3 Junie
Liewe ….
Noudat jy weet dat die lewe ewigheidswaarde het, is my wens dat jy vandag goeie nuus sal kry en gelukkig wees. Mag jy jou oë oopmaak vir die nuwe geleenthede wat die Here vir jou gee. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: Van uitstel kom afstel
Teks:“Hoe lank gaan julle nog talm voor julle die land in besit gaan neem wat die Here die God van julle voorvaders aan julle gegee het?” (Jos 18:3).
- Soms gee die Here ‘n nuwe seisoen en uitkoms aan jou, tog talm jy om dit te vat en jou eie te maak.
- Die tyd het aangebreek om die oplossings, antwoorde en nuwe seisoene wat God aan jou gee aan te gryp.
- Wanneer jy huiwerig is om God se nuwe seisoene en oplossings uit te voer, mis jy wonderlike nuwe geluk in jou lewe.
- Moenie langer uitstel nie. Die Almagtige God sal jou help om dit waar te maak.
Gebed
Liewe Vader, ek dank U dat U my help om oor te begin en nuwe geleenthede in my lewe te kry.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


