11 Mei
Vandag wil God jou herinner dat ’n lewe met Hom die beste lewe is — Hier is God se Woord vir jou.
Tema: Ken God, leef gelukkig.
Teks: “Om reg te leef moet jy eers die Here liefhê. As jy Hom ken, verstaan jy soveel meer van ’n gelukkige lewe. As jy reg optree, word jou lewe elke dag net lekkerder…” (Spr. 9:10-11 – Die Boodskap)
- God wys jou die pad van die lewe wat jy veronderstel is om te stap. (Ps. 16:11)
- Wanneer jy God leer ken het, het jy die geheim van ’n gelukkige lewe ontdek.
- Hoe beter jy God ken, hoe beter verstaan jy hoe om te leef — begin deur Sy Woord elke dag te lees.
- Elke dag wat jy reg optree, word jou lewe net beter en gelukkiger — dit is God se manier hoe Hy orde skep..
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my leer hoe om gelukkig te leef — help my om vandag nader aan U te beweeg en reg voor U te leef.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


