Afkondigings 18 – 25 Oktober 2026

Afkondigings

Sondag 18 Oktober 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 28:16-20.
  • Die tema van die prediking is: Gaan uit!
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Bybelgenootskap by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Charné Viljoen.

Woensdag 21 Oktober 2026 :

  • Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.

(Ons moedig die gemeente aan om te volhard in hul deelname aan ons projek waar ons ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood voorsien aan 115 gesinne elke tweede week).

  • Kooroefening by die orrel om 16:45.  Alle belangstellendes welkom.Marida – Epos Kontak.
  • Blokbyeenkoms om 18:00: Blok 22 (Seester Tergniet) Edwin & Aletta de la Harpe, Kreefslot 5 – gelei deur ds Leon Cronje. Johan Smit – Epos Kontak.

Vrydag 23 Oktober 2026 :

  • Potjie, Vuur & Vermaak Konsert om 18:00.
Kampvuurkonsert op soek na deelnemers
Kampvuurkonsert op soek na deelnemers
Potjie vuur en vermaak 23 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Potjie vuur en vermaak 23 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Saterdag 24 Oktober 2026 :

  • Dankfees 08:00-12:00🎉.
Dankfees Saterdag 24 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Dankfees Saterdag 24 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

DANKFEES 24 OKTOBER 2026 – 🌟 WIL JY DEEL WEES VAN DIE PRET? 🌟

Bydraes kan by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word. Bestanddele is ook baie welkom en moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is: NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, Takkode 210314. Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr  & Van,  merk (bv. Dfees 10 Kriel).

Indien jy graag wil betrokke raak of ’n tafel wil ondersteun kontak gerus een van die volgende persone:

🥖 Roosterkoeke Tafel – Kom geniet heerlike, vars roosterkoeke – ’n gunsteling wat jou mond laat water. Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kerrie Mince R35. Ons benodig 2 pakke gerasperde kaas, 2x 1kg Stork margarine, Appelkooskonfyt, 5 sakke Charcoal, 1 Blits. Asook mense wat bereid is om by die roosterkoek tafel te help op die dag.

📞 Pieter van der Merwe – Epos Kontak.

🐘 Wit Olifant Tafel –Een mens se ongebruikte item is ’n ander mens se nuwe gunsteling! 😉Kom ontdek hope verrassings en lekker winskopies. Skenkings welkom by lokaal 6 (Ma, Wo, Vr).

📞 Annalene de Swardt – Epos Kontak.

📚  Boek Tafel – Maak plek op jou boekrak! 📖 Kom blaai, snuffel en ontdek tweedehandse boeke wat wag vir ’n nuwe storie en ’n nuwe leser. Skenkings welkom by lokaal 6 (Ma, Wo, Vr).

📞 Annalene de Swardt – Epos Kontak.

🍨 Smullekker Nagereg Tafel –Vir dié met ’n soettand… hierdie tafel is vir JOU! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Leë roomys- en  foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – Epos Kontak.

🍛 Kerrie & Rys Tafel – ’n Bietjie speserye, ’n hele klomp liefde en hope geur! Kom geniet ’n heerlike bord vol huislike lekkerte. Skenkings van rys en 8 x 1kg gevriesde gemengde groente sal waardeer word. R40 vir ‘n lekker groot porsie.  📞 Corita du Preez – Epos Kontak.

🍢 Sosatie Tafel – Op ’n stokkie, oor die kole en reguit na jou bord! 🔥Sappige, geurige sosaties wat perfek gebraai word. R18 per sosatie. 📞 Eddie Drost – Epos Kontak.

🥪 JAFFLES:  R25 elk. Warm, goudbruin en propvol geurige maalvleis! Ons benodig jaffle panne (duidelik gemerk), braaiers met al hul benodigdhede en verkopers.📞 Whitey van der Merwe –  Epos Kontak.

🍰 Tee Tuin – Het jy ’n passie vir bak? Ons benodig jou hulp! Skenk jou tuisgebak en help ons om die dag ekstra spesiaal te maak! Ons benodig:🎂Grootkoeke 🧁 Kolwyntjies 🍞 Brode 🥧 Tertjies.

📞 Kontak: Alta de Beer – Epos Kontak.🌼 Kom kuier, ondersteun en geniet saam! 🌼 

☕ Koffie – R15, Tee – R10, Snytjie Koek – R20.

🍽  Pannekoek Tafel – Vars, warm pannekoeke met ’n lekker strooisel en ’n hele klomp liefde! Ons baasbakkers benodig nog  van die volgende bestanddele – koekmeel,olie en suiker.R7 elk.

📞 Elsabé Richards – Epos Kontak.

🥕 Groente Tafel – Vars, kleurvol en vol natuurlike goedheid! 🌱Kom kies uit heerlike groente – vars uit die tuin en sonder preserveermiddels.📞 René Vorster – Epos Kontak.

🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Bring jou swembroek saam om die waterwurm en “dunk tank” te geniet! Ons benodig asb geldelike bydraes (spesifiseer asb dat dit vir die kindertafel is), lekkers of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop, asook skenkings van 2de handse speelgoed vir ons tombola tafel. Skenkings kan by die kerkkantoor afgegee word. 📞 Tanya Hewitt – Epos Kontak.

🥩 VLEISTAFEL: Vars, verwerkte vleis vir jou vrieskas! Ons benodig asseblief skenkings van vleis, asook

mense wat bereid is om op die dag te help met die bemanning van die tafel.

📞 Ruan Viljoen – Epos Kontak.🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 19 Otober. Vries goe

Sondag 25 Oktober 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje.
  • Nagmaal.
  • Hervormingsfees.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Gideons by die deure.
  • Tee in die kerksaal na die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen (Nagmaal).
  • LEEFKerk – GEEN.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

In die voorportaal is nuwe lidmaatvorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Ons leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

Sterftes 2026:

4 Oktober – Hans Böhi: Blok 08C

Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.

“Met ons hele wese wag ons op die Here; Hy is ons hulp en ons skild” (Ps. 33:20 Afr20).

Verjaarsdae Week 43 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 43 NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuningsbediening Kersfunksie Uitnodiging 11 November 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuningsbediening Kersfunksie Uitnodiging 11 November 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienisbediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienisbediening NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Tajikistan

Tajikistan is die armste land in Sentraal-Asië. Sowat 93% van die land is bergagtig. Minder as 1% van die bevolking is Christene. Dit is in elke opsig ’n uitdagende sendingveld, en perfek vir radiobediening. Bediening dra egter groot risiko vir diegene wat dit doen, so FEBA se plaaslike personeel verskuil hul identiteite deur stemveranderingstegnologie tydens uitsendings te gebruik.

Ons gebed vir die week:Bid vir die veiligheid van FEBA Tajikistan se personeel en luisteraars en bid dat die uitsendings blywende vrug sal dra.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

  1. Erediensbediening:
  2. Kry die skakel na die YouTube Erediens van 18 Oktober 2026,gelei deur ds Charné Viljoen.
  3. Getuienisbediening
  4. Missie Japan se nuusbrief oor die jaarlikse herfsbraai vir die Jeug van Japan.
  5. Bybelstudiereekse:
  6. ‘Splitsekondes met God’ is ‘n stil oomblik saam met God, vir elke dag.
  7. Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Oorwin droefheid”.
  8. Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings 11-18 Oktober 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 11 Oktober 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 2 Korintiërs 9:1-15.
  • Die tema van die prediking is: Vrygewigheid.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Ondersteunings-bediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal
  • na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00– Ds Leon Cronje.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal– Ds Leon Cronje.

Woensdag 14 Oktober 2026 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45.  Alle belangstellendes welkom. Marida – E-Pos Kontak..
  • Blokbyeenkoms om 18:00:
  • Blok 6 (Avonddans) by Dirk & Dorette Visser, Morgensterstraat 43 – gelei deur ds Charné Viljoen. Dirk Visser – E-Pos Kontak.
  • Blok 21 (St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes, Melkhout Estate, Toekoms) by Chris & Ann Pretorius, Heuwelsig 10 – gelei deur ds Leon Cronje. Ann Pretorius – E-Pos Kontak..

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 42 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 42 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 18 Oktober 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Bybelgenootskap by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Charné Viljoen.
Kampvuurkonsert op soek na deelnemers
Kampvuurkonsert op soek na deelnemers
Potjie vuur en vermaak 23 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Potjie vuur en vermaak 23 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

DANKFEES 24 OKTOBER 2026 – 🌟 WIL JY DEEL WEES VAN DIE PRET? 🌟

Dankfees Saterdag 24 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Dankfees Saterdag 24 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.

  Bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is: NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, Takkode 210314.

Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr  & Van,  merk (bv. Dfees 10 Kriel).

Indien jy graag wil betrokke raak of ’n tafel wil ondersteun kontak gerus een van die volgende persone:

🥖 Roosterkoeke Tafel – Kom geniet heerlike, vars roosterkoeke – ’n gunsteling wat jou mond laat water. Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kerrie Mince R35. Ons benodig 2 pakke gerasperde kaas, 2x 1kg Stork margarine, Appelkooskonfyt,5 sakke Charcoal, 1 Blits. Asook mense wat bereid is om by die roosterkoek tafel te help op die dag.📞 Pieter van der Merwe – E-Pos Kontak..

🐘 Wit Olifant Tafel –Een mens se ongebruikte item is ’n ander mens se nuwe gunsteling! 😉Kom ontdek hope verrassings en lekker winskopies. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr).📞 Annalene de Swardt – E-Pos Kontak..

📚  Boek Tafel – Maak plek op jou boekrak! 📖 Kom blaai, snuffel en ontdek tweedehandse boeke wat wag vir ’n nuwe storie en ’n nuwe leser. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr).📞 Annalene de Swardt – E-Pos Kontak..

🍨 Smullekker Nagereg Tafel –Vir dié met ’n soettand… hierdie tafel is vir JOU! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Leë roomys- en  foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – E-Pos Kontak..

🍛 Kerrie & Rys Tafel – ’n Bietjie speserye, ’n hele klomp liefde en hope geur! Kom geniet ’n heerlike bord vol huislike lekkerte. Skenkings van rys en 8 x 1kg gevriesde gemengde groente sal waardeer word. R40 vir ‘n lekker groot porsie.  📞 Corita du Preez – E-Pos Kontak.

🍢 Sosatie Tafel – Op ’n stokkie, oor die kole en reguit na jou bord! 🔥Sappige, geurige sosaties wat perfek gebraai word. R18 per sosatie. 📞 Eddie Drost –E-Pos Kontak..

🥪 JAFFLES:  R25 elk. Warm, goudbruin en propvol geurige maalvleis! Ons benodig weer maalvleis en “gaarmaaksters”, brood en smeerders, braaiers met al hul benodigdhede en verkopers.📞 Whitey van der Merwe –  E-Pos Kontak..

🍰 Tee Tuin – Het jy ’n passie vir bak? Ons benodig jou hulp! Skenk jou tuisgebak en help ons om die dag ekstra spesiaal te maak! Ons benodig:🎂Grootkoeke 🧁 Kolwyntjies 🍞 Brode 🥧 Tertjies.📞 Kontak: Alta de Beer – E-Pos Kontak..🌼 Kom kuier, ondersteun en geniet saam! 🌼☕ Koffie – R15, Tee – R10, Snytjie Koek – R20.

🍽  Pannekoek Tafel – Vars, warm pannekoeke met ’n lekker strooisel en ’n hele klomp liefde! Ons baasbakkers benodig nog  van die volgende bestanddele – koekmeel, olie, suiker, eiers. R7 elk.📞 Elsabé Richards – E-Pos Kontak.

🥕 Groente Tafel – Vars, kleurvol en vol natuurlike goedheid! 🌱Kom kies uit heerlike groente – vars uit die tuin en sonder preserveermiddels.📞 René Vorster – E-Pos Kontak.

🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Klein mense, groot pret! 🎉Kom speel, lag en geniet ’n tafel vol kindervreugde. 🤸‍♀️🎈Ons benodig asb geldelike bydraes (spesifiseer asb dat dit vir die kindertafel is), lekkers of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop, asook skenkings van 2de handse speelgoed vir ons tombola tafel. Skenkings kan tydens kantoorure by die kerkkantoor afgegee word. 📞 Tanya Hewitt – E-Pos Kontak..

🥩 VLEISTAFEL: Vars, verwerkte vleis vir jou vrieskas! Ons benodig asseblief skenkings van vleis, asook mense wat bereid is om op die dag te help met die bemanning van die tafel.📞 Ruan Viljoen – E-Pos Kontak..

🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 19 Otober. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – E-Pos Kontak..

“Here, maak u paaie aan my bekend; leer my u weë” (Ps. 25:1 Afr20).

Getuienisbediening Kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienisbediening Kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebedieing NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebedieing NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuningsbedieing - Hulp NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuningsbedieing – Hulp NG Kerk Groot-Brakrivier

Voertuig benodig

Voertuig benodig NG Kerk Groot-Brakrivier
Voertuig benodig NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA en geestesgesondheid

Mense se geestesgesondheid is wêreldwyd in ‘n krisis. Ongesonde werksomgewings, disfunksionele huishoudings, vrees, hartseer, ’n soeke na betekenis – mense smag na die vrede wat slegs God kan gee. FEBA Radio spreek geestesgesondheid aan deur Bybelse bemoediging en besprekings met kenners. In Oekraïne en Kirgisië word die programme deur opgeleide beraders gelei, terwyl ons spanne in Indië en Pakistan hulle toespits op bewusmaking oor depressie en angs in kulture waar dit as skandelik beskou word.

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA Radio se geestesgesondheidsprogramme luisteraars na die Bron van ware vrede sal lei

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

  • Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 11 Oktober 2026, gelei deur ds Leon Cronje.
  • Getuienisbediening
    • Die nuutste nuus van Lynette van Maddagaskar is geplaas.
  • Bybelstudiereekse:
    • ‘Splitsekondes met God’ is ‘n stil oomblik saam met God, vir elke dag.
    • Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Oorwin die vrees”.
  • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Sendingnuus uit Madagakar: LA RENTRÉE Lovako School, Russian Bay

Sendingnuus uit Madagakar LA RENTRÉE Lovako School Russian Bay NG Kerk Groot-Brakrivier
Elizabeth had a couple of days to get used to life on the island before we left for Russian Bay. We had been blessed with the fellowship and sometimes we forget how much it means to visit with people who literaly speak the same language as well as have a spiritual depth and understanding. So, Elizabeth and I, Euphrasie and Norbert set off for Russian Bay early on Sunday morning and as is usually the case, with a lot of stuff, ranging from food to furniture.
Lees meer “Sendingnuus uit Madagakar: LA RENTRÉE Lovako School, Russian Bay”

Afkondigings 4 – 11 Oktober 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 4 Oktober 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Habakuk 3:16-19.
  • Die tema van die prediking is:Nogtans?
  • Biddag vir Bejaardes.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Huis JJ Watson vir Bejaardes (BADISA George) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie.

Dinsdag 6 Oktober 2026 :

  • Skole open.

Woensdag 7 Oktober 2026 :

  • Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.
    • (Ons moedig die gemeente aan om te volhard in hul deelname aan ons projek waar ons ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood voorsien aan 115 gesinne elke tweede week).
  • Klub 50 Funksie in die kerksaal om 10:00. Slegs vir persone wat bespreek het.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45.  Alle belangstellendes welkom. Marida – Epos Kontak
  • Blokbyeenkoms om 18:00: Blok 13 (Suiderkruis) by André en Martie Olivier, Geminiweg 20 – gelei deur ds Leon Cronje. Whitey van der Merwe – Epos Kontak
Verjaarsdae

Sondag 11 Oktober 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Ondersteuningsbediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Leon Cronje.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.

Sterftes 2026:

17 September – Teresa Verwey: Blok 09

Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.

NG Reebok Orrelkonsert

Geleentheid: Uitvoering met 2 virtuelepyporrels
Orreliste: Gerrit Jordaan, Phyllis Goldblatt, Tinus Badenhorst
Program: Orrelwerke, improvisaties en verwerking van Bach, Mathias, Gerschwin, Karl Jenkins en Niel van der Watt.
Datum: 11 Oktober 2026 om 15:00
Plek: NG Kerk Reebok
Toegang: Donasies
Navrae: Mouton Lotter, Epos Kontak

Potjie vuur en vermaak 23 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Potjie vuur en vermaak 23 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Kampvuurkonsert - Ons is op soek na deelnemers

Dankfees 24 Oktober 2026

Dankfees Saterdag 24 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Dankfees Saterdag 24 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

DANKFEES 24 OKTOBER 2026 – 🌟 WIL JY DEEL WEES VAN DIE PRET? 🌟

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word. Bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier,
FNB,
Rek no 53083186511,
Takkode 210314.

Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr  & Van,  merk (bv. Dfees 10 Kriel).

Indien jy graag wil betrokke raak of ’n tafel wil ondersteun kontak gerus een van die volgende persone:

🥖 Roosterkoeke Tafel – Kom geniet heerlike, vars roosterkoeke – ’n gunsteling wat jou mond laat water. Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kerrie Mince R35. Ons benodig 2 pakke gerasperde kaas, 2x 1kg Stork margarine, Appelkooskonfyt,

5 sakke Charcoal, 1 Blits. Asook mense wat bereid is om by die roosterkoek tafel te help op die dag.📞 Pieter van der Merwe – E-Pos Kontak..

🐘 Wit Olifant Tafel –Een mens se ongebruikte item is ’n ander mens se nuwe gunsteling! 😉Kom ontdek hope verrassings en lekker winskopies. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr).

📞 Annalene de Swardt – E-Pos Kontak..

📚  Boek Tafel – Maak plek op jou boekrak! 📖 Kom blaai, snuffel en ontdek tweedehandse boeke wat wag vir ’n nuwe storie en ’n nuwe leser. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr).

📞 Annalene de Swardt – E-Pos Kontak..

🍨 Smullekker Nagereg Tafel –Vir dié met ’n soettand… hierdie tafel is vir JOU! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Leë roomys- en  foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – E-Pos Kontak..

🍛 Kerrie & Rys Tafel – ’n Bietjie speserye, ’n hele klomp liefde en hope geur! Kom geniet ’n heerlike bord vol huislike lekkerte. Skenkings van rys en 8 x 1kg gevriesde gemengde groente sal waardeer word. R40 vir ‘n lekker groot porsie.  📞 Corita du Preez –E-Pos Kontak..

🍢 Sosatie Tafel – Op ’n stokkie, oor die kole en reguit na jou bord! 🔥Sappige, geurige sosaties wat perfek gebraai word. R18 per sosatie. 📞 Eddie Drost – E-Pos Kontak..

🥪 JAFFLES:  R25 elk. Warm, goudbruin en propvol geurige maalvleis! Ons benodig weer maalvleis en “gaarmaaksters”, brood en smeerders, braaiers met al hul benodigdhede en verkopers.

📞 Whitey van der Merwe – E-Pos Kontak..

🍰 Tee Tuin – Het jy ’n passie vir bak? Ons benodig jou hulp! Skenk jou tuisgebak en help ons om die dag ekstra spesiaal te maak! Ons benodig:🎂Grootkoeke 🧁 Kolwyntjies 🍞 Brode 🥧 Tertjies.

📞 Kontak: Alta de Beer – E-Pos Kontak.

.🌼 Kom kuier, ondersteun en geniet saam! 🌼

☕ Koffie – R15, Tee – R10, Snytjie Koek – R20.

🍽  Pannekoek Tafel – Vars, warm pannekoeke met ’n lekker strooisel en ’n hele klomp liefde! Ons baasbakkers gaan die volgende bestanddele nodig hê – koekmeel,  olie, suiker, kaneel. Ons benodig wel eiers, maar eers oor 3 weke. R7 elk. 📞 Elsabé Richards – E-Pos Kontak.

🥕 Groente Tafel – Vars, kleurvol en vol natuurlike goedheid! 🌱Kom kies uit heerlike groente – vars uit die tuin en sonder preserveermiddels.📞 René Vorster – E-Pos Kontak.

🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Klein mense, groot pret! 🎉Kom speel, lag en geniet ’n tafel vol kindervreugde. 🤸‍♀️🎈Ons benodig asb geldelike bydraes (spesifiseer asb dat dit vir die kindertafel is), lekkers of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop, asook skenkings van 2de handse speelgoed vir ons tombola tafel. Skenkings kan tydens kantoorure by die kerkkantoor afgegee word. 📞 Tanya Hewitt – E-Pos Kontak.

🥩 VLEISTAFEL: Vars, verwerkte vleis vir jou vrieskas! Ons benodig asseblief skenkings van vleis, asook

mense wat bereid is om op die dag te help met die bemanning van die tafel.

📞 Ruan Viljoen – E-Pos Kontak..

🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10

elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 19 Otober. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – E-Pos Kontak..

Ondersteuningsbediening

Ondersteuningsbedieing - Hulp NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuningsbedieing – Hulp NG Kerk Groot-Brakrivier

Omgeebediening

Omgeebedieing NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebedieing NG Kerk Groot-Brakrivier

Getuienisbediening

Getuienisbediening Kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienisbediening Kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

  1. Erediensbediening:
    Kry die skakel na die YouTube Erediens van 4 Oktober 2026,gelei deur ds Charné Viljoen.
  2. Getuienisbediening
  3. Die nuutste nuus van Michelle uit die Oekraïne is geplaas.
  4. Bybelstudiereekse:
  5. ‘Splitsekondes met God’ is ‘n stil oomblik saam met God, vir elke dag.
  6. Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Gevaar van wegdrywing”.
  7. Gemeentenuus:
  8. a)   Die Gebedsgids vir Oktober is op die webtuiste.
  9. b)  Blokkiesraai en Woordsoek No. 37, asook die antwoorde vir No. 36 is beskikbaar.
  10. Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Sendingnuus uit Oekraïne – Nuusbrief van Michelle vir September 2026

Oekraïne

Hiermee Michele van Oekraïne (tans nog in SA) se maandelikse nuusbrief met gebedsversoeke vir julle inligting en voorbidding asb. Sy sukkel om haar verliese te verwerk, maar soos sy sê, is die Here haar Verlosser en trooster. Die nuus rakend die gebou is die beste nuus wat ek die afgelope 25 jaar ontvang het – ons kan die Here net prys vir Sy goedheid en verhoring van soveel gebede. Lees ook gerus die verslag vanaf Oekraïne vir die wonderlike werk wat gedoen word, tydens Michele se fisiese teenwoordigheid. Geniet die leesstof en mag die Gees ons elkeen rig en lei na die Wil van Die Here.

Lees meer “Sendingnuus uit Oekraïne – Nuusbrief van Michelle vir September 2026”

GEBEDSGIDS – OKTOBER 2026

Gebed Gebedsgids Bid

1 Okt – Donderdag – Dankbaarheid vir ons skepping

Hemelse Vader, dankie dat U God van nuwe begin is. Net soos die seisoene verander, vra ons dat U ook ons lewens sal aanraak. Mag die skoonheid van U skepping, ons harte vul met die besef van U goedheid.                                

2 Okt – Vrydag – Gebed vir eernis en ededeelsaamheid

Vader, skenk ons harte vol deernis sodat ons ander se pyn en behoeftes sal raaksien. Laat ons U hande van voorsiening in hierdie gemeenskap wees.

3 Okt  – Saterdag – Aanvaarding en gasvryheid

Jesus, ons bid dat ons gemeente gekenmerk sal word deur aanvaarding. Maak ons harte en ons kerkdeure wyd oop met ware gasvryheid. Mag elkeen wat by ons instap, die warmte van U liefde beleef en weet dat hulle hier hoort.

4 Okt – Sondag – Die broosheid van die ouderdom

Hemelse Vader, in ‘n gemeente met soveel geseënde jare van lewenswysheid, bid ons vir elkeen wat vandag swakheid ervaar. Versterk hulle met die wete dat hulle steeds ‘n onskatbare deel van ons geestelike familie is.                                                             

5 Okt – Maandag – Geloof maak gesond

Vader, skenk asseblief genesing en vrede aan almal wat  wat pyn verduur.  Ons bid ook vir die mediese personeel en families wat hulle met liefde versorg.                                                                                                                      

6 Okt – Dinsdag – Waardering vir gemeenskapswerkers

Vader, ons bid vir ons plaaslike werkers en vir elkeen wat ons dorp skoon en veilig hou. Ons bid vir hul veiligheid en gesondheid in hul daaglikse take.                                     

7 Okt – Woensdag – U Stem van vrede bo die geraas van bomme

Here, ons harte gaan uit na lande wat tans deur die donkerte van oorlog en konflik verskeur word. Dankie vir FEBA wat U Woord deur radiogolwe tot binne-in hierdie geteisterde gebiede indra. Ons bid vir beskerming en vertroosting.

8 Okt – Donderdag – Eensgesinde blydskap in Christus

Ten spyte van ons verskille of die uitdagings van die lewe, is Jesus ons ewige rede tot dankbaarheid – saamgebind in een gees en een geloof.

9 Okt – Vrydag – Jy is geliefd

Jou waarde is nie gekoppel aan jou prestasie nie – dit is vir altyd geanker in die genade van die Kruis. Jy hoef nie die las te dra om perfek te wees wanneer God jou alreeds volmaak liefhet nie.

10 Okt – Saterdag – Nie in jou eie krag nie

Wat ook al swaar op jou hart druk, bring dit vandag eerste na God. Lê dit neer in gebed en staan op in geloof. Hy hoor elke woord wat jy stilweg fluister en Hy beweeg op maniere wat jy nie kan sien nie.

11 Okt – Sondag – Omhels herlewing

Here, ons bid vir ‘n seisoen van geestelike vernuwing. Waar daar dalk ‘n winter van droogtheid, moegheid of afgesonderdheid was, vra ons dat U die lote van nuwe lewe sal laat uitspruit. Mag ons as gelowiges opnuut bloei tot eer van U Naam.

 12 Okt – Maandag – God se liefde is onmeetlik groot

Jesus, U weet presies hoe dit voel om verwerp te wees. Ons bid vir genesing in mense se harte en herinner hulle daaraan dat hulle aanvaarding nie van mense afhang nie, maar dat U hulle reeds onvoorwaardelik gekies en liefhet.

13 Okt – Dinsdag – Die pad lyk dalk tevergeefs

Vader, soms raak die pad vorentoe vir ons te lank en te swaar, en ons voel asof ons wil tou opgooi. Skenk ons vandag die gees van volharding. Wanneer ons kragte min is en die moed ontbreek, hernu asseblief ons innerlike sterkte.

14 Okt – Woensdag – Breek die muur van vyandigheid af                              

Here, ons bid vir versoening waar daar skeiding, bitterheid en gebreekte verhoudings in ons gemeenskap is. Gee ons die wysheid en die nederigheid om die eerste tree na vrede te gee.

15 Okt – Donderdag – Gebed vir vergifnis

Here Jesus, ons bely dat dit dikwels vir ons moeilik is om diegene wat ons te na gekom het, vry te spreek. Help ons om die las van onvergewensgesindheid neer te lê, sodat dit nie ons eie harte vergiftig nie.

16 Okt – Vrydag – Die skerp kant van U liefde

Here, U liefde is gekenmerk deur spykers en ‘n doringkroon. U het alles gegee terwyl ons soms sukkel om selfs ‘n uur van ons tyd af te staan. Smelt ons koue harte met die vuur van U onvoorwaardelike opoffering.

17 Okt – Saterdag – Hy het redding, vrede en die ewige lewe toegewens

Ons bely dat ons dikwels dink U kyk na ons met teleurstelling of oordeel vir al ons tekortkominge. Maar vandag onthou ons dat U blik vanaf die kruis een van oneindige liefde en vergifnis was.

18 Okt  – Sondag – Om die kruis te dra

Here Jesus, U het gesterf sodat ons kan lewe, maar U het ons ook geroep om daagliks ons eie kruis op te neem.  Help ons om ons eie gerief prys te gee ter wille van U Koninkryk. U genade is  vir ons genoeg vir elke dag.

19 Okt – Maandag – Sy bonatuurlike liefde

As ons egter kyk na wat die Skrif openbaar oor Jesus se hart en Sy blik vanaf die kruis, sien ons wat Sy wense is vir ons. Dit is die grootste wonder van die kruis: dat Sy blik oor ons juis goed was, selfs toe ons op ons slegste was.

20 Okt – Dinsdag – Hy het vir ons vergifnis toegewens

Terwyl die skare Hom verwerp en gespot het, was Sy eerste woorde ‘n gebed : “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie”.  Sy blik het verby ons sonde gekyk na ons diepe nood vir versoening met God.

21 Okt – Woensdag – Hy het vir ons herstel en hoop toegewens

Selfs in Sy uiterste pyn het Jesus tyd gehad vir die misdadiger wat langs Hom gehang het. Toe hierdie man na Hom draai, het Jesus hom dadelik verseker: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees”.

22 Okt – Donderdag – Toevlug en nuwe verhoudings

Toe Jesus Sy ma, Maria, en Sy broer, Johannes, by die kruis sien staan, het Hy selfs in Sy sterwensuur vir hulle gesê: “Daar is u seun” en “Daar is jou moeder” Hy het ‘n nuwe familie (die kerk) vir ons gegee om mekaar te ondersteun.

23 Okt – Vrydag – Ons harte is vol van U vreugde vir die Gemeentekonsert

Jesus, ons wil U loof met musiek, talent en samesyn. Dankie vir die gawe van kreatiwiteit en die voorreg om dit te kan geniet. Seën die geleentheid.

24 Okt – Saterdag – Dankfees – Eer aan die Groot Voorsiener

Here alles wat ons besit, kom uit U hand en dank U vir elke sent wat vandag ingesamel word vir die bou en instandhouding van U kerk.  Vermenigvuldig dit sodat U Koninkryk daardeur uitgebrei kan word.

25 Okt – Sondag – Hy het vir ons volledige bevryding toegewens

Sy laaste uitroep was een van oorwinning, nie van nederlaag nie: “Dit is volbring!” Wat Hy vir ons toegewens het, was totale vryheid van die skuld en mag van sonde. Hy het die prys ten volle betaal sodat ons nooit weer verlate hoef te wees nie.

26 Okt  – Maandag – Loop in nederigheid

Here, U het as ‘n nederige mens tussen ons kom woon. Help ons om hierdie week met nuwe verwondering te kyk na die voetspore wat U vir ons gelos het.

27 Okt – Dinsdag – Onvoorwaardelike liefde en genade

Jesus was volkome gehoorsaam aan die Vader, selfs in moeilike omstandighede.  Om Hom te volg beteken dit om my eie wil prys te gee. Here, Ek bid vandag vir wysheid om U stem duidelik te hoor.

28 Okt – Woensdag – Dankie vir U leiding

Vader, ek is bang om verkeerde keuses te maak en dat ek op ‘n dwaalspoor is.  Deursoek my hart en my gedagtes. Vergewe my waar ek op  my eie insigte staatgemaak het en lei my weg van gevaar.

29 Okt – Donderdag – Dit is wat die Here wil hê

Jeremia 9:23 –  “Die wyse man moet nie in sy wysheid roem nie, die soldaat nie in sy krag nie, die ryk man nie in sy rykdom  nie. Laat hom wat wil roem, daarin roem dat hy insig het en My ken. Ek is die Here, Ek bewys liefde, reg en geregtigheid”.

30 Okt – Vrydag – Ek plaas my keuses in U hande

Here, ek erken dat ek nie my eie voetstappe kan rig sonder U nie.  My eie wysheid is te min en my planne skiet tekort. Rig my voetstappe elke dag volgens U wil.

31 Okt – Saterdag – Ek is niks sonder U nie

Ek vra U nie vir rykdom nie Here, maar vir ‘n skoon hart en gehoorsame gees.  Gee my die krag om die pad te stap wat U vir my kies, selfs as dit opoffering vra.

Sendingnuus: Missie Japan – Balans: Tussen werk en rus

Missie Japan 2026-09-10 NG Kerk Groot-Brakrivier

Beste Ondersteuner,

Japan is—verál na die tweede wêreldoorlog—bekend vir sy toegewyde ‘korporatiewe krygers’: werknemers wat bereid is om buitengewone hoeveelhede tyd en energie aan hulle maatskappye toe te wy. Oor die afgelope paar dekades het die land egter geleidelik begin oorbeweeg na ’n gesonder verstaan van die balans tussen werk en persoonlike lewe, met toenemende aandag aan rus, gesinstyd en geestelike welstand. Verbasend genoeg lyk dit nou asof die pendulum weer begin terugswaai.

Lees meer “Sendingnuus: Missie Japan – Balans: Tussen werk en rus”

SAAMkoms. Een week. 650 dominees. Dankie Here, vir hierdie SAAM-wees!

Predikantesaamtrek Goudini - Vroueleraars Foto krediet: Kerkbode

Ek weet al vir baie lank dat daar iets besonder gebeur in saam-wees. Dink maar aan koffie kuiers om die kombuistafel wanneer jy na n lag ruk weer by familie of vriende gaan kuier. Daar vorm hegte bande sonder dat dit geforseerd is, sonder dat mens te veel moet doen.

Predikantesaamtrek Goudini 2026 Saam aanbid Foto krediet: Ds. Charné Viljoen
Predikantesaamtrek Goudini 2026 Saam aanbid Foto krediet: Ds. Charné Viljoen

Saam-wees

Saam-wees herinner ons aan ons menslikheid, aan ons behoefte om te “connect” – nie net met mekaar nie, maar ook met God.

Ek het die week n sessie bygewoon waar ons gepraat het oor egtheid en dat ons vir mense woorde moet gee, belewenisse kan skep onder die leiding van die Heilige Gees, waar ons eg kan wees, nie hoef voor te gee nie. Die voorbeeld van n skare by ‘n musiekgroep vertoning, waar almal woord-vir-woord saam sing sonder dat daar lirieke op n bord verskyn, is gebruik. Mense het in daardie oomblik n egte belewenis van saam wees. Sommige geleerdes gebruik die woorde: “crowd psychology” en sê dat dit maak dat mense n belewenis saam met ander ervaar.

Predikantesaamtrek 2026 Werksessies Foto krediet: Ds. Charné Viljoen
Predikantesaamtrek 2026 Werksessies Foto krediet: Ds. Charné Viljoen

Hoe dit ookal sy, ek is oorweldig deur die egtheid van hierdie saam-wees. Dit is ongelooflik om te hoor hoe 650 dominees saam “My God is so groot, so sterk en so magtig…” saam sing en die bewegings doen.
Dit is merkwaardig om te beleef dat daar plek vir elkeen is en ons kan mekaar liefhê. So, het ek die liefde van God die week beleef…

Predikantesaamtrek 2026 Goudini Saamwees NG Kerk Groot-Brakrivier Foto krediet: Ds. Charné Viljoen
Predikantesaamtrek 2026 Goudini Saamwees Foto krediet: Ds. Charné Viljoen

Ek is dankbaar om deel van die Kerk te wees. Ek is trots op die NG Kerk. God gee nuwe hoop!

“U laat ons profeteer oor elke dorp, in elke hart en huis.
Wys ons wat kan gebeur, deur U Gees.
Gee nuwe drome Heer!”

Ds. Charné Viljoen

Nog meer: Stemme, stories en beelde vanaf SAAMtrek by Goudini (24-28 Aug)

Nuwe Blok Indelings

Groot-Brakrivier https://www.openstreetmap.org

Foto krediet: Openstreetmap.org

Soos waarskynlik aan u bekend het ons blokindelings verander en daarmee saam ook die meeste blokgrense.

Ons gaan dus veranderinge maak aan u huidige WhatsApp groep en in sommige gevalle van julle se nommer moet afhaal en u dan by ‘n “nuwe” blok weer toevoeg. Dit is ‘n omvattende taak en sal so gou moontlik aandag geniet.

Intussen neem asseblief kennis van u nuwe bloknommer hieronder sodat u op die almanak kan seker maak van die datum waarop u blokbyeenkoms plaasvind.

Blok 1             Plaaasgedeeltes -René Vorster

Blok 2             Voorbrug – Heidi Erasmus

Blok 3             Mossienes tot Stasieweg

Blok 4             Langstraat-Bo & Pine Creek – Pieter van der Merwe

Blok 5             Kiewietlaan

Blok 6             Avonddans – Dirk Visser

Blok 7             Onder-Bergsig

Blok 8             Groenkloof Groot-Brakrivier – Hannes Kunz, Irene Kunz , Corlien Keyn, Charlotte Eicker

Blok 9             Agter Polisiestasie – Carin van Ginkel

Blok 10          Bergsig – Bo – Koos van Zyl

Blok 11             Sandhoogtepad

Blok 12           Eurekapark – Kobus Stander

Blok 13           Suiderkruis Whitey v/d Merwe, Annatjie Jv Rensburg

Blok 14           Die Eiland – Koos van der Merwe

Blok 15           Dolphin Creek – Koos van der Merwe

Blok 16           Hersham – Dr Jurie Vermeulen

Blok 17           Pienaarstrand & Dwarswegstrand – Chris Homann

Blok 18           Outeniquastrand-Onder – Chris Homann

Blok 19           Outeniquastrand-Bo

Blok 20          Glentana tot George

Blok 21           St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes & Melkhout Estate – Ann Pretorius

Blok 22           Seester Tergniet – Johan Smit

Blok 23           Groenkloof Reebok – Heloïse v/d Merwe

Blok 24          Reebok Village

Blok 25          Seegenot tot Tergniethoogte – Johan Spies

Blok 26          Tergniet-Oos – Annette Smalberger

Blok 27          Tergniet-Wes – Johan Pretorius

Blok 28          Rheebok Kusweg

Blok 29          Reebok-Oos

Blok 30          Reebok-Wes & Kleinbrak tot Danabaai – Johan du Toit, Ilse du Toit

Erediens tye en Kategese tye

Belangrike datums Jaarprogram NGK Groot-Brakrivier

Erediens tye

Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Kategese en Kinderkerk:

Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

tl;dr

Erediens tye 2026
Erediens tye 2026

#eredienstye #Eredienste # Tyd #Kinderkerk # Kategese #Pinkster # Kersdag #Kersdienste #kalender #Kerktye #Kerk #Goeie Vrydag #tye #Alamanak

Ons Visie en Waardes 2025 – Die NG Kerk Groot-Brakrivier

Visie en Waardes NG Kerk Groot-Brakrivier

Visie

Jesus vir my. Jesus vir ons, Jesus vir almal

Ons as gemeente is saam die liggaam van Christus.
Ons elkeen is ‘n unieke lid met sy/haar passie, gawes, talente en sterk punte.

Ons Waardes:

Aanvaarding
Deernis
Eensgesinde blydskap in Christus
Gasvryheid
Mededeelsaamheid

Lees meer “Ons Visie en Waardes 2025 – Die NG Kerk Groot-Brakrivier”

Nuut vanuit die Kerkbode, die Lig tydskrif, Kaapkerk en die NG Kerk Suid-Afrika

Kerkbode

Uit die pen van dr. Nadia Marais

Kaapkerk (Wes-Kaap Sinode)

Kerkbode e-koerant

Lees die Gratis e-koerant : Kerkbode

Nuut in die Kerkbode

Nuut uit: Die Lig tydskrif

Nuus vanuit die NG Kerk Algemene Sinode