Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 7 Mei 2026 – Luiheid lei tot armoede

7 Mei

Vandag roep God jou op om jou tyd en energie slim te gebruik — Hier is ‘n Boodskap vir jou.

Tema: Luiheid lei tot armoede.

Teks: “Luiaard, hoe lank gaan jy nog so sit en niksdoen? … Jy kan jou werk verloor. Dan sluip die armoede jou lewe so ongemerk binne. Soos ’n skelm. Jy sal nie verhoging kry nie. Dan sal armoede jou lewe so ernstig bedreig soos ’n gewapende man.” (Spr. 6:9-11 – Die Boodskap)

  • God het ‘n plan vir jou lewe — leer om jou dae wys te gebruik, want elke dag is ’n geskenk van Hom. (Ps. 90:12)
  • As jy uitstel gaan geleenthede verby — kies vandag om wakker te wees en gebruik elke kans wat opduik.
  • Die gevolge van niksdoen kom baie stadig — word wakker voordat die skade te groot word.
  • Elke dag is ’n nuwe kans om doelgerig te leef — staan op, begin en maak die dag die moeite werd.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my elke dag nuwe geleenthede gee — help my om vandag doelgerig op te staan en my tyd wys te gebruik.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.