Skep asem vir vandag: 2 Junie 2025

2 Junie

Liewe ….

Gister het ons gesien dat jy meer ontvang as wat jy verwag. Daarom hoop ek dat jy vandag ‘n goeie dag sal geniet. My gebed is dat jy jou geestesoë sal oopmaak en verstaan dat jy eintlik nie hier op aarde tuis hoort nie. Jy is op reis na die ewige lewe by God. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Op reis van die aarde na die lewe by God

Teks: “Jakob het vir hom gesê: “Ek is nou al honderd en dertig jaar ‘n vreemdeling hier op aarde.” (Gen 47:9)

  • Jy is soos ‘n besoeker hier op die aarde. Eintlik kuier jy net hier (1 Pet 2:11).
  • Dit mag gebeur dat in jou alledaagse lewe dinge gebeur wat nie vir jou lekker is nie (1 Pet 1:6).
  • Dit toets jou geloof. Moenie dat dit jou van stryk bring nie ( 1 Pet. 1:6-7).
  • Fokus op die dinge wat ewigheidswaarde het. Laat dit jou deur alles motiveer.
  • Bly op Jesus vertrou. Almal sal daaroor praat.

Gebed

Liewe Vader, help my dat ek soos iemand wat na U op reis is, leef – gefokus op U.

Ek bid dit in die Naam van Jesus dié Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.