Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 17 Mei 2026 – Luister en leer meer

17 Mei

Liewe Vriend

Vandag wil God jou uitdaag om met ’n oop “oor” deur die dag te gaan — Hier is God Woord net vir jou vir vandag.

Tema: Luister en leer meer.

Teks: “Gelowiges luister graag na ander en neem hulle standpunte in ag.” (Spr. 13:10b – Die Boodskap)

  • Wanneer die Here God vir Sy kinders iets sê — luister dan. Laat Sy vrede in jou lewe heers elke dag. (Ps. 85:89
  • ’n Gelowige is iemand wat weet dat hy nie alles weet nie — en daarin is juis wysheid, insig en God se leiding.
  • As jy na ander luister, groei jy — mense om jou het ervarings en insigte wat jou lewe kan verryk.
  • Oefen vandag om ’n beter luisteraar te wees — vra eers vrae, oordeel stadig en praat minder.

Gebed:

 Liewe Vader, dankie dat U my deur ander mense ook leer — help my om vandag met ’n oop hart te luister en te groei.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.