7 Mei
Liewe ….
Ek bid dat jy sal glo dat die Here in absolute beheer van die lewe is. Laat dit jou troos wees. Hier is God se spesiale Woord vir vandag.
Tema: Wat die Here belowe, laat Hy gebeur
Teks: “Hy het aan sy drome van vroeër gedink…” (Gen 42:9)
- Toe Josef se broers voor hom buig, onthou hy die drome wat hy meer as 20-jaar gelede gedroom het.
- Die Here beplan ‘n mens se lewe jare vooruit. Die goeie wat Hy beplan, word waar.
- Wees daarom rustig en leef in absolute geloofsvertroue, vrede en lewensvreugde.
- Die goeie dinge wat die Here vir jou beplan, sal ook waar word.
- Hy is by jou. Hy is jou God (Jes. 41:10).
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U die goeie dinge wat U vir my beplan, waar maak.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


