Nuusflitse Week 49+ van 2025

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 23 November 2025 :Erediens om 09:00 – Ds Herman Burger
Sondag 23 November 2025: Kerssangdiens 19:00
Woensdag 26 November 2025  GEEN kooroefening
Donderdag 27 November 2025 : Bloedskenk
Sondag 30 November 2025 : Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
Sondag 30 November 2025: 14:00 16 Days of Activism against Gender-based Violence
Woensdag 10 Desember 2025: Wolwedans boodskap, sop en brood:

Lees die volledige afkondigings hier:Afkondigings 23-30 November 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings 23 – 30 November 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 23 November 2025 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan ds Herman Burger wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Johannes 4:7-21 (2020-vertaling).
  • Die tema van die prediking is: Die hoogste beginsel in die koninkryk van God.
  • GEEN Kategese.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Radio FEBA by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • Kerssangdiens om 19:00 – Ds Danie Goosen.

KERKRAADSVERGADERING

Tydens die kerkraadsvergadering gehou op 18 November 2025 is die volgende persone as blokleier/diaken/ouderling verkies ten einde vakatures te vul wat ontstaan met die nuwe blokindeling in ons gemeente:

Christo Smith                           –       BLOK 1: Plaas gedeeltes
Heidi Erasmus                          –       BLOK 2: Voorbrug
Pieter van der Merwe            –       BLOK 4: Langstraat-Bo & Pine Creek
Robbie Katthage                      –       BLOK 7: Onder-Bergsig
Koos van Zyl                              –       BLOK 10: Bergsig-Bo
Mona de Wet                             –       BLOK 11: Sandhoogte pad
Whitey van der Merwe         –       BLOK 13: Suiderkruis
Koos van der Merwe              –       BLOK 14: Die Eiland & BLOK 15: Dolphin Creek
Pieter Theron                           –       BLOK 24: Reebok Village
Johan Spies                                –       BLOK 25: Seegenot tot Tergniethoogte

Woensdag 26 November 2025 :

  • Daar is GEEN kooroefening die week nie. Oefening hervat weer 3 Desember by die orrel om 16:45. Marida – Kontak Ons   Alle belangstellendes welkom.

Donderdag 27 November 2025 : Bloedskenk

Bloedskenk 27 November 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier
Bloedskenk 27 November 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 30 November 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Eerste Advent.
  • GEEN Kategese.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Kindersorg by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Groenewaldfonds aansoeke sluit.

16 Days of Activism against Gender-based Violence

16 days of activism NG Kerk Groot-Brakrivier
16 days of activism NG Kerk Groot-Brakrivier

Verjaarsdae Week 49 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 49 NG Kerk Groot-Brakrivier

Groenewald Fonds

Groenewaldfonds NG Kerk Groot-Brakrivier
Groenewaldfonds NG Kerk Groot-Brakrivier

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons  
Omgeebediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebediening NG Kerk Groot-Brakrivier

Ondersteuningsbediening :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  Kontak Ons   / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons  

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Baie dankie aan almal wat so getrou help met die voorsiening van sop vir 115 gesinne elke twee weke. Die laaste uitreikdatum vir die jaar is  10 Desember.

Wolwedans kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Wolwedans kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Daar is ’n deurlopende behoefte aan wol.

Dankie vir die skenking van die twee enkelbeddens, sowel as die drie selfone. Ons waardeer die oop harte en hande opreg!

CAROLS BY CANDLE LIGHT

Grootbrak Senior Persone Vereniging nooi u vriendelik uit na die CAROLS BY CANDLE LIGHT wat sal plaasvind op 14 Desember 2025 op die Markplein oorkant die Munisipale gebou in Groot Brakrivier.

Hartenbos Bejaardesorg Basaar

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Ds Charné besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

“Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid” (Kol. 4:2 Afr20).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Korea

Na raming word tussen 50 000 en 70 000 Christene in Noord-Koreaanse gevangeniskampe aangehou. Die land is bo-aan Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys van die slegste plekke om ’n Christen te wees, en tog volhard die ondergrondse kerk. FEBA Korea saai die Goeie Nuus vir 18 ure per dag na Noord-Korea toe uit, met programme wat vervaardig en aangebied word deur Noord-Koreaanse oorlopers.

Ons gebed vir die week: Bid dat die kerk in Noord-Korea sal floreer en dat FEBA Korea se uitsendings luisteraars sal help om in die geloof te volhard.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 23 November 2025

  • Erediensbediening:
    • Die skakel na die YouTube Erediens van 23 November, gelei deur Ds Herman Burger, is beskikbaar.
  • Bybelstudiereeks:
    •  Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n verfrissende begin vir elke dag.
    •  Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: Betroubaarheid”
  • Gemeentenuus:
    • ‘n Musikale herinnering aangebied deur die Ondersteuningsgroep en Seeds of Hope.
    • Die weeklikse Afkondigings en ander opkomende aktiwiteite is op die webtuiste te vind, indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag: 22 November 2025

Dagstukkies April

22 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal begin werk aan ‘n persoonlike verhouding met God. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Ken God persoonlik

Teks:“Hulle het met mekaar gepraat, en hulle het mekaar persoonlik geken” (Deut. 34:10d – Die Boodskap)

  • Die grootste item op Moses se getuigskrif was dat hy en God met mekaar gepraat en mekaar persoonlik geken het.
  • Wat ‘n aangrypende getuienis – dat jy met God kommunikeer en julle mekaar persoonlik ken!
  • Begin nou skuiwe maak sodat jy deur gebed met God kommunikeer en deur die Bybel Hom hoor praat.
  • Werk daaraan om ‘n persoonlike verhouding met Hom te hê, nie net kennis van Hom nie.

Gebed

Liewe Vader, help my om U persoonlik te ken.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 21 November 2025

Dagstukkies April

21 November

My wens en gebed is dat jy vandag so sal leef dat ander jou as God se vriend sal beskou. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Wees ‘n vriend van God

Teks:“Want die Here het Moses as Sy vriend beskou” (Deut. 34:10c – Die Boodskap)

  • Wat ‘n wonderlike item op Moses se getuigskrif – Moses was God se vriend!
  • Hoe dink jou gesin, familie en vriende oor jou? Sien hulle jou as God se vriend?
  • Begin vandag so leef dat almal wat jou ken jou as die Here God se vriend sal beskou.
  • Vriendskap met God kom deur gehoorsaamheid, vertroue en om tyd saam met Hom deur te bring.

Gebed

Liewe Vader, laat ek U voluit dien sodat ek U vriend kan wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 20 November 2025

Dagstukkies April

20 November

My wens en gebed is dat jy vandag nie skaam sal wees om te sê wat God in Sy Woord leer nie. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Luister na dit wat God sê

Teks:“Hy het vir die volk kom sê wat die Here hom beveel het” (Deut. 34:10b – Die Boodskap)

  • Moses se getuigskrif was dat hy geluister het na wat die Here gesê het en dit oorgedra het.
  • Dit moet ook op jou getuigskrif staan – jy het onwrikbaar die wil van die Here vertel en geglo.
  • Moenie skaam of bang wees om te vertel wat God in Sy Woord vir jou sê nie.
  • Begin vandag om dit te doen soos Moses dit gedoen het – wees ‘n boodskapper van God se waarheid.

Gebed

Liewe Vader, gee my moed om U waarheid met ander te deel.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 19 November 2025

Dagstukkies April

19 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om naby die Here te leef en die beste vir ander te soek. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Watter getuienis laat jy agter?

Teks:“Daar was nie nog ‘n man soos Moses nie” (Deut. 34:10a – Die Boodskap)

  • Moses was uniek omdat hy so naby die Here geleef het. Hy wou net die beste vir die volk gehad het.
  • Net so moet jy ‘n punt maak om naby die Here te leef- deur gebed, Bybel te lees en ‘n goeie voorbeeld te stel.
  • Soek vandag die beste vir alle ander mense, nie vir jouself nie.
  • Jou nabyheid aan die Here God is sigbaar in wyse waarop jy ander mense behandel.

Gebed

Liewe Vader, laat ek naby U leef en die beste vir ander mense soek.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 18 November 2025

Dagstukkies April

18 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal leef op so ‘n manier dat mense jou geestelike voorbeeld sal mis. Hier is geestelike brood vir vandag.

Tema: Sal mense jou dan ook mis?

Teks: “Die mense van Israel was baie hartseer oor Moses, hulle leier” (Deut. 34:8)

  • Die Israeliete het lank oor Moses getreur omdat hy hulle geestelike leier was.
  • Mense treur oor die verlies van baie dinge – rykdom, status, besittings of selfs vriende en familie.
  • Rou jy oor geestelike agteruitgang???
  • Leef so dat as jy sterf, mense sal treur omdat hulle jou liefde en geestelike voorbeeld gaan mis.
  • Maak vandag ‘n verskil in mense se geestelike lewens, nie net in hulle omstandighede nie.

Gebed

Liewe Vader, laat ek so leef dat mense my geestelike voorbeeld raaksien.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 17 November 2025

Dagstukkies April

17 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal glo en vertrou in die unieke, Almagtige God. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here is uniek

Teks:“Daar is niemand soos die God van Israel nie!… Hy is die Koning van die heelal” (Deut. 33:26 – Die Boodskap)

  • Die Here God is uniek, spesiaal, heilig en Almagtig – niemand is soos Hy nie.
  • Dit is omdat Hy so groot is dat Hy die verlede, hede en toekoms bepaal en uitvoer.
  • Glo en vertrou hierdie enigste ware God wat oor alles is en heers.
  • Hy sal jou, jou hele lewe lank ondersteun en wysheid gee.
  • Hy is die Koning van die heelal.

Gebed

Liewe Vader, help my om te glo en te vertrou dat U die Koning van die heelal is.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Die Pottebakker en Sy klei…

Maar nou, Here, U is ons Vader. Ons is die klei en U is ons pottebakker – ons almal is die werk van u hande. Moenie mateloos toornig wees nie, Here, moenie vir altyd ons sondeskuld onthou nie! Ja, sien tog in: Ons almal is u volk.

”Jes. 64: 8-920

Wanneer mens ‘n pottebakker beleef, vanaf die klei se voorbereiding tot die finale eindproduk, besef mens wat hierdie inleidende en opvolgende verse vir mens probeer sê oor God, die Pottebakker van ons bestaan. Die Pottebakker het reeds ‘n beeld van die eindproduk in gedagte. Daar is egter ‘n groot hoeveelheid voorbereidings wat gedoen moet word, voordat daar hoegenaamd begin word. Die klei word in voorbereiding gebrei, sag gemaak, klamgemaak en gesif om alle onsuiwerhede uit die klei te verwyder. Daarna kom dit as ‘n bondel klei op die draaitafel of pottebakkers tafel waar dit verder met deeglikheid en noukeurigheid verder verwerk word.

Daar word met oorleg en met ervarings-kennis van alle beskikbare pottebakkersgereedskap gebruik gemaak. ‘n Draadsnyer, spons, ribbes, metaal skraper, hout modelerings werkstuk, ‘n lint werkstuk en ‘n skerp naaldwerkstuk, ‘n rand werkstuk en ‘n klei-gat werkstuk. Al hierdie gereedskap stukke word gebruik om die klei te vorm. Met ‘n baie stil en standvastige hand word die klei bewerk. Enige onsekerheid kan lei tot die her-begin van die finale produk. Deur al die werkery word die klei klam en nat gehou, sodat dit nie te vinnig uitdroog nie. Daar word gedurig weer her-beplan, om te verseker dat die beste produk op die tafel oorbly. Die klei word met die hande van die pottebakker in die aanvanklike proses bewerk en gevorm. Die hande hou die klei liefdevol vas, om die gewenste groote, holtes, openinge en vorm aan die gang te sit. Die rand word met die draadsnyer gelyk gemaak, en die vorm word verder met die ribbes, metaal skraper en hout modelerings werkstukke gevorm. Daarna word die versiering met skerp en snydende werkstuk gereedskap gevorm, ingesny en versier. In die proses word baie onnodige klei weggewerk. Aan die einde van die proses, word die produk losgesny van die tafel. Dit word verder stadig en stelselmatig uitgedroog, om enige barste en skeef trek te vermy. Dan word die finale produk geglasuur met verskillende kleure glasuur en word dan in ‘n baie warm potebakkersoond gebak om uiteindelik die finale produk te kry.

“Is Ek nie in staat om soos hierdie pottebakker met julle te maak nie, huis van Israel?” is die uitspraak van die Here. ‘Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, huis van Israel.” (Jer. 18: 620); “Jy sal nou vir my sê: Hoe kan Hy dan nog ‘n mens die skuld gee? Want wie kan sy wil tog teengaan?” Wie is jy tog, o mens, om God te weerspreek? Sal die maaksel vir sy maker sê: “Waarom het jy my so gemaak?” Of het die pottebakker dan nie die reg om uit dieselfde stuk klei ‘n voorwerp vir edele gebruik of vir onedele gebruik te maak nie?” (Rom. 9: 19-2120)

Net so vorm God ons deur ons lewe. Ons word geskuur en geskaaf. Ons kry dikwels seer soos wat die klei met die skerp en snyers gereedskap gevorm word. God het ons reeds beplan nog voordat ons in die moederskoot gevorm is, om die beste ons te wees, soos wat Hy dit beplan het. Deur ons lewe ervaar ons terugslae en teenslae, wat ons nie altyd begryp nie, maar dit alles is deel van God se Pottebakkers Hand in ons lewens. Ons word dikwels losgesny van dinge wat ons standvastigheid gegee het. Ons word versier met genade gawes en die liefde van die Pottebakker. Ons moet egter onthou dat die Pottebakker ook die mag het om die kleipot wat nie voldoen aan sy skeppingsdoel nie, te breek en te vernietig.

Het Hy, wat my in die moederskoot gemaak het, hulle nie ook gemaak nie? Het Een ons nie in die baarmoeder voorberei nie?” (Job 31: 1520); “Op U is ek aangewese van die moederskoot af; van my geboorte af is U my God.” (Ps. 22: 1120); “Dit is immers U wat my niere geskep het, my in die moederskoot geweef het.” (Ps. 139: 1320); “Jy moet vir hulle sê: “So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Só sal Ek hierdie volk en hierdie stad breek – soos mens die kleipot van ‘n pottebakker breek, sodat dit nie weer heelgemaak kan word nie. In Tofet sal mense begrawe word weens gebrek aan begraafplek.” ” (Jer. 19: 1120)

Wanneer ons oorgee aan die leiding van God deur die Heilige Gees kan ons ook vashou aan die belofte wat God vir Jakob gee in Jesaja. Ons hoef nie bang te wees nie, want God het ons met ‘n rede, en vir ‘n doel geskep in die moederskoot. Hy sal ons met waterstrome lawe en seën. Ons grootse Pottebakker het ons geseën met die ewige lewe, wat vir ons gegee is as genadegawe, deur Jesus Christus ons Verlosser, en die bystand en leiding van die Heilige Gees. Ons kan dus as oorwinnaars lewe, wat nie van ons Skepper geskei kan word nie.

So sê die Here, wat jou gemaak het, jou in die moederskoot al gevorm het, wat jou help; “Moenie bang wees nie, my dienskneg, Jakob, ja, Jeserum, wat Ek uitgekies het. Want Ek sal water uitgiet op dorre aarde, waterstrome op droeë grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou nageslag, en my seën op jou nakomelinge. Hulle sal groei tussen gras, soos rivierwilgers langs waterstrome.” (Jes. 44: 2-420); “Maar in dit alles is ons selfs meer as oorwinnaars deur Hom wat sy liefde aan ons bewys het. Ek is immers daarvan oortuig dat nóg dood, nóg lewe, nóg engele, nóg magte, nóg teenswoordige, nóg toekomstige gebeure, nóg kragte, nóg hoogte, nóg diepte, nóg enigiets anders in die skepping, ons sal kan skei van die liefde van God in Christus Jesus ons Here.” (Rom. 8: 37-3920)

Kategese Afsluiting 2025

Die oggend van 9 November 2025 het die gemeente weer die voorreg gehad om die jongmense van die gemeente se afsluiting mee te maak.

Die kleiner kinders het sertifikate ontvang vir hul bywoning, en die Belydende Kategete kon ‘n kers aansteek om hulle te herinner om God se lig in die wêreld te wees.

Dit was ‘n mooi en vreugdevolle oggend wat afgesluit is met koek en drinkgoed in die Kerksaal. Ons bid God’s rykste seën op al die jongmense se pad vorentoe.

Klub50 Afsluiting 2025

Klub50 se lede het ‘n heerlike saamkuier afsluitings funksie by Searle Village Restaurant gehou 5 November 2025. Daar is gesels, heerlike etes genuttig, En selfs vlugvoetig gedans.

Dit was ‘n genotvolle aand vir almal betrokke, soos blyk uit die momentopname galery.

Skep asem vir vandag: 16 November 2025

Dagstukkies April

16 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om ander mense te seën en voorspoed toe te wens. Hier is God se Woord.

Tema: Wens mense voorspoed toe

Teks:“Toe het Moses die Israeliete voorspoed toegebid” (Deut. 33:1 – Die Boodskap)

  • Hoe wonderlik is dit om mense te seën en voorspoed toe te wens nie.
  • Ongeag hoe jy in die lewe voel, fokus op die positiewe en wens ander voorspoed toe.
  • Wees vandag ‘n bron van seën en hoop vir almal wat jou pad kruis.
  • Wees ‘n hoopdraer. Skep ‘n oase van hoop. Bou ‘n omgewing van hoop!

Gebed

Liewe Vader, help my om ander mense te seën.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Afkondigings 16 -23 November 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 16 November 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Wessel & Shanelle Roon (seuntjie – Wessel Roon) en Reuben & Anestashia Terblanche (dogtertjie – Amé Terblanche).
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 46.
  • Die tema van die prediking is: Val jou in die rede….?
  • Doop.
  • Biddag vir beskermingsdienste.
  • GEEN Kategese.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Kankervereniging by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.

Dinsdag 18 November 2025 :

  • ’n Musiek Storie om 10:00 in die kerksaal (slegs vir persone wat bespreek het).

Kerkraadsvergadering

  • Die Kerkraad vergader Dinsdag 18 November 2025 om 18:00 in die kerksaal onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 19 November 2025 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak Ons .
  • Alle belangstellendes welkom.

Sondag 23 November 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Danie Goosen.
  • GEEN Kategese.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Radio FEBA by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • Kerssangdiens om 19:00.
Kerssangdiens NG Kerk Groot-Brakrivier
Kerssangdiens NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 48
Verjaarsdae Week 48

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons .
Gevulde koffieflesse vir kersfees
Gevulde koffieflesse vir kersfees

Ondersteuningsbediening :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak: Riana Briers – Kontak Ons  / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons 

Getuienisbediening :

Wolwedans kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Wolwedans kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier

Wolwedans boodskap, sop en brood

Baie dankie aan almal wat so getrou help met die voorsiening van sop vir 115 gesinne elke twee weke. Die uitreikdatums vir die vierde kwartaal 19 November & 10 Desember.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Daar is ’n deurlopende behoefte aan wol.
Ons benodig asseblief ‘n enkelbed en indien moontlik ‘n matras. Ons waardeer die oop harte en hande opreg!

CAROLS BY CANDLE LIGHT

Grootbrak Senior Persone Vereniging nooi u vriendelik uit na die CAROLS BY CANDLE LIGHT wat sal plaasvind op 14 Desember 2025 op die Markplein oorkant die Munisipale gebou in Groot Brakrivier.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Ds Charné besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.


“By elke geleentheid wanneer julle bid en smeek, moet julle telkens deur die Gees bid. Daarom moet julle waaksaam wees, deur volhardend te pleit vir al die heiliges” Ef. 6:18

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Mali

’n Geweldige storm het onlangs FEBA Mali se stasie beskadig en hulle gedwing om uitsendings vir ’n paar dae te staak. Die direkteur vertel: “Ons het die ingenieur en sy assistent van Bamako af laat kom, ten spyte van verskriklike moeilike toestande … die twee mans het alles reg- en skoongemaak. Hulle het ook die toring geverf. Ons is nou terug op die lug en ons luisteraars is baie, baie bly.”

Ons gebed vir die week: Prys God vir Sy seën op FEBA Mali en vir Sy voorsiening wat hulle op die lug hou.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

  • Erediensbediening:
    • Die skakel na die YouTube Erediens van 16 November, gelei deur Ds Danie Goosen, is beskikbaar.
  • Bybelstudiereeks:
    • Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n verfrissende begin vir elke dag.
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke’tema is: “Die Pottebakker en Sy klei…”
  • Gemeentenuus:
    • ‘n Kort artikel oor die Familiekamp te Hakerville is op die webtuiste.
    • Die momentopname van Klub50 se 2025 afsluitingsfunksie.
    • Kategese: Afsluiting van ‘n vrugbare jaar.
  • Afkondigings
    • Die weeklikse Afkondigings en ander opkomende aktiwiteite is op die webtuiste te vind, indien u wil seker maak van enigiets.

    Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

    Leraars:

    Danie Goosen
    Charné Viljoen

    Langstraat 10,
    Groot-Brakrivier, 6525  ‘
    044 620 2205

     e-pos: Kontak Ons             

    Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

    Bankbesonderhede:  

    FNB tjekrekening

    Rek Nr.  530 831 865 11

    Takkode 210314

    SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

    Skep asem vir vandag: 15 November 2025

    Dagstukkies April

    15 November

    My wens en gebed is dat jy vandag sal weet daar wag nog beter dinge vir jou in die toekoms. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

    Tema: Daar wag beter dinge vir jou

    Teks: “Daarom sal jy die land net op ‘n afstand sien, die land wat Ek vir jou volk gaan gee(Deut. 32:52 – Die Boodskap)

    • Al het Moses nie die Beloofde Land ingegaan nie, het hy wel gesien wat die vrugte van sy werk was.
    • Soms kry jy nie wat jy verwag nie, maar die Here sal vir jou steeds goeie dinge gee. Dit is beter as jou eie drome.
    • Wanneer jy sien wat die Here vir jou gee, gryp dit aan en woeker daarmee – maak dit meer en beter.
    • Leef met verwagting dat God se beste nog vir jou voorlê, selfs al lyk dit nou nie so nie.
    • Hy doen die onmoontlike. Wat vir mense onmoontlik is, is by God moontlik!

    Gebed

    Liewe Vader, wys vir my watter seëninge op my wag.

    In die Naam van Jesus Christus die Here
    Amen

    Vorige dagstukkies

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Skep asem vir vandag: 14 November 2025

    Dagstukkies April

    14 November

    My wens en gebed is dat jy vandag sal besef al die goeie dinge in jou lewe kom van die Here af. God het hierdie goeie nuus vandag vir jou.

    Tema: Jy sal mooi dinge ontvang

    Teks:“Dis die Here wat vir Sy volk hierdie mooi land gegee het… Die Here het dit vir hulle gegee” (Deut. 32:13, 14 – Die Boodskap)

    • Dit was nie Israel wat self die mooi land verkry het nie – dis die Here wat alles gegee het.
    • Jy kan niks self regkry nie, die Here God gee mooi en goeie dinge. Jy kry dit nie self nie.
    • Gryp elke goeie geleentheid wat die Here gee. Benut dit ten volle.
    • Erken vandag dat jou volle geluk ‘n geskenk van die Hom is.

    Gebed:

    Liewe Vader, dankie vir die mooi dinge wat U aan my gee.

    In die Naam van Jesus Christus die Here
    Amen

    Vorige dagstukkies

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Skep asem vir vandag: 13 November 2025

    Dagstukkies April

    13 November

    My wens en gebed is dat jy vandag sal weet jy is die Here se oogappel en Hy vertroetel jou. Hier is God se Woord.

    Tema: Jy is die Here se oogappel

    Teks:“Die Here het sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van sy oog” (Deut. 32:10)

    • Hoewel dit vir Israel gevoel het asof hulle alleen is, het die Here hulle vertroetel soos Sy oogappel.
    • Wanneer jy stoksiel alleen en in ‘n donker put voel, onthou dan, dit is nie die werklikheid nie.
    • Die waarheid is: Jy is die Here se oogappel! Hy sal jou vertroetel en omhels.
    • Al jou probleme sal verdamp soos vog met sonsopkoms.
    • Leef vandag met die sekerheid dat jy kosbaar en geliefd in God se oë is.

    Gebed

    Liewe Vader, laat ek glo dat ek U oogappel is.

    In die Naam van Jesus Christus die Here
    Amen

    Vorige dagstukkies

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Skep asem vir vandag: 12 November 2025

    Dagstukkies April

    12 November

    My wens en gebed is dat jy vandag sal leer om volkome op die Here te vertrou vir alle uitkomste. Hier is God se Boodskap net vir jou.

    Tema: Die Here gee aan jou die uitkoms

    Teks:“Julle kan maar op Hom vertrou” (Deut. 32:4e – Die Boodskap)

    • Wanneer jy angstig raak, maak jy jou eie planne. Dit is egter God wat werklike uitkomste gee.
    • Glo en vertrou dat Hy alleen jou op jou lewenspad kan help – niemand anders nie.
    • Stap hierdie pad agter Hom aan, al vra dit praktiese geloof en praktiese vertroue.
    • Laat Hom die uitkomste bepaal terwyl jy gehoorsaam volg.
    • Jy sal verwonderd wees oor die wonders wat Hy in jou liewe waar maak.

    Gebed

    Liewe Vader, gee my vertroue in U.

    In die Naam van Jesus Christus die Here
    Amen

    Vorige dagstukkies

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.