5 Junie
Liewe ….
Noudat jy weet dat dinge altyd weer reg kom, hoop ek dat mense vandag aan jou liefde en goedheid sal bewys. Mag jy jou oë oopmaak vir die nuwe geleenthede wat die Here vir jou gee. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: Ons kan nie God se optrede verklaar nie
Teks: “Josef het vir sy pa gesê: “Dit hoort nie so nie, … Maar sy pa het geweier en gesê: “Ek weet dit, my seun. (Geb 48:18-19)
- Daar is tye in jou lewe waar jy dink dat God verkeerd optree.
- Die Here weet wat Hy doen en waarom Hy dit toelaat.
- Die Here verduidelik nie altyd waarom sekere dinge gebeur nie.
- Soms vra dit net geloof en nie ook verklarings nie.
- Sê altyd vir die Here dankie. Wees hoopvol. Leef met verwagting. Leef voluit.
Gebed
Liewe Vader, gee my ‘n onwrikbare vertroue in U goedheid, selfs al verstaan ek dit nie.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


