Nadine en Elmar Du Rand – こんにちはKonnichiwa Nuusbrief

Nadine en Elmar Du Rand NG Kerk Groot-Brakrivier

こんにちは
Konnichiwa Nuusbrief

Goeie dag liewe vriende,
soos altyd is dit ‘n wonderlike plesier om hier vanuit Japan aan julle te skryf. Hier in Sapporo, Japan, is dit herfs. Dit word elke dag kouer en kouer. Ons probeer die meeste daarvan maak om die omgewing waar ons woon te geniet, want binnekort sal dit in ‘n wit wonderland van sneeu verander tot April volgende jaar.

Ons deel graag hierdie gedeelte uit Jeremia met u.

Lees meer “Nadine en Elmar Du Rand – こんにちはKonnichiwa Nuusbrief”

Sending aan die Melaatse: Nuus om trots te maak!

Melaatse Sending - Opleiding Geleentheid in Durban

Hallo
 U kan trots voel oor u kranige span van die Sending aan die Melaatse wat die afgelope klompie dae betrokke was om mense te red uit die kloue van melaatsheid.

Elena van den Berg het haastig uit Durban vertrek om meer as 150 km af te lê na Empangeni waar sy “Bheka” moes opspoor, wie op 21-jarige ouderdom, uiteindelik met melaatsheid gediagnoseer is.  Ek sê uiteindelik, want hy het reeds op skool simptome van melaatsheid gehad.  

Lees meer “Sending aan die Melaatse: Nuus om trots te maak!”

Jan Kriel Paasbrief

Liewe Vriende
“Easter is meant to be a symbol of hope, renewal and new life.”
Janine di Giovanni
Oraloor vier Christene die HOOP wat Paasfees bring. In ʼn wêreld met soveel sigbare hartseer, pyn en teleurstelling, word elkeen herinner aan God se liefde en die nuwe lewe wat Hy gee.
Hier by Jan Kriel kry die Paasverhaal ook nuwe betekenis. Vanuit die hartseer van leef met ʼn (leer-) gestremdheid, kry kinders ʼn kans om te vernuwe, aan te pas, struikelblokke te oorkom en die (nuwe) lewe voluit aan te gryp. En vir meer as 85 jaar maak die liefde van donateursvriende soos jy dit moontlik!
Dankie vir die hoop en bemoediging wat jy vir hierdie kinders bring.
Ontvang en gebruik asb die volgende elektroniese geskenke om die Paasboodskap te versprei.
Laai ‘n VIDEO af om te deel op Whatsapp of sosiale media (Download/ Save to device)en/of
Laai ‘n PRENTJIE af om te deel op Whatsapp of sosiale media (Download/ Save image)en/of
Laai ʼn AGTERGROND af vir jou slimfoon (Save image as/Set as background).
Paasgroete
Ds André Van Wyk
Direkteur: Jan Kriel Instituut
Oorweeg asb om in hierdie Paastyd Jan Kriel se kinders te ondersteun
DONASIE

Vriende van Gideon’s nuusbrief – Herfs 2023

Welkom by die eerste uitgawe vir 2023! Hierdie is ʼn besondere uitgawe
en ons gebed is dat ons lesers dit interessant, motiverend en uitdagend
sal vind. Mag 2023 die jaar wees waar ons almal opnuut ons roeping
besef en uitleef.
Hierdie uitgawe is propvol getuienisse wat ons almal sal motiveer om
meer passievol te werk in Sy akker.
Die derde deel van Pastoor Werner Strauss se aanbieding by die Nasionale
Konvensie 2022 is baie insiggewend en roep ons onder andere om meer
aktief te wees by ons medebroers en -susters. Ware dissipels van Jesus
gee om vir mekaar want ons gee om vir die verlorenes daar buite.
Groete in Christus,
Die redaksionele span
facebook.com/
GideonsinternationalSouthAfrica
The Gideons Intl in SA
The Gideons International in
South Africa
@GideonsSA

Lees meer “Vriende van Gideon’s nuusbrief – Herfs 2023”

NUWE SEISOEN VIR Christelike Lektuur Fonds

Dit is seker ’n cliché om die stelling te maak dat ons in voortdurend veranderende tye leef. Dit is egter empiries waarneembaar dat die tydsgewrig waarin ons tans leef gekenmerk word deur snel opeenvolgende gebeurtenisse met omvangryke impak op gemeenskappe. Hierdie impak voel dikwels aardskuddend met ontwrigtende gevolge vir almal wat daardeur geraak word. Die werklikheid van globale interaktiwiteit en onderlinge verbondenheid het die effek van ’n web wat beweeg wanneer enige van die drade daarvan geraak word. Dit is waarvan ons by CLF ook die afgelope aantal jare bewus geword het met Covid, die oorlog in Oekraïne, plundering in KZN in 2022, jarelange oorloë in Sirië, aardbewings in Turkye en noem maar op.

By CLF is ons diep bewus daarvan dat dit presies die wêreld is waarbinne die Here hierdie
bediening vandag roep om van sy liefde en verlossing te getuig. Te midde van die kontekstuele ontwrigting en uitdagings rondom ons, is daar ’n gees van entoesiasme en roepingsbesef binne die CLF. Personeel, Beheerraadslede en ondersteuners openbaar ’n bewussyn dat God sy kerk en kinders roep om sy koninkryk te laat kom, ook deur die bediening van CLF.

Lees meer “NUWE SEISOEN VIR Christelike Lektuur Fonds”

Sending aan die Melaatse – Suidelike Afrika

Beste Vriende

Melaatsheid beroof mense van hul vingers, vriende en vooruitsigte.

Met u bystand bring die Sending aan die Melaatse hierdie rower agter tralies.

Soos meeste rowers, vermom melaatsheid sy aanvalle.

Dit is die Sending aan die Melaatse se taak om hom te ontmasker.

Indien iemand hom raaksien, kan ons hom gevange neem, voordat hy met ‘n misdaadveldtog begin.

Lees meer “Sending aan die Melaatse – Suidelike Afrika”

Elmar en Nadine van OMF se Nuusbrief vir Januarie 2023

Elmar en Nadine se Nuusbrief vir Januarie
Konnichiwa Nuusbrief  
こんにちは

Goeie dag liewe ondersteuner, 
“You will keep him in perfect peace,whose mind is stayed on You,because he trusts in You.” 
Isaiah 26:3
NIV Hierdie vers in Jesaja is ‘n belofte dat as ons ons gedagtes op Christus vestig, ons vrede sal ervaar. In die Nuwe Testament beloof Jesus aan Sy volgelinge Sy vrede. Dit is nie die valse vrede van die wêreld nie rn ook nie ‘n vrede wat afhangend van die omstandighede rondom ons is nie. Dis ‘n innelike vrede wat ons die vertroue gee dat Jesus altyd saam met ons is. Dis ons gebed dat jy vrede in Jesus sal vind temidde van moeilike omstandighede en dat jy sal onthou Hy het beloof dat Hy met ons is tot die voleinding van die wêreld.

Lees meer “Elmar en Nadine van OMF se Nuusbrief vir Januarie 2023”

Gerrie en Arline – Portugal

Gerrie en Arlene - Bersig George

September/Oktober 2022 nuusbrief
September en Oktober was sommer lekker besig op alle
fronte! Aanvanklik moes ons al die voorbereidings afhandel
vir die Oktober EMT, die laaste van 2022 (Ethnos mission
training). Ons het o.a. ́n biddag gehad vir die nuwe studente,
hul aansoeke deurgegaan en die klaskamer opgestel.
Aan die SIM kant van ons bediening het
Gerrie ook ́n baie besige tydjie gehad
om ‘n egpaar en ́n enkel jong dame deur
die aansoekproses te begelei; die vele dokumente,
onderhoude, Sielkundige-, Leefstyl- en Doktrinale
assesserings en mediese ondersoeke.

Lees meer “Gerrie en Arline – Portugal”

Sendingnuus: Elmar en Nadine

Elmar en Nadine Durandt

Goeie dag 😁. U goedheid Heer kan ons nie peil nie, wie word daardeur nie diep getref. Dis vanoggend die boodskap in ons hart en die woorde op ons lippe. Ons kan net dankie sê vir ‘n pragtige, gesonde klein dogterjie. Ons kan nie ophou om onsself te verkyk aan haar kleine handjies en voetjies nie. Ons bid vir elkedeel van Leah. Ons bid dat Jesus haar voete sal seën sodat sy diep spore in harte sal trap, dat Jesus haar oortjies sal seën sodat sy, God se Woord eendag sal kan aanhoor en verstaan (ook dat sy sal luister na mamma en pappa😉) . Ons bid vir haar mondjie om Jesus daarmee te loof en net mooi woorde te uiter. Ouerskap verander alles, en dis regtig waar dat ‘n mens se hart buite jou liggaam is wanneer jy ‘n kindjie kry. Ons wil Leah elkedag net koester en begeer net die beste vir haar. Ouerskap leer ‘n mens ook van God se liefde vir ons. Dis ‘n diep en onvoorwaardelike liefde. Baie dankie vir jou gebede en omgee vir ons. Liefde Elmar, Nadine en Leah 🌸

Sendingwerk in die Himalayas: D&H

Himalaya Sending

Nog ‘n SA paartjie wat geroep is om te help met die verspreiding van die Evangelie deur:

  • Een-tot-een gebed, evangelisasie en dissipelskap.
  • Opleiding, dissipelskap en ondersteuning van gelowige besigheidseienaars.
  • Bestuur restaurant wat ingerig is as ‘n oase vir families, waar gesinne uit die stadsgeraas kan kom.
  • Restaurant het bovertrek en ander ruimte vir byeenkomste van gelowiges, waar hulle sonder vrees van vervolging kan bymekaarkom.
  • Stap in die Himalayas.

Ons kan betrokke raak deur:

Lees meer “Sendingwerk in die Himalayas: D&H”