| Liewe Vriende |
| “Easter is meant to be a symbol of hope, renewal and new life.” Janine di Giovanni |
| Oraloor vier Christene die HOOP wat Paasfees bring. In ʼn wêreld met soveel sigbare hartseer, pyn en teleurstelling, word elkeen herinner aan God se liefde en die nuwe lewe wat Hy gee. |
| Hier by Jan Kriel kry die Paasverhaal ook nuwe betekenis. Vanuit die hartseer van leef met ʼn (leer-) gestremdheid, kry kinders ʼn kans om te vernuwe, aan te pas, struikelblokke te oorkom en die (nuwe) lewe voluit aan te gryp. En vir meer as 85 jaar maak die liefde van donateursvriende soos jy dit moontlik! |
| Dankie vir die hoop en bemoediging wat jy vir hierdie kinders bring. |
| Ontvang en gebruik asb die volgende elektroniese geskenke om die Paasboodskap te versprei. Laai ‘n VIDEO af om te deel op Whatsapp of sosiale media (Download/ Save to device)en/of Laai ‘n PRENTJIE af om te deel op Whatsapp of sosiale media (Download/ Save image)en/of Laai ʼn AGTERGROND af vir jou slimfoon (Save image as/Set as background). |
| Paasgroete |
![]() |
| Ds André Van Wyk Direkteur: Jan Kriel Instituut |
| Oorweeg asb om in hierdie Paastyd Jan Kriel se kinders te ondersteun |
| DONASIE |
![]() |




