Goeie môre liewe familie en vriende
Die dokter het bevestig dat Mari-Alena kanker het.
Die goeie nuus is dat dit Lymphoma kanker is wat gewoonlik makliker behandel kan word. Net 5% van mense wat maag kanker het het Lymphoma.
Ons sal Maandag in Paarl hospitaal die details hoor oor die vordering en behandeling.
Vrydag het Mari-Alena duislig gevoel en was sy baie swak. Ek het haar so vinnig moontlik na die naaste hospitaal gebring. By die Mediclinic hier in Stellenbosch het hulle haar dadelik twee eenhede bloed gegee en sy was in baie pyn. Sy is in Mediclinic opgeneem en is nou vir twee dae hier.
Die dokter het gesê dat dit baie goed is dat ek haar hierheen gebring het, aangesien sy dadelik die bloedoortapping gekry het wat lewens noodsaaklik was. Haar ystervlakke was ontsettend laag. By die staats hospitaal in Kaapstad gee hulle ‘n bloed oortapping nie sommer nie. Sy het nou weer kleur in haar gesiggie. Ons het nie ‘n mediese fonds nie, maar ek glo en ek weet dat die Here vir al haar behandeling sal voorsien.
Ons weet nie wat vir ons voorlê met behandeling nie, maar ek weet verseker dat die Here ons dra.
Ek loop nou hier in die hospitaal gange rond en ek voel fisies so moeg, so swak.
Maar ek weet dat wanneer ons swak is, is Hy sterk in ons.
Dankie dat julle vir Mari-Alena bid
Ons is so baie dankbaar.
Michele Potgieter
Projekte rekening:
Standardbank,
Lynnwood Ridge tak (met kode 012445),
rekeningnommer 014330067
in die naam Nuwe Dag
My persoonlike besonderhede:
Capitec
Savings Account Number: 1554335599
Branch: 470010
SWIFT/BIC code (CABLZAJJ)
International Sort/Routing/Clearing Code: 470010
Account number/IBAN: 1554335599



