Skep asem vir vandag: 27 Augustus 2025

27 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat die Here nie jou foute teen jou sal hou nie. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Die Here sal jou genade gee

Teks: ” Die Here sal… julle genadig wees…” (Num 6:25)

  • Soms dink jy dat jou foute en sonde te veel is. Soms voel dit asof die Here jou vergeet het.
  • Die Here vergewe en gee genade. Dit is Sy besigheid. Hy doen dit oor en oor.
  • Die Here hou nie boek van die kwaad nie. Daar is nie ‘n einde aan Sy liefde nie – alles net vir jou.
  • Maak vandag jou hart oop vir God se liefde en genade.
  • Aanvaar dit en wees vry! Leef vry!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek in Christus volle vryspraak en genade van my sonde kry. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.