Skep asem vir vandag: 6 Junie 2025

6 Junie

Liewe ….

Ek wens jou vandag toe: gesondheid, genade en ‘n goeie lewe. Jy het gister gehoor dat God se optrede onverstaanbaar is. Ek hoop en bid dat jy die waarde van jou hartsmense sal verstaan. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Liefde vir hartsmense

Teks: “Josef het toe oor sy pa gebuk en hom al huilende gesoen.” (Gen 50:1)

  • Almal word met die dood van hartsmense gekonfronteer – ‘n man of vrou, kinders of ouers, broers of susters, oupas of oumas, vriende, kolegas of selfs kennisse.
  • Dit is goed as jy huil en treur wanneer so iemand naby aan jou sterf (1 Tess 4:13-14).
  • Dit beteken niks om, ná hul dood,l iets groots vir hulle te wil doen nie – hulle is nie daarvan bewus is nie – ‘n groot roudiens is nutteloos.
  • Dit is eerder belangriker om, terwyl hulle leef, met jou hartsmense goeie verhoudinge te hê.
  • Die is belangrik om op aarde aan jou hartsmense jou liefde en waardering oor te dra – ja, terwyl hulle leef.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek geleenthede het om aan mense te wys dat ek hulle waardeer.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.