Stof tot nadenke: Die Lig van Christus

Toe het Jesus weer met hulle gepraat en gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal beslis nie in die duisternis leef nie, maar sal die lig van die lewe hê.”

Joh. 8: 1220

In die Advent tyd kyk ons met vreugde uit na die herinnering aan die koms van die Lig na hierdie wêreld. Waar ons ookal gaan, luister ons na Kersliedere wat ons gedurig herinner aan die grootste geskenk wat ons nog ooit kon gekry het. Dié geskenk wat reeds meer as 2000 jaar gelede na hierdie wêreld gekom het. Tog was die gelowiges in die Ou Testament reeds bewus daarvan dat God die Lig is in die duisternis van hierdie wêreld. Die Lig was van altyd af by God en was saam met God.

Baie mense sê: “Wie sal ons weer die goeie laat beleef?” Laat die lig van u teenwoordigheid oor ons skyn, HERE. ” (Ps. 4: 720); ”HERE, God, Heerser oor alle magte, herstel ons; laat skyn die lig van u aangesig, sodat ons verlos kan word.” (Ps. 80: 2020); “Die HERE is my lig en my redding – vir wie sal ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe – vir wie sal ek bang wees.” (Ps. 27: 120)

Soos Daniël van ouds, kan ons net die Here, God en Vader, Seun en Heilige Gees, loof en prys in hierdie feestyd, want Hy het dit vir ons moontlik gemaak om verlos te word, sodat ons ook soos die Psalmdigter kan vra om in te gaan na God se woonplek. Ons hoef niks te vrees nie, want God se Lig is ons wapenrusting en Hy is ons Beskermer, as ons in Hom glo.

Stuur u lig en u waarheid; laat dit my lei, my bring na u heilige berg en na u woonplek, sodat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God wat my van blydskap laat jubel, en sodat ek U, o God, my God, kan prys met ‘n lier.” (Ps. 43: 3-420); ”Daniël het in sy reaksie gesê” “Mag die Naam van God van ewigheid tot ewigheid geprys word, Hy aan wie die wysheid en mag behoort! Hy verander tye en tydperke; Hy sit konings af en stel konings aan. Hy gee wysheid aan wyses en kennis aan wie insig het. Hy openbaar dit wat diep en verborge is; Hy weet wat in duisternis is. Die lig is by Hom tuis.” (Dan. 2: 20-2220); “Wat Ek vir julle in die donker sê, sê dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit van die dakstoepe af. En moenie diegene vrees wat die liggaam kan doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie.” (Matt. 10: 27-2820)

Christus, wat die Lig van die wêreld is, het reeds gekom. Sy lig is reeds aanskou deur baie mense en vir eeue kon die duisternis nie die lig doof nie. Jaarliks word ons daaraan herinner, en ons moet vashou aan hierdie beloftes, sodat ons nie deur valse skyn-ligte van die pad af gevoer word nie. Ons moet die lig voortdra, deur so te leef dat ander die Lig van Christus in ons elke dag se handel en wandel kan sien! Ons moet in dankbaarheid leef vir wat die Lig van Christus vir ons beteken en moontlik gemaak het. Die genade van die Vader is so groot, en Hom kom toe die heerlikheid tot in ewigheid. Hy wat alles moontlik gemaak het.

Die Lig van Israel sal ‘n vuur word, en sy Heilige ‘n vlam. Die vlam sal brand en hulle onkruid en doringstruike op een dag verteer” (Jes. 10: 1720); ”Die volk wat in duisternis woon het ‘n groot lig gesien; vir hulle wat in die gebied en die skadu van die dood leef, het ‘n groot lig opgegaan. Van toe af het Jesus met sy verkondiging begin en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele is op hande.‘” (Matt. 4: 16-1720); ”Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê kan nie weggesteek word nie. Mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n maatemmer nie, maar op ‘n lampstaander, en so gee dit lig vir almal in die huis. Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.” (Matt. 5: 14-1620)

Ons weet verseker dat die Lig van Christus van die Vader af kom. Hy is verskeie kere as die Seun, in wie God Hom verheug, uitgewys, deur God self; maar ook deur die werking van die Heilige Gees, soos met die lofprysing van Sagaria, na die geboorte van Johannes die Doper, wat Jesus Christus se pad sou gereed maak.

Voor hulle het Hy van gedaante verander: Sy gesig het gestraal soos die son, en sy klere het skitterend wit geword soos die lig.” (Matt. 17: 220); ”Terwyl Hy nog praat, het ‘n helder wolk skielik ‘n skaduwee oor hulle gegooi, en kyk, ‘n stem uit die hemel sê: “Dit is my geliefde Seun, oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.”” (Matt. 17: 520); “’n Kragtige verlossing het Hy vir ons bewerk uit die nageslag van Dawid, sy dienskneg, soos Hy reeds lank gelede by monde van sy heilige profete beloof het.” (Luk. 1: 6920); “En jy, kindjie, profeet van die Allerhoogste sal jy genoem word, want jy sal voor die Here uitloop om sy paaie gereed te maak en om sy volk in te lig dat hulle verlos kan word deur die vergewing van sonde, danksy ons God se innige ontferming, waardeur die môreson uit die hoogte oor ons sal opkom,…” (Luk. 1: 76-7820)

Laat ons ook hierdie feestyd die Lig van Christus so laat deurskyn, dat die hele wêreld kan weet dat Hy werklik die Verlosser en Lig is vir hierdie wêreld, vol genade en wysheid.

In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het selfs nie een ding wat bestaan, ontstaan nie. In Hom was lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis kon dit nie uitdoof nie.” (Joh. 1: 1-520); “En die Woord het vlees geword en onder ons kom woon, en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos dié van die unieke Seun van die Vader – vol genade en waarheid.” (Joh. 1: 1420); “Jesus het uitgeroep en gesê: “Wie in My glo, glo nie net in My nie maar ook in Hom wat My gestuur het! En wie My sien, sien Hom wat My gestuur het. Ek het as ‘n lig na die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.”” (Joh. 12: 44-4620); “Want vroeër was julle wel duisternis, maar nou, in die Here, is julle lig. Leef as kinders van die lig!” (Ef. 5: 820)

Skep asem vir vandag: 14 Desember 2025

Dagstukkies April

14 Desember

Ek hoop so dat jy sal begin om liefdesdade aan mense te wys. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Om liefde aan mekaar te wys

Teks: “Wat jy nou doen, is nog ‘n groter liefdesdaad as die liefde wat jy aan jou skoonma bewys het…”(Rut. 3:10– Die Boodskap)

  • Bybelse liefde is om jou eie wil en voorkeur vir iemand anders op te offer.
  • Rut is bereid om met Boas te trou sodat sy én Naomi ‘n goeie toekoms sal hê – sy bewys wéér ‘n liefdesdaad aan Naomi.
  • Jy sal vandag baie geleenthede kry om ook liefdesdade aan mense te betoon – gebruik dit.

Gebed

Liewe Vader, gee my die dapperheid om lief te hê.

In Jesus se Naam. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 51+ van 2025 Week 1+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 14 Desember 2025 : Erediens om 09:00 Dr. Nadia Marais
14 Desember 10:00 Groenkloof Ds. Herman Burger
14 Desember 18:30 Coffee & Connect in die Kerksaal
21 Desember 09:00 Dr. Gerrie van Deventer
21 Desember 18:30 Coffee & Connect in die Kerksaal
Kersdag Dienste
25 Desember 07:00 Ds. Charné Viljoen
25 Desember 08:00 Ds. Charné Viljoen
25 Desember 09:00 Dr. Frans Hancke
25 Desember 10:00 Dr. Frans Hancke
28 Desember 2025 09:00 Prof. Fanie Snyman
31 Desember 2025 18:00 Oujaarsdiens Ds. Charné Viljoen

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 14 Desember 2025 – 11 Januarie 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag: 13 Desember 2025

Dagstukkies April

13 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag jou oë op God Almagtig wat na jou kyk, sal hou. Hier is God se Woord.

Tema: Jy sal versorg wees

Teks: “ Hy sal verstaan dat jy versorging nodig het en vir jou sê wat jy moet doen… ” (Rut. 3:4 – Die Boodskap)

  • God is die Almagtige wat vir jou sorg.
  • Boas weet watter versorging Rut nodig het, en Naomi weet dat hy dit aan haar sal gee.
  • Net so kan jy oortuig wees dat die Here altyd vir jou sal sorg – ook vandag en môre.

Gebed

Liewe Vader dankie dat U vir my sorg.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Afkondigings 14 Desember 2025 – 11 Januarie 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 14 Desember 2025 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Nadia Marais wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 1:39-45 (2020-vertaling).
  • Die tema van die prediking is: Op die voetspoor van Elisabet.
  • Derde Advent.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Herman Burger.
  • “Coffee & Connect” in die kerksaal om 18:30.
Coffee and Connect NG Kerksaal NG Kerk Groot-Brakrivier
Coffee and Connect NG Kerksaal NG Kerk Groot-Brakrivier

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Desember 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 51
Verjaarsdae Week 51

Dinsdag 16 Desember 2025 :

  • Versoeningsdag.

Sondag 21 Desember 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Dr Gerrie van Deventer.
  • Vierde Advent.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • “Coffee & Connect” in die kerksaal om 18:30.

Donderdag 25 Desember 2025 :

Kersdag – Kersdagdienste:

  • 07:00 – Ds Charné Viljoen
  • 08:00  – Ds Charné Viljoen
  • 09:00  – Dr Frans Hancke
  • 10:00   – Dr Frans Hancke

Vrydag 26 Desember 2025 :

  • Welwillendheidsdag.

Sondag 28 Desember 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Prof Fanie Snyman.
  • Doop – ’n Spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers:

Alex & Chandré Jonker (dogtertjie – Anlea).

  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Januarie 2025 is vandag beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Woensdag 31 Desember 2025 :

  • Oujaarsdiens om 18:00 – Ds Charné Viljoen.

Donderdag 1 Januarie 2026 :

  • Nuwejaarsdag.

Sondag 4 Januarie 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Huis JJ Watson vir Bejaardes (BADISA George) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Maandag 5 Januarie 2026 :

  • Kerkkantoor open.

Sondag 11 Januarie 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Dr Frans Hancke.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Jan Kriel Instituut (Kuilsrivier) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke.

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek antwoorde vir nommer 29, asook die Bonus Blokraaie B1 & B2 tesame met hul antwoorde, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Nuwe Lidmate 2025:

Louise Pretorius van Elarduspark: Wyk 04A
Tommie Coertze & Rianne Walter van Jeffreysbaai: Wyk 06B
Johan & Olivia Jonker van Louis Trichardt: Wyk 10A
Baie welkom by ons gemeente.

Kerk se kombuis

Die kerk se kombuis het ‘n deurlopende behoefte vir leë roomysbakke wat  vir sop of oortollige kos gebruik word.

Indien u het om te skenk kan u dit asb na die oggend eredienste by die kombuis kom afgee. Baie dankie vir u ondersteuning.

Bedieninge

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons wil aan elkeen ‘n baie Geseënde Christusfees saam met familie en vriende toewens en mag 2026 vir elke geroepende en gestuurde volgeling van Jesus ‘n uiters suksesvolle jaar wees. Geniet die rustyd en ons begin weer met al ons aktiwiteite op 14 Januarie 2026 en tot dan, Shalom.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ’n deurlopende behoefte aan wol.

Daar is ’n spesifieke behoefte van een van ons flikste ouma-helpers in Wolwedans vir ’n tweedehandse yskas en 2-plaat stofie. Skenkings kan asb by die kerkkantoor afgegee word of kontak vir Aletia –  Kontak Ons om vervoer te reël.

U oop harte en hande word opreg waardeer en is ’n groot seën in ons bediening en gemeenskap.

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters –  Kontak Ons .

GEVULDE KOFFIEFLESSE VIR KERSFEESKOSPAKKIES

 – Ons is gevul met dankbaarheid en verwondering vir ‘n fantastiese, samewerkende en ondersteunende gemeente.

Baie dankie vir elke koffiefles wat gevul is. Daar gaan baie dankbare harte wees.

OMGEEBEDIENING

Ondersteuningsbediening :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokter afsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  Kontak Ons  / Riëtte Jansen van Rensburg –  Kontak Ons .

Die webwerf (nggrootbrak.co.za) Nuut op 14 Desember 2025  

  • Erediensbediening:
    • Die skakel na die YouTube Erediens van 14 Desember, gelei deur Dr Nadia Marais, is beskikbaar.
  • Getuienisbediening:
    • Daar is nuus van Lynette se terugkeer na Madagaskar.
  • Bybelstudiereeks: 
    • Lees meer oor die betekenis van die Advent tydperk in die kerkjaar, wat reeds in die derde week is.  
    • Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n verfrissende begin vir elke dag. 
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Die Lig van Christus”
    • Gemeente nuus
      • Die weeklikse Afkondigings en ander opkomende aktiwiteite en
      • Erediens tye vir die vakansie is op die webtuiste te vind, indien u wil seker maak van enigiets

Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak” (Ef. 6:18b-19 Afr83). 

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Pakistan

In Pakistan word die land se stigter op 25 Desember herdenk. Die meeste mense weet net van Kersfees as hulle toegang tot buitelandse media het. Tog maak nuuskierigheid harte dié tyd van die jaar meer ontvanklik. FEBA Pakistan se spesiale Kersprogramme, waarin hulle die ware betekenis van Kersfees en die evangelie deel, het voorheen positiewe terugvoer van nie-gelowiges ontvang. Ons gebed vir die week: Bid vir Direkteur Shahzad en die FEBA Pakistan-span waar hulle die geskenk van die evangelie hierdie Kerstyd met Moslem-luisteraars deel.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Filippense 4:4 Verbly jou in die Heer Oom Karolus en Lente

Fil 4_4 Verbly jou in die Heer Oom Karolus en Lente Advent NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag: 12 Desember 2025

Dagstukkies April

12 Desember

My gebed is dat jy vandag sal raaksien dat God deur klein dingetjies groot dinge waar maak. Hier is Sy boodskap vir vandag.

Tema: Die Here sorg selfs deur eenvoud

Teks: “…, hy is eintlik een van die mense wat veronderstel is om vir ons te sorg…”(Rut 2:20 – Die Boodskap)

  • God is die Almagtige wat wonderwerke in jou lewe doen..
  • Hy bring Rut in aanraking met die man wat veronderstel is om vir haar en Naomi te sorg.
  • Die Here sorg altyd en heeltyd vir jou en doen dit in die fynste detail.
  • Word rustig en leef in vertroue. In Sy hande is jy veilig.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my lewe tot in die fynste besonderhede reg laat uitwerk.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 11 Desember 2025

Dagstukkies April

11 Desember

My wens is dat jy rustig sal word – onthou, die Here God sorg vir jou. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Jy sal versorg word.

Teks: “Rut het toe saam met die ander vroue in Boas se land are opgetel…” (Rut 2:23 – Die Boodskap)

  • Rut se harde werk het gelei tot voorsiening vir haar en Naomi.
  • God het reeds ‘n plan om in jou behoeftes te voorsien – selfs voordat jy dit besef.
  • Bly getrou in jou alledaagse pligte – die seëninge sal daar wees.
  • Wees gelukkig. Wees vol van vrede. Wees rustig. Wees vol van vertroue.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U vir my sorg..

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

‘n Stille Dankie vir die Hande en Harte wat hierdie jaar ‘n Brug van Liefde Gebou het in Wolwedans

Wolwedans Kerspakkieprojek 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Inleiding

Ons sluit hierdie jaar af met ‘n gees van stille dankbaarheid. Die onlangse Kersfees-uitreik – waar 115 gesinne ekstra sop voorraad ontvang het, ‘n geskenk koopbewys by SaveMor en 175 lekkergoed pakkies,  om hulle deur die vakansietydperk te help – staan ​​as ‘n sigbare merker van ons gemeenskap se liefde. Tog, terwyl ons ons harte rig op die woorde van Matteus 6:1-4, word ons daaraan herinner dat die ware waarde van hierdie werk nie in openbare erkenning lê nie, maar in die verborge oomblikke van vriendelikheid, die ongesiene sop kook en die getroue harte wat dit moontlik gemaak het. Hierdie is om stilweg dankie te sê vir die manier waarop ons gemeente toegelaat het om as ‘n instrument van God se voorsiening in Groot-Brakrivier gebruik te word.

Die Bediening van Teenwoordigheid: Meer as ‘n Uitdeelstuk

Ons tweeweeklikse program van Boodskap, sop en brood is in sy kern ‘n bediening van teenwoordigheid. Dit is die opbou van ‘n verhouding, wat elke twee weke herhaal word, wat sê: “Julle is nie vergeet nie.” Hierdie jaar, terwyl ons voorberei het vir die gaping oor die feestyd, het daardie verbintenis, ‘n tasbare verlenging nodig gehad. Die resultaat was ‘n “brug”-pakket: sopbestanddele, brood, ‘n inkopiebewys en Kersfeeslekkergoed vir die kinders. Alhoewel hierdie items noodsaaklik is, is hulle maar die fisiese uitdrukking van iets veel dieper – die verhoudings wat geduldig oor tyd deur so baie van julle gebou word.

Die Harmonie van Gee: ‘n Simfonie van Ondersteuning in ‘n kakofonie van klanke

Hierdie Kersfeesbrug is gebou deur ‘n harmonie van skenkers, wat elkeen ‘n rol speel wat deur ‘n Goddelike partituur gerig word en ‘n kakofonie in ‘n simfonie verander. Ons is innig dankbaar vir ons borge wie se vrygewigheid die hulpbronne verskaf het: Help Relieve Poverty NPC vir hul finansiële ondersteuning, De Dekke Spar vir hul gemeenskapsgesinde vennootskap,  brood en koopbewyse, en die Soft Landings Foundation  wat die soppakkies verskaf en individueel verpak het.

Tog het hierdie eksterne ondersteuning sy ware doel deur u, die NG Kerk Groot-Brakrivier gemeente, gevind. U getroue, voortgesette skenkings – hetsy fisies of finansieel – vorm die bestendige fondament wat dit alles moontlik maak. Die getuienisbediening se bereidwilligheid om vrywillig te werk, te pak, te organiseer, af ​​te lewer en die boodskap te bring, is die arbeid van liefde wat skenkings in seën vertaal. In die gees van Matteus 6 word baie van hierdie werk gedoen sonder enige gehoor behalwe die Vader wat in die geheim sien. Vir elke anonieme skenking, vir elke ongesiene uur wat aan voorbereiding bestee word, gee ons ‘n stil, hartlike dank.

Dankie. Dankie aan elkeen wat week na week, so in die stilte, nie net ons vrieskas volgehou het met roomysbakke vol sop of ‘n gevulde fles met droë bestanddele afgelewer het, ‘n geskenkte pakkie lekkers of ‘n paar uur se tyd aangebied het nie, maar ‘n opregte glimlag, ‘n naam wat onthou is, ‘n gebed, ‘n gesprek of ‘n woord van versterking. Julle is die “voete op die grond” wat Jesus ons roep om te wees. Julle het verstaan ​​dat die gawe van waardigheid net so belangrik is as die gawe van kos. Deur dit stil en konsekwent te doen, het julle skatte van ‘n ander soort opgegaar.

‘n Besinning vir die Nuwe Jaar

Toe ons die laaste pakkies en koopbewyse verskaf het, is ons nie getref deur ‘n gevoel van prestasie nie, maar deur ‘n gevoel van voorreg. Dit is ‘n heilige voorreg om die hande te wees wat die sop pak, die voete wat die brood aflewer, die gemeenskap wat die koopbewys van keuse en die soetheid van viering aanbied. Hierdie werk is God se werk; ons is bloot Sy gewillige instrumente.

Terwyl ons na Januarie en die voortsetting van ons gereelde program kyk, laat ons hierdie stil, reflektiewe dankbaarheid vorentoe dra. Laat ons voortgaan om te gee, te dien en verhoudings te bou, nie vir die lof van ander nie, maar uit ‘n opregte liefde vir ons naaste en gehoorsaamheid aan ons Here.

Die behoeftes duur voort, en daar is baie ekstra name op die waglys aan wie ons, weens finansiële beperkings, nie kan voorsien nie.

Ons roeping is om te dien en te vertrou op die Een wat sien en voorsien.

Aan elke lid van hierdie gemeente: dankie vir julle getroue, dikwels verborge, diens. Dankie dat julle die tasbare uitdrukking van God se liefde in Groot-Brakrivier is. Mag ons almal voortgaan om vreugde te vind daarin om Sy instrumente te wees, praktiese behoeftes met deernisvolle harte te vervul, alles vir Sy eer alleen.

Nie elke gesig kan gewys word nie
Maar elkeen is ‘n gebed van seën

inmekaar geweef met God se liefde

Kerspakkieprojek 2025

Skep asem vir vandag: 10 Desember 2025

Dagstukkies April

10 Desember

Ek hoop dat jy elke dag van God se beskerming kan getuig. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Jy sal beskerm word

Teks: “Dis goed so… Jy mag dalk net beledig word as jy op iemand anders se land gaan werk.” (Rut 2:22 – Die Boodskap)

  • Naomi se raad was eenvoudig: bly waar jy veilig is.
  • Moenie rondloop en rondgaan waar jy nie hoort nie – bly waar God jou geplaas het.
  • Moenie rondloop en rondgaan waar jy nie hoort nie – bly tussen die grense wat God stel.
  • Luister na die wysheid van mense wat vir jou belange omgee.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my met grense beskerm.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 9 Desember 2025

Dagstukkies April

9 Desember

My wens is dat jy oortuig sal wees dat God vir jou sorg. Hier is Sy Woord vir vandag.

Tema: Die Here handel die saak af

Teks: “Dis nie al nie. Hy het ook gesê ek moet terugkom en elke dag saam met sy werkers are kom optel…. ” (Rut 2:21 – Die Boodskap)

  • Boas het vir Rut ‘n permanente plek gegee, nie net ‘n eenmalige guns nie – so werk God ook.
  • Die Here sorg in jou fisiese, materiële, emosionele, en geestelike behoeftes van elke dag, nie net vandag nie.
  • Wees getrou in die klein geleenthede. Dan is jy ook in groot dinge getrou.
  • So sal jy gelukkig wees en vrede geniet.

Gebed

Liewe Vader, help my met moed om die lewe van iemand anders op te hef deur vir hulle om te gee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 8 Desember 2025

Dagstukkies April

8 Desember

My wens is dat jy die goeie dinge wat die Here doen, sal raaksien. Hier is brood vir vandag.

Tema: Beplan vooruit

Teks: “Ons moet vir jou ‘n man kry, sodat jy versorg kan word en jou eie huis en huisgesin kan hê” (Rut 3:1 – Die Boodskap)

  • Dit is die een ding wat die God van gawes, goedheid en genade vir jou sal gee, ‘n mooi toekoms.
  • Verwag hierdie wonderlike nuwe tydperk op meer en beter as wat jy nou het.
  • Soos Naomi kan jy ook instrumenteel wees om vir ander ‘n nuwe lewe oop te breek.
  • Maak jou lewe vandag vir die gawes van die goeie God oop.
  • Leef met ‘n verwagting van beter en oorvloed. Wees gelukkig.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U meer gee as wat ek verwag.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Die Bron van die Evangelie

Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig. En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar tereuggegee het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig. Toe begin Hy vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.

Luk. 4: 18-2120

Ons is in die Advent tyd van die kerklike jaar. Dit herinner ons aan die afwagting wat ons elke jaar onthou van die koms van Jesus Christus. Vir baie van ons is hierdie tyd die afwagting na Kerfees en vakansie tyd, wêreldwyd. Ons sien uit na saam kuier met vriende en familie. Vir menige mense is dit alleen tyd nadat hulle moes afskeid neem van geliefdes. Skielik is ons menswees onder ons uitgeruk! Tog is ons as gelowige Christene bewus daarvan dat die evangelie vir ons soveel meer in die afwagting bring.

Lees meer “Stof tot nadenke: Die Bron van die Evangelie”

Skep asem vir vandag: 7 Desember 2025

Dagstukkies April

7 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag werklik sal begin glo wat vir mense onmoontlik is, vir God heel gewoon en moontlik is. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Onverstaanbaar, ondenkbaar en onverwags

Teks: “Weet jy, … hy is eintlik een van die mense wat veronderstel is om vir ons te sorg…” (Rut 2:20 – Die Boodskap)

  • Wat was die kans dat dié twee vroue om iemand se grond sou beland wat volgens die Joodse wet hulle moes versorg – nul. Tog het dit gebeur.
  • Die Here is vol goedheid en guns. Hy laat dinge gebeur wat jy jou nie kan indink nie – so sorg Hy.
  • Die Here sorg vir jou op maniere en plekke wat onverstaanbaar, ondenkbaar en onverwags is.
  • Ontvang dit net.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U onverstaanbaar werk en so vir my sorg.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 50+ van 2025

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 7 Desember 2025 :Erediens om 09:00 – Ds Danie Goosen (afskeidspreek).
Woensdag 10 Desember 2025: Wolwedans boodskap, sop en brood:
14 Desember 2025 om 16:00: CAROLS BY CANDLE LIGHT
Vrydag 12 Desember 2025 : Die Kerkkantoor sluit om 12:30 en heropen Maandag, 5 Januarie 2026 om 8:30
Sondag 14 Desember 2025 : Erediens om 09:00 Dr. Nadia Marais
14 Desember 10:00 Groenkloof Ds. Herman Burger
21 Desember 09:00 Dr. Gerrie van Deventer
Kersdag Dienste
25 Desember 07:00 Ds. Charné Viljoen
25 Desember 08:00 Ds. Charné Viljoen
25 Desember 09:00 Dr. Frans Hancke
25 Desember 10:00 Dr. Frans Hancke
28 Desember 2025 09:00 Prof. Fanie Snyman
Oujaarsdiens
31 Desember 2025 18:00 Ds. Charné Viljoen

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 7 – 14 Desember 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings 7 – 14 Desember 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 7 Desember 2025 :

Danie afskeidspreek NG Kerk Groot-Brakrivier
Danie afskeidspreek NG Kerk Groot-Brakrivier
  • Baie welkom by die afskeidspreek van ds Danie Goosen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Filippense 1:1-10.
  • Die tema van die prediking is: Dankie vir die dans!!
  • Tweede Advent.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Sinodale offer vir BADISA by die deure.
  • Tee en iets te ete kan saam met ds Danie in die kerksaal geniet word na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof Kerssangdiens om 10:00.
  • Alternatief Kerk in die kerksaal om 18:30.

Woensdag 10 Desember 2025 :

  • Skole sluit.
Kooroefening NG Kerk Groot-Brakrivier
Koor oefening NG Kerk Groot-Brakrivier

Vrydag 12 Desember 2025 :

  • Die Kerkkantoor sluit om 12:30 en heropen Maandag, 5 Januarie 2026 om 8:30.
Verjaarsdae Week 50 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 50 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 14 Desember 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Dr Nadia Marais.
  • Derde Advent.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Herman Burger.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Desember 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek antwoorde vir nommer 29, asook die Bonus Blokraaie B1 & B2 tesame met hul antwoorde, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Bedieninge

Getuienisbediening :

Ons wil graag vir elkeen wat gedurende die jaar deelgeneem het aan ons onderskeie projekte, in watter vorm dit ookal was, baie dankie sê. Ons kan terugkyk na ‘n jaar wat suksesvol was en kan ons in dankbaarheid al die lof en eer aan die Here gee vir Sy Seën.

Wolwedans boodskap, sop, brood en Kersgeskenk

Ons gaan die jaar se uitreike op 10 Desember afsluit met die gebruiklike Kersboodskap, sop, brood, aankoopkaarte ter bedrag van R 475 vir 115 gesinne, asook Kersbederfpakkies vir 175 kindertjies.

Wolwedans Jeugkerk

Die Wolwedans Jeugkerk het op Vrydag 5 Desember afgesluit. Die kindertjies het die Jesus geboorte uitgebeeld aan hul ouers en almal wat deur die jaar gehelp het. Daar is daarna aan elke kindjie ‘n Sertifikaat van bywoning  van die Wolwedans Jeug Kerk gegee asook iets te drinke en ‘n bederfie.

CAROLS BY CANDLE LIGHT

Grootbrak Senior Persone Vereniging nooi u vriendelik uit na die wat sal plaasvind op 14 Desember 2025 om 16:00 op die Markplein oorkant die Munisipale gebou in Groot Brakrivier.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ’n deurlopende behoefte aan wol.
  • Daar is ’n spesifieke behoefte van een van ons flikste ouma-helpers in Wolwedans vir ’n tweedehandse yskas en 2-plaat stofie. Skenkings kan asb by die kerkkantoor afgegee word of kontak vir Aletia – Kontak Ons om vervoer te reël.

U oop harte en hande word opreg waardeer en is ’n groot seën in ons bediening en gemeenskap.

Ondersteuningsbediening :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokter afsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers – Kontak Ons / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons.

GEVULDE KOFFIEFLESSE VIR KERSFEESKOSPAKKIES

Ons is gevul met dankbaarheid en verwondering vir ‘n fantastiese, samewerkende en ondersteunende gemeente. Baie dankie vir elke koffiefles wat gevul is. Daar gaan baie dankbare harte wees.

“Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God” (Ef. 3:18-19 Afr83).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Oos-Asië

In die meeste Oos-Asiese lande word Kersfees as ’n romantiese dag gevier. Dit dra geen geestelike waarde nie. FEBA-spanne saai die evangelie getrou uit in Japan, China, Taiwan, Hongkong en die Koreas – selfs waar dit lyk asof die saad op harde aarde val. Die oes is egter ryp en Kersfees bied nuwe geleenthede om God se Woord te deel.

Ons gebed vir die week: Bid vir FEBA se direkteure in Oos-Asië – Seiji, Daniel, Aaron, Luke en Ki-Boong – waar hulle hul spanne hierdie Kersfees lei in die uitvoering van die Groot Opdrag.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 7 Desember 2025

  • Erediensbediening:
    • Die skakel na die YouTube Afskeids Erediens van 7 Desember, gelei deur Ds Danie Goosen, is beskikbaar.
  • Bybelstudiereeks:
    • Lees meer oor die betekenis van die Advent tydperk in die kerkjaar, reeds in die tweede week is.
    •  Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n verfrissende begin vir elke dag.
    •  Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Bron van die Evangelie”
  • Gemeentenuus:
    • Al die Erediens tye vir die vakansie tyd is op die webtuiste geplaas.
    • 2x Bonus Blokkiesraaisels en Woordsoeke is beskikbaar, vir aanlyn speel of uitdruk, op die webtuiste.
    • Die 60Plussers van Wolwedans se Kersfees afsluiting.
    • Vind lekker Kersfees en ander geestelike musiek op die Webtuiste.
    • Die weeklikse Afkondigings en ander opkomende aktiwiteite is op die webtuiste te vind, indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier