Afkondigings 22 Februarie tot 1 Maart 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 22 Februarie 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Ds Leon Cronje.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 4:1-11.
  • Die tema van die prediking is: Sit jouself op sy plek.
  • Nagmaal.
  • Eerste Lydensweek.
  • Biddag vir Trauma & Verlies.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Ondersteuningsbediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Ds Leon Cronje (Nagmaal).
  • Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal. Gelei deur ds Ds Leon Cronje.
Lees meer “Afkondigings 22 Februarie tot 1 Maart 2026”

Kimberly Orabona “Shepherd me O God”

Kimberly Orabona - Shepard me O Lord NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 7 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na Kim Orabona se weergawe van
Shepherd me O God”, met die mooi refrein:
Shepherd me, O God, beyond my wants,
beyond my fears, from death into life.

Jon Guerra se verwerking van die Saligspreuke: “The Kingdom of God.”

The Kongdom of God - Jon Guerra NG Kerk Groot-Brakrivier

Jon Guerra – “The Kingdom of God.”

Op Dag 6 van ons Lydingstydreeks #VISIODIVINA luister ons na die musikant en
liriekskrywer Jon Guerra se verwerking van die Saligspreuke: “The Kingdom of God.”

Uit die lirieke

Blessed are the poor who have nothing to own
Blessed are the mourners who are crying alone
Blessed are the guilty who have nowhere to go

For their hearts have a road to the kingdom of God
And their souls are the songs of the kingdom of God
And they will find a refuge, for theirs is the kingdom of God

Lees gerus: Lydenstyd :Visio Divina: – Dag 6

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 20 Februarie 2026

Dagstukkies April

20 Februarie

Mag jy vandag vrede kies! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Kies vir vrede

Teks vir vandag: “‘n Wyse mens bly weg van rusies en gestry. Dit is net ‘n dwaas wat sy neus oral insteek.” Spr. 20:3 (Die Boodskap) 

  • Bly weg die kwaad en doen goeie dinge. Soek vrede en jaag dit na (Ps. 34:15).
  • Dit is wys om konflik te vermy en nie in elke argument betrokke te raak nie.
  • Nie elke konflik is vir daar vir jou om te veg nie.
  • Sommige konflik en gevegte moet jy net laat verby gaan.
  • Kies vandag om weg te bly van onnodige konflik en rusies wat net energie en vrede steel.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag wysheid om vrede te soek en weg te bly van onnodige konflik en rusies.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

AsWoensdag

Aswoensdag NGK Groot-Brakrivier

Vandag is AsWoensdag – die begin van die 40 dae lydenstyd voor paasnaweek. Lydenstyd is ‘n tyd vir selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed en diens aan ander. Dit is ‘n tyd om selfs nog meer as gewoonlik die Woord te lees en te oordink. Deur dit alles berei ons ons voor vir die Paasfees. Wat een van die hoogtepunte van die kerklike jaar is. Die gebruik is om palmtakke van die jaar tevore se Palmsondag te verbrand. Vandaar die AS. Gelowiges smeer dan die as aan hul voorkop of pols om jou te herinner aan dit wat Jesus gely het. Om as oor jou kop te strooi was ook ‘n teken van boetedoening in die Bybelse tye. Ons verootmoedig onsself ook met die oog op Lydenstyd.

Lees meer “AsWoensdag”

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 19 Februarie 2026

Dagstukkies April

19 Februarie

Mag jy vandag jou dag en lewe verstandig en wys beplan! Hier is God se wil net vir jou vir vandag:

Tema: Dink voordat jy handel

Teks vir vandag: “Dink voordat jy praat… Eiesinnigheid kan mense se planne vernietig. Daarna blameer hy die

Here vir sy ellende.” Spr. 19:2-3 (Die Boodskap)

  • Gee jou lewe aan die Here oor, vertrou op Hom en Hy sal vir jou sorg – stap agter die Hom aan (Ps. 37:5).
  • Soms maak jy planne sonder om die Here se advies te vra, daaroor te bid en daaroor na te dink.
  • Neem verantwoordelikheid vir jou eie keuses.
  • Moenie God blameer vir die gevolge van jou eie keuses – sonder Hom – nie.
  • Soek vandag God se wil voordat jy planne maak of belangrike besluite neem.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag deur te dink voordat ek optree en om nie eiesinnig te wees nie, maar U wil te soek.

In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 18 Februarie 2026

Dagstukkies April

18 Februarie

Mag jou woorde vandag lewe bring! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Woorde van lewe

Teks vir vandag: “‘n Gelowige se woorde is soos ‘n borrelende fontein. Dit bemoedig mense, troos hulle, wys hulle op die regte pad.” Spr. 18:4 (Die Boodskap)

  • Jou woorde moet altyd regverdig,  wys en vol insig wees (Ps 37:30).
  • Jou woorde moet soos vars water wees wat ander se dors les en hulle verfris.
  • Jou woorde as Christengelowige is ‘n bron van bemoediging en lei ander reg.
  • Sê vandag daardie woorde wat ander sal bemoedig, hoop gee, troos en op die regte pad lei.

Gebed

Liewe Vader, maak my woorde vandag soos ‘n fontein van lewe wat ander sal bemoedig en verkwik. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 17 Februarie 2026

Dagstukkies April

17 Februarie

Mag jy vandag getrou bly in beproewing! Hier is God se spesiale gedagte net vir jou:

Tema: Getoets maar getrou

Teks vir vandag: “Soos ‘n onderwyser jou kennis toets, so toets die Here ons ook. Hy wil vasstel hoe eg ons geloof in Hom is.” Spr. 17:3 (Die Boodskap)

  • God toets ons soos silwer deur vuur skoon gemaak word – toetse maak ons geloof opreg (Ps. 66:10; 1 Pet 1:5-8).
  • Moeilike tye is nie straf nie, maar God se manier om jou geloof te verfyn en sterker te maak.
  • Hoe jy reageer in beproewinge wys hoe eg jou geloof regtig is.
  • Bly vandag getrou, al is omstandighede moeilik – God gebruik dit om jou te suiwer en te versterk.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag getrou te bly in beproewinge en te vertrou dat U my verfyn soos silwer. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 16 Februarie 2026

Dagstukkies April

16 Februarie

Mag jy vandag God se genade ervaar! Hier is God se Woord vir vandag:

Tema: Liefde herstel verhoudings

  • Teks vir vandag: “Die Here verag arrogante mense wat op ander trap. Hulle sal sekerlik nog gestraf word. Liefde kan skewe verhoudings weer regmaak.” Spr. 16:5 (Die Boodskap)
  • Jy weet mos dat die Here barmhartig,  genadig, lankmoedig en vol van goedertierenheid is (Ps. 103:8).
  • God haat hoogmoed, maar Sy liefde en genade kan selfs die slegste verhoudings herstel.
  • Waar daar liefde en vergifnis is, kan daar heling en herstel plaasvind.
  • Laat God se liefde deur jou na mense met wie jy gebreekte verhoudings het vloei.

Gebed

Liewe Vader, laat U liefde vandag deur my vloei om gebreekte verhoudings te herstel en ander te seën. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Peter en Carin van Essen – “Wees genadig”

Peter en Carin van Essen – “Wees genadig”

Op Dag 4 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na Peter en Carin van Essen se weergawe van die Nederlandse “Wees genadig” soos opgeneem in die St Joriskerk in Amersfoort. Dit is geplaas deur die bekende Nederland Zingt.

Uit die lirieke:

De woorden die U sprak, Heer,
ben ik al weer vergeten.
Het vuur van uw beloften
is langzaam uitgedoofd.
Met een hart vol van twijfel
volg ik aardse wijsheid,
vergeef mij toch mijn ongeloof;
hernieuw het vuur in mij.
Wees genadig, Heer,
vergeef mij.
Wees genadig voor mij.
Wees genadig, Heer,
vergeef mij.
Wees genadig voor mij.

“Dry Bones” soos uitgevoer deur The Kings Heralds.

The Kings Heralds - Dry Bones NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 3 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na die baie bekende lied, “Dry Bones” soos uitgevoer deur The Kings Heralds.
Hierdie is ‘n kwartet wat al sedert 1927 bestaan.

Engelse uitvoering van ‘n Kyrie Eleison, soos uitgevoer in die St Laurence Gemeente in Chorley(Engeland)

Lord Have Mercy On Us All - Kyrie Eleison NG Kerk Groot-Brakrivier

Engelse uitvoering van ‘n Kyrie Eleison

Op Dag 2 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na ‘n kontemporêre Engelse
uitvoering van ‘n Kyrie Eleison, soos uitgevoer in die St Laurence Gemeente in Chorley
(Engeland).
Die woorde verskyn in die video.

“Kyrie Eleison” – gekomponeer deur Misha Mdinaradze

“Kyrie Eleison” – gekomponeer deur Misha Mdinaradze

Op Dag 1 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na ‘n weergawe van die “Kyrie
Eleison” – gekomponeer deur Misha Mdinaradze. Die soliste is Mariam Roinishvili / Mikheil
Javakhishvili uit Georgia (Oos-Europa).

Nuusflitse Week 8+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 15 Februarie 2026 : Erediens om09:00 – Geen Kleuterkerk Wel Kategese
Sondag 15 Februarie 2026 : Alternatiewe Erediens om 17:00-18:00 in die kerksaal
Dinsdag 17 Februarie 2026 08:00 tot 09:00: Rek en strek Oefeninge
Woensdag 18 Februarie 2026 :  Blok 6 (Avonddans) vind om 18:00 plaas by Dirk & Dorette Visser – Morgenster straat 43. Dirk Visser
Woensdag 18 Februarie 2026 : Kooroefening by die orrel om 16:45.
Sondag 22 Februarie 2026 : 09:00 Nagmaal. GEEN Kategese.
Wolwedans Boodskap Sop en Brood: 25 Februarie en 11 & 25 Maart

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 15 – 22 Februarie 2026

Afkondigings 15 – 22 Februarie 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 15 Februarie 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 17:1-9 (Die Boodskap).
  • Die tema van die prediking is: Op berge…
  • Verheerlikingsondag.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal. Gelei deur ds Charné Viljoen.

Woensdag 18 Februarie 2026 :

  • Aswoensdag.
  • Die Blokbyeenkoms van Blok 6 (Avonddans) vind om 18:00 plaas by Dirk & Dorette Visser – Morgenster straat 43. Dirk Visser – Kontak ons.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak ons. Alle belangstellendes welkom.

Sondag 22 Februarie 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje.
  • Nagmaal.
  • Eerste Lydensweek.
  • Biddag vir Trauma & Verlies.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Ondersteuningsbediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Leon Cronje (Nagmaal).
  • Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal. Gelei deur ds Leon Cronje.

Nuwe Lidmate 2026:

  • Gideon & Annelene Volschenk van Groot-Brakrivier: Blok 2 (Voorbrug)
  • Johan & Mari Diapaola van Bronkhorstspruit: Blok 4 (Langstraat-Bo & Pine Creek)
  • Leonie de Bruyn van Groot-Brakrivier: Blok 4 (Langstraat-Bo & Pine Creek)

Baie welkom by ons gemeente.

Blokindelings

  • Blok 1             Plaaasgedeeltes
  • Blok 2             Voorbrug
  • Blok 3             Mossienes tot Stasieweg
  • Blok 4             Langstraat-Bo & Pine Creek
  • Blok 5             Kiewietlaan
  • Blok 6             Avonddans
  • Blok 7             Onder-Bergsig
  • Blok 8             Groenkloof Groot-Brakrivier
  • Blok 9             Agter Polisiestasie
  • Blok 10          Bergsig – Bo
  • Blok 11             Sandhoogtepad
  • Blok 12           Eurekapark
  • Blok 13           Suiderkruis
  • Blok 14           Die Eiland
  • Blok 15           Dolphin Creek
  • Blok 16           Hersham
  • Blok 17           Pienaarstrand & Dwarswegstrand
  • Blok 18           Outeniquastrand-Onder
  • Blok 19           Outeniquastrand-Bo
  • Blok 20          Glentana tot George
  • Blok 21           St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes & Melkhout Estate
  • Blok 22           Seester Tergniet
  • Blok 23           Groenkloof Reebok
  • Blok 24          Reebok Village
  • Blok 25          Seegenot tot Tergniethoogte
  • Blok 26          Tergniet-Oos
  • Blok 27          Tergniet-Wes
  • Blok 28          Rheebok Kusweg
  • Blok 29          Reebok-Oos
  • Blok 30          Reebok-Wes & Kleinbrak tot Danabaai
Verjaarsdae Week 8 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 8 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Bedieninge

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week.

Die oorblywende uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 25 Februarie en 11 & 25 Maart.

Ons vrieskaste is leeg. Ons benodig asseblief sop of droë bestandele vir ons volgende uitreik.

Resep– 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies, 150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop. Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar. 

U kan dit skenk in die volgende twee formate:Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel ofGekook en gevries in 2 liter roomysbak.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.            

Omgeebediening :

Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.

Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts.

Enige bydraes help om nood te verlig. Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters –Kontak ons.

Ondersteuningsbediening :

“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13(AFR33) 

Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap. 

Vir meer inligting kontak:Riana Briers – Kontak ons. / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak ons.

Eiendomsbediening :  

Die Eiendomsbediening vra dat u asseblief geduldig sal wees met die gat in die plafon. Ons wil van die geleentheid gebruik maak om fout-opsporing te doen en toeganklikheid te verleen vir die herstelwerk aan die dak.

Eendomsbediening Dak herstelwerk NG Kerk Groot-Brakrivier
Eendomsbediening Dak herstelwerk NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA Malawi

FEBA Malawi was FEBA se eerste radiostasie in Afrika. Pastoor Amos Phiri lei hierdie radiobediening al sedert 1991 met ’n besonderse passie vir sy eie mense, die Yao. Hy het die weg gebaan vir die luisteraarklub-model en hy besoek steeds dorpe in Malawi en Tanzanië om die evangelie te verkondig, nuwe bekeerlinge te doop en dissipels op te lei.

Ons gebed vir die week: Bid vir God se seën oor pastoor Amos en die FEBA Malawi-span hierdie jaar. Vra dat die kerk in Malawi sal aanhou groei in geloof.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za) Nuut op 15 Februarie 2026

  1. Erediensbediening:
    Die skakel na die YouTube Erediens van 15 Februarie 2026, deur Ds Charné Viljoen, is beskikbaar.
  2. Getuienisbediening:
    Wolwedans se boodskap: “Die Liefde en vrug van die Gees” van 11 Feb 2026.
  3. Bybelstudiereekse:
    a) Lydenstyd se begin met Aswoensdag toegelig met die Ikone reeks Visio
    Divinia.
    b) Februarie se ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n goeie begin vir elke dag.
    c) Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Lof en Lojaliteit”
  4. Gemeentenuus:
    Neem kennis van die Blokveranderings. Die aantal blokke het verander, asook die bloknommers. Daar woord onverpoos gewerk daaraan om die oorgang so pynloos moontlik te maak. Die inligting is beskikbaar onder die Nuusflitse vir die week 8-15 Februarie 2026.
  5. Die weeklikse Afkondigings asook lief en leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Verhoudingsleier: Westelike Streek
Hoofkantoor – Wes-Kaap (Bellville)

Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Bybelgenootskap van Suid-Afrika
  • Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) is ʼn maatskappy sonder winsoogmerk wat sedert 1820 die Bybel vertaal, publiseer en versprei in Suid-Afrika. Die missie van die BSA is om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.
  • Die bogenoemde voltydse loopbaangeleentheid is tans beskikbaar by die BSA. Die Verhoudingsleier is verantwoordelik om die BSA se strategie in die spesifieke streek te dryf om te verseker dat volhoubare verhoudings gebou word met donateurs, kerkgenootskappe en Christelike organisasies in die streek. Die posbekleër sal in samewerking met alle kerkgenootskappe Bybelverspreiding in die streek fasiliteer. Daar word van die posbekleër verwag om innoverende fondsinsamelingsinisiatiewe te ontwikkel en daarby betrokke te wees, sodat die BSA effektief bemark word om ondersteuning en befondsing van sleuteldonateurs te verkry om die Bybel beskikbaar te stel. Die posbekleër sal ook verantwoordelik wees vir die bestuur en evaluering van die streek se personeel, asook vir die bestuur van streekkomitees. Die monitering en uitbreiding van die donateursbasis vorm ook deel van hierdie rol.
  • Vereistes:
  • Relevante teologiese kwalifikasie (verkieslik ʼn gelegitimeerde predikant van die NG Kerk)
  • Handhawing van die belydenis dat die Bybel die Woord van God is.
  • Ervaring Is besigheid sal voordelig wees
  • Begrip en kennis van kerklike omgewing en gemeenskap
  • Kennis en ervaring van fondsinsameling en bemarkingsmetodes
  • Bevoegdhede:
  • Sakevernuf
  • Ekumeniese ingesteldheid
  • Samewerkingsvaardighede
  • Verhoudingsbou
  • Sterk kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
  • Leierskap
  • Vermoë om met mense van verskillende agtergronde te werk
  • Kommersiële bewustheid
  • Hoë aanpasbaarheid
  • Vermoë om ander te motiveer
  • Vaardighede:
  • Fondsinsamelingsvaardighede
  • Openbare redevoering
  • Bemarkings- en verkoopsvaardighede
  • Interpersoonlike vaardighede
  • Onderhandelingsvaardighede
  • Beplannings- en organiseringsvaardighede
  • Aanbiedingsvaardighede
  • Vrywaring:
  • Deur vir hierdie posisie aansoek te doen en jou CV in te dien, bevestig jy dat jy jou persoonlike inligting vrywillig verskaf het en dat die inligting volledig, akkuraat en op datum is, in ooreenstemming met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, 4 van 2013 (POPIA).
  • Jy gee hiermee die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) toestemming om jou persoonlike inligting te verwerk vir die doel van werwing en keuring. Jy gee verder toestemming dat die BSA jou persoonlike inligting mag behou op sy databasis vir oorweging van toekomstige werksgeleenthede.
  • Aansoeke sluit op 9 Maart 2026
  • Indien jy teen 17 Maart 2026 niks van ons gehoor het nie, beskou asseblief jou aansoek as onsuksesvol.
  • Stuur aan hr.bssa@biblesociety.co.za

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje

Kassiere:
Alfreda Stander

Skriba:
Carmi Kriel

Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532

e-posKontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 15 Februarie 2026

Dagstukkies April

15 Februarie

Mag jou woorde vandag genesing bring! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Woorde wat genees

Teks vir vandag: “Iemand wat kalm oor woorde praat, se woorde maak heel. Vlymskerp woorde breek af.” Spr. 15:4 (Die Boodskap)

  • Die dinge wat jy se, m.a.w. jou woorde moet die Here tevrede stel – Hy moet daarvan hou (Ps.  19:15).
  • Jou woorde het die krag om mense emosioneel siek te maak, emosioneel gesond te maak, op te bou of af te breek.
  • Sagmoedige, liefdevolle woorde kan stukkende en seer harte gesond maak en verhoudings herstel.
  • Kies vandag om met jou woorde lewe, hoop en heling te bring, nie pyn, verlies of verdeeldheid nie.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag met my woorde ander te genees en op te bou, nie af te breek nie. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Lof en Lojaliteit

Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en van die Bose bewaar.

2 Thes. 3: 320

Lojaliteit

Volgens ‘n anonieme aanhaling word lojalitet as volg beskryf ‘lojaliteit is getrouheid en ywer en entoesiasme. Dit is gewone ordentlikheid plus gesonde verstand’. Die woordeboek se sinonieme vir lojaliteit is ook getrouheid en toegewydheid. Dit is iets wat ons as mense soek in goeie vriende, familie en naby mense. Ons word dikwels teleurgestel! Want lojaliteit is nie iets wat mens dikwels raakloop hier op aarde nie. Tog weet ons dat daar enkele mense is wat wel lojaal en getrou is. Dit is daardie mense met wie jy jou lewe sal vertrou.

Die Bybel leer ons dat God in alle omstandighede getrou is, en dus lojaal aan ons as swak en sondige mens is! So lojaal dat Hy om ons te red, Sy unieke Seun gegee het om vir ons sonde te kom sterf, sodat ons die ewige lewe kan beleef.

Ons moet egter besef dat God ook van ons lojaliteit en getrouheid vra. Ons moet lojaal en toegewyd aan God lewe. Hy wat ons so lief gehad het dat Hy ons vir ewig naby Hom wil laat voortleef. Kan ons dit ooit negeer en nee dankie sê? Kan ons dislojaal teenoor hierdie Grootsheid staan?

God vra ook dat ons lojaal moet wees aan medegelowiges. Dit kan ons doen deur in liefde as ‘n eenheid te leef, soos wat Ef. 4 1-16 so mooi stel. Ons moet kan saam werk en saam leef, omdat ons almal unieke gawes ontvang het, en soos een liggaam met verskillende ledemate saam moet funksioneer. Laat ons mekaar dan ondersteun met lojaliteit en in liefde, soos Cristus van ons vra en Paulus ons dring om in die liefde en die waarheid te bly.

Teksverse:

God is getrou, deur wie julle geroep is tot verbondenheid met sy Seun, Jesus Christus, ons Here.” (1 Kor. 1: 920);

Maar God is getrou – ons woorde aan julle is nie tegelyk “ja” en “nee” nie.” (2 Kor 1: 820);

Teenoor getroue volgelinge tree U getrou op; teenoor iemand wat onberispelik is, tree U onberispelik op;…” (Ps. 18: 2620);

Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggamsdele pas bymekaar en vorm saam ‘n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.” (Ef. 4: 15-1620);

Wees goedgesing teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.” (Ef. 4: 3220)

Lof

Wanneer ons as mense lojaal is teenoor iemand, vind ons altyd iets goed om te sê oor ‘n ander. Hoeveel makliker moet dit nie dan vir ons wees om aan God lojaal en getrou te wees nie. Ons kan nie anders as om met lof van God te praat, en gevul te word met lofprysing oor die grootheid van God nie. Daar is geen ander God wat lofprysing waardig is nie. Ons God het die heelal geskep! Daar is elke dag rede om God te loof en te prys, wanneer ons Sy werke aanskou.

As God en die Heilige Gees ons lippe open, sal ons ook die Almagtige God kan loof soos die Psalmdigter so dikwels van geskryf het. Ons sal die lofuitinge nie kan keer nie. Laat ons elke dag bly wees in wat God vir ons in genade gegee het. Laat ons eensgesind wees, want dan sal ons ook uit een mond lof aan God kan gee.

Teksverse:

My Heer, maak my lippe oop en my mond sal u lof verkondig.” (Ps. 51: 1720);

…want U troue liefde is beter as die lewe. My lippe sal U roem; so sal ek U prys in my lewe; in u Naam sal ek my hande ophef.” (Ps. 63: 4-520);

My mond is vol lof vir U, die hele dag lank vol van u heerlikheid.” (Ps. 71: 820);

En mag God wat volharding en bemoediging bewerk, gee dat julle onder mekaar eensgesind sal wees, ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, sodat julle eenparig, ja, uit een mond, aan God die Vader van ons Here Jesus Christus, die lof sal bring.” (Rom. 15: 5-620)

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 14 Februarie 2026

Dagstukkies April

14 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag deur God se Gees gelei word! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Gelei deur God se Gees

Teks vir vandag: ‘n Kletskous praat maklik sy mond verby. Sy woorde bring hom tot ‘n val. ‘n Wyse is versigtig met sy woorde. Dit hou hom uit die moeilikheid.” Spr. 14:3 (Die Boodskap) – lees ook Spr. 12:18; 13:3; 15:1; Jan 3:2, 5-6

  • Die Heilige Gees lei jou om God se wil te doen – jy sal min probleme ervaar (Ps. 143:10).
  • God se Gees lei jou om die regte dinge op die regte tyd te sê, te dink en te doen.
  • Wanneer jy gehoorsaam aan die Heilige Gees is, beskerm Hy jou teen onverstandige keuses.
  • Luister vandag na die stem van God se Gees en volg Sy leiding in alles wat jy doen.

Gebed

Liewe Vader, laat U Gees my vandag lei in alles wat ek sê, dink en doen sodat ek uit die moeilikheid kan bly.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.