maak, veral binne die konteks soos hierbo uiteengesit, en te midde van baie maatskaplike uitdagings.
Weereens baie dankie vir almal se welwillendheid om die Getuienisbediening meer veerkragtig en diensbaar te maak!
Lees meer “Uitreik aan Wolwedans – 23 Februarie 2022”
