Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 20 Mei 2026 – Beplan goed en verstandig saam met God.

20 Mei

Liewe Vriend

Vandag nooi God jou om saam met Hom vir sukses te beplan — Dink vandag na oor God se boodskap.

Tema: Beplan goed en verstandig saam met God.

Teks: “Sonder goeie beplanning loop alle planne skeef. Goeie raad verseker sukses. ‘n Goeie antwoord is waardevol. Dit kan iemand help om die regte besluite te neem.” (Spr. 15:22 – Die Boodskap)

  • God belowe om jou te leer en raad te gee en Sy oog oor jou te hou — Hy lei jou op die regte pad. (Ps. 32:8)
  • Geen plan werk sonder dat jy eers raad soek nie — en die beste raad kom van God en van Christusgelowiges wat wys is.
  • Goeie beplanning beteken jy dink voor jy begin – jy luister voor jy besluit . Dit is wysheid
  • Gaan met alles eers na God in gebed. Kry dan eers raad van iemand wat weet voor jy groot besluite neem.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my wil lei en raad gee — help my om vandag wys te beplan en altyd eers U leiding te soek.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.