Liewe Vriende en Familie
Ek wil net begin om uit my hart dankie te se. Dankie vir elkeen wat die gebedsbriewe lees en saam bid. Dankie dat julle saam op julle knieë gaan en intree vir die mense van Oekraine, vir Suid-Oekraine en vir Lig vir die Wêreld gemeente hier in Suid-Oekraine. Dankie dat julle ook vir my en my kinders en familie bid. Ek weet en ek glo dat die vurige gebed van ‘n gelowige groot krag het! Die Here is getrou en elke gebed hoor Hy. Hy is vir ons. Hy is so goeie Vader en weet wat ons nodig het nog voordat ons dit vra! Ek is so dankbaar vir elkeen wat op hierdie gebedsgroep is en saam bid, saam leef en omgee. Dankie vir elkeen wat ‘n bydrae maak om die koninkryk van die Here hier in Oekraine te versprei, maak nie saak wat of hoeveel dit is nie, ek waardeer dit oneindig baie! Ons leef in geloof en ek weet dat elke goeie gawe uit Vader se hand kom. Ek kan net getuig oor Sy goedheid. Hoe Hy werklik sorg en voorsien. Dankie vir elke boodskap, skif en brief. Die Here bevestig so baie keer vir my goed deur julle boodskappe, soms is daar soveel troos en word ek so versterk deur julle.
Dankie dat ek soms my hart met julle kan deel wanneer dit moeilik gaan en dat julle saam bly is oor elke oorwinning!
Dankie, dankie dankie!
03:00 Vanmore het die sirenes weer afgegaan. Daar was 10 drones oppad na Suid-Oekraine. Elkeen dra ongeveer 50kg plofstof. Na ‘n uur het die drones rigting verander, waarvan 4 Suid-Oekraine getref het. ‘n Vyf verdieping woonstelblok is getref. Suid-Oekraine is so 65 km van Suid-Oekraine af. Van hulle het in Rominië verwoesting gesaai. Een was steeds oppad na Suid-Oekraine, maar het ook op die laaste oomblik rigting verander.
Die Here hou Suid-Oekraine in Sy hand.
More moet ons Suid-Oekraine toe ry na die Immigrasie kantore. Bid asseblief.
Masada is verby en ons is so dankbaar vir elke jongmens se lewe wat die Here aangeraak het. Die hoogtepunt vir my was toe ‘n 17 jarige seun na die aanddiens na my toe kom met trane in sy oë en vir my se: Michele, ek is ‘n slegte mens, bid asseblief vir my. Wanneer iemand weet hy het gesondig en het die Here se vergifnis nodig is dit alles die moeite werd! Hy het Jesus verlosser en Redder aangeneem en toe ek vir hom sê dat daar nou in die Hemel blydskap is het sy oë gestraal. nie net hy nie, maar elke jongmens vir wie ek gebid het, het tot bekering gekom, elke aand. Dan ook die ander leiers. Amper al die kinders, behalwe een wat vir my gese het, sy gaan daarooor dink. Prys die Here vir elke lewe wat verander is. 96 Jongmense se lewens is verander. Dankie vir elke bydrae en elkeen wat die moontlik gemaak het.
Die leierspan het so goed gedoen. Meeste van hulle is jonger as 20 en ek was regtig benoud hoe dit gaan wees sonder die mans wat nie kon saamgaan nie, aangesien hulle nie Suid-Oekraine wil verlaat nie. Mans word van busse afgeneem by die pad blokkades en net daar gestuur om in die oorlog te gaan veg. Die pad na die kamp het ons deur twee pad blokkades gery en nie een keer het hulle in die kar gesoek na mans nie.
W werk al vir meer as twee jaar in die coffee shop. Hy het partykeer kerk toe gekom, maar nog nooit ‘n oorgawe gemaak nie. Aangesien ons nie genoeg leiers vir Masada gehad het nie, moes ons vir W leier van die speletjies en runnes span gemaak het. Dit was ‘n moeilike besluit. Hoe kan mens ‘n nie-Christen op jou leierskap span sit? Maar die Here het ‘n ander plan gehad. W was die perfekte persoon en op Masada, die eerste dag het hy uitgekom en het hy tot bekering gekom! Hy is verantwoordelik en nou so deel van ons span!
Ons gee steeds van Maandag tot Vrydag vir die vlugtelinge kos. Mense wat alles verloor het. Party het by ons aangekom met net die klere aan hulle lywe. Huise is afgebrand en hulle het niks om na terug te keer nie. Hulle vertel vir ons hul verhale van hoe hulle vir hul lewens gevlug het en verby lyke wat in die pad le, hardloop met kindertjies aan die hand. Soveel lewens en soveel seer. Met hierdie bediening staan ons op ‘n punt wat ons ‘n besluit moet neem. Die hulp wat uit Rominie gekom het, het opgedroog en ons vriende in Rominië kry nie meer die ondersteuning vir Oekraine nie. Baie mense vergeet van Oekraine en die oorlog en fokus op ander lande wat ook groot hulp nodig het. Ons stap ‘n pad met hierdie mense en hulle voel al soos familie. Hulle is so dankbaar vir elke bord kos. Die oorlog is steeds baie erg al sien mens dit nie meer op die hoof nuus nie. Die maand is ‘n kinder hospitaal deur ‘n missiel getref en op een dag reg oor Oekraine is daar oor die honderd gewone mense soos ek en jy dood. Moet asseblief nie ophou bid vir Oekraine nie. Vra asseblief jou gemeente en gebedsgroepe om aan te hou bid vir Oekraine en Suid-Oekraine. Ons staan egter op ‘n kruispad en moet besluit of ons voort gaan om vir die vlugtelinge kos te maak of nie. Want ons bron van inkomste vir die voedings program droog op, of het die Here ‘n ander weg.
Oppad na Masada het ons motor langs die pad gebreek. Ons het die laaste paar honderd meter die motor gestoot tot by die kampterrein. Ons prys die Here dat hy net voor die kampterrein gebreek het! Die kerk se bussie staan ook en is nou in Suid-Oekraine besig om reg gemaak te word. Ons het die bussie so nodig maar ek is benoud oor die dag wat hulle sê dat die bussie gereed is en dat ons hom kan kom haal, want dan moet ek dadelik betaal! Bid asseblief saam vir die regmaak kostes vir die voedtuie. Dit is soos ‘n berg voor my. Die grondpaaie in Suid-Oekraine is in ‘n erge toestand en ons bussie moet amper aftree. Hy kan nie meer nie.
ons het ‘n wonderwerk nodig!
Ek sien op die internet hoe koud dit in Suid-Afrika is en ek sien die sneeu en reen terwyl ons weer hier in Oekraine die ergste somer in jare beleef. Ons het hierdie week temperature van tot 45 grade. Die mense wat hier woon sê dat hulle nog nooit so warm somer beleef het nie. Bid asseblief, baie mense beland in die hospitaal weens hitte uitputting. Dit is ‘n hitte wat alle energie uit jou tap.
Bid asseblief vir die in Oekraine. Ons het party dae net 3 ure elektrisiteit. Dan moet ons vinnig ons telefone laat laai en wasgoed doen.
Bid asseblief vir A. Toe hy klein was. was hy in Raduga. Sy ma het hom na geboorte by sy ouma gelos om groot te maak. Toe hy twee jaar oud was, het sy ma hom weer kom haal om geld by die staat te kry aangesien sy ‘n enkel ma is. Hy het by haar gebly totdat hy vier jaar oud was.
A bly nou weer by sy ouma. Hy speel trekklavier en droom daarvan om ‘n klavier te hê. Ons sal hom graag binnekort wil verras met ‘n klavier. A het homself geleer om in die dorp rond te beweeg, sonder ‘n stok stap hy en tel die tree af. Sy gehoor is uiters goed en hy kan van ver af hoor of daar motors of mense naby is. Ek sien hom so selfverseker in die straat af loop, mens sal nie eers se dat hy totaal blind is nie. Bid asseblief vir hierdie pragtige skaam seun, dat hy genesing sal kry, fisies en geestelik.
Bid asseblief vir Raduga vir finansies en borge vir elke kind.
Bid asseblief vir my, dat die Here my daagliks sal versterk en Sy vrede gee. Ek het Hom so nodig. Julie maand is dit ‘n maand van soveel eerstes. Julie maand 30 jaar gelede het O op sy eerste uitreik na Suid-Oekraine gekom. ‘n Jaar later in 1995 in Julie het ek die eerste keer op ‘n kort uitreik hierheen gekom en in Juliemaand 1996 het ons ons eerste doop geleentheid gehad en is Lig vir die Wêreld gemeente gebore.
Ek mis soms vir O soveel dat dit so seer is.
Ek beplan om Oktober in SA te kom kuier. Ek moet ‘n nuwe visum en bestuurslisensie kry. Bid asseblief vir die finansies.
Baie liefde en seën uit Suid-Oekraine
Michele Potgieter
Suid-Oekraine, Ukraine
Projekte rekening:
Standardbank,
Lynnwood Ridge tak (met kode 012445),
rekeningnommer 014330067
in die naam Nuwe Dag
My persoonlike
besonderhede:
Capitec
MRS M POTGIETER
Savings Account Number: 1554335599
Branch: 470010
SWIFT code (CABLZAJJ)
International Sort/Routing/Clearing Code: 470010


