Afkondigings: 28 Julie 2024 – 4 Augustus 2024

Sondag 28 Julie 2024 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Ds Danie Goosen & Nadia Marais (seuntjie – Theo Goosen).
• Predikers – Ds Danie Goosen & Dr Nadia Marais.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 4:1-30.
Die tema van die prediking is: Ken jy jou?
• Kategese.
• Sinodale offer vir Gemeentebediening by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Woensdag 31 Julie 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.

Vrydag 2 Augustus 2024 :
• Magda Louw vertoning om 19:00 in die kerksaal.

Sondag 4 Augustus 2024 :

• Prediker – Ds Gerrie van Deventer. • Aktief Kerk Wees om 08:30. • Kategese. • Spesiale offer vir Plaaslike Bejaardesorg by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom. • Groenkloof Nagmaal: Ds Danie Goosen.

Bybelblokraaie :

Bybelblokraai 7 & 8 se antwoorde is beskikbaar in die voorportaal asook by die traliehek van die kerkkantoor.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Augustus 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.

Omgeebediening :
Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!
Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ens sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 7 & 21 Augustus en 4 & 18 September. By voorbaat baie dankie.

Behoeftes vir Getuienisprojekte:

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
28 Julie 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 28 Julie 2024.
2. Getuienisbediening:
a) Die weeklikse nuusbrief van Madagaskar is beskikbaar.
b) Die video reeks van die Getuienisnaweek 2024 is beskikbaar per skakel op die
webwerf.
c) ‘n Gees-gevulde Getuienisnaweek oorsig en fotocollage is beskikbaar op die
webwerf.
3. Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Vreugde en Vrede…”
4. Gemeente Nuus:
Die Gebedsgids vir Augustus is beskikbaar.
5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314