Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 21 Mei 2026 – Leef sodat God trots is.

21 Mei

Liewe Vriend

Vandag wil God jou aanmoedig om so te leef dat Hy trots op jou is — Hier is God se Boodskap.

Tema: Leef sodat God trots is.

Teks: “As die Here iemand liefhet, sal sy (of haar) vyande dit raaksien. Hulle sal op goeie voet met hom (of haar) wil wees.” (Spr. 16:7 – Die Boodskap)

  • Die Here berei ’n tafel vir jou in die teenwoordigheid van dié wat teen jou is — Hy beskerm jou. (Ps. 23:5)
  • Omdat God vir jou omgee, verander Hy selfs moeilike verhoudings waarbinne jy is — Hy kan harte sag maak.
  • Leef so naby aan God dat mense dit in jou sien — dit is ‘n kragtige en sterk manier om in konflik vrede te bring.
  • Jy hoef niks met jou vyande te doen nie — fokus op jou verhouding met God. Laat Hom die res doen.

Gebed:

 Liewe Vader, dankie dat U my lewe kan verander sodat selfs my vyande dit raaksien — help my om vandag naby aan U te leef en U Naam te eer.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.