Sending: Gerrie en Arlene Coetzee – Nuusbrief Einde 2023

Die doel van die EMT (ETHNOS MISSION TRAINING kursus) waarby ons as deel van die
opleidingspan betrokke is, is beide om die studente bewus te maak van God se oproep op mense om
Sy boodskappers te word, en ook om hulle te help om te verstaan wat van hulle persoonlik in hulle
verhouding met God verwag word voordat hulle ook soos Jesaja kan se: “Hier is ek! Stuur my!” .