Sondag 23 November 2025 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan ds Herman Burger wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Johannes 4:7-21 (2020-vertaling).
- Die tema van die prediking is: Die hoogste beginsel in die koninkryk van God.
- GEEN Kategese.
- Kleuterkerk in die konsistorie.
- Spesiale offer vir Radio FEBA by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- Kerssangdiens om 19:00 – Ds Danie Goosen.
KERKRAADSVERGADERING
Tydens die kerkraadsvergadering gehou op 18 November 2025 is die volgende persone as blokleier/diaken/ouderling verkies ten einde vakatures te vul wat ontstaan met die nuwe blokindeling in ons gemeente:
Christo Smith – BLOK 1: Plaas gedeeltes
Heidi Erasmus – BLOK 2: Voorbrug
Pieter van der Merwe – BLOK 4: Langstraat-Bo & Pine Creek
Robbie Katthage – BLOK 7: Onder-Bergsig
Koos van Zyl – BLOK 10: Bergsig-Bo
Mona de Wet – BLOK 11: Sandhoogte pad
Whitey van der Merwe – BLOK 13: Suiderkruis
Koos van der Merwe – BLOK 14: Die Eiland & BLOK 15: Dolphin Creek
Pieter Theron – BLOK 24: Reebok Village
Johan Spies – BLOK 25: Seegenot tot Tergniethoogte
Woensdag 26 November 2025 :
- Daar is GEEN kooroefening die week nie. Oefening hervat weer 3 Desember by die orrel om 16:45. Marida – Kontak Ons Alle belangstellendes welkom.
Donderdag 27 November 2025 : Bloedskenk

Sondag 30 November 2025 :
- Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
- Eerste Advent.
- GEEN Kategese.
- Kleuterkerk in die konsistorie.
- Spesiale offer vir Kindersorg by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
- Groenewaldfonds aansoeke sluit.
16 Days of Activism against Gender-based Violence


Groenewald Fonds

Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons

Ondersteuningsbediening :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
- Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
- Hulp met inkopies.
- Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
- Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – Kontak Ons / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
Baie dankie aan almal wat so getrou help met die voorsiening van sop vir 115 gesinne elke twee weke. Die laaste uitreikdatum vir die jaar is 10 Desember.

Behoeftes vir Getuienisprojekte
Daar is ’n deurlopende behoefte aan wol.
Dankie vir die skenking van die twee enkelbeddens, sowel as die drie selfone. Ons waardeer die oop harte en hande opreg!
CAROLS BY CANDLE LIGHT
Grootbrak Senior Persone Vereniging nooi u vriendelik uit na die CAROLS BY CANDLE LIGHT wat sal plaasvind op 14 Desember 2025 op die Markplein oorkant die Munisipale gebou in Groot Brakrivier.
Hartenbos Bejaardesorg Basaar

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Charné besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
“Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid” (Kol. 4:2 Afr20).
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Korea
Na raming word tussen 50 000 en 70 000 Christene in Noord-Koreaanse gevangeniskampe aangehou. Die land is bo-aan Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys van die slegste plekke om ’n Christen te wees, en tog volhard die ondergrondse kerk. FEBA Korea saai die Goeie Nuus vir 18 ure per dag na Noord-Korea toe uit, met programme wat vervaardig en aangebied word deur Noord-Koreaanse oorlopers.
Ons gebed vir die week: Bid dat die kerk in Noord-Korea sal floreer en dat FEBA Korea se uitsendings luisteraars sal help om in die geloof te volhard.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
Nuut op 23 November 2025
- Erediensbediening:
- Die skakel na die YouTube Erediens van 23 November, gelei deur Ds Herman Burger, is beskikbaar.
- Bybelstudiereeks:
- Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n verfrissende begin vir elke dag.
- Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Betroubaarheid”
- Gemeentenuus:
- ‘n Musikale herinnering aangebied deur die Ondersteuningsgroep en Seeds of Hope.
- Die weeklikse Afkondigings en ander opkomende aktiwiteite is op die webtuiste te vind, indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars:
Danie Goosen
Charné Viljoen
Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525 ‘
044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



