Sondag 7 Desember 2025 :Erediens om 09:00 – Ds Danie Goosen (afskeidspreek). Woensdag 10 Desember 2025: Wolwedans boodskap, sop en brood: 14 Desember 2025 om 16:00: CAROLS BY CANDLE LIGHT Vrydag 12 Desember 2025 : Die Kerkkantoor sluit om 12:30 en heropen Maandag, 5 Januarie 2026 om 8:30 Sondag 14 Desember 2025 : Erediens om 09:00 Dr. Nadia Marais 14 Desember 10:00 Groenkloof Ds. Herman Burger 21 Desember 09:00 Dr. Gerrie van Deventer Kersdag Dienste 25 Desember 07:00 Ds. Charné Viljoen 25 Desember 08:00 Ds. Charné Viljoen 25 Desember 09:00 Dr. Frans Hancke 25 Desember 10:00 Dr. Frans Hancke 28 Desember 2025 09:00 Prof. Fanie Snyman Oujaarsdiens 31 Desember 2025 18:00 Ds. Charné Viljoen
My wens en gebed is dat jy vir ander mense sal omgee. Hier is God se Woord aan jou.
Tema: Sorg vir ander mense
Teks: Josef het so baie koring bymekaargemaak dat dit net soveel was as die sand van die see. Hy het later opgehou om aan te teken hoeveel daar was, want dit was te veel om te tel. ” (Rut 2:20 – Die Boodskap)
Josef het planne gemaak en dit uitgevoer. Hy was suksesvol.
“If you fail to plan, you plan to fail”, het iemand eendag gesê. Sukses kom wanneer jy jou lewe beplan.
Dis moeite om so te leef. Begin geleidelik deur jou lewe omgee.
Jy sal gelukkig wees wanneer jy sien dit gaan ook met ander mense goed.
Gebed
Liewe Vader, help my om die lewe van iemand anders op te hef deur vir hulle om te gee.
“As die Here nie my hulp was nie, sou ek spoedig in die stilte gewoon het.”
Ps. 94: 1720
Stilte, iets wat ons soms ongemaklik na woorde laat gryp. Ons weet nie altyd hoe om stilte te hanteer nie. Ons is so gewoond daaraan om ons woorde, so dikwels sonder nadenke, te laat vlieg; net omdat ons bang is vir stilte! Hoekom is dit so moeilik vir ons om ons denke en woorde te beteuel? Mens kan tog nie hoor wat gesê word, as jy nie stil raak om te hoor wat ‘n ander sê nie.
Sondag 30 November 2025 : Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen. Sondag 30 November 2025: 14:00 16 Days of Activism against Gender-based Violence Woensdag 3 Desember 2025 Kooroefening Sondag 7 Desember 2025 :Erediens om 09:00 – Ds Danie Goosen (afskeidspreek). Woensdag 10 Desember 2025: Wolwedans boodskap, sop en brood: 14 Desember 2025 om 16:00: CAROLS BY CANDLE LIGHT
Dis met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van die volgende geliefdes: 21 November 2025 – Johan van der Ende: Wyk 11B 22 November 2025 – Willem van Langelaar: Wyk 10A Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende.
Anime, manga, vreedsame tempels, karate, jūdō, en vir geestelike verligting, Zen-boeddhisme. Is enige hiervan vir jou bekend? Of is jy dalk selfs goed ingelig en kundig oor meer as een Japannese tradisie? Japan het, deur al sy kulturele uitvoer ‘produkte’, al hoe meer bekend geword in die Weste. Maar daar is waarskynlik nog heelwat gapings tussen jou Westerse indrukke en die werklike Japan. Daar is ook ’n Japan agter Japan—nie maklik sigbaar nie, soms selfs versteek vir ons wat al lank hier woon… en, mag ek sê, soms nog weggesteek vir die Japannese self.
Ons woon al 16 jaar in Japan, en al bly hierdie ryk en antieke kultuur ons dikwels verstom, is daar ’n Japan wat stadigaan sy ware kleure begin wys wanneer jy hier leef. Kom luister hoe ons, selfs ná al die jare, steeds ons koppe stamp teen ongeskrewe reëls, onmoontlike kanji, en baie esoteriese Oosterse kodes van stilte en harmonie binne ’n hoë-tegnologie, lae-misdaad eilandnasie.
Maar laat ons ook pynlik eerlik wees en die vraag vra wat jy dalk huiwerig is om aan getuienisvennote in Japan te stel: Is dit nodig dat ’n hoogs beskaafde en goed funksionerende land soos Japan die evangelie hoor? Het hulle die evangelie nodig? En —al is dit dalk diep ontstellend vir die ryk Christelike geskiedenis van die Weste—wat van ons? Moet óns nie ook weer die evangelie herleer nie? Kyk die twee video’s, deel dit gerus wyer en gesels saam!
Vrede en vreugde,
Stéphan, Carina en gesin (ook namens Tobie en Annalie de Wet)