21 Junie
Liewe Vriend
Vandag nooi God jou uit om al jou vrese weg te gooi en heeltemal veilig by Hom te wees. Kry nou die Bybel se sterk anker vir hierdie nuwe dag.
Tema: Die Here is jou veilige plek.
Teks: “Die Here is soos ‘n sterk gebou. In swaar tye kan gelowiges by Hom gaan wegkruip. By Hom is hulle veilig.” (Spr. 18:10 – Die Boodskap)
- God is vir jou ‘n veilige plek en Hy pas jou op. In moeilike tye het Hy gewys dat Hy vinnig en gereed is om jou te help. (Ps. 46:2)
- Wanneer die lewe vir jou te moeilik word, hoef jy nie bang of bekommerd te wees nie. Die Here is ‘n sterk en veilige plek waar jy kan skuil.
- Gaan vandag in jou gebede reguit na God toe en kruip veilig by Hom weg – waar niks jou kan bykom nie.
- Voel die diep vrede in jou hart as jy besef dat die groot Here God self jou baie mooi oppas.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U my veilige en sterk plek in elke moeilike tyd is.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


