15 Mei
Liewe Vriend
Vandag wil God jou herinner dat jou lewe ’n boodskap aan die wêreld is — Hier is die koringkorrels wat vandag gesaai word.
Tema: Jou lewe is jou getuienis.
Teks: “ʼn Mens word aan sy manier van leef gemeet. Slimheid word aan ’n mooi manier van lewe gesien. Domkoppe weet nie hoe om reg te leef nie. Mense verag hulle.” (Spr. 12:8 – Die Boodskap)
- ‘n Mens se lewe is oop en bloot voor die Here God — Hy hou van iemand wat reg optree. (Ps. 15:2)
- Hoe jy leef, is hoe mense jou evalueer — jou optrede maak ’n indruk wat woorde nooit maak nie.
- Intelligensie sonder karakter maak nie indruk nie — maar ’n lewe wat mooi en eerlik is, trek mense aan.
- Leef vandag so dat ander iets van God in jou kan sien — dit is die sterkste getuienis moontlik.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U my help om reg te leef — help my om vandag ’n lewe te lei wat ’n goeie getuienis voor U en ander mense is.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


