Skep asem vir vandag: 17 Mei 2025

Dagstukkies April

17 Mei

Liewe ….

Ek bid dat jy sal verstaan dat jy ook ander mense moet dien. My wens is dat jy sal begryp wat dit beteken. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel vir jou.

Tema: Kies om ander te dien

Teks: “Nadat die amptenaar hulle in Josef se huis ingebring het, het hy vir hulle water gegee, en hulle het hulle voete gewas.” (Gén 43:24)

  • Voetwassing was ‘n groot vernedering – ‘n slaaf kon kies om nie iemand se voete te was nie, maar Josef was sy broers se voete.
  • Moenie wraak neem oor seer wat jou aangedoen is nie.
  • Maak ander ,mense vry deur hulle te dien – wees die minste.
  • So sal jy groot innerlike vrede, wat van die Here van Vrede kom, kry en ervaar.

Gebed

Liewe Vader, ek het U krag nodig om mense wat my seergemaak het te dien. Help my hierin.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 16 Mei 2025

Dagstukkies April

16 Mei

Liewe ….

Ek hoop dat jy sensitief sal wees vir die nuwe uitkomste wat die Here in die lewe gee. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Moet jou nie bekommer nie

Teks: “Toe sê die amptenaar vir hulle: “Wees gerus! Moenie bekommerd wees nie.” (Gen 43:23)

  • Soms bekommer jy jou omdat die lewe nie verloop soos jy dit beplan nie.
  • Dit is die Here se manier hoe Hy jou gelukkig gaan maak.
  • Verwag die geluk van die Here op die heel vreemdste maniere. Aanvaar en ontvang dit dan.
  • Dit is Sy wens dat jy wel die voordeel en vrugte van jou werk en lewe sal geniet.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U selfs in onverwagse oomblikke sorg.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 15 Mei 2025

Dagstukkies April

15 Mei

Liewe ….

Ek hoop jy aanvaar dat jou lewe binne God se hand is. Gee jouself in Sy hande. Hy sal vir jou sorg. Jy sal dit sien. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Vertrou die Here vir jou toekoms

Teks: “God die Almagtige sal sorg dat die man julle goedgesind is en julle ander broer terugstuur en ook vir Benjamin. En ek, as ek dan my kinders moet verloor, moet ek hulle maar verloor.” (Gen. 43:14)

  • Uiteindelik gee Jakob die saak van Josef en Benjamin aan die Here oor. Hy sorg en versorg.
  • Hy kry vrede met die wete dat ook hulle toekoms in die hande van die Here veilig is – al is Hy nie by hulle nie.
  • Jy kan op die Here staatmaak. Jy kan Hom vertrou. Hy sal jou help en uitkoms gee.
  • Wees van die Here afhanklik, want Hy is getrou. Hy sal jou deur elke uitdaging lei en help.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my deur alles help.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 14 Mei 2025

Dagstukkies April

14 Mei

Liewe ….

Ek bid dat die Heilige Gees jou die krag sal gee om op te hou om die verkeerde dinge te herhaal. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: As jy jammer is, sal jy anders begin optree

Teks: “Juda het vir sy pa Israel gesê: “Stuur tog maar die kind saam met my sodat ons dadelik kan vertrek.” (Gén 43:8)

  • Wie die lesse van die lewe ernstig opneem (soos Juda), is slim. So iemand ken die kuns van die lewe (Spr. 12:1).
  • Niemand kry uit verkeerde dade iets reg nie (Spr. 12:3).
  • Christusgelowiges dink altyd hoe hulle reg kan leef en die verlede beter oor kan doen (Spr. 12:5).
  • Jy is baie kosbaar vir die Here. Hy belê in jou sodat jy presies sal word wat Hy wil hê jy moet wees.
  • Hy wil jou as ‘n instrument in Sy hande gebruik.

Gebed

Liewe Vader, gee my die wysheid om in te sien waar ek verkeerd leef, en die moed om heeltemal nuut te leef.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 13 Mei 2025

Dagstukkies April

13 Mei

Liewe ….

Vandag bid ek weer ‘n praktiese saak vir jou: dat jy ‘n verantwoordelike mens sal wees. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Neem verantwoordelikheid

Teks: “Maak my verantwoordelik vir hom, en ek sal hom vir Pa terugbesorg.” (Gen 42:37)

  • Ruben staan nie terug om verantwoordelikheid te neem nie. Hy het verantwoordelikheid vir Benjamin en Josef op hom geneem.
  • Miere neem ook verantwoordelikheid vir hul toekoms – sonder druk van ‘n baas of ‘n toesighouer werk miere self en gaar vroegtydig kos.(Spr. 6:6-7).
  • Wie nie selfdissipline het nie, neem nie verantwoordelikheid vir hulle toekoms nie, want hulle sterf as gevolg daarvan (Spr. 5:23).
  • Harde werk het sy voordele. Praatjies bring jou nie ver nie (Spr. 14:23).
  • Vir jou vandag, kyk na die Here en wag vir die geleenthede om verantwoordelikheid te neem. Hy sal jou baie gelukkig maak.

Gebed

Liewe Vader, dankie vir geleenthede om verantwoordelikheid vir dinge in die lewe te neem.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 12 Mei 2025

Dagstukkies April

12 Mei

Liewe ….

Mag jy gelukkig wees oor die oorvloed wat jy van God ontvang. Hier is vandag ‘n spesiale boodskap vir jou.

Tema: Wees bly wanneer die Here jou gelukkig maak

Teks: “Toe hulle dit sien, was hulle en hulle pa baie bang, ” (Gen 42:35)

  • Wees rustig wanneer jy by die Here is. Hy maak jou lewe heel (Ps. 62:1).
  • Om by die Here te wees gee hoop. Niks sal jou onderkry nie (Ps. 62:6).
  • Die pad na ‘n lewe van rus-en-vrede is deur te glo dat God altyd sorg.
  • Kies om positief en bly te wees.
  • Hou aan om vir Sy goedheid te bid. Wees dankbaar dat Hy altyd meer as genoeg gee.

Gebed

Liewe Vader, leer my om U oorvloed in my lewe raak te sien en dit te aanvaar.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 11 Mei 2025

Dagstukkies April

11 Mei

Liewe ….

Ek hoop dat jy sal sien dat die Here regtig goed is en werklik baie vir jou omgee. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Jy kry meer as wat jy behoort te kry

Teks: “Josef het opdrag gegee dat die broers se sakke vol koring gemaak moet word en dat elkeen se geld in die sakke teruggesit moet word.” (Gen. 42:25)

  • Die Here hou baie van jou. Hy stel in elke detail van jou lewe belang.
  • Soos jy die Here vertrou en op Hom steun, verwag buitengewone goeie dinge.
  • Hy sal jou meer gee as wat jy verwag.
  • Die Here sorg dat die regte dinge gebeur en beloon die wat Hom dien (Ps. 58:12).
  • Kyk, die Here maak jou gelukkig. Hy gee jou meer geluk as wat jy verwag of verdien.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U vir my sorg.

In Jesus se Naam. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 10 Mei 2025

Dagstukkies April

10 Mei

Liewe ….

Vandag bid ek dat jy ander mense sal vergewe soos God jou vergewe. Hier is die boodskap van die Here en dit is spesiaal vir jou.

Tema: Vergewe ander mense

Teks: “Josef het van hulle af weggegaan en gaan huil” (Gen 42:24)

  • Gaan uit jou pad om in vrede met ander mense te leef (Rom. 12:18).
  • Wraakplanne pas glad by Christusgelowiges nie (Rom. 12:19).
  • Laat die Here die situasie hanteer. Hy sal jou teenstanders rooi in die gesig van skaamte maak (Rom. 12:20).
  • Begin ander mense heeltemal vergewe. Spreek hulle regtig vry.  
  • Dan sal dit jou nie meer pla nie en sal jy regtig vry wees.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my help om nie self kwaad met kwaad te vergeld nie.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 9 Mei 2025

Dagstukkies April

9 Mei

Liewe ….

Mag jy aanvaar dat God jou ook vir jou verkeerde optrede van die verlede, vergewe. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Vergewe jouself

Teks: “Dit het ons nou van alles wat ons destyds ons broer aangedoen het…” (Gen 42:21)

  • Soms voel jy baie sleg oor dinge van die verlede. Jy hou dan aan om jou daarvoor te verwyt.
  • As iets tussen jou en iemand anders verkeerd geloop het, praat dit eers mooi uit (Spr. 25:9).
  • Jesus bevry jou van die dinge wat in die verlede tussen jou en ander mense verkeerd geloop het.
  • God het jou vergewe. Begin vry leef. Vergewe jouself.
  • Hou vas aan God se liefde en deernis.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my losmaak van die foute van my verlede.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 1 Mei 2025

Dagstukkies April

8 Mei

Liewe ….

Ek bid dat jy iemand sal wees wat ‘n goeie naam het. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Leef eerlik en met integriteit

Teks: “ Ons is eerlike mense…” (Gen 42:11, 31; 44:7)

  • ‘n Goeie naam is baie beter as geld en goud – as edelmetale (Spr. 22:1).
  • Die goeie gesindheid en liefde van ander mense is kosbaarder as groot rykdom (Spr. 22:1).
  • Mense hou baie van iemand wat eerlik is en reguit op vrae antwoord (Spr. 24:26).
  • Maak hierdie spel van die lewe klaar en bly op God vertrou (2 Tim. 4:7-8).
  • Onthou, speel hierdie spel van die lewe met die doel om te wen (1 Kor. 9:24).
  • God is altyd by jou.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek die spel van die lewe kan speel met die oog om die regte doel te wen.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 7 Mei 2025

Dagstukkies April

7 Mei

Liewe ….

Ek bid dat jy sal glo dat die Here in absolute beheer van die lewe is. Laat dit jou troos wees. Hier is God se spesiale Woord vir vandag.

Tema: Wat die Here belowe, laat Hy gebeur

Teks: “Hy het aan sy drome van vroeër gedink…” (Gen 42:9)

  • Toe Josef se broers voor hom buig, onthou hy die drome wat hy meer as 20-jaar gelede gedroom het.
  • Die Here beplan ‘n mens se lewe jare vooruit. Die goeie wat Hy beplan, word waar.
  • Wees daarom rustig en leef in absolute geloofsvertroue, vrede en lewensvreugde.
  • Die goeie dinge wat die Here vir jou beplan, sal ook waar word.
  • Hy is by jou. Hy is jou God (Jes. 41:10).

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U die goeie dinge wat U vir my beplan, waar maak.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 6 Mei 2025

Dagstukkies April

6 Mei

Liewe ….

My gebed is dat jy deur die Heilige Gees gedring sal word om aktief vooruit te werk. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Sit skouer aan die wiel

Teks: “Waarom sit julle vir mekaar ek kyk” (Gen 42:1)

  • Dikwels tref teenspoed jou. Jy doen niks om self daaruit te kom nie en verwag ander mense moet jou uithelp.
  • akob berispe sy seuns wat ook so opgetree het.
  • Doen liewer positiewe beplanning om self uit die moeilikheid en probleme te kom.
  • Slegte dinge kan jy deur goeie positiewe beplanning uit die weg ruim.
  • Verwag dat die Here wat met orde geskep het, jou ook hierin gelukkig sal maak.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my help om deur positiewe optrede alle moeilikhede baas te raak.

In Jesus se Naam.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 5 Mei 2025

Dagstukkies April

5 Mei

Liewe ….

Mag die Here gee dat jy vandag werklik sal sien dat Hy baie goed is. Hier is die Woord van God vir jou vir vandag.

Tema: Daar sal in jou behoeftes voorsien word.

Teks: “… Josef het die graanskure oopgesluit en wat daarin was, … begin verkoop. ” (Gen 41:56)

  • Daar is dikwels behoeftes of nood in jou lewe.
  • Die hand van die Here kan dikwels gesien word as jy terugkyk.
  • Daar sal vir jou gesorg word, soos in die verlede vir jou gesorg is.
  • Hy sal jou vandag uithelp net soos Hy jou in die verlede gedoen het.
  • Soos Hy vandag help, sal Hy ook in die toekoms help.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my altyd help.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 Mei 2025

Dagstukkies April

4 Mei

Liewe ….

Ek hoop dat jy ware innerlike genesing van enige seer in jou lewe sal kry. Hier is ‘n boodskap van God vir jou.

Tema: Alles sal weer regkom

Teks: “God het my alles laat vergeet: al my swaarkry en alles wat my familie my aangedoen het.” (Gen 41:51)

  • Emosionele herstel gebeur nie dadelik nie. Josef moes eers wag vir die geboorte van sy oudste seun om dit te kry.
  • Die Here God wat trane afdroog, sal ook jou innerlike pyn gesond maak. 
  • Jy is vir Hom kosbaar. Hy ag jou hoog. Hy het jou ook lief (Jes. 43:4).
  • Jy is op jou naam geroep en jy behoort aan Hom (Jes. 43:1).
  • Dank die Groot Geneser God vir jou genesing.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my volkome van elke letsel van my verlede sal genees.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 Mei 2025

Dagstukkies April

3 Mei

Liewe ….

Ek hoop dat jy saam met die Here hard sal werk. Jy sal sien hoeveel geluk die Here vir jou harde werk gee. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Sorg vir jouself

Teks: Josef het so baie koring bymekaargemaak dat dit net soveel was as die sand van die see. Hy het later opgehou om aan te teken hoeveel daar was, want dit was te veel om te tel. ” (Gen 41:49)

  • Maak jou planne dadelik. Doen jou planne deeglik. Voer jou planne uit. Werk hard.
  • Sukses kom na goeie beplanning en weens harde werk.
  • As jy vooruit beplan en vooruit werk, sal jy in tye van moeilikhede veilig wees.
  • Die Here sorg vir jou as jy vir jouself ook sorg (2 Tess 3:10, 12).

Gebed

Liewe Vader, help my sodat ek hard werk.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 2 Mei 2025

Dagstukkies April

2 Mei

Liewe ….

Vandag bid ek dat dit met jou baie goed sal gaan. Mag die Here jou goeie lewe en gesondheid gee. Net so bid ek dat wie nie goeie beplanners is nie, daardie talent van die Here sal kry. Hier is Sy Woord  vir jou.

Tema: Leer om te beplan

Teks: “Die graan moet vir die land in reserwe gehou word, dit moet vir die sewe jaar van hongersnood beskikbaar wees in Egipte. Dan sal die hongersnood nie die land uitroei nie.” ” (Gén 41:36)

  • Die lewe gebeur nie net sommer nie. Daar is orde, ritme, harmonie en balans.
  • Daarom dat jy georden moet leef – in jou privaat lewe en in jou werk.
  • Sommige mense dink beplanning is onnodig.
  • Jy het dalk nie noodwendig die talent om te beplan nie, maar God se Gees help jou dit aanleer.
  • Beplanning is noodsaaklik vir sukses.
  • Wanneer jy jou lewe en werk beplan, sal jy met meer grasie hier op aarde leef.

Gebed

Liewe Vader, gee my wysheid, insig en die wilsvermoë om my lewe te beplan.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 1 Mei 2025

Dagstukkies April

1 Mei

Liewe ….

My gebed is dat jy vandag sal besef dat God dinge kan doen wat jy nie kan doen nie. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: God laat die onmoontlike plaasvind

Teks: “Josef het vir Farao gesê: Nie ek nie! God gee die goeie antwoord vir u” (Gen 41:16)

  • Soms moet jy by die einde van jou vermoë, talente en eie planne kom en dit eers erken.
  • Erken dat God kan doen wat jy nie kan doen nie, al wou jy dit doen.
  • Die oplossings van die Here is ‘n prent van Sy krag, mag, wysheid, optrede en alom-teenwoordigheid.
  • Laat toe dat die Here jou lewe se verhaal en reis skryf. Staan terug.
  • Vanuit die Here God kom net liefde, genade, empatie, deernis en omgee, ja, tweede kanse.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my lewe in geleenthede verander.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 30 April 2025

Dagstukkies April

30 April

Liewe ….

Mag jy vandag die Here God as die Een wat jou omarm leer ken. Hier is God se Woord net vir jou.

Tema: Besef jy dat jy ‘n behoefte aan die Here het?

Teks: “Josef het die volgende more by hulle gekom en opgemerk dat hulle bedruk was… Waarom lyk julle so bedruk” (Gen 40:6)

  • Jou grootste behoefte is nie fisiese, psigiese, finansiële of emosionele behoeftes nie, al dink jy so.
  • Jou grootste behoefte is die behoefte aan die Here self.
  • Wanneer jy by ‘n doodloopstraat kom, gee die Drie-enige God hoop en nuwe lewe.
  • Niks of niemand kan jou lewe so vinnig en so dramaties verbeter soos juis Hy nie.
  • Die Here God is die Hoop-geeër, die Hersteller, die Geneser en die Meester van tweede kanse.
  • Hy omarm en verwelkom jou.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my altyd omarm en verwelkom. Dankie vir tweede kanse.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 29 April 2025

Dagstukkies April

29 April

Liewe ….

My gebed is dat jy die geleenthede wat die Here gee sal gebruik om God groot te maak. Hier is ‘n wonderlike Woord vandag net vir jou.

Tema: Jou uitdagings is ook jou getuienistye

Teks:  Wat Josef ook al aangepak het, die Here het dit laat slaag.” (Gen 39:23)

  • Jou lewe is ‘n getuienis van God se liefde – van die begin tot die einde.
  • Selfs in die uitdagendste situasies, sien ander mense God se krag in jou raak
  • Mens kan swaarkry, maar die Here sal jou in elke moeilikheid uitkoms gee (1 Kor 10:13).
  • Daar is niks wat met jou gebeur wat bo jou kragte is nie. Die Here help jou (1 Kor 10:13).
  • Moet dus nie op jouself staatmaak nie. Steun op die Here.
  • As jy ‘n lewe van vertroue in God leef, sal jy ‘n getuienis vir ander wees.
  • Vertrou Hom vandag.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U in alle omstandighede uitkoms gee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 28 April 2025

Dagstukkies April

28 April

Liewe ….

Ek hoop dat jy sensitief sal wees vir die nuwe uitkomste wat die Here in die lewe gee. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Die Here gee nuwe geleenthede

Teks: “ Terwyl Josef daar in die tronk was,was die Here by hom, en Hy het Josef sy troue liefde laat ondervind, sodat die tronkbewaarder hom goedgesind geword het. ” (Gen 39:20-21)

  • Vertrou die Here. Jy kan heeltemal op Hom staatmaak.
  • Jy hoef nie vir ander mense bang te wees nie.
  • Die Here, die Almagtige God is daar om jou te help.
  • Jou genadige God gee altyd nuwe geleenthede en nuwe uitkomste.
  • Hy is die God van nuwe kanse.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U altyd nuwe kanse en geleenthede gee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.