Skep asem vir vandag: 7 Junie 2025

7 Junie

Liewe ….

Noudat jy weet dat jy terwyl hulle leef aan jou hartsmense liefde en waardering gee, hoop ek dat dit vandag met jou goed gaan. My gebed is dat jy die waarde van vergifnis sal ontdek. Hier is die Woord van die Here vir jou.

Tema: Vergewe en vra om vergewe te word

Teks: “’Julle moet vir Josef vra om tog die groot misdaad teen hom, die onreg wat julle hom aangedoen het, te vergewe.’ Vergeef ons tog nou die misdaad.” (Gen 50:17)

  • Jy kan nie los kom van verkeerde optrede nie – wat jy aan ander gedoen het of wat ander aan jou gedoen het.
  • Jou eerste instink is om ander mense in eie munt terug te kry.
  • Herstel eerder jou verhouding met hierdie mense – soek vergifnis en vra vergifnis.
  • Moenie skaam, bang of te trots wees om vandag vergifnis te vra of te gee nie.
  • Gelukkig is jy as jy vrede maak met mense wat in vyandskap met mekaar leef (Matt. 5:9).

Gebed

Liewe Vader, maak my iemand wat bekend staan as ‘n vredemaker.

Ek bid dit in die Naam van Jesus dié Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.