Week 3 Groepgesprek – Die Heilige Gees & die Plan-Ons is die plan: 9 weke van Transformasie

Week 3 Groepgesprek
Luister na lied

Lofprysing en aanbidding
Luister na snitte 5 (ONS SING VIR U ‘N LIED VAN VREUGDE) en 6 (JA MY SIEL IS STIL: PS 62) op die ingeslote CD, volg die woorde en bespreek die vraag wat volg.

“05 Ons sing vir U ‘n lied van vreugde” vanaf 9 Weke van Transformasie deur Johann Botes.

Ons sing vir U ’n lied van vreugde
’n Liefdeslied wat U moet hoor
Ons sing vir U ’n lied van vreugde
Ons harte sing ’n jubelkoor (x3)
Ons sing vir U ’n lied van vreugde
Ons eer en loof U Heer
Ons sing vir U ’n lied van vreugde
Aanbid U meer en meer (x3)
Hallelu! (x2) Halleluja! }x2
Ons sing vir U ’n lied van vreugde
Almagtig is u Naam
Ons sing vir U ’n lied van vreugde
Ons prys U almal saam (x3)
Hallelu! (x2) Halleluja! }x2

“06 Ja My Siel Is Stil” vanaf 9 Weke van Transformasie deur Johann Botes.

Ja my siel is stil tot Hom
My vesting tot Hy eendag kom
Hy alleen my rots, my heil
Stil tot my Heer
’n Vesting wat vir ewig staan
’n Toevlug waar ek ook mag gaan
Hy’s my redding, ook my krag
Stil tot my Heer
Wees net maar stil tot God my siel
Stil tot Hom
Vind rus in Hom alleen
Stil tot my Heer

Skryf / Vul in

Hoe sou mense met verskillende spiritualiteite na dié twee liedjies luister? Wie sou watter een verkies? Sou een meer Bybels korrek wees as die ander?


Bybelverse wat jou vandag aangespreek het:


Belewenisse en ervarings tydens vandag se Bybelstudie:


Wat het jy geleer of ontdek?


Hoe het vandag se studie jou tot aksie geïnspireer? Hoe het jy geestelik gegroei of is jou lewe verander?


Iets wat jy graag met die groep wil deel of bespreek?


Gebed

Gebedsonderwerpe:


Boublokvrae of -stellings:

  1. Kan ongelowiges ’n verskil maak? Hulle het dan nie die Heilige Gees nie ?
  2. Heiligmaking is ’n progressiewe proses – is dit soos julle dit beleef?
  3. Hoe verstaan en beleef julle God se Koninkryk?
  4. Waarom sien ons vandag nie meer sulke opspraakwekkende
    manifestasies van die Heilige Gees soos in die vroeë Kerk nie?
  5. Waarom is verskillende denominasies altyd haaks oor die gawes wat die Heilige Gees gee?

Week 3 Groepgesprek Die Heilige Gees en die plan
Week 3 Groepgesprek Die Heilige Gees en die plan
Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Week 3 Dag 15 – Vandag nog?: Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 3 Dag 15 Die Heilige Gees gee die gawes wat ons nodig het

God se wil is baie spesifiek vir ’n gemeente binne ’n bepaalde tyd, plek en
omstandighede. So ook vir my as gelowige.

  • Dit vra:
  • Voortdurende afhanklike verwagting dat Christus ons van oomblik tot oomblik sal lei hoe om ons gawes en vermoëns in sy diens te gebruik.
  • ’n Ingesteldheid van luister.

Ons vertel ons verhaal verder:

Die bos waar hierdie toneel van Die Mossie met die spiere afspeel, is God se
bos – met sy groot verskeidenheid. God is betrokke by sy bos – van die
grootste eeu-oue bome tot by die mikroskopiese minuut-oue organismes. God
is betrokke by die sterk diere – die leeu, buffel, renoster en olifant, maar ook by
die klein vaal mossie. Dit is egter nie waar hierdie verhaal eindig nie. Binne
hierdie bos is daar ook mense – ’n hele gemeenskap van bosbouers. Soos vir
die diere en plante, sorg God ook vir die bosbouers. Hy is tot die dood toe lief
vir hierdie mense. Hy wil hê hulle moet weet en glo dat hulle sy bosbouers is en
dat hulle in sy bos woon en werk. Daarom is daar ’n gemeente van God onder
die bosbouers. Hy weet presies hoe Hy sy liefde aan die ander bosbouers wil
kommunikeer. Hy kies om dit deur sy gemeente te doen, maar ’n baie vreemde
verskynsel kom egter in hierdie gemeente voor. Niemand in hierdie gemeente
het meer ore nie. In die beste gevalle is die gemeentelede se ore net
inwendige orgaantjies wat hulle help om hul balans te hou. Hierdie gemeente
weet nie meer hoe om na God te luister nie. Hulle hoor net genoeg om self
regop te bly!
Die tragedie is dat hulle dink hulle het klaar geluister en klaar gehoor

Gebed

Buig voor die Skeppergod wat in sy alwysheid besluit het om die skepping veelkleurig en met ’n verskeidenheid skepsels te skape. Hy het ook vir jou gemaak: uniek, met ander gawes, talente, vermoëns en belangstellings as ander mense. Eer Hom daarvoor en laat sy Woord en Gees jou oortuig van sy wil met jou lewe.

Lees die Skrif

Lees 1 Kor 12:1-31; Rom 12:3-8; Hand 16:6-10; Kol 4:2-4

1 Kor 12:1-31;

BAIE GAWES MAAR EEN LIGGAAM

121Wat die gawes van die Gees betref, broers, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie. 2Julle weet dat, toe julle heidene was, julle dikwels na die stom afgode meegevoer is, op watter manier julle ook al daartoe verlei is. 3Daarom maak ek aan julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God praat, sê “Jesus is vervloek!” nie, en niemand kan sê “Jesus is die Here!” behalwe deur die Heilige Gees nie.

4Daar is ‘n verskeidenheid genadegawes,
maar dit is dieselfde Gees;
5en daar is ‘n verskeidenheid dienste,
maar dit is dieselfde Here;
6en daar is ‘n verskeidenheid aktiwiteite,
maar dit is dieselfde God
wat al hierdie dinge in almal bewerk.
7Aan elkeen egter word die openbaring van die Gees gegee, met die oog op wat bevorderlik is:

8Aan een word ‘n woord van wysheid
deur die Gees gegee,
aan ‘n ander ‘n woord van kennis
deur dieselfde Gees;
9aan een geloof
deur dieselfde Gees,
aan ‘n ander gawes van genesing
deur die één Gees;
10aan een dinamiese kragte,
aan ‘n ander weer die gawe van profesie;
aan een die onderskeiding van geeste,
aan ‘n ander verskillende soorte tale,
en aan nog ‘n ander die uitleg van tale.
11Een en dieselfde Gees bewerkstellig al hierdie dinge, wat Hy aan elkeen afsonderlik uitdeel volgens sy wil.

12Want soos die liggaam ‘n eenheid is, maar uit baie ledemate bestaan, en al die ledemate van die liggaam, alhoewel hulle baie is, een liggaam vorm, so is dit ook met •Christus. 13En ons is tog álmal deur die een Gees in een liggaam in gedoop – Jode of Grieke, slawe of vrymense – en ons is almal met een Gees deurdrenk. 14Inderdaad, die liggaam bestaan nie uit een ledemaat nie, maar uit baie.

15As die voet sou sê,
“Omdat ek nie ‘n hand is nie,
behoort ek nie
aan die liggaam nie,”
behoort hy daarom nie
aan die liggaam nie?
16En as die oor sou sê,
“Omdat ek nie ‘n oog is nie,
behoort ek nie
aan die liggaam nie,”
behoort hy daarom nie
aan die liggaam nie?
17As die ganse liggaam oog was,
waar sou die gehoor wees?
As alles gehoor was,
waar sou die reuk wees?
18Maar nou het God die ledemate, elke enkele een van hulle, in die liggaam geplaas volgens sy besluit. 19As alles een ledemaat was, waar sou die liggaam wees? 20Maar nou is daar wel baie ledemate, maar net een liggaam. 21Die oog kan tog nie vir die hand sê, “Ek het jou nie nodig nie,” of die kop weer vir die voete, “Ek het julle nie nodig nie.” 22Inteendeel, die oënskynlik swakker liggaamsdele is baie meer noodsaaklik; 23en daardie dele van die liggaam wat ons as minder eerbaar beskou, klee ons met meer as die gewone eer, en die minder elegante dele met meer elegansie, 24terwyl ons meer elegante dele dit nie nodig het nie. Maar God het die liggaam so saamgestel, dat Hy meer respek toegewys het aan die deel wat dit die meeste nodig het, 25sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sal wees nie, maar die ledemate in gelyke mate vir mekaar sal sorg. 26As een ledemaat ly, ly al die ledemate saam; as een ledemaat vereer word, is al die ledemate saam bly.

27Julle is die liggaam van •Christus, en elkeen individueel ‘n ledemaat. 28In die •gemeente het God aangewys: eerstens •apostels, tweedens •profete, derdens leraars; daarna kragtige vermoëns, sowel as gawes van genesing, vermoëns om te kan help, om te lei, en verskillende soorte tale. 29Is almal dan apostels? Is almal dan profete, of almal leraars? Het almal miskien kragtige vermoëns? 30Het almal miskien gawes van genesing? Spreek almal dalk in tale? Kan almal dit dalk uitlê? 31Julle lê julle toe op die belangriker genadegawes, maar ek wys julle die heel beste weg.

Rom 12:3-8;
GELOWIGES SE OPTREDE IN DIE GEMEENTE

3Deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle dat jy nie meer van jouself moet dink as wat jy behoort nie, maar dat jy jou gedagtes daarop moet instel om verstandig te wees, volgens die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het. 4Want soos ons baie ledemate in een liggaam het, en nie al die ledemate dieselfde funksie vervul nie, 5net so is ons, al is ons baie, een liggaam in •Christus, en individueel lede van mekaar. 6Ons het gawes wat van mekaar verskil, volgens die genade wat aan ons gegee is:

As dit die gawe van profesie is,
beoefen dit dan
in ooreenstemming
met die geloof;
7as dit is om ander te dien,
gebruik dit dan vir dienswerk.
Wie onderrig kan gee,
moet onderrig;
8wie kan bemoedig,
moet bemoediging gee;
wie mededeelsaam kan wees,
moet dit met opregtheid doen;
wie leiding kan gee,
moet dit met toewyding doen;
wie barmhartigheid kan betoon,
moet dit met blydskap doen.

Hand 16:6-10;
PAULUS SE VISIOEN IN TROAS

6Hulle het deur Frigië en die landstreek van Galasië gereis, omdat hulle deur die Heilige Gees verhinder is om die woord in Asië te verkondig. 7Toe hulle naby Misië kom, het hulle probeer om na Bitinië te gaan, maar die Gees van Jesus het hulle nie toegelaat nie. 8Hulle het toe by Misië verbygereis en afgegaan na Troas. 9Daardie nag het Paulus ‘n visioen gehad. ‘n Macedoniese man het daar gestaan en hom gesmeek met die woorde: “Kom oor na Macedonië en help ons!” 10Nadat hy die visioen gesien het, het ons dadelik probeer om na Macedonië te gaan, omdat ons oortuig was dat God ons geroep het om aan hulle die evangelie te verkondig.

Kol 4:2-4

2Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid. 3Bid terselfdertyd ook vir ons, dat God vir ons ‘n deur vir die Woord sal oopsluit, om die misterie van •Christus te verkondig – dit waarvoor ek in boeie is – 4en bid dat ek dit met die regte woorde sal kan verduidelik.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Ef 4:7; 1 Tess 5:17

Ef 4:7;

7Maar aan elkeen van ons is ‘n genadegawe geskenk, soos •Christus dit uitgedeel het.

1 Tess 5:17

17bid sonder ophou;

Skryf / Vul in

Hoe dink God in hierdie gedeeltes oor die liggaam van Christus (waarvan jy deel is)? Kan jy aan ander gedeeltes dink waar die Bybel ook hieroor praat?


Hoe maak jy daagliks plek om saam te werk met die verskeidenheid van God se mense?


Is jou gebedslewe ’n bewys dat jy leef met die verwagting dat Christus jou spesifiek wil lei? Het jy ’n luisterende ingesteldheid? Hoe goed is jou ore ontwikkel om God te hoor?


Wees prakties: Hoe stel jy jou Godgegewe gawes in diens van sy Koninkryk? (Weet jy watter gawes jy het?)


Is julle gemeente se gebedslewe ’n bewys dat julle leef met die
verwagting dat Christus julle as gemeente wil lei? Het die gemeente ’n luisterende ingesteldheid? Hoe goed is die gemeente waarvan jy deel is, se ore ontwikkel om God te hoor?


Op Paulus se tweede sendingreis beleef hy hoe die Heilige Gees hom twee
keer verhinder om na ’n plek te gaan. Hy wou na die groter stede van Asië
gaan, maar word verhinder en reis noordwaarts na Misië en Bitinië. Wanneer
hy na Bitinië wil gaan, word hy vir ’n tweede keer teëgehou. Hy gaan dan na
Troas waar ’n man van Masedonië in ’n gesig aan hom verskyn met die
versoek dat hy na hulle toe moes kom om te help.

  • Moenie bang wees om foute te maak nie. God lei ons ook te midde van foute.
  • God lei ons (en sy gemeente) dikwels na waar die behoefte die grootste is ( Masedonië ). Hy sou wel later vir Paulus stuur na die groter stede van Asië.

Besef jy dat die uitstaande waarheid die feit is, dat God in beheer is; dat dit GOD is wat deur sy Heilige Gees gee – soos Hy wil, wat Hy wil, vir wie Hy wil en selfs wanneer Hy wil! Hy is God. Hy het altyd sy eer en aanbidding in gedagte: Met ons redding, met die uitdeel van gawes en die leiding van die Heilige Gees. Wanneer ons dus met Hom praat, moet ons seker maak dat dit God se stem is wat ons hoor deur dit te toets aan sy Woord (Hand 17:11 11Die mense daar was meer welwillend as dié in Thessalonika. Hulle het die boodskap baie geesdriftig ontvang en die Skrifte daagliks bestudeer om vas te stel of dit so is. ).

Skryf / Vul in

Som dit wat jy van God geleer het kortliks op.


Week 3 Dag 15 Die Heilige Gees gee die gawes wat ons nodig het
Week 3 Dag 15 Die Heilige Gees gee die gawes wat ons nodig het
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 72 -74
Lees gerus ook 1 Kor 12:3-7; 2 Kor 3:4-6; 1 Joh 4:1-3; Ps 115:1-3.

1 Kor 12:3-7;

3Daarom maak ek aan julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God praat, sê “Jesus is vervloek!” nie, en niemand kan sê “Jesus is die Here!” behalwe deur die Heilige Gees nie.

4Daar is ‘n verskeidenheid genadegawes,
maar dit is dieselfde Gees;
5en daar is ‘n verskeidenheid dienste,
maar dit is dieselfde Here;
6en daar is ‘n verskeidenheid aktiwiteite,
maar dit is dieselfde God
wat al hierdie dinge in almal bewerk.
7Aan elkeen egter word die openbaring van die Gees gegee, met die oog op wat bevorderlik is:

2 Kor 3:4-6;

4So ‘n vertroue op God het ons deur Christus. 5Nie dat ons uit onsself bekwaam is om te reken dat iets uit onsself kom nie – nee, ons bekwaamheid kom van God. 6Hy het ons bekwaam gemaak om bedienaars van ‘n nuwe verbond te wees – nie van die letter nie, maar van die Gees. Want die letter maak dood, maar die Gees maak lewend.

1 Joh 4:1-3;

41Geliefdes, moenie elke gees glo nie, maar toets die geeste of hulle van God kom, want daar is reeds baie vals profete in die wêreld. 2Hieraan ken julle die Gees van God: Elke gees wat bely dat Jesus •Christus vlees geword het, is uit God, 3en elke gees wat dit nie van Jesus bely nie, is nie uit God nie, maar is die gees van die Antichris, van wie julle gehoor het dat hy kom, en wat nou reeds in die wêreld is.

Ps 115:1-3

1151Nie aan ons nie, Here,
nie aan ons nie,
maar aan u Naam kom die eer toe,
oor u troue liefde,
oor u bestendigheid.
2Waarom sê die nasies:
“Waar is hulle God dan?”
3Ons God is in die hemel;
alles wat Hom behaag, doen Hy.

Wenk

WENK: Jy weet nou dat die Heilige Gees ook vir jou gawes gegee het. Stel jouself biddend beskikbaar deur jouself aan te meld vir diens in sy Koninkryk

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 3 Dag 14 – Op my eie: Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 3 Dag 14 Die Heilige Gees gee die krag

Die opskrif laat mens dink aan die TV advertensie: “I do it with only one hand!”

Gebed

Miskien moet jy eers stil word en die Here bewustelik toelaat om albei jou hande te bind – sodat Hy (alléén) kan werk – sonder jou bydrae , soos die Engelse spreekwoord sê: “Let go and let God!”

Lees die Skrif

Lees Hand 1:4, 8; 2:14, 36, 41-47; 4:31; 7:54-60; 2 Kor 4:13.

Hand 1:4, 8;

4Terwyl Hy met hulle saamgeëet het, het Hy hulle beveel: “Moenie uit Jerusalem weggaan nie, maar bly wag op die Vader se belofte wat julle van My gehoor het. 

8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.”

Hand 2:14, 36, 41-47;

14Daarop staan •Petrus op, verhef sy stem en spreek hulle toe: “Jode, en julle almal wat in Jerusalem woon – dit moet julle weet, luister goed na my woorde:

36“Laat die hele huis van Israel dan vir seker weet dat God Hom Here en Christus gemaak het – hierdie Jesus wat julle gekruisig het.”

41Diegene wat sy boodskap aangeneem het, is gedoop, en op daardie dag is ongeveer drieduisend mense toegevoeg.

EERSTE GEMEENTE

42Hulle het bly volhard in die leer van die •apostels, die verbondenheid met mekaar, die breek van die brood, en gebede. 43Almal is met ontsag vervul en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind. 44Al die gelowiges was bymekaar en het alles gemeenskaplik besit. 45Hulle het hulle eiendom en besittings verkoop en aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. 46Hulle het eensgesind volhard om die tempelterrein daagliks te besoek, aan huis die brood te breek en hulle maaltye met uitbundige blydskap en met opregte harte te geniet. 47Hulle het God bly prys, en die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het daagliks verlostes by hulle getal gevoeg.

Hand 4:31;

31Terwyl hulle gebid het, is die plek waar hulle bymekaar was, geskud en almal is vervul met die Heilige Gees, en het die woord van God met vrymoedigheid verkondig.

Hand 7:54-60;

54Toe hulle dit hoor, was hulle woedend in hulle harte en het hulle op hulle tande begin kners oor hom. 55Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het stip na die hemel gekyk en die heerlikheid van God gesien, en Jesus wat aan die regterhand van God staan. 56En hy het gesê: “Kyk, ek sien die hemele geopen en die •Seun van die Mens aan die regterhand van God staan.” 57Maar hulle het luidkeels geskreeu, hulle ore toegedruk en soos een man op hom afgestorm. 58Nadat hulle hom uit die stad uitgesleep het, wou hulle hom stenig. Die getuies het hulle boklere neergesit by die voete van ‘n jong man bekend as Saulus. 59En hulle het Stefanus gestenig, terwyl hy uitroep: “Here Jesus, ontvang my gees!” 60Hy het op sy knieë geval en met ‘n harde stem uitgeroep: “Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie!” En met dié woorde het hy ontslaap.

2 Kor 4:13

13Maar aangesien ons dieselfde Gees van die geloof het – soos geskryf staan, “Ek het geglo, daarom het ek gepraat” – glo ons ook, en daarom praat ons.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Matt 10:19-20; Joh 15:26-27; Hand 4:31, 33; 10:38; Rom 15:19; Ef 3:16.

Matt 10:19-20;

19En wanneer hulle julle oorlewer, moet julle julle nie bekommer oor hoe en wat julle moet sê nie, want wat julle moet sê, sal op daardie oomblik aan julle gegee word. 20Dit is immers nie julle wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat deur julle praat.

Joh 15:26-27;

26“Wanneer die Parakleet kom wat Ek van die Vader af aan julle sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig. 27En julle moet ook getuig, omdat julle van die begin af by My is.

Hand 4:31, 33;

31Terwyl hulle gebid het, is die plek waar hulle bymekaar was, geskud en almal is vervul met die Heilige Gees, en het die woord van God met vrymoedigheid verkondig.

 33Die •apostels het ook kragtig getuig oor die opstanding van die Here Jesus, en groot genade het oor hulle almal gekom. 

Hand 10:38;

38hoe God Jesus van Nasaret met die Heilige Gees en met krag gesalf het. Hy het die land deurreis, goed gedoen en almal wat onder die mag van die Duiwel was, genees, omdat God met Hom was.

Rom 15:19;

19deur kragtige tekens en wonders, deur die krag van die Gees van God. Gevolglik het ek die verkondiging van die evangelie van Christus heeltemal voltooi, van Jerusalem af en rondom, tot sover as Illirikum. 

Ef 3:16.

16Ek bid dat Hy vir julle na die rykdom van sy heerlikheid dít sal skenk:
om deur sy Gees met krag
na die innerlike mens versterk te word,

Skryf / Vul in

Kan ’n mens sê: Die Heilige Gees het iets te doen met my getuienis? Waarom sê jy so?


Kom ons vertel die verhaal van Die Mossie met die Spiere verder:
Elkeen van die diere het gedoen wat hulle kon doen. Leeu, buffel, renoster,
olifant en mossie het hulle eie vernuf gewys. Ons is dikwels as Kerk van die
Here Jesus Christus, net soos hulle. Ons voer ons eie kragtoertjies uit en ons
dink dan boonop dat dit darem nie te sleg met ons eie bediening gaan nie. Ons
doen ook net die goed wat vir ons moontlik lyk en wat met ons eie krag
uitvoerbaar is! Kan jy jouself indink dat leeu vir een oomblik getwyfel het oor sy
vermoë om die boomtak middeldeur te byt? Tog roep God ons om in sy krag
selfs dit te doen wat onmoontlik lyk en om in sy krag grense oor te steek na
waar niemand anders dit sou waag nie
In die Skrifgedeeltes wat jy hierbo gelees het, gee Jesus duidelik opdrag aan sy dissipels om in Jerusalem te wag op die gawe van die Gees. Hy beloof dat hulle krag sal ontvang om sy getuies te wees in Jerusalem, Judea, Samaria en tot aan die uithoeke van die wêreld.

Skryf / Vul in

Het hierdie belofte wáár geword? Waarom sê jy so? Kan jy aan
Bybelgedeeltes dink wat jou siening bevestig? Vertoon jou eie lewe die bekragtiging van die Gees? Reageer op bogenoemde:


Ons kan dus sonder twyfel aanvaar dat getuienis sonder die Heilige Gees kragteloos, kunsmatig en sonder enige effek sal wees, want alleen deur sy krag word voortvlugtendes kragtige getuies! Meer nog: Dit was nie die skielike ontdekking of benutting van hul eie talente wat die verskil gemaak het nie, maar die kragtige werking van die Heilige Gees! Wees dus versigtig vir die eeu-oue verskoning van: “Ek kan nie, ons het nie geld nie, daar is nie tyd nie, dis nie op die begroting nie, ons het nog nooit vantevore so iets gedoen nie, dit sal nooit werk nie”, ens. Hierdie stellings sê veel eerder iets van jou geloof in, ervaring en siening van, asook jou verhouding met God!

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Matt 10:19-20; 26:69-74; Hand 2:14; 4:19- 20; 10:1-3; Hand 10:13-20, 34-35; Fil 2:12-13; 4:13; 2 Tim 3:1-5.

Matt 10:19-20;

19En wanneer hulle julle oorlewer, moet julle julle nie bekommer oor hoe en wat julle moet sê nie, want wat julle moet sê, sal op daardie oomblik aan julle gegee word. 20Dit is immers nie julle wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat deur julle praat.

Matt 26:69-74;

VERLOËNING DEUR PETRUS

(Mark 14:66-72; Luk 22:56-62; Joh 18:15-18,25-27)

69•Petrus het buite gesit, in die binnehof. ‘n Sekere diensmeisie het na hom gekom en gesê: “Jy was ook saam met Jesus die Galileër.” 70Hy het dit egter voor almal ontken: “Ek weet nie waarvan jy praat nie.” 71En ‘n ander diensmeisie het hom na die poort sien loop, en sê toe vir die mense daar: “Hierdie man was saam met Jesus die Nasarener.” 72Weer het hy dit ontken, met ‘n eed: “Ek ken die man nie.” 73Ná ‘n rukkie het die omstanders nader gekom en vir Petrus gesê: “Jy is beslis ook een van hulle; trouens, jou uitspraak verklap jou.” 74Daarop begin hy vloek, en sweer: “Ek ken die man nie!” En onmiddellik het ‘n haan gekraai. 

Hand 2:14;

14Daarop staan •Petrus op, verhef sy stem en spreek hulle toe: “Jode, en julle almal wat in Jerusalem woon – dit moet julle weet, luister goed na my woorde:

Hand 4:19- 20;

19Petrus en Johannes het hulle egter geantwoord en gesê: “Of dit reg is voor God om eerder na julle te luister as na God, moet julle self oordeel; 20want ons kan nie swyg oor wat ons gesien en gehoor het nie.” 

Hand 10:1-3;

101Daar was ‘n man in Caesarea bekend as Cornelius, ‘n centurio van die sogenaamde Italiaanse kohort soldate. 2Hy, en ook sy hele huis, was godsdienstig en godvresend, het baie liefdadigheid aan die volk bewys en gereeld tot God gebid. 3Hy het teen die negende uur van die dag in ‘n visioen duidelik ‘n engel van God na hom sien binnekom wat vir hom sê: “Cornelius!”

Hand 10:13-20,

13Toe kom daar ‘n stem tot hom: “Staan op, Petrus, slag en eet!” 14Maar Petrus het geantwoord: “Onder geen omstandighede nie, Here! Want ek het nog nooit iets wat besoedel of •onrein is geëet nie.” 15Maar die stem het weer, ‘n tweede keer, na hom gekom: “Wat God rein gemaak het, mag jy nie as onrein beskou nie.” 16Dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is dadelik weer in die hemel opgeneem.

17Petrus was nog aan die twyfel oor wat die visioen wat hy gesien het, kon beteken, toe die mans wat deur Cornelius gestuur is, skielik by die poort aankom, nadat hulle oor Simon se huis navraag gedoen het. 18Hulle roep toe en vra of Simon, ook bekend as Petrus, daar tuisgaan. 19Terwyl Petrus nog nadink oor die visioen, sê die Gees vir hom: “Kyk, daar is drie manne wat na jou soek. 20Maak gereed, klim af en gaan sonder aarseling saam met hulle, want Ek het hulle gestuur.”

Hand 10:34-35;

34Petrus het toe begin praat en gesê: “Ek besef nou werklik dat God niemand volgens sy uiterlike beoordeel nie, 35maar dat die mens wat ontsag vir Hom het en doen wat reg is, uit watter nasie hy ook mag wees, vir Hom aanvaarbaar is.

Fil 2:12-13;

12Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam was – nie net in my teenwoordigheid nie, maar nou ook nog veel meer in my afwesigheid – werk met vrees en bewing aan julle verlossing. 13Want Hy wat die gewilligheid en die optrede in julle bewerk soos Hy dit goedvind, is God.

Fil 4:13;

13Tot dit alles is ek in staat deur Hom wat my krag gee. 

2 Tim 3:1-5.

31Dit moet jy weet: In die laaste dae gaan daar moeilike tye kom; 2want die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig, aanmatigend, godslasterlik, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, goddeloos, 3ongevoelig, genadeloos, beledigend, sonder selfbeheersing, wreed, sonder liefde vir die goeie, 4verraaiers, roekeloos, hooghartig, lief vir plesier eerder as vir God, 5mense wat wel ‘n skyn van godvresendheid voorhou, maar wat die krag van godvresendheid misken. Bly weg van sulke mense.

Skryf / Vul in

Wat beteken die stelling: ” you must talk to God about people before you talk to people about God!”, vir jou in die praktyk?


Gebed

Die tong-in-die-kies opskrif (Sommer so op my eie) mag dalk meer waar wees as wat ons sou wou erken. Indien jy die behoefte het om weer voor God stil te raak en te reageer op sy Woord, doen dit met die verwagting dat Hy met jou sal praat.

Week 3 Dag 14 Die Heilige Gees gee die krag
Week 3 Dag 14 Die Heilige Gees gee die krag
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 72-74
Lees gerus ook: Joh 15:5-8; Ef 3:20-21; Fil 4:10-13.

Joh 15:5-8;

5Ek is die druiwestok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, hy dra baie vrug, want sonder My kan julle niks doen nie. 6As iemand nie in My bly nie, word hy soos ‘n loot buite uitgegooi, en verdroog. Hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. 7As julle in My bly, en my woorde in julle bly, vra dan wat julle wil, en dit sal met julle gebeur. 8Hierdeur word my Vader verheerlik, dat julle baie vrug dra en my dissipels kan wees.”

Ef 3:20-21;

20Aan Hom, wat deur sy krag wat in ons werk, die mag het om oneindig meer te doen as alles wat ons bid of dink, 21aan Hom kom toe die heerlikheid in die •kerk en in •Christus Jesus, deur alle geslagte heen, vir ewig en ewig. •Amen.

Fil 4:10-13

10Ek is in die Here besonder bly dat julle nou uiteindelik opnuut aan my gedink het. Eintlik het julle wel aan my gedink, maar julle het net nie die geleentheid daarvoor gehad nie. 11Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om in alle omstandighede tevrede te wees. 12Ek weet wat dit is om te min te hê, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê; ek is in elke opsig in al hierdie dinge ingewy: om versadig te wees, sowel as om honger te ly; om oorvloed te hê, sowel as om gebrek te ly. 13Tot dit alles is ek in staat deur Hom wat my krag gee.

Wenk

WENK: Stel jouself vandag daarop in om bewustelik op God die Heilige Gees te vertrou; op sy wil en vermoëns, eerder as op dit waartoe jy (op jou eie) in staat is of nie.

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 3 Dag 13 – Soos ek: Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 3 Dag 13 God gebruik die verskeidenheid wat Hy geskape het tot voordeel van sy koningkryk

God maak mense uniek. Dit veroorsaak dat ons God nie eenders beleef nie, maar juis op ’n eiesoortige manier hoor, aanbid en dien. Daar bestaan dus ’n verband tussen hoe jy deur God geskep is en hoe jy Hom beleef.

Wees dankbaar en bly oor jou unieke self
Een van die bevrydendste ontdekkings waartoe ’n mens kan kom, is dat jy jouself aanvaar soos God jou gemaak het. Ek bedoel hiermee, nie net die deel wat jy in die spieël kan sien nie, maar ook jou persoonlikheid en hoe God jou biologies aanmekaargesit het met sekere familie-eienskappe wat niks met sonde te doen het nie, maar met gene en DNA.

Wees dankbaar en bly oor jou spiritualiteit (die manier hoe jy God beleef en met Hom omgaan)
Sodra jy jouself aanvaar soos wat God jou gemaak het, sal jy ook groter vrede hê met die manier waarop jy God hoor, beleef, aanbid en dien. Jy sal nou-nou verstaan dat ’n groot deel van hoe jy God hoor, beleef, aanbid en dien te make het met hoe God jou aanmekaargesit het. Daar bestaan dus nie iets soos ’n beter of ’n slegter spiritualiteitstipe nie. Dit is wel so dat jy binne jou bepaalde spiritualiteit minder of meer gehoorsaam aan God kan leef.

Die kinderverhaal van Eben de Jager (2000), Die Mossie met die Spiere, help ons om nie net oor ons eie plek in God se koninkryk en kerk na te dink nie, maar ook oor die plek wat ander saam met ons inneem.

Die verhaal speel êrens in die bos af. Die groot en sterk diere spog onder mekaar oor wie nou eintlik die sterkste is. Koning Leeu byt ’n boomtak middeldeur dat jy net spaanders sien vlieg. Bof Buffel bestorm ’n boom en ontwortel dit. Ronnie Renoster rol met sy groot horing die boom om en om. Ollie Olifant slinger die groot boom met sy slurp tot binne-in die rivier. Wanneer daar ’n doodse stilte in die bos toesak, kom Manie Mossie parmantig vorentoe gevlieg. Manie Mossie sê daar is iets wat hy kan optel wat nie een van die bos se boelies sal kan optel nie. Dit ontlok ’n groot rumoer in die bos soos die diere reageer op Mossie se uitlating. Mossie steur hom aan min, buk agtertoe en pluk ’n veer uit sy lyf. Hy laat die veer val en daag toe al die sterk diere uit om die veer van die grond af op te tel. Onnodig om te sê dat nie een van die sterk diere van die bos die veer van die grond af kon optel nie. Toe dit sy beurt is, pik Manie Mossie met sy bekkie die veer op, swaai dit heen en weer en laat dit weer val Hierdie voorval het die boelies van die bos ’n bietjie oor hulleself laat dink. Hulle het ook oor hulle eie spiere nagedink en besef dat selfs Manie Mossie spiere het – maar, was sy spiere in sy bekkie of in sy kop?

  • Daar is vir almal plek in die bos – vir leeu, buffel, renoster, olifant en Mossie.
  • Elkeen se spiere verskil.
  • ’n Mens kan maar net begin droom oor wat in die bos sou gebeur as die diere vir mekaar se spiere waardering sou hê, as hulle mekaar nie meer as kompetisie sou sien nie, maar as hulp en ondersteuning.

Dit sou ook ’n kwade dag wees as die bosbewoners vergadering hou en net olifant mag sy mening uitspreek en sy spiere gebruik.

Lees die Skrif

Lees Ps 139:13-18; Ef 1:7-14, 22-23; 4:1-7, 11-16.

Ps 139:13-18;

13Dit is immers U wat my niere
geskep het,
my in die moederskoot geweef het.
14Ek prys U omdat ek
op ‘n ontsagwekkende,
wonderbaarlike wyse gemaak is.
Wonderbaarlik is u werke
en ek besef dit maar te goed.
15My skelet was nie vir U verborge
toe ek in die geheim gemaak is nie,
toe ek kunstig geweef is
in die dieptes van die aarde.
16U oë het my vormloosheid gesien.
En in u •boekrol is hulle almal
opgeteken –
dae wat beplan is,
toe nie een daar was nie.
17En vir my, hoe kosbaar
is u gedagtes, o God –
hoe oorweldigend
is die volle getal daarvan!
18As ek dit tel,
is dit meer as die sand.
Word ek wakker,
dan is ek steeds by U.

Ef 1:7-14, 22-23;

7In Hom het ons die bevryding deur sy bloed,
die vergewing van ons oortredings
uit die rykdom van sy genade,
8wat Hy oorvloedig aan ons geskenk het,
saam met alle wysheid en insig.
9Hy het die geheimenis van sy wil
aan ons bekend gemaak,
soos Hy dit goedgedink en in Christus voorgeneem het,
10om die volheid van die tye te bestuur,
en om alle dinge
– die dinge in die hemel en die dinge op die aarde –
onder een Hoof in Christus saam te bring,
11In Hom is ons ook as erfgename uitverkies,
voorbestem volgens die voorneme
van die Een wat alles volgens sy raad en wil laat gebeur,
12sodat ons,
wat van die begin af ons hoop op Christus gevestig het,
kan bestaan tot lof van sy heerlikheid.
13In Hom is julle, toe julle die woord van die waarheid,
die evangelie van julle verlossing,
gehoor en tot geloof gekom het,
verseël met die Heilige Gees, wat beloof is.
14Die Gees is die waarborg van ons erfenis,
om ons los te koop as God se eiendom,
tot lof van sy heerlikheid.

22Hy het alles onder sy voete gestel,
en Hom aan die kerk gegee,
as Hoof oor alles,
23die kerk wat sy liggaam is,
die volheid van Hom
wat alles in almal vul.

Ef 4:1-7, 11-16

41Daarom spoor ek julle aan, ek, wat ter wille van die Here ‘n gevangene is, om so te leef dat julle die roeping waarmee julle geroep is, waardig is: 2deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld in liefde te verdra, 3en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede –
4een liggaam en een Gees,
soos julle ook deur julle roeping
tot een hoop geroep is:
5een Here, een geloof, een doop,
6een God en Vader van almal,
wat oor almal en deur almal
en in almal is.
7Maar aan elkeen van ons is ‘n genadegawe geskenk, soos •Christus dit uitgedeel het. 

11En Hy het sommige as •apostels, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars gegee, 12om die •heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, om die liggaam van Christus op te bou, 13totdat ons almal kom tot eenheid in geloof en in kennis van die •Seun van God, en tot ‘n volwassenheid wat in ooreenstemming is met die volgroeide gestalte van die volheid van Christus. 14Die doel hiervan is dat ons nie meer klein kindertjies sal wees nie, wat deur onstuimige golwe rondgeslinger word en rondgewaai word deur elke wind van lering, deur mense se slinksheid en die gekonkel waardeur hulle dwaling beplan; 15maar dat ons eerder, terwyl ons in liefde aan die waarheid vashou, in alle opsigte na Hom toe sal groei. Hy, Christus, is die Hoof 16uit wie die hele liggaam, harmonieus saamgevoeg en saamgebind, deur die ondersteuning van elke gewrig, volgens die werking van elke deel afsonderlik, die groei van die liggaam bewerk tot sy eie opbou in liefde.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook 1 Kor 12:3, 7; Joh 15:1-8, 16; Fil 2:12-13, 4:13.

1 Kor 12:3, 7;

3Daarom maak ek aan julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God praat, sê “Jesus is vervloek!” nie, en niemand kan sê “Jesus is die Here!” behalwe deur die Heilige Gees nie.

7Aan elkeen egter word die openbaring van die Gees gegee, met die oog op wat bevorderlik is:

Joh 15:1-8, 16;

DRUIWESTOK EN LOTE

151“Ek is die egte druiwestok en my Vader is die landbouer. 2Elke loot aan My wat nie vrug dra nie, sny Hy weg; maar elkeen wat vrug dra, snoei Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. 3Julle is egter reeds skoon deur die woorde wat Ek vir julle gesê het. 4Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot nie uit sy eie vrug kan dra as dit nie in die druiwestok bly nie, so julle ook nie as julle nie in My bly nie. 5Ek is die druiwestok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, hy dra baie vrug, want sonder My kan julle niks doen nie. 6As iemand nie in My bly nie, word hy soos ‘n loot buite uitgegooi, en verdroog. Hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. 7As julle in My bly, en my woorde in julle bly, vra dan wat julle wil, en dit sal met julle gebeur. 8Hierdeur word my Vader verheerlik, dat julle baie vrug dra en my dissipels kan wees.”

16Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrug te dra, vrug wat blywend is, sodat, wat julle die Vader in my Naam vra, Hy dit aan julle mag gee. 

Fil 2:12-13, Fil 4:13.

LIGDRAERS IN DIE WÊRELD

12Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam was – nie net in my teenwoordigheid nie, maar nou ook nog veel meer in my afwesigheid – werk met vrees en bewing aan julle verlossing. 13Want Hy wat die gewilligheid en die optrede in julle bewerk soos Hy dit goedvind, is God.

Fil 4:13

13Tot dit alles is ek in staat deur Hom wat my krag gee. 

Gebed

Stel jouself nou oop voor God sodat Hy jou gedagtes kan vul met sy volmaakte wil, goddelike wysheid en liefde. Doen bewustelik afstand van jou vermoëns (spiere) en bely jou afhanklikheid van Hom (en sy vermoëns). Stel jou in op sy teenwoordigheid sodat jy sy stem kan hoor.

Skryf / Vul in

Skryf nou neer wat jy by God in sy Woord en deur sy Gees gehoor het.


Binne die Liggaam van Christus, die Kerk, is daar verskillende liggaamsdele wat bymekaar pas en saam ’n eenheid vorm. Elke lid van die Liggaam het ’n belangrike en unieke rol om te speel en ’n funksie om te vervul. Binne hierdie Liggaam, met die groot verskeidenheid, word almal wat daarvan deel is opgeroep om geduldig te wees, mekaar in liefde te verdra en eenheid na te streef. Ons het mekaar nodig en moet vir mekaar ruimte maak (1 Kor 12:12- 31).
Daarom mag ons nie die verskeidenheid binne die Kerk sien as ’n bedreiging nie, maar as wonderlike voorsiening deur God.

1 Kor 12:12- 31

12Want soos die liggaam ‘n eenheid is, maar uit baie ledemate bestaan, en al die ledemate van die liggaam, alhoewel hulle baie is, een liggaam vorm, so is dit ook met •Christus. 13En ons is tog álmal deur die een Gees in een liggaam in gedoop – Jode of Grieke, slawe of vrymense – en ons is almal met een Gees deurdrenk. 14Inderdaad, die liggaam bestaan nie uit een ledemaat nie, maar uit baie.

15As die voet sou sê,
“Omdat ek nie ‘n hand is nie,
behoort ek nie
aan die liggaam nie,”
behoort hy daarom nie
aan die liggaam nie?
16En as die oor sou sê,
“Omdat ek nie ‘n oog is nie,
behoort ek nie
aan die liggaam nie,”
behoort hy daarom nie
aan die liggaam nie?
17As die ganse liggaam oog was,
waar sou die gehoor wees?
As alles gehoor was,
waar sou die reuk wees?
18Maar nou het God die ledemate, elke enkele een van hulle, in die liggaam geplaas volgens sy besluit. 19As alles een ledemaat was, waar sou die liggaam wees? 20Maar nou is daar wel baie ledemate, maar net een liggaam. 21Die oog kan tog nie vir die hand sê, “Ek het jou nie nodig nie,” of die kop weer vir die voete, “Ek het julle nie nodig nie.” 22Inteendeel, die oënskynlik swakker liggaamsdele is baie meer noodsaaklik; 23en daardie dele van die liggaam wat ons as minder eerbaar beskou, klee ons met meer as die gewone eer, en die minder elegante dele met meer elegansie, 24terwyl ons meer elegante dele dit nie nodig het nie. Maar God het die liggaam so saamgestel, dat Hy meer respek toegewys het aan die deel wat dit die meeste nodig het, 25sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sal wees nie, maar die ledemate in gelyke mate vir mekaar sal sorg. 26As een ledemaat ly, ly al die ledemate saam; as een ledemaat vereer word, is al die ledemate saam bly.

27Julle is die liggaam van •Christus, en elkeen individueel ‘n ledemaat. 28In die •gemeente het God aangewys: eerstens •apostels, tweedens •profete, derdens leraars; daarna kragtige vermoëns, sowel as gawes van genesing, vermoëns om te kan help, om te lei, en verskillende soorte tale. 29Is almal dan apostels? Is almal dan profete, of almal leraars? Het almal miskien kragtige vermoëns? 30Het almal miskien gawes van genesing? Spreek almal dalk in tale? Kan almal dit dalk uitlê? 31Julle lê julle toe op die belangriker genadegawes, maar ek wys julle die heel beste weg.

Skryf / Vul in

Skryf jou gewaarwording oor die verskeidenheid van die Liggaam van Christus neer. Wees prakties en dink aan maniere hoe jy saam met ander gelowiges hande kan vat en ter wille van die Koninkryk van God kan saamwerk tot sy eer.


Week 3 Dag 13 God gebruik die verskeidenheid wat Hy geskape het tot voordeel van sy koningkryk
Week 3 Dag 13 God gebruik die verskeidenheid wat Hy geskape het tot voordeel van sy koningkryk
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 69-72, 85-90
Lees gerus ook Joh 10:14-16.

Joh 10:14-16
14Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie, en my eie ken My, 15net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken. En Ek lê my lewe af vir die skape. 16Ek het ook ander skape wat nie van hierdie kraal is nie. Hulle moet Ek ook lei, en hulle sal na my stem luister, en daar sal een kudde wees, en een herder.


Sien Figuur 3 in Bylae 2, p 171

Figuur-3-Bylaag-2
Figuur-3-Bylaag-2
Wenk

WENK: Dink hieroor na: Voel jy bedreig deur ander (wat van jou verskil) se teenwoordigheid, of voel jy verryk en soek jy na oplossings tot samewerking?

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 3 Dag 12 – Ongerieflik: Ons is die Plan – 9 Weke van Transformasie

Week 3 Dag 12 Die andersheid van gelowiges word gesien in heilige lewens

Die Rabbi se Reis

’n Wonderlike storie oor die rabbi van Nemirov het die rondte gedoen. Op elke geestelike vakansiedag was hy heel oggend nêrens te vind nie. Sy volgelinge het gesê: “Maar dis duidelik – hy vaar sulke oggende op hemel toe om by God te wees!”

Die storie is oorvertel totdat dit deur die hele streek bekend was. Op ’n dag het ’n twyfelaar in Nemirov aangekom en besluit om dié simpel storie stop te sit deur dit wetenskaplik te ondersoek.

Een aand het hy in die rabbi se huis ingeglip en onder sy bed weggekruip. Uiteindelik het dit oggend geraak, tyd vir die rabbi om op te vaar hemel toe om by God te wees. Die twyfelaar het gehoor hoe die rabbi opstaan en sy oggendgebed doen. Toe doen die rabbi iets snaaks: Hy trek ’n ou baadjie, verslete broek en stewels aan en begin met ’n byl en ’n ou sak oor die skouer
aanstap woud toe – soos ’n tipiese houtkapper.

Die twyfelaar is agterna. Hy het gesien hoe die rabbi hout bymekaarmaak, dit kleiner kap en die sak vol maak. Die rabbi en sy agterdogtige waarnemer is toe dieper die woud in. Uiteindelik kom hulle by ’n klein huisie waar die rabbi aanklop. Die twyfelaar kon die swak stemmetjie van ’n ou vroutjie hoor: “Wie is dit?”

“Dis Vassil, die houtkapper,” het die rabbi bot geantwoord.
“O, is dit jy?” sê die stemmetjie. “Maar ek kan nie opstaan nie.”
“Toe maar, ek sal die hout inbring.”
“Sal jy dalk die vuur ook aansteek?” het die stemmetjie gevra.
“Ek kan maar,” het die rabbi geantwoord en die twyfelaar het gesien hoe hy die vuur aansteek en die oggendgebed vir die vroutjie doen.

Daarna is die rabbi terug huis toe, waar hy sy houtkapperklere uitgetrek en met sy normale dagtake aangegaan het.

Toe gebeur ’n verstommende ding…

Die twyfelaar het kom aanbid in die sinagoge en uiteindelik by die gemeente aangesluit. Wanneer iemand die storie vertel van die rabbi wat opvaar hemel toe, het die twyfelaar nie meer gelag nie. Hy sou net doodernstig byvoeg: “Ja, indien dit nie nog hoër is nie.”

Geneem uit Stories vir die Lewe-Omnibus, vertalings en samestelling deur Elzette Hansen & Estelle Steenkamp

Gebed

Vra die Here om sy dienskneggesindheid in jou lewe eg te maak en in die praktyk na vore te laat kom. Wees daarom voorbereid en oop vir die Heilige Gees se werking in hierdie volgende paar oomblikke van delf in sy Woord.

Lees die Skrif

Lees Joh 15:1-17 biddend in afhanklikheid van die Here om jou te lei in sy wil vir jou lewe.

Joh 15:1-17

151Daar het sekere mense van Judea af gekom wat die broers aanhou leer het: “As julle nie besny word ooreenkomstig die gebruik van Moses nie, kan julle nie verlos word nie.” 2Aangesien hieroor meningsverskil ontstaan het, en Paulus en Barnabas met hulle ‘n woordestryd gevoer het wat hoegenaamd nie onbenullig was nie, het hulle besluit dat Paulus en Barnabas en nog ‘n paar ander uit hulle geledere na die •apostels en ouderlinge in Jerusalem moes opgaan oor hierdie strydvraag. 3Hulle is toe deur die •gemeente weggestuur, en het deur Fenisië en Samaria gereis en uitvoerig oor die bekering van die heidene berig, en sodoende groot vreugde aan al die broers verskaf. 4Toe hulle in Jerusalem aankom, is hulle deur die gemeente en die apostels en ouderlinge ontvang. Paulus en Barnabas het vertel wat God alles met hulle gedoen het. 5Sommige mense wat aan die •Fariseërs se party behoort en gelowig geword het, het egter opgestaan en gesê: “Hulle moet besny word en opdrag kry om die •Wet van Moses te onderhou.”

6Die apostels en die ouderlinge het toe bymekaargekom om hierdie saak in oënskou te neem. 7Toe ‘n hewige woordestryd ontstaan, het •Petrus opgestaan en vir hulle gesê: “Broers, julle weet dat God my al van die vroeë dae af onder julle uitgekies het, sodat die heidene deur my prediking die boodskap van die evangelie hoor en tot geloof kom. 8En God, die kenner van harte, het dit bevestig deurdat Hy die Heilige Gees aan hulle, net soos aan ons, geskenk het. 9Hy het geen onderskeid getref tussen ons en hulle nie, want Hy het hulle harte deur die geloof gereinig. 10Waarom wil julle God dan nou toets deur ‘n juk, wat nie ons of ons voorvaders kon dra nie, op die dissipels se nekke te plaas? 11Maar ons glo dat ons op dieselfde manier as hierdie mense deur die genade van die Here Jesus verlos word.”

12Toe het die hele vergadering stilgebly en na Barnabas en Paulus geluister, terwyl hulle vertel van al die tekens en wonders wat God deur hulle onder die heidene gedoen het. 13Toe hulle ophou praat, het Jakobus gesê: “Broers, luister na my. 14Simeon het verduidelik hoe God van die begin af toegesien het dat Hy uit die heidene ‘n volk vir sy Naam sou verkry. 15Hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos daar geskryf staan:

16“ ‘Daarna sal Ek terugkom
en Ek sal die vervalle huis
van Dawid weer opbou,
en Ek sal die bouvalle daarvan
herbou en dit herstel,

17sodat die res van die mensdom
die Here kan soek,
ja, al die nasies oor wie my Naam
uitgeroep is.
So sê die Here, wat hierdie dinge doen’

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Fil 2:5; 1 Tess 4:3; Heb 12:14; 1 Pet 1:15, 16, 19.

Fil 2:5;
5Laat dan die gesindheid wat daar in Christus Jesus was, ook in julle wees:

1 Tess 4:3;
3Want dit is God se wil dat julle heilig moet leef: dat julle julle sal weerhou van onsedelikheid,

Heb 12:14;
14Streef na vrede met almal en na die heiligmaking, waarsonder niemand die Here sal sien nie. 

1 Pet 1:15, 16, 19.
15Inteendeel, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel heilig wees. 16Daarom staan daar geskryf: “Wees heilig, want Ek is heilig.”

19maar dat julle losgekoop is met die kosbare bloed van •Christus – Hy wat soos ‘n lam is, vlekloos en sonder liggaamsgebrek. 

Skryf / Vul in

Die Bybel as Woord van God, leer ons in die eerste plek van die God van die Woord. Wat leer die gelese gedeeltes jou van die Drie-enige God?


Wat leer dit jou van sy wil vir jou lewe? Wat beteken dit in die praktyk om heilig te lewe?


Dink na / Besin

Dink ’n bietjie na oor die volgende stelling:
As daar nie ’n verskil is tussen jou lewe en dié van ’n ongelowige nie – is jy dan werklik ánders (Eks 33:12-17; Sag 8:23; Mal 3:14-4:3)?!

Eks 33:12-17;
12Moses het vir die Here gesê: “Kyk, U sê vir my, ‘Laat hierdie volk optrek,’ maar self maak U nie aan my bekend wie U saam met my sal stuur nie. U is die Een wat gesê het, ‘Ek ken jou by die naam, en jy het ook guns gevind in my oë.’ 13Daarom, as ek wel guns gevind het in u oë, maak tog aan my u paaie bekend, dat ek U kan ken, sodat ek guns bly vind in u oë; besef tog dat hierdie nasie u volk is.” 14Die Here het gesê: “Moet my teenwoordigheid saamgaan, en moet Ek vir jou rus gee?” 15Hy het vir die Here gesê: “As u teenwoordigheid nie saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat optrek nie. 16Waaraan sou mense dan weet dat ek guns gevind het in u oë, ek en u volk? Is dit nie wanneer U met ons saamgaan, dat ons onderskei sal word, ek en u volk, van elke ander volk op die aardbodem nie?” 17Die Here sê toe vir Moses: “Ook aan hierdie versoek wat jy uitgespreek het, sal Ek voldoen, omdat jy guns gevind het in my oë, en Ek jou by die naam ken.”

Sag 8:23;
23“So sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘Dit sal in daardie dae wees dat tien mense uit al die tale van die nasies die kleed van ‘n Jood gryp en vashou terwyl hulle sê: “Ons wil saam met julle gaan, want ons het gehoor God is by julle.” ’ ”

Mal 3:14-4:3

14Julle het gesê, ‘Dit is heeltemal nutteloos om God te dien en wat baat dit ons as ons die verpligtinge teenoor Hom nakom en in rouklere loop voor die Here, Heerser oor alle magte? 15Daarom noem ons nou die verwaande mense gelukkig, want die kwaaddoeners beleef nie net voorspoed nie, maar hulle daag God uit en kom nog daarmee weg ook.’ ”

16Daarop het dié wat vir die Here ontsag het, met mekaar geredeneer. Die Here het goed geluister en dit gehoor. Dit is toe in sy teenwoordigheid in ‘n gedenkboek opgeteken tot voordeel van diegene wat ontsag vir die Here en respek vir sy Naam het.

17“Hulle sal aan My behoort,” sê die Here, Heerser oor alle magte, “hulle sal my persoonlike eiendom wees op die dag wat Ek voorberei. Ek sal deernis met hulle hê, soos ‘n man deernis het met sy seun wat vir hom werk. 18Dan sal julle weer die verskil sien tussen regverdiges en wetteloses, tussen wie God dien en wie Hom nié dien nie.

41“Want kyk, die dag gaan kom, dit gaan brand soos ‘n oond. Dan sal al die verwaande mense en elke booswig kaf wees, en die dag wat kom, sal hulle verbrand,” sê die Here, Heerser oor alle magte, “daar sal nie wortel of tak van hulle oorbly nie. 2Maar vir julle wat ontsag het vir my Naam, sal die son van geregtigheid deurbreek met genesing in sy strale. Dan sal julle uitgaan en bokspring soos kalwers wat op stal was, 3en julle sal die goddeloses vertrap. Ja, hulle sal as onder die sole van julle voete wees, op die dag wat Ek voorberei,” sê die Here, Heerser oor alle magte.

Jesus is die verskil – en Hy alleen kan die verskil in my lewe maak! Met die beeld van die Ware Wingerdstok en die lote, sê Jesus vir ons dat Hy die Groot Verskil is. Jesus is die bron van krag en ware lewe. Dit is Hy wat ons in beweging bring. Dit is Hy wat van ons vrugdraers en daarom verskilmakers maak. Die uitnemendste van hierdie vrug van die Heilige Gees, is die liefde (1 Kor 13; Gal 5:22).

1 Kor 13;

131Al praat ek die tale
van mense en engele,
maar ek het nie liefde nie,
dan het ek ‘n weergalmende ghong
of ‘n kletterende simbaal geword.
2En al profeteer ek,
en begryp ek alle geheime,
en besit ek alle kennis,
en al het ek al die geloof
om berge te versit,
maar ek het nie liefde nie,
is ek niks!
3Al deel ek al my besittings uit,
en gee ek my liggaam oor,
sodat ek my daarop kan beroem,
maar ek het nie liefde nie,
baat dit my niks.
4Liefde bly geduldig,
liefde gee om,
liefde is nie jaloers nie,
spog nie,
en is nie verwaand nie.
5Liefde tree nie onbehoorlik op nie,
jaag nie eiebelang na nie,
is nie liggeraak nie.
Dit hou nie boek van die kwaad nie,
6is nie bly oor onreg nie,
maar is saam bly oor die waarheid.
7Dit bedek alles,
glo alles,
hoop alles,
verduur alles.
8Liefde faal nooit nie.
Maar profesieë,
dit sal tot ‘n einde kom;
of tale, dit sal ophou;
of kennis, dit sal tot niet gaan.
9Want ons ken gedeeltelik,
en ons profeteer gedeeltelik,
10maar wanneer die volmaakte gekom het,
sal wat gedeeltelik is, ophou bestaan.
11Toe ek nog ‘n kind was,
het ek gepraat soos ‘n kind,
gedink soos ‘n kind,
geredeneer soos ‘n kind.
Noudat ek volwasse is,
het ek die dinge van ‘n kind agtergelaat.
12Nou sien ons wel ‘n geheimnisvolle beeld,
soos in ‘n spieël,
maar eendag van aangesig tot aangesig.
Nou ken ek slegs gedeeltelik,
maar eendag sal ek ten volle ken,
soos ek ten volle geken is.
13En nou bly geloof, hoop en liefde,
hierdie drie –
maar die grootste hiervan is die liefde.

Gal 5:22
22Maar die vrug van die Gees is: liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, 


Daar is net een ander opsie: om lote los van die Wingerdstok te wees. Deur sulke lote vloei geen lewegewende sap nie en hulle word afgesny en verdroog. Sulke lote word deur mense bymekaargemaak en in die vuur gegooi. Jesus sê: “ sonder My kan julle niks doen nie” (Joh 15:5). Sonder Jesus sal daar geen verskil wees nie.
Hoe gebeur dit dan nou, dat ek en die gemeente aan Jesus kan deel hê? Die wonderlike Nuus is dat God dit op Hom geneem het. Ons keuse vir Hom is maar net ’n eggo van sy keuse vir ons. Daarom dat Jesus sê: “Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou.” Jesus wat in ons teenwoordig is, doen opnuut ’n dringende beroep op ons om in Hom te bly!

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook 1 Joh 4:19; 1 Kor 12:3; Rom 8:15,16; Deut 7:6-7.

1 Joh 4:19;
19Ons het lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

1 Kor 12:3;
3Daarom maak ek aan julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God praat, sê “Jesus is vervloek!” nie, en niemand kan sê “Jesus is die Here!” behalwe deur die Heilige Gees nie.

Rom 8:15,16;
15Julle het immers nie ‘n Gees ontvang wat verslawing bring, sodat julle weer bang hoef te wees nie; nee, julle het die Gees ontvang wat bevestig dat ons tot kinders aangeneem is, en deur Hom roep ons “Abba, Vader!” 

Deut 7:6-7

6want jy is ‘n heilige volk vir die Here jou God. Vir jou het die Here jou God gekies uit al die volke op aarde om as volk sy persoonlike eiendom te wees.

7“Dit is nie omdat julle groter was as al die ander volke dat die Here Hom aan julle verbind en julle uitgekies het nie – julle was immers die kleinste van al die volke. 

Dit beteken dat Jesus ons daartoe oproep om in die gewone lewe van elke dag hierdie verskil te gaan uitleef teenoor almal wat ons pad kruis. Dit kom in die praktyk veral op twee terreine na vore:

  1. Die terrein van onselfsugtige dade van liefde: Die rabbi binne ons verhaal herinner aan die Barmhartige Samaritaan wat iemand in nood, sy naaste maak – al beteken dit dat ek op ’n baie nederige manier diensbaar moet wees of selfs van my tyd, geld en energie moet gee. Jesus gaan so ver om te sê dat ons selfs bereid moet wees om ons lewe af te lê.
    David Bosch het by geleentheid gesê: “Om die Woord van die liefdevolle God uit te lê, sonder om daardie liefde teenoor jou naaste uit te leef, is soos om ’n spyskaart vir ʼn klomp hongerlydendes voor te lees sonder om die dis vir hulle voor te sit.”
    Om die liefde van Jesus prakties uit te leef, veronderstel nie volmaaktheid nie, maar gewilligheid om in Jesus te bly en aan Hom gehoorsaam te wees. Dit beteken egter ook dat ek as onvolmaakte kind van die Here na heiligheid streef omdat God heilig is en omdat God my van my sondige bestaan losgekoop het deur die bloed van Jesus (Rom 7:15-25; 1 Pet 1:15, 16, 19).
    Rom 7:15-25;
    15Ek verstaan my eie optrede nie: Wat ek wil, doen ek nie; maar juis wat ek haat, dit doen ek. 16En as ek dit doen wat ek nie wil nie, gee ek toe dat die wet goed is. 17Nou is dit egter nie meer ek wat dit doen nie, maar eerder die sonde wat in my woon.
    18Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, dit wil sê, nie in my sondige aard nie. Die wil bestaan wel by my, maar die doen van die goeie nie. 19Die goeie wat ek wil, doen ek nie; maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. 20Maar as ek doen wat ek nie wil nie, is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar eerder die sonde wat in my woon.
    21Dus vind ek hierdie wet: Wanneer ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig. 22In my diepste wese verbly ek my oor die wet van God, 23maar ek sien ‘n ander wet wat in my ledemate oorlog voer teen die wet van my verstand en my krygsgevange neem deur die wet van die sonde wat in my ledemate is. 24Ellendige mens wat ek is! Wie sal my tog red uit hierdie doodsbestaan? 25Aan God die dank – deur Jesus •Christus, ons Here!
    So dien ekself dan met my verstand die wet van God, maar met my sondige aard die wet van die sonde.

    1 Pet 1:15, 16, 19
    15Inteendeel, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel heilig wees. 16Daarom staan daar geskryf: “Wees heilig, want Ek is heilig.”
     19maar dat julle losgekoop is met die kosbare bloed van •Christus – Hy wat soos ‘n lam is, vlekloos en sonder liggaamsgebrek. 

  2. Die terrein waarop ek vir lewe en dood téén die sonde stry. Dit
    beteken dat ek standpunt inneem (Rom 1:18-32).
    Rom 1:18-32
    18Die toorn van God word vanaf die hemel geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van mense wat volhou om die waarheid deur ongeregtigheid te probeer onderdruk, 19aangesien dit wat van God geweet kan word, aan hulle bekend is. God het dit immers aan hulle bekend gemaak. 20Want sy onsigbare eienskappe, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, word van die skepping van die wêreld af in sy werke begryp en is duidelik sigbaar. Gevolglik is hulle sonder verontskuldiging; 21want alhoewel hulle God ken, het hulle Hom nie as God geëer of gedank nie. Inteendeel, hulle denke het sinloos geword en hulle onverstandige harte is verduister. 22Alhoewel hulle beweer dat hulle wys is, het hulle dwaas geword. 23Hulle het naamlik die heerlikheid van die onsterflike God verruil vir ‘n afbeelding soos dié van ‘n sterflike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.
    24Daarom het God hulle deur middel van die begeertes van hulle harte oorgegee aan onreinheid, naamlik om hulle liggame onder mekaar te onteer 25– hulle wat die waarheid van God vir die leuen verruil het en geskape wesens aanbid en gedien het in plaas van die Skepper, wat tot in ewigheid lofwaardig is. Amen. 26Daarom het God hulle oorgegee aan oneerbare drange, want hulle vroue het die natuurlike seksuele omgang verruil vir omgang wat teen die natuur is. 27Net so het ook die mans die natuurlike seksuele omgang met die vrou laat vaar en vurig begin brand van begeerte na mekaar; mans het met mans skandelikheid bedryf en in hulleself die verdiende loon vir hulle afwyking ontvang.
    28En omdat hulle dit as verwerplik beskou het om aan God erkenning te gee, het God hulle oorgegee aan ‘n verwerplike denkwyse, sodat hulle onbetaamlik optree. 29Hulle is vol van elke vorm van onreg, boosheid, hebsug en kwaad: vol afguns, moorddadigheid, twisgierigheid, geslepenheid en kwaadwilligheid; hulle is skindertonge, 30kwaadstokers, haters van God, brutaal, hooghartig en grootdoenerig, vindingryk om slegte dinge te bedink, ongehoorsaam aan hulle ouers; 31onverstandig, onbetroubaar, liefdeloos en sonder medelye 32– mense wat die voorskrif van God ken, naamlik dat die mense wat hierdie dinge doen, die dood verdien. Tog doen hulle dit nie net nie, maar praat hulle dit boonop goed wanneer ander dit doen
    .
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Ps 97:10; Rom 6:1-23; Gal 2:19,20; Heb 12:1-4; 1 Joh 1:5-10; 3:3-10.

Ps 97:10;

10Julle wat die Here liefhet,
moet die kwaad haat.
Hy beskerm die lewe
van sy troue volgelinge;
uit die hand van goddeloses
red Hy hulle.

Rom 6:1-23;

DOOD VIR DIE SONDE EN LEWEND VIR GOD

61Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly voortleef, sodat die genade kan toeneem? 2Hoegenaamd nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog langer daarin bly leef?

3Of weet julle nie dat ons wat in •Christus Jesus in gedoop is, in sy dood in gedoop is nie? 4Deur die doop is ons dus saam met Hom in die dood begrawe, sodat, net soos Christus deur die magtige heerlikheid van die Vader uit die dood opgewek is, ook ons só ‘n nuwe lewe kan lei. 5As ons inderdaad met Hom saamgegroei het in ‘n dood soos syne, sal ons ook met Hom saamgroei in ‘n opstanding soos syne. 6Dit weet ons: dat ons ou mens saam met Hom gekruisig is, sodat ons sondige bestaan tot niet gemaak kan word, en ons nie meer slawe van die sonde sal wees nie. 7Wie gesterf het, is immers vrygemaak van die sonde. 8As ons saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal leef. 9Ons weet dat Christus, nadat Hy uit die dood opgewek is, nie weer sterf nie – die dood het nie meer seggenskap oor Hom nie. 10Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy ter wille van die sonde eens en vir altyd gesterf, maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. 11Beskou julleself dan so dat julle in Christus Jesus dood is vir die sonde, maar lewend vir God.

ALLES TOT BESKIKKING VAN GOD

12Laat die sonde dan nie langer oor julle sterflike liggaam heers, om julle sy begeertes te laat gehoorsaam nie. 13Julle moet ook nie meer julle ledemate as wapens van ongeregtigheid tot beskikking van die sonde stel nie. Nee, as mense wat uit die dood lewend geword het, stel julleself tot beskikking van God, en julle ledemate as wapens van •geregtigheid tot beskikking van God. 14Die sonde mag beslis nie oor julle heers nie; julle is immers nie onder die wet nie, maar onder die genade.

15Wat dan? Sal ons sonde doen omdat ons nie onder die wet is nie, maar onder die genade? Hoegenaamd nie!

16Besef julle nie dat as julle julleself vir iemand beskikbaar stel om hom as slawe te gehoorsaam, julle slawe is van die persoon aan wie julle gehoorsaam is nie? Julle is óf slawe van die sonde, wat tot die dood lei, óf slawe van gehoorsaamheid, wat lei tot geregtigheid. 17Aan God die dank dat julle wel slawe van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die vorm van leer waaraan julle onderwerp is; 18vrygemaak van die sonde, het julle slawe van die geregtigheid geword 19– ter wille van julle menslike swakheid praat ek in menslike terme – want soos julle julle ledemate in diens van onreinheid en losbandigheid gestel het om losbandig te leef, stel nou so julle ledemate in diens van die geregtigheid om heilig te leef. 20Want toe julle nog slawe van die sonde was, was julle nie aan geregtigheid gebonde nie.

21Watter vrug het julle destyds verkry? Oor daardie dinge skaam julle julle nou, want die uiteinde daarvan is die dood. 22Maar, noudat julle van die sonde vrygemaak is en diensbaar aan God geword het, lewer julle die vrug van heiligmaking, en die uiteinde hiervan is die ewige lewe. 23Want die loon van die sonde is die dood; maar die genadegawe van God is die ewige lewe in •Christus Jesus ons Here.

Gal 2:19,20;

19Inderdaad, deur die wet het ek die wet afgesterf, sodat ek vir God leef. Met Christus is ek gekruisig; 20ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my! Die lewe wat ek nou liggaamlik leef, leef ek in geloof, die geloof in die •Seun van God, wat my liefgehad en Homself vir my oorgegee het. 

Heb 12:1-4;

AANMOEDIGING OM TE VOLHARD

121Daarom, terwyl ons ook so ‘n groot wolk getuies rondom ons het, laat ons van elke las ontslae raak, van die sonde wat ons so maklik omring, en die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gerig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, Hy wat ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig gestel is, die kruis verduur het, die skande daarvan gering geag het, en sy plek aan die regterkant van die troon van God ingeneem het. 3Dink inderdaad aan Hom wat so ‘n vyandigheid van die kant van sondaars teen Hom verduur het, sodat julle nie geestelik moeg raak en uitsak nie.

4Julle het nog nie ten bloede toe teenstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.

1 Joh 1:5-10;
‘N LEWE IN DIE LIG VAN GOD

5Dit is die boodskap wat ons van Hom gehoor het, en wat ons aan julle bekend maak: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. 6As ons sê dat ons aan Hom verbonde is, en tog in die duisternis leef, lieg ons, en leef ons nie volgens die waarheid nie; 7maar as ons in die lig leef, soos wat Hy in die lig is, is ons aan mekaar verbonde, en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. 8As ons sê dat ons nie sonde het nie, mislei ons onsself, en is die waarheid nie in ons nie. 9As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, en daarom sal Hy ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad reinig. 10As ons sê dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie.

1 Joh 3:3-10

3En elkeen wat hierdie vaste hoop op Hom het, hou homself rein, net soos Hy rein is. 4Elkeen wat sonde doen, beoefen ook wetteloosheid, want sonde is wetteloosheid. 5Julle weet dat Hy verskyn het om die sondes weg te neem, en in Hom is daar geen sonde nie. 6Elkeen wat in Hom bly, sondig nie meer nie; elkeen wat aanhou sondig, het Hom nie gesien, en Hom nie leer ken nie.

7Kinders, laat niemand julle mislei nie: wie doen wat reg is, is regverdig, soos Hy regverdig is. 8Wie sonde doen, is uit die Duiwel, omdat die Duiwel van die begin af sondig. Hiervoor het die •Seun van God verskyn: om die dade van die Duiwel te vernietig. 9Elkeen wat uit God gebore is, doen nie meer sonde nie, omdat God se saad in hom bly, en hy kan nie meer aanhou sonde doen nie, omdat hy uit God gebore is. 10Hieraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die Duiwel is: Wie nie doen wat reg is nie, is nie uit God nie. Dieselfde geld vir iemand wat nie sy broer liefhet nie.

Skryf / Vul in

Dink vir ’n oomblik na oor jou lewe. Watter verskille (indien enige) sal sigbaar wees as die vrug van die Gees (Gal 5:16-17, 22) in jou lewe gesien en ervaar word, omdat die Heilige Gees die beheer het en God ook jou gedagtes nuutgemaak het (Rom 12:1-2)?

Gal 5:16-17, 2216Maar ek sê: Leef deur die Gees, dan sal julle beslis nie die begeertes van die vlees uitvoer nie. 17Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees begeer teen die vlees; die twee opponeer mekaar, sodat julle dit wat julle ook al wil, nie kan doen nie.
22Maar die vrug van die Gees is: liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, 

Rom 12:1-21Broers, op grond van die barmhartigheid van God roep ek julle dus nou op om julle liggame beskikbaar te stel as ‘n offer wat lewend en heilig is, en vir God aanneemlik. Dit is julle sinvolle godsdiens. 2Julle moenie aan hierdie wêreld gelykvormig wees nie, maar verander word deur die vernuwing van julle denke, sodat julle goed kan onderskei wat die goeie en aanneemlike en volmaakte wil van God is

Skryf die verskille neer.


Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Week 3 Dag 12 Die andersheid van gelowiges word gesien in heilige lewens
Week 3 Dag 12 Die andersheid van gelowiges word gesien in heilige lewens
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 56-59, 81-85
Lees gerus ook Jos 24:15-28; Rig 2:7-11; 2 Kon 24:9, 19; Spr 28:9, 13; Matt 3:7-8; Ef 5:6-20; 6:10-18; 2 Tim 3:1-5; 4:1-5; Jak 4:4.

Jos 24:15-28;

15Maar as dit verkeerd is in julle oë om die Here te dien, kies julle dan vandag wie julle wil dien, óf die gode anderkant die Rivier wat julle voorouers gedien het, óf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Maar ek en my huis, ons sal die Here dien.”

16Hierop het die volk geantwoord en gesê: “Nooit sal ons die Here verlaat deur ander gode te dien nie; 17want die Here ons God, Hy is die Een wat ons en ons voorouers uit Egipteland, uit die plek van slawerny, laat optrek het, en wat voor ons oë hierdie groot tekens van mag gedoen het. Hy het ons bewaar op die hele pad waarlangs ons gegaan het, en onder al die volke waar ons deurgetrek het. 18Die Here het al die volke voor ons uitgedryf en die Amoriete wat in die land gewoon het. Ook ons sal die Here dien, want Hy is ons God.”

19Maar Josua het vir die volk gesê: “Julle sal nie in staat wees om die Here te dien nie, want Hy is ‘n heilige God, Hy is ‘n besitlike God, Hy sal nie julle oortreding en sondes vergewe nie. 20As julle die Here verlaat en vreemde gode dien, sal Hy julle weer kwaad aandoen en ‘n einde aan julle maak, nadat Hy aan julle goed gedoen het.” 21Toe sê die volk vir Josua: “Nee, maar ons sal net die Here dien!” 22Daarop sê Josua vir die volk: “Julle is getuies teen julleself dat julle self die Here vir julle gekies het om te dien.” Hulle het geantwoord: “Ons is getuies.” 23“Verwyder dan nou die vreemde gode in julle midde en rig julle harte op die Here, die God van Israel.” 24Toe sê die volk vir Josua: “Ons sal net die Here ons God dien, en ons sal net na sy stem luister.”

25Josua het op daardie dag namens die volk ‘n verbond gesluit en vir hulle vaste voorskrifte en bepalings neergelê in Sigem. 26Josua het daardie woorde in die •boekrol met die Wet van God neergeskryf. Toe het hy ‘n groot klip geneem en dit opgerig, daar onder die groot terebintboom wat by die heiligdom van die Here is. 27Josua het vir die hele volk gesê: “Kyk, hierdie klip sal ‘n getuie teen ons wees, want hy het al die woorde van die Here wat Hy met ons gepraat het, gehoor; en hy sal teen julle ‘n getuie wees, sodat julle nie julle God verloën nie.”

28Daarna het Josua die volk weggestuur, elkeen na sy erfdeel.

Rig 2:7-11;

7Die volk het die Here gedien gedurende Josua se leeftyd, en ook gedurende die leeftyd van die oudstes wat lank ná Josua nog geleef het, hulle wat al die groot dade van die Here gesien het wat Hy vir Israel gedoen het. 8Josua, seun van Nun, die dienskneg van die Here het op die ouderdom van honderd-en-tien jaar gesterf. 9Hulle het hom begrawe in die gebied van sy erfdeel in Timnat-Geres, wat in die heuwelland van Efraim geleë is, noord van die berg Gaäs.

10Nadat ook daardie hele geslag met hulle voorouers verenig is, het daar ‘n ander geslag ná hulle opgestaan wat nie die Here geken het, en ook nie die dade wat Hy vir Israel gedoen het nie. 11Die Israeliete het toe gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here; hulle het die Baäls gedien.

2 Kon 24:9, 19;
9Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, net soos sy vader gedoen het.

19Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, net soos Jojakim gedoen het.

Spr 28:9, 13;

9Wie sy oor wegdraai,
sodat hy nie na die wet
hoef te luister nie –
selfs sy gebed is afstootlik.

13Wie sy oortredings bedek,
sal nie sukses behaal nie;
maar hy wat dit bely en dit laat vaar,
ervaar ontferming.

Matt 3:7-8;

7Maar toe hy sien dat baie van die •Fariseërs en •Sadduseërs kom na waar hy gedoop het, het hy vir hulle gesê: “Addergeslag, wie het julle wysgemaak dat julle aan die dreigende oordeel kan ontkom? 8Dra liewer vrugte wat by die bekering pas.

Ef 5:6-20;

IN DIE LIG LEWE

6Laat niemand julle verlei met niksseggende redenasies nie, want daardeur kom die toorn van God oor die seuns van die ongehoorsaamheid. 7Moet dus nie deel van hulle wees nie. 8Want vroeër was julle wel duisternis, maar nou, in die Here, is julle lig. Leef as kinders van die lig! 9Die vrug van die lig bestaan immers uit alle goedheid en •geregtigheid en waarheid. 10Beproef wat vir die Here aanneemlik is. 11Ja, moenie deel hê aan die onvrugbare werke van die duisternis nie; stel dit eerder aan die kaak. 12Want die dinge wat deur hulle in die geheim gedoen word – selfs net om daaroor te praat, is skandelik. 13Tog word alles wat deur die lig ontmasker word, openbaar; 14immers, alles wat sigbaar word, is lig. Daarom word gesê:

Word wakker, jy wat slaap,
en staan op uit die dood
en •Christus sal sy lig
oor jou laat skyn.

DIE LEWE DEUR DIE GEES

15Let daarom sorgvuldig op hoe julle leef – nie as onverstandiges nie, maar as wyses. 16Koop die tyd uit, omdat die dae vol boosheid is. 17Om hierdie rede moet julle nie onverstandig wees nie; probeer eerder om te verstaan wat die wil van die Here is. 18En moenie deur wyn bedwelm raak nie; daardeur ontstaan losbandigheid. Inteendeel: Word vervul deur die Gees, 19terwyl julle onder mekaar psalms, lofgesange en geestelike liedere laat opklink, ja, van harte tot die Here sing en psalmsing, 20en God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus •Christus dank.

Ef 6:10-18;

OPROEP TOT GEESTELIKE BEWAPENING

10Ten slotte: Vind jou sterkte in die Here en in sy geweldige krag. 11Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die listighede van die Duiwel. 12Vir ons is die stryd immers nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van hierdie duisternis, teen die bose geeste in die hemelruim. 13Neem daarom die volle wapenrusting van God op, sodat julle op die dag van onheil weerstand kan bied en, nadat julle alles uitgevoer het, staande kan bly. 14Staan dan vas, deur julle heupe te omgord met die waarheid, julle te bedek met die borsplaat van •geregtigheid, 15en deur die bereidheid vir die evangelie van vrede as skoene aan julle voete aan te trek, 16en by dit alles die skild van die geloof op te neem, waardeur julle in staat sal wees om al die vurige pyle van die Bose te blus. 17Dra ook die helm van verlossing en die swaard van die Gees – dit is die woord van God. 18By elke geleentheid wanneer julle bid en smeek, moet julle telkens deur die Gees bid. Daarom moet julle waaksaam wees, deur volhardend te pleit vir al die •heiliges.

2 Tim 3:1-5;
31Dit moet jy weet: In die laaste dae gaan daar moeilike tye kom; 2want die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig, aanmatigend, godslasterlik, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, goddeloos, 3ongevoelig, genadeloos, beledigend, sonder selfbeheersing, wreed, sonder liefde vir die goeie, 4verraaiers, roekeloos, hooghartig, lief vir plesier eerder as vir God, 5mense wat wel ‘n skyn van godvresendheid voorhou, maar wat die krag van godvresendheid misken. Bly weg van sulke mense.

2 Tim 4:1-5;

41Ek vermaan jou ernstig voor God en •Christus Jesus, wat die lewendes en die dooies gaan oordeel, en ook met die oog op sy verskyning en sy koninkryk: 2Verkondig die woord, hou tydig en ontydig aan, weerlê, bestraf, bemoedig in alle geduld en deur lering. 3Want daar kom ‘n tyd wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar omdat hulle ore gestreel wil word deur wat hulle hoor, sal hulle vir hulleself leermeesters na eie begeerte uitsoek. 4Hulle sal hulle doof hou vir die waarheid, en hulle tot versinsels wend.

5Maar bly jy in alles nugter, verduur jou lyding, doen jou werk as verkondiger van die evangelie, beoefen jou bediening voluit. 

Jak 4:4.
4Egbreeksters! Weet julle dan nie dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God beteken nie? Wie ook al ‘n vriend van die wêreld wil wees, maak homself ‘n vyand van God.

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 3 Dag 11 – n Merkie: Ons is die Plan – 9 Weke van Transformasie

Week 3 Dag 11 Sonder die Heilige Gees is geen Transformasie moontlik

Jy sal nou baie eerlik met jouself en die Here moet wees. In die kerk is daar sienings en uitsprake oor die Heilige Gees wat ligjare van mekaar verskil. By die een pool is daar mense wat weinig ruimte vir die Heilige Gees laat – ons sou selfs kon sê Hy word in die proses ontken, misken en bedroef . By die ander pool kry ons gelowiges wat glo dat hulle so in en deur die Gees lewe
dat die realiteite rondom hulle geïgnoreer kan word. Tussen hierdie ekstreme beskouings, bevind die res van die Christendom homself.

Dink na / Besin

Nou kom ons by die vraag: Waar is jy geplaas? As ek jou vra om met ’n merkie op die lyn hieronder aan te toon waar jy jouself sien, waar sou jy die merkie maak? Doen dit …

Skryf / Vul in
Week 3 Dag 11Heilige Gees se rol
Week 3 Dag 11 Heilige Gees se rol

Hierdie week gaan jy bid, lees, dink en leer oor die Heilige Gees. Die rede is eenvoudig: Jesus maak ’n baie sterk uitspraak oor die Heilige Gees. Hy verbind die Heilige Gees met die krag wat ons nodig het om ’n verskil te maak. Hy sê ook dat sy mense nog groter dinge (Joh 14:12 12Amen, amen, Ek sê vir julle: Wie in My glo, hy sal ook die werke doen wat Ek doen, en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader gaan.) sal doen omdat Hy “na die Vader gaan”. Dit word weer ten nouste verbind met die uitstorting van die
Heilige Gees. Ook Paulus sê sonder om te skroom: “As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie” (Rom 8:9b).

Gebed
Gebed

Nou wil ek vra dat jy sal bid, maar ook skryf wat jy ervaar. Praat met die Here oor jou verhouding met die Heilige Gees – wie Hy vir jou is.


Skryf / Vul in

Skryf kernwoorde neer wat betrekking het op jou verhouding met, verstaan en beskouing van die Heilige Gees.


Lees die Skrif

Lees Matt 12:31-32; Mark 1:8; Luk 11:13; Joh 14:12; Hand 1:1-8

Matt 12:31-32;
31Daarom sê Ek vir julle, elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar lastering teen die Gees sal nie vergewe word nie. 32En wie iets teen die •Seun van die Mens sê, dit sal hom vergewe word. Maar wie iets teen die Heilige Gees sê, dit sal hom nie vergewe word nie, nóg in hierdie bedeling, nóg in die een wat kom.”

Mark 1:8;
8Ek het julle met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop.”

Luk 11:13;
13As julle wat sleg is, dan weet om goeie geskenke aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan hulle wat Hom vra!”

Joh 14:12;
12Amen, amen, Ek sê vir julle: Wie in My glo, hy sal ook die werke doen wat Ek doen, en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader gaan. 

Hand 1:1-8

11Die eerste berig, Teofilus, het ek geskryf oor alles wat Jesus begin doen en waaroor Hy onderrig gegee het, 2tot die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy deur die Heilige Gees opdragte gegee het aan die •apostels wat Hy uitgekies het. 3Aan hulle het Hy, ná sy lyding, deur talle tekens getoon dat Hy leef, toe Hy oor ‘n tydperk van veertig dae aan hulle verskyn en met hulle oor die sake van die •koninkryk van God gepraat het.

4Terwyl Hy met hulle saamgeëet het, het Hy hulle beveel: “Moenie uit Jerusalem weggaan nie, maar bly wag op die Vader se belofte wat julle van My gehoor het. 5Want Johannes het wel met water gedoop, maar oor nie baie dae nie sal julle met die Heilige Gees gedoop word.”

JESUS SE HEMELVAART

6Toe hulle bymekaar was, het hulle Hom gevra: “Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?” 7Maar Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tye en spesifieke geleenthede te ken wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. 8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.”

Skryf / Vul in

Jy het netnou jouself beoordeel ten opsigte van jou siening van die Heilige Gees. As jy bogenoemde Skrifgedeeltes in aanmerking neem, hoe sou jy volgens die Bybel die Heilige Gees se belangrikheid beskryf?


Week 3 Dag 11 Sonder die Heilige Gees is geen Transformasie moontlik
Week 3 Dag 11 Sonder die Heilige Gees is geen Transformasie moontlik
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 58 -68
Lees gerus wat sê Rom 8:1-17, 26-27 van die Heilige Gees se rol in die kind van God se lewe.

Rom 8:1-17,

‘N LEWE ONDER BEHEER VAN DIE GEES

81Daar is dan nou geen veroordeling vir diegene wat in •Christus Jesus is nie. 2Die wet van die Gees wat in Christus Jesus die lewe gee, het jou immers vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. 3Dit waartoe die wet, verswak deur ons sondige aard, nie in staat was nie, het God gedoen: Deur sy eie Seun vanweë die sonde in die gestalte van ‘n sondige mens te stuur, het Hy die sonde in die mens veroordeel, 4sodat die vereiste van die wet in ons vervul kon word, ons wat nie volgens ons sondige aard leef nie, maar volgens die Gees. 5Wie volgens hulle sondige aard leef, bedink immers die dinge van hulle sondige aard, maar diegene wat volgens die Gees leef, bedink die dinge van die Gees. 6Die denke van ons sondige aard loop uit op die dood, maar die denke van die Gees bring lewe en vrede. 7Die denke van ons sondige aard is vyandskap teen God; dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8Wie in hulle sondige aard bly, kan God nie tevrede stel nie.

9Julle, daarenteen, bly nie in julle sondige aard nie, maar in die Gees – as die Gees van God inderdaad in julle woon. As iemand nie die Gees van Christus het nie, behoort hy nie aan Hom nie. 10Maar as Christus in julle is, is die liggaam, as gevolg van die sonde, wel dood; daarenteen, op grond van die regverdiging, is die Gees lewe. 11As die Gees van Hom wat Jesus uit die dood opgewek het in julle woon, sal Hy wat Christus uit die dood opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

12Daarom dan, broers, het ons ‘n verpligting – maar nie teenoor ons sondige aard, om daarvolgens te leef nie. 13Want as julle volgens julle sondige aard leef, sal julle sterf. Maar as julle deur die Gees die praktyke van die liggaam doodmaak, sal julle leef. 14Almal wat deur die Gees van God gelei word, hulle is kinders van God. 15Julle het immers nie ‘n Gees ontvang wat verslawing bring, sodat julle weer bang hoef te wees nie; nee, julle het die Gees ontvang wat bevestig dat ons tot kinders aangeneem is, en deur Hom roep ons “Abba, Vader!” 16Die Gees self getuig teenoor ons gees dat ons kinders van God is. 17Maar as ons kinders is, is ons ook erfgename – erfgename van God en mede-erfgename met Christus mits ons inderdaad saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

Rom 8:26-27

26So kom die Gees ons ook in ons swakheid tot hulp, want ons weet nie mooi waarvoor ons behoort te bid nie; maar die Gees tree self vir ons in met versugtinge wat nie verwoord kan word nie. 27Hy wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, dat Hy volgens die wil van God vir die •heiliges intree.

Wenk

WENK: Skryf op ’n kaartjie: “Vir my is die Heilige Gees ”
Voltooi die sin. Dra die kaartjie hierdie week met jou saam, lees dit en bekyk dit gereeld. Dalk sal jy dit teen die einde van die week anders wil bewoord. (Agter in die gids is ’n bladsy met kaartjies vir hierdie doel wat uitgeskeur kan word.)

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za