26 Junie
Vandag wil God jou hart oopmaak vir die nood van ander mense. Vat hierdie goeie lig uit die Bybel vandag saam met jou.
Tema: Gee vir ander en wees gelukkig.
Teks: “Iemand wat mense se nood raaksien, ervaar blydskap. Hy wat vir armes omgee, is ’n gelukkige mens.” (Spr. 22:9 – Die Boodskap)
- Dit gaan goed met jou as jy aan die armes dink; die Here self sorg vir jou in jou eie moeilike tye. (Ps. 41:2)
- Wanneer jy iemand in nood help, ontvang jy self iets kosbaars terug — ’n diep blydskap wat van God af kom.
- Jy hoef nie ryk te wees om te gee nie; selfs ’n klein daad van omgee kan iemand se hele dag verander.
- Kyk vandag mooi rond, want daar is altyd iemand naby jou wat jou hulp, jou tyd of net jou vriendelikheid nodig het.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my ryklik seën. Help my om vandag ander se nood raak te sien en met ’n blye hart te gee.
In die Naam van Jesus Christus, ons Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


