20 Junie
Liewe Vriend
Vandag wil God jou leer om beskeie en nederig te wees, sodat jy ware eer van Hom kan kry. Hier is die Bybel se riglyn vir jou lewe vandag.
Tema: Om nederig te wees bring vrede. – konflik 3.
Teks: “Wie mense beledig, lok rusie uit. Wie baie van homself dink, word verneder.” (Spr. 17:19 – Die Boodskap)
- Die Here wys vir mense wat nie grootpraat nie hoe om reg te leef. Beskeie mense leer wat God se wil is. (Ps. 25:9)
- Slegte woorde en beledigings laat mense altyd baklei. Pas jou tong vandag op sodat jy nie sulke skadelike dinge sê nie.
- Mense wat te veel van hulleself dink, sal deur die lewe self klein gemaak word.
- Kies vandag doelbewus om ‘n klein en beskeie gesindheid te hê, want dit is die plek waar God Sy geluk gee.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U my leer om met ‘n nederige hart te lewe.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


