Afkondigings 12 – 19 Julie 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 12 Julie 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Romeine 8:1-11.
  • Die tema van die prediking is:Die onmoontlike moontlikheid.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale Offer vir Studentebearbeiding by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie.

Woensdag 15 Julie 2026 :

Geen Kooroefening Julie 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Geen Kooroefening Julie 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 29
Verjaarsdae Week 29

Sondag 19 Julie 2026 :

  • Erediens om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Koninkryksoffer by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Herman Burger.
  • GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie.

Ondersteuningsbediening

Christmas in July NG Kerk Groot-Brakrivier
Christmas in July NG Kerk Groot-Brakrivier

Bloedskenk 23 Julie 2026

Bloedskenk 23 Julie 2026
Bloedskenk 23 Julie 2026

Getuienisbedieing

Getuienisbediening Julie 2026
Getuienisbediening Julie 2026

Frank Opperman

Frank Opperman uitnodiging NG Kerk Groot-Brakrivier
Frank Opperman uitnodiging NG Kerk Groot-Brakrivier

Ondersteuningsbedieing

Ondersteuningsbedieing - Hulp NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuningsbedieing – Hulp NG Kerk Groot-Brakrivier

Omgeebediening

Omgeebedieining NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebedieining NG Kerk Groot-Brakrivier

“Altyd, in elke gebed van my vir julle almal, bid ek met blydskap oor julle deelname aan die evangelie, van die eerste dag af tot nou, juis hiervan oortuig dat Hy, wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voltooi tot op die dag van Christus Jesus” (Fil. 1:4-6 Afr20).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBC Internasionaal

Die 12de Julie is Internasionale Dag van Hoop, maar tog ken die meeste mense nie ware hoop nie. FEBC saai al vir dekades lank die evangelie uit in ’n poging om hoop aan diegene te bring wat in afgeleë gebiede en geestelike duisternis leef. Die behoefte is reusagtig en so ook die uitdagings, maar God is groter.

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBC se personeel daagliks hernude hoop sal ervaar en dat elke FEBC-luisteraar sy hart sal open vir die evangelie van hoop.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 12  Julie 2026

  1. Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 12 Julie 2026, gelei deur ds Leon Cronje.
  2. Bybelstudiereekse:
    • Splitsekondes met God’ is ‘n heerlike manna vir elke dag.
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Wees ’n omgee-mens”
  3. Gemeentenuus
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed, is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-posEpos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Sendingnuus uit Oekraïne – Junie 2026

Oekraïne

Liewe familie en vriende

Die Here het vir my gisteraand die woord gegee. 

Psalm 30:11 “Ek was in die rou, maar U het my van vreugde laat dans. U het my rouklere uitgetrek en vir my feesklere aangetrek.

“Hear, O Lord, and have mercy on me; Lord, be my helper!” You have turned for me my mourning into dancing; You have put off my sackcloth and clothed me with gladness,”
Psalms 30:10-11 NKJV

Vandag glo ek. Ek vat hierdie woord van Hom. Hy is die bron van my vreugde, vrede en lewe. 

Dit is my gebed en hoop vandag. Dat die Here my genadig sal wees en vreugde sal gee. 

Dat Hy my sal beklee met Sy vreugde. 

Ja, ek verlang en ek mis vir Ockert en Mari-Alena. Ek verlang, ek huil soms vir dae aanmekaar, maar vandag weet ek dat die Here my vashou en vertroos en dat Hy so naby is. 

Baie dankie vir elkeen wat bid en saam met ons die Here vertrou. Ons waardeer julle liefde, ondersteuning en voorbidding opreg.

Prys die Here vir Sy getrouheid en goedheid! Ek het wonderlike nuus ontvang. Albei my biopsies het goed verloop en is skoon – geen kanker nie! Ek is die Here só dankbaar vir Sy sorg en genade. Ons prys Hom ook dat Hy voorsien het, en dat die koste van die biopsies en operasie wat nie deur die mediese fonds gedek is nie, reeds betaal is! 

Ek was verlede week by die ortopediese chirurg in Stellenbosch. Ná die ondersoek was hy bekommerd oor wat agter my patella (knieskyf) in my regterknie aangaan. Hy het my dieselfde dag vir ’n MRI gestuur om die oorsaak van die pyn, swelling en ander probleme vas te stel. Hy het ook artritis in my knie opgemerk. Ek sien hom Donderdag weer, wanneer hy die MRI-uitslae met my sal bespreek en die verdere behandeling of prosedures sal bepaal.

Met die gemeente in Suid-Oekraïne gaan dit, onder die moeilike omstandighede, goed. Ons dank die Here vir Sy troue sorg. Ek het vandag met Tuta (Tannie) Meina gepraat om die gebedsversoeke te ontvang.

Verlede week was daar twee begrafnisse van soldate in Suid-Oekraïne wat in die oorlog gesneuwel het, en hierdie week is daar weer ’n jong soldaat dood. Die oorlog eis steeds elke dag baie lewens. Bid asseblief vir die mense van Suid-Oekraïne, vir die mans wat daar dien, en vir die Here se beskerming, troos en vrede te midde van hierdie moeilike omstandighede.

By die Kleuterskool is hulle besig met broodnodige herstelwerk aan die gebou. Al die onderwyseresse en werkers help self om die herstelwerk te doen.

Die Light Café is ’n belangrike deel van ons bediening in Suid-Oekraïne. Dit is die enigste manier waarop ons plaaslik fondse kan genereer om die bediening aan die gang te hou. Die speelarea is ’n groot trekpleister vir gesinne en help om ’n inkomste te skep wat weer gebruik word om die bediening te ondersteun. Elke koppie koffie wat gekoop word en elke besoek aan die speelarea maak ’n verskil.

Oor die jare het die speelarea baie skade opgedoen. Daar was selfs gate in die mure, en dit het so vervalle gelyk dat mense nie meer kinderpartytjies daar wou hou nie. Gister het hulle uiteindelik met die herstelwerk begin.

Ons is baie dankbaar vir die Gemeente en Wev wat reeds begin het om fondse in te samel vir die herstel van Light Café, sodat die werk kon begin. Bid asseblief saam met ons vir die nodige finansies om al die herstelwerk by Light Café en die Kleuterskool te voltooi.

Ons oë bly gevestig op die Here. Hy is getrou en Hy sal aanhou voorsien.

Baie liefde en seën,

Link vir Light Cafe se herstelwerk: 

https://www.zeffy.com/en-GB/peer-to-peer/40mile-bikeride

Deel asseblief met ander. 

Rekening vir projekte:
Projekte rekening:
Standardbank,
Lynnwood Ridge tak (met kode 012445),
rekeningnommer 014330067 
in die naam Nuwe Dag

My persoonlike rekening:
Capitec

Savings Account Number: 1554335599
Branch: 470010

Ritme en Samesyn: Klub 50 Verdryf die Winterkoue

Klub 50 Tromme 2026-07-01 NG Kerk Groot-Brakrivier _15

Klub 50 het op Woensdag, 1 Julie 2026, hul maandelikse byeenkoms in die NG Kerk Groot-Brakrivier se kerksaal gehou. Ongeveer 35 lede het die koue trotseer om die geleentheid by te woon, en die oggend was gevul met ritme en samesyn.

Ritme wat lywe opwarm

Die groot verrassing van die dag was die koms van Lasya Botes. Sy het die lede kom wys hoe om tromme te speel. Tromspel is ‘n universele taal wat mense saambring. Lasya het die groep gelei, en dit het nie lank geduur voor die hele saal saam geklop het nie.

Almal het geesdriftig deelgeneem. Die ritme van die tromme het gou die koue verdryf en dit was die perfekte manier om winterlywe op te warm. Dit was ook ‘n goeie spanbou-geleentheid. Ons is gemaak om dinge saam te doen en om mekaar se lewensritme te deel.

Smaaklike bederf en kuiertyd

Na die fisiese inspanning en die vrolike getrommel, was dit tyd vir die innerlike mens om versterk te word. Die lede het heerlik gesmul aan warm boereworsworsbroodjies en kolwyntjies.

Die geklets van vriende het die saal gevul terwyl ervarings en stories gedeel is.

Word deel van Klub 50

Klub 50 rig ‘n ope uitnodiging aan alle gemeentelede bo die ouderdom van 50 jaar om aan te sluit. As jy op soek is na ‘n plek waar jy jouself kan wees, nuwe dinge kan leer en saam met geesgenote kan kuier, dan is hierdie klub vir jou. Daar is altyd ‘n stoel wat vir jou wag.

Kontak ons

Rig gerus alle navrae aan Anina per e-posEpos Kontak . Sy sal jou verwelkom en al die nodige besonderhede deel. Sien ons jou by die volgende byeenkoms? Dankie aan almal wat hierdie dag moontlik gemaak het!

Sendingnuus uit Madagaskar – The Week 21 June 2026

Sendingnuus uit Madagaskar 2026-06-30 Madagaskar NG Kerk Groot-Brakrivier

Another school year done! We’ll start back up the first week in September. It is a long holiday, but I am already making my lists and planning for the next two months. Dries and I will go to the boat most weeks. I have the Reading Rocket French lessons to work on and I would like to be ahead with my Ranger lesson preparation. Weatherwise, it is the nicest time of the year. Therefore, a lot more comfortable when you have to get things done.

Lees meer “Sendingnuus uit Madagaskar – The Week 21 June 2026”

Afkondigings 28 Junie – 5 Julie 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 28 Junie 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Genesis 22:1-14.
  • Die tema van die prediking is: Opgeoffer.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Ondersteunings-bediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 –
  • Ds Leon Cronje.
  • Geen LEEFKerk tydens skoolvakansie.

Woensdag 1 Julie 2026 :

  • Klub 50 Funksie om 10:00 in die kerksaal (slegs vir persone wat bespreek het).

Sondag 5 Julie 2026 :

  • Erediens om 10:00 – Dr Gerrie van Deventer.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • Geen LEEFKerk tydens skoolvakansie.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 27 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 27 NG Kerk Groot-Brakrivier

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Julie 2026 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 34, asook die antwoorde vir nommer 33 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

 Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

In die voorportaal is nuwe lidmaat vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Ons leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

Bedieninge

Getuienisbediening

Getuienisbedieing NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienisbedieing NG Kerk Groot-Brakrivier

Omgeebediening

Omgeebedieining NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebedieining NG Kerk Groot-Brakrivier

Ondersteuningsbediening

Ondersteuningsbedieing - Hulp NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuningsbedieing – Hulp NG Kerk Groot-Brakrivier

Christmas in July

Ondersteuningsbedieing - Christmas in July NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuningsbedieing – Christmas in July NG Kerk Groot-Brakrivier

“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (Fil. 4:6-7 Afr83).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Internasionaal

FEBA streef daarna om ná aan die luisteraar te bly. Een manier waarop dit gedoen word, is deur programme in luisteraars se moedertale te vervaardig en sodoende die evangelie in die bekendste, mees verstaanbare woorde te deel. Nog ’n manier is deur luisteraars te betrek by regstreekse uitsendings, buite-uitsendings en selfs persoonlike uitreike.

Ons gebed vir die week: Bid dat elke projek en program FEBA ná aan luisteraars sal bring. Bid vir vertalers en omroepers in etniese tale wêreldwyd en vir meer geleenthede om die evangelie met onbereiktes te deel.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 28 Junie 2026

  1. Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 28 Junie 2026, deur ds Charné Viljoen.
  2. Getuienisbediening:
    • Die nuutste nuusflitse uit Madagaskar.
  3. Bybelstudiereekse:
    • Skep asem vir vandag’ is ‘n heerlike positiewe begin vir elke dag.
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Die Krag van Gebed”.
  4. Gemeentenuus:
    • Bybelblokraai en Woordsoek 34  is beskikbaar op die webtuiste.
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-posEpos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

GEBEDSGIDS – JULIE 2026

Gebed Samuel

Psalm 94:19
 “Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring.”

1 Julie – Woensdag – Volkome gehoorsaamheid

Here, ons  wil U gesag en heerlikheid herken en U met blydskap dien. Lei ons in gehoorsaamheid sodat die Heilige Gees ‘n sigbare vrug in ons lewens kweek.

2 Julie – Donderdag  – Ons grootste Leermeester

Dankie Vader dat U woord vir ons toeganklik is en dat ons aan U voete kan sit om U wil te soek, wysheid vir my besluite te vind en op U te vertrou op daaglikse voorsiening.                        

3 Julie – Vrydag – Sy lewensasem hou jou staande

Maak jou hart vandag vir Hom oop sodat Hy jou kan vul met Sy vrede en liefde. Hy wil jou omring waar jy ookal gaan. God is met jou – elke asemteug wat jy gee.

4 Julie – Saterdag – My gebed vir jou vir elke dag

Wees waaksaam en bid gedurig met volharding. Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees – ook wanneer dit goed gaan.

5 Julie – Sondag – Jesus is die bron van alle lewe

Ons Vader  is vir ons ‘n vloeiende rivier met genade. Sy liefde vir ons is so groot soos die oseaan. Aan die Here kom al die lof toe want Hy het jou gebed gehoor.

6 Julie – Maandag – Ons ewige Rots

Vader, vul my asseblief vandag met die wysheid van U Gees. U is my rots en die vaste fondament wat nie deur vloedwaters of winde verskuif nie. U bied my ‘n onwrikbare anker in onsekere tye.

7 Julie – Dinsdag – Vrug op hulle arbeid

Here ons bid vir elkeen wat in die voorste linies van U koninkryk werk. Wees ‘n skild rondom hulle en gee hulle die wysheid om elke uitdaging die hoof te bied. Laat U Koninkryk deur hulle werke uitbrei en laat harte aangeraak word.

8 Julie – Woensdag –  Ons snoer ons kragte saam vir Sy koninkryk

Vader, ons bid dat U ons gemeente en gelowiges sal saamsnoer in ‘n band van volmaakte liefde. Mag die wêreld U liefde in ons sien wanneer ons hande neem en uitreik na gemeenskappe in nood.

9 Julie – Donderdag – God los jou nooit alleen

Hemelse Vader, dankie dat U my nooit alleen los nie. Wanneer ek bang is of deur die lewe oorweldig voel, hou ek vandag aan U belofte vas.

10 Julie – Vrydag – U hulp staan vas

Here, ek ruil my swakheid vir U krag. Vul my met U Heilige Gees sodat ek nie op my eie insig hoef staat te maak nie. Gee my bomenslike krag om ‘n lig te wees vir die mense rondom my wat in die donker sit.

11 Julie – Saterdag – Ek vertrou op U onfeilbare liefde

U grenslose genade en U onvoorwaardelike liefde is die hoeksteen van my lewe, ‘n stewige fondament te midde van die skuiwende sand van hierdie wêreld. Ek juig omdat U my gered het (Psalm 13:6).

12 Julie – Sondag – Net U kan die storm stilmaak

Here, U ken die storms wat binne ons woed. Ons bid vandag vir elkeen wie se eie gedagtes teen hulle gedraai het. Vir diegene wat vasgevang is in die donkerte van angs of verwarring. Wees U die anker en bring stilte in hul gees.

13 Julie – Maandag – Vrede bo omstandighede

Here, ons bid vir die mense wat elke dag moet oorlof in die oorlog geteisterde lande. Hulle beleef uitmergelende konflik en is voltyds afhanklik van humanitêre hulp. Laat U lig skyn in die skaduwee van die dood.

14 Julie – Dinsdag – Verbly jou in God

Hemelse Vader, dankie dat U ons Koning is en dat U Heerskappy naby ons is. Help ons om U wil bo ons eie te soek en ‘n instrument van U liefde en vrede te wees.

15 Julie – Woensdag – Radikale liefde vir elkeen

Here, U opdrag aan ons was liefde vir God en liefde vir ons naaste. U het ook die grense verskuif om almal in te sluit – selfs diegene wat anders is as ons – selfs ook die vyande.

16 Julie – Donderdag – Swaard van die Gees

Jesus, maak my vandag arm van gees sodat ek net van U afhanklik sal wees. Die Gees wat U ons gegee het, vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. Vul my hart met sagmoedigheid en ‘n honger na dit wat reg is.

17 Julie – Vrydag – Hoop en Ewige Lewe

Jesus se boodskap is dat die dood en die donkerte nie die laaste sê het nie. Deur Sy opstanding het Hy die lewe oorwin.  Dit gee ons die hoop dat ons ‘n ewige toekoms saam met Hom het.

18 Julie – Saterdag – Sy Koninkryk vir almal

Ons vra vir U vertroosting, nie net vir onsself nie, maar ook vir diegene wat verlore en belas voel deur die gewig van bekommernisse. U is altyd naby om oor ons te waak met liefde en deernis.

19 Julie – Sondag – Sout en Lig

Here, U sê ek is die sout en die lig vir die wêreld. Help my om só te leef dat ander dit kan sien. Laat my woorde smaak gee en my dade U lig versprei sodat mense U sal aanbid. 

20 Julie – Maandag – Ons kinders is uniek

Vader, seën ons kinders en gee hulle wysheid om hulle beste te doen. Beskerm hulle harte teen bekommernis en help hulle om soos U lig tussen hulle maats te wees.

21 Julie – Dinsdag – My Stuurman

Vader, ek kies om my in U te verbly.  My situasie is dalk nie perfek nie, maar U liefde en getrouheid sal nooit faal nie. Ek kies om dankbaar te wees omdat U my weg bepaal.

22 Julie – Woensdag – Sy aanraking is oorvloedig

Hemelse Vader, U is die Groot Geneesheer. Ons bid vir verligting vir pyn en herstel vir die liggaam.  U genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde.  Seën ook diegene wat hulle versorg en rus hulle toe met wysheid en geduld.

23 Julie – Donderdag –  Hy is ons metgesel in pyn

Jesus, U ken die hart van die gebrokenes – U het self swaarkry en verwerping ervaar.  Help ons om nooit moed te verloor nie, want U gee nie moed op met ons nie.

24 Julie – Vrydag –  Die waarborg van ‘n ewige lewe

Jesus, ons jubel omdat die graf U nie kon vashou nie!  U het die dood oorwin en opgestaan as die Ewige Oorwinnaar. Alle mag in die hemel en op die aarde behoort aan U.

25 Julie – Saterdag – Christus het die grondslag gelê

Ons kyk op na U, ons Koning wat regeer. Dankie dat U vir ons intree en dat u teenwoordigheid ons die krag gee om elke dag in volheid en oorwinning te leef. Onderrig ons om soos U te wees – ‘n hart wat sag en gewillig is.

26 Julie – Sondag – My doelwit is die Koninkryk

Vader, ons wedloop gaan nie oor wêreldse rykdom of status nie, maar oor u Koninkryk. Rig my voete op die smal pad en vul my hart met die ewige skatte wat saak maak vir U. 

27 Julie – Maandag –  Wees ‘n vredemaker in konflik

Heilige Gees, maak my ‘n instrument van U vrede. Waar daar konflik of verdeeldheid in my familie, werkplek of gemeenskap is, help my om versoening te bring. Seën my met die wysheid en geduld wat nodig is om mense bymekaar te bring.

28 Julie – Dinsdag – U lig vervaag nooit

Hemelse Vader, wanneer my lamp vervaag, bid ek vir krag om te doen wat reg is, sodat my dade U lig weerkaats en ander lei om U te prys.  Mag my daaglikse lewe ‘n getuienis wees van U genade en waarheid.

29 Julie – Woensdag – Hoop en Ewige Lewe

Jesus se boodskap is dat die dood en die donkerte nie die laaste sê het nie. Deur Sy opstanding het Hy bewys dat  lewe oorwin. Dit gee ons hoop dat geen situasie op aarde ooit heeltemal verlore is nie, en dat ons ‘n ewige toekoms saam met Hom het.

30 Julie – Donderdag – Laat U lig skyn in die skaduwee van die dood

Here, ons bid vir die mense in oorlog geteisterde lande. Hulle is moontlik sonder skuiling, sonder kos en bo alles, sonder hoop wanneer alles rondom hulle in puin lê. Ons bid onoophoudelik vir ‘n einde aan die geweld.

31 Julie – Toevlugsoord vir elkeen

Ons dank U vir ons gemeenskap hier in Groot-Brakrivier Here. Ons wil ‘n veilige hawe wees vir die vreemdeling en ‘n genesende toevlugsoord vir die gebrokenes. Mag ons kerk ‘n baken van U onvoorwaardelike liefde wees.

Sendingnuus” Missie Japan – Video jaarverslag

2026-06-02 Missie Japan Jaarverslag NG Kerk Groot-Brakrivier

Beste vriend

   Die somer is met ons in volle glorie. Groen, welig en warm! Oral om ons is die rysboere aan die plant, met groot verwagting vir rekord oeste in ‘n tyd van hemelhoë ryspryse. Verder raak die dae hier al hoe meer bedompig en dreig die eerste tifone om die reën seisoen in Kobe ook te laat aanbreek.

   In hierdie nuuflits kyk ons vir ‘n oomblik terug na die sleutelmomente van ons werk as deel van Missie Japan die afgelope jaar. Ons is deurentyd bewus van die feit dat niks hiervan moontlik sou wees sonder die gebede, bemoediging en ondersteuning van ons medewerkers nie. Mense soos jy en gemeentes soos dié waarvan jy deel is.

Ons sê “baie baie dankie!”.

   Ons is regtig begenadig en bevoorreg om jou/julle te hê as ons getuienisvennote … Hou asseblief vol daarmee. Om die evangelie te deel in Japan — soos met rysplantery — bly ‘n marathon eerder as ‘n naelloop!

Kyk gerus na die video en deel asseblief die terugvoer verder in jou netwerk.


Vrede en vreugde, in Christus.

Stéphan, Carina en gesin (ook namens Tobie en Annalie de Wet)

MAAK NOU ‘N BYDRAE

Facebook

Copyright (C) 2026 Mission Japan. All rights reserved.

Our mailing address is:
Shobu Ga Oka 3-1-3, Kita Ku, Kobe City, JAPAN, 651-1306

GEBEDSGIDS – JUNIE  2026

Gebed

Verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.
Rom. 12:12

1 Junie – Maandag – Polisiemag

Ons dra vandag elke polisielid aan U op en vra U hand van bewaring oor hul  lewe en hul gees. Gee dat hul familie sal weet dat U ook daar by hulle sal   wees en bedank ons U dat U na hulle omsien, soos hulle na ons welsyn  omsien. 

2 Junie – Dinsdag – Leraars

Ons vra vandag dat U ons leraars bystaan en vir hulle die Woord oopbreek  sodat hulle insig sal hê rondom U boodskap en U wil en dat hulle dit met  die regte insig sal oordra. 

3 Junie – Woensdag –  Siekes         

Ons bid vandag vir alle siek mense en allerhande soorte siektes van ons tyd  en bid dat hulle die nodige geduld sal hê om dit te hanteer en ook bid ons  vir U genesende hand oor elkeen.

4 Junie – Donderdag – Sosiale media                                                        

Ons bid vandag dat mense sosiale media nie sal misbruik nie of dalk heeldag  dit doen en heeltemal vergeet om tyd saam met Jesus deur te bring nie. 

5 Junie – Vrydag – Gaan uit en vertel!

Jesus self gee vir ons instruksies. Hy belowe dat Hy die Heilige Gees opdrag  sal gee om woorde in ons mond te lê as ons getuig. Luk. 21:12-15.

6 Junie – Saterdag – Innovation for the Blind

Ons dank u, Vader, dat ons kan sien. Môre is daar ‘n spesiale offer en vra  ons U dat U die bydraes van die gemeente sal seën vir hierdie verdienstelike  beweging. 

7 Junie – Sondag – Biddag vir die blindes

“Vader, ons kom dank U dat ons geseënd is om te kan sien. Ons bid vir  mense wat nie kan sien nie of moeilik kan sien en ons kom dra hulle nood  aan U op en vra dat U hulp sal stuur.” 

8 Junie – Maandag – Sendingwerk

Ons bid vir ons sendingwerkers wêreldwyd wat onverpoos die Here se   woord en liefde verkondig. Ons bid dat hulle die nodige geldelike  ondersteuning sal kry, maar ook geestelik nie afgemat sal word nie.                                  

9 Junie – Dinsdag – Finansies

“Here, Ons bring ons finansies na U. Help ons om dit aan te wend met die  nodige sorg en ons vra U seën op ons handewerk, sodat ons ons families  kan versorg, maar gee ons ook die moed om U werk met ons tiende te  seën.”

10 Junie – Woensdag  – God se liefde

Wie kan ons van die liefde van Christus skei? “Vader, U is daar vir ons en  het vir die Israeliete in die woestyn versorg en U beloof dat U ook nou na  ons sal omsien. Vader, ons dank U daarvoor.”  (Rom. 8:35).

11 Junie – Donderdag – Ongelowige vriende

Nie almal is ‘n gelowige nie en vra ons dat ons gebed sal wees vir vriende  wat nie glo nie en dat Jesus en die Gees ons sal lei om met ons optrede en  woorde hulle na Jesus sal lei. Ons vra ook dat ons Jesus se skild teen die  aanslae van die vyand sal gebruik. 

12 Junie – Vrydag – Offer vir Jeugwerk Sondag

Ons vra vandag dat U die gemeente se harte en hande sal oopmaak vir die  bydrae vir die jeug op Sondag en dat die fondse op die regte plekke  aangewend sal word. 

13 Junie – Saterdag – Biddag vir Jeug en Kategese 

Môre is dit biddag vir die jeug en vir kategese en vra ons, Here, dat u met  ons jeug sal wees en vra ons ook dat hulle getrou die kategese sal bywoon  en so meer van u kan leer en dat hulle getroue apostels van U sal raak. 

14 Junie  – Sondag –  Vadersdag

Ons kom sê vandag dankie vir pappas en instaan pappas en vir die leiding  wat hulle in hulle gesinne bied. Praat met hulle harte Here, en lei hulle om  ‘n voorbeeld en steunpilaar vir hulle families te kan wees.  

15 Junie – Maandag – Kinders

Vader, ons bid vir ons kinders in Suid-Afrika en ons vra dat waar hulle  vandag n ekstra afdag het, dat U die rus vir hulle sal seën en dat hulle  uitgerus weer met nuwe krag hul skooltake sal aanpak op Woensdag. 

16 Junie – Dinsdag – Jeugdag

Here, ons bid vandag vir ons Jeug en dat hulle by die regte mense sal uitkom wat in ‘n leiersposisie vir hulle die regte leiding sal gee om respekvolle  grootmense te wees. 

17 Junie – Woensdag – VADER      

Dankie Vader vir U groot genade dat ons U ons Vader mag noem. Ons wil u  Naam verheerlik oor die hele aarde en vertel van U groot mag en krag en U  wonderlike Liefde vir die mens.  

18 Junie – Donderdag – My vrese en drome

“Here, U ken my vrese en drome. Ek kom lê nou my vrese voor U voete neer  en vra ek dat U dit sal wegneem en my drome in lyn met U wil bring sodat  ander daardeur bemoedig sal word en nader aan U sal kom.” 

19 Junie – Vrydag – Is jy reg? 

Is daar genoeg olie in jou lampie vir die Bruidegom se koms? Ons bid Heer  dat U ons sondes sal vergewe en dat ons reg sal wees vir U koms. 

 20 Junie – Saterdag – Leiers

“Vader, daar is baie leiers om ons. Leiers in die skool, kerk, dorp, land en in  die wêreld. Hulle besluite raak ‘n klomp mense om hulle en Vader ons bid  dat hulle genoeg goeie oordeel aan die dag sal lê en dat hulle met insig en  kennis hul besluite sal neem en uitvoer.” 

21 Junie – Sondag – Jan Kriel-Instituut

Ons bid vir ons mense in die Jan Kriel-instituut wat baie afhanklik is van  donasies om die nodige sorg aan die inwoners te verleen. Ons bid dat U die  bydraes sal seën en dat dit tot groot seën vir die Instituut sal wees. 

22 Junie – Maandag – Afhanklikheid van middels

“Here, die lewe is deurmekaar en is baie mense soekend en kom by  verkeerde plekke en dinge uit. Ons bid, Vader, verlos die kettings van  middel-afhanklikheid van dié wat daaronder gebuk gaan en bevry hulle   sodat hulle in U sorg en Lig sal lewe.”  

23 Junie – Dinsdag   – Mense wat vervolg word

“Jesus, Ons vra dat U met ons mede-broers en -susters in die geloof in  vervolgde lande sal wees, waar hulle nie openlik kan bid of oor U kan gesels  en getuig van U hulp en liefde nie.” 

24 Junie – Woensdag – Mediese personeel

Baie dankie, Heer, vir dokters en ander mediese personeel wat na die siekes  omsien. Hulle moet heeldag op en wakker wees en wil ons vra dat U hulle  werk sal seën, maar dat hulle ook met die nodige empatie hul werk sal  verrig en dat die mens belangriker as geld sal wees. 

25 Junie – Donderdag –  Familiebande

Kom ons bid vandag vir ons families en familiebande wat maklik kan  versuur. Bid dat daar eenheid in die families en huise sal heers en dat  families ’n voorbeeld van U liefde sal najaag en uitleef. 

26 Junie – Vrydag – Skoolvakansie

“Vader, ons bid dat U die leerkragte sal seën met rus of ook hul sal seën  waar hulle op die paaie gaan om sport by te woon of te bestuur. Ons bid  ook, Vader, dat U ons kinders sal vashou in U Hand en hulle sal bystaan en  rus sal verleen.  

27 Junie – Saterdag – Gemeentebediening

Ons gemeente het baie nood en vra dat die getuienisbediening moet  uitreik en help met die nodige asook die Boodskap van hoop. Ons bid dat  daar altyd genoeg voorraad in die “kaste” van die kerk sal wees om die  hoop te versprei. 

28 Junie – Sondag –  Ondersteuningsbediening

“Here, soos hierbo ook genoem, help ons gemeente om die nood raak te  sien en mildelik te gee waar hulle sien nood bestaan. Laat hulle bydraes ook  by die regte persone uitkom om so ook tot opbou van die gemeente te  wees. 

29 Junie – Maandag – Radio Feba

Die Radio word gebruik om uitreike te doen. Ons bid ook dat die Goeie  Nuus Boodskap by almal sal uitkom en in ‘n goeie gees ontvang sal word en  dat hulle so tot bekering sal kom. 

30 Junie – Dinsdag – Besluite

Liewe Vader, ek wil nie net besluite neem en my kop stamp nie. Laat ek  volgens U wil bid en in U spoor loop sodat ek die regte optrede aan die dag  sal lê en so U Naam verheerlik. 

Nuwe Blok Indelings

Groot-Brakrivier https://www.openstreetmap.org

Foto krediet: Openstreetmap.org

Soos waarskynlik aan u bekend het ons blokindelings verander en daarmee saam ook die meeste blokgrense.

Ons gaan dus veranderinge maak aan u huidige WhatsApp groep en in sommige gevalle van julle se nommer moet afhaal en u dan by ‘n “nuwe” blok weer toevoeg. Dit is ‘n omvattende taak en sal so gou moontlik aandag geniet.

Intussen neem asseblief kennis van u nuwe bloknommer hieronder sodat u op die almanak kan seker maak van die datum waarop u blokbyeenkoms plaasvind.

Blok 1             Plaaasgedeeltes -René Vorster

Blok 2             Voorbrug – Heidi Erasmus

Blok 3             Mossienes tot Stasieweg

Blok 4             Langstraat-Bo & Pine Creek – Pieter van der Merwe

Blok 5             Kiewietlaan

Blok 6             Avonddans – Dirk Visser

Blok 7             Onder-Bergsig

Blok 8             Groenkloof Groot-Brakrivier – Hannes Kunz, Irene Kunz , Corlien Keyn, Charlotte Eicker

Blok 9             Agter Polisiestasie – Carin van Ginkel

Blok 10          Bergsig – Bo – Koos van Zyl

Blok 11             Sandhoogtepad

Blok 12           Eurekapark – Kobus Stander

Blok 13           Suiderkruis Whitey v/d Merwe, Annatjie Jv Rensburg

Blok 14           Die Eiland – Koos van der Merwe

Blok 15           Dolphin Creek – Koos van der Merwe

Blok 16           Hersham – Dr Jurie Vermeulen

Blok 17           Pienaarstrand & Dwarswegstrand – Chris Homann

Blok 18           Outeniquastrand-Onder – Chris Homann

Blok 19           Outeniquastrand-Bo

Blok 20          Glentana tot George

Blok 21           St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes & Melkhout Estate – Ann Pretorius

Blok 22           Seester Tergniet – Johan Smit

Blok 23           Groenkloof Reebok – Heloïse v/d Merwe

Blok 24          Reebok Village

Blok 25          Seegenot tot Tergniethoogte – Johan Spies

Blok 26          Tergniet-Oos – Annette Smalberger

Blok 27          Tergniet-Wes – Johan Pretorius

Blok 28          Rheebok Kusweg

Blok 29          Reebok-Oos

Blok 30          Reebok-Wes & Kleinbrak tot Danabaai – Johan du Toit, Ilse du Toit

Erediens tye en Kategese tye

Belangrike datums Jaarprogram NGK Groot-Brakrivier

Erediens tye

Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Kategese en Kinderkerk:

Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

tl;dr

Erediens tye 2026
Erediens tye 2026

#eredienstye #Eredienste # Tyd #Kinderkerk # Kategese #Pinkster # Kersdag #Kersdienste #kalender #Kerktye #Kerk #Goeie Vrydag #tye #Alamanak

Ons Visie en Waardes 2025 – Die NG Kerk Groot-Brakrivier

Visie en Waardes NG Kerk Groot-Brakrivier

Visie

Jesus vir my. Jesus vir ons, Jesus vir almal

Ons as gemeente is saam die liggaam van Christus.
Ons elkeen is ‘n unieke lid met sy/haar passie, gawes, talente en sterk punte.

Ons Waardes:

Aanvaarding
Deernis
Eensgesinde blydskap in Christus
Gasvryheid
Mededeelsaamheid

Lees meer “Ons Visie en Waardes 2025 – Die NG Kerk Groot-Brakrivier”

Nuut vanuit die Kerkbode, die Lig tydskrif, Kaapkerk en die NG Kerk Suid-Afrika

Kerkbode

Uit die pen van dr. Nadia Marais

Kaapkerk (Wes-Kaap Sinode)

Kerkbode e-koerant

Lees die Gratis e-koerant : Kerkbode

Nuut in die Kerkbode

Nuut uit: Die Lig tydskrif

Nuus vanuit die NG Kerk Algemene Sinode