Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 5 Mei 2026 – Bly trou aan jou huweliksmaat

5 Mei

Liewe vriend

Vandag wil God jou herinner aan die kosbare geskenk van jou lewensmaat — Hier is saadkorrels vir jou vrugbare geestelike grond, net vir jou vir vandag.

Tema: Bly trou aan jou huweliksmaat.

Teks: “Wees eerder lief vir jou eie vrou (of man). Drink van jou eie put en van jou eie fonteinwater. Laat joune joune alleen wees.” (Spr. 5:15 – Die Boodskap)

  • Wanneer jy die Here dien, sal Hy jou huis gelukkig maak — jou huwelik is ’n gawe direk uit Sy hart en hand. (Ps. 128:3)
  • Getrouheid is die fondament van ’n goeie huwelik en verhouding — koester en bewaar wat God vir jou gegee het.
  • Belê jou tyd, aandag, energie en liefde in jou eie verhouding — dit groei as jy dit versorg en aandag daaraan gee.
  • Laat jou lewensmaat vandag weet dat jy hom of haar lief het. Dat hy of sy kosbaar vir jou is — sê dit hardop.

Gebed

 Liewe Vader, dankie vir die gawe van my lewensmaat — help my om vandag opreg lief te wees en getrou te bly aan die verhouding wat U geskenk het.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.