Vandag – Sondag 2 April 2023 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die ouerpaar wie se baba vanoggend gedoop word:
– Louis & Helé Postma (seuntjie – Christiaan). - Ons skriflesing kom vanoggend uit Ps. 31: 10-17. Die tema van die prediking is : Om vernedering in die gesig te staar?
- Sewende (Groot) Lydensweek.
- GEEN Kategese.
- Spesiale Offer vir Christelike Lektuurfonds (CLF) by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir April 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
JEUG :
- Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
- Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Woensdag 5 April 2023 :
- Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.
- Daar is GEEN blokbyeenkoms die week nie.
Goeie Vrydag 7 April 2023 :
- Erediens en nagmaal om 09:00.
Simboliek van die Goeie Vrydag Ruiker
(Simbole van Jesus se sterwe en begrafnis)
Na Jesus se sterwe kom groot duisternis oor die aarde.
Grafte wat van rots gekap is breek oop.
Josef van Arimathea voorsien die nuwe graf.
Nikodemus voorsien die aalwyn en mirre wat geel sap afgee vir Jesus se balseming.
Sondag 9 April 2023 (Paasfees) :
- Sonopkomsbyeenkoms by Suiderkruisstrand om 06:30. Bring ’n stoel of kombers saam as u nie op die sand wil sit nie.
- Erediens om 09:00.
- Prediker: dr. Frans Hancke.
- GEEN Kategese.
- Spesiale Offer Radio FEBA.
Dominee Danie sal met verlof wees vanaf 3-5 April 2023
Nuwe lidmate en lidmaat besoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds. Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.
Enige lidmate wat ’n besoek verlang kan gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.
– Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
- Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
- Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.
- Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: Ons uitreik datums vir volgende kwartaal is op 5 en 19 April, 10 en 24 Mei, 7 en 21 Junie.
- Ons het ons uitreik verhoog na 100 gesinne, aangesien die nood net te groot is.
- Ons is so dankbaar vir die getroue ondersteuning en voorsiening wat deurlopend gedoen word. Ons wil dit moontlik maak vir meer mense om dit te ondersteun en daarom maak ons bekend dat daar drie alternatiewe is om die sopvoorsiening te ondersteun:
– Die bekende 2 liter (gevries in ‘n roomysbak) sop voorsiening – bakke is verkrygbaar by die vrieskaste.
– Mengsel droë bestandele, resep hieronder, in twee formate.
1. Bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
2. Gevries in 2 liter roomysbak
Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies,150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop.Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.
– ‘n Ander alternatief is om kontant te skenk vir die aankoop van bestanddele wat verpak kan word.
Ons benodig op ‘n deurlopende basis leë 200g koffiebottels om die droë sopbestanddele in te plaas asb.
Behoeftes vir Getuienisprojekte :
- Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
- Baie dankie vir die loopraam en rolstoel wat ontvang is. Daar is nog ’n behoefte vir krukke vir verskeie volwassenes, asook ou selfone vir ons dienswerkers van die getuienisbediening. Indien iemand kan help kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word / gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel vir Aletia – 084 783 1308.
KLUB 50
Die NG klub 50 nooi sy lede en die wat nog wil aansluit, na ’n Bingo, Sop en Sjerrie oggend om 10:00 Woensdag 5 April 2023 in die kerksaal.
Die koste is R20 wat die eerste 2 Bingo kaartjies insluit.
Bring asseblief jul eie sjerrieglasie,sopbekertjie, potlood en ‘n klein geskenkie saam.
Baie dankie en groete – Estelle Uys – 072 675 6695.
Dankies
Die NG Kerk Groot-Brakrivier het op 25 Maart 2023 hul jaarlikse gholfdag ter stuiwing van hul fondse gehou.
Wat ‘n voorreg om deel te wees van ‘n oophand en -hart gemeenskap! Baie dankie aan al die borge, mense wat pryse geskenk het, deelnemers, werkers, ondersteuners en belangstellendes wat betrokke was by die gholfdag.
Die Gholfdagkomitee is oorlaai met bereidwilligheid van instansies en indiwidue om die fondsinsamelingspoging van die kerk te ondersteun. Baie geluk aan die wenners van die dag en weereens dankie aan die borge wat deur donasies en pryse dit moontlik gemaak het dat elke speler ‘n prys huistoe kon neem. ‘n Spesiale woord van geluk aan Breggie Maritz wat die kruiwa en alles binne-in, gewen het.
Ons bid dat die fondse verkry, as saad in ‘n behoeftige wêreld gesaai sal word en kragtig sal groei om êrens tot eer van Sy Naam,‘n verskil te maak.
Soli Deo gloria.
Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)
2 April 2023
- Ererdiensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 2 April 2023.
b) Vakature: Voltydse leraar vir NG Kerk Groot-Brakrivier.
- Getuienisbediening:
a) 25ste Herdenking van Madagaskar beide in sending en in huwelik.
b) Gideon Vriende nuusbrief Herfs 2023.
3. Fondsinsamelingsbediening: Gholfdag van 25 Maart 2023 in kleur.
4. Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: Wie kies jy?”
5. Die Afkondigings word weekliks op die webtuiste geplaas.
6. Die QR kode regs bo is om die toegang tot die webtuiste vir almal te vergemaklik.
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA MOZAMBIEK EN MALAWI
Die natuurramp wat Malawi en Mosambiek onlangs getref het, het onherstelbare verwoesting en groot skade en lyding veroorsaak. Honderde mense het hul lewens verloor en duisende is sonder skuiling gelaat. Twee van FEBA se radiostasies, Impact Radio in Quelimane en Voice of Hope in Zambezia, is tans van die lug af weens die skade wat deur sikloon Freddy veroorsaak is.
Ons gebed vir die week:
Bid asseblief vir die personeel, luisteraars en die inwoners van Malawi en Mosambiek wat deur die ramp getref is. Baie treur oor die verlies van hul familielede en ander is op ‘n pad van herstel. Ons bid ook dat God ‘n uitkoms sal bring dat FEBA se radiostasies spoedig herstel kan word.
Dankfees – Saterdag 22 April 2023 om 10:00
Kom geniet ‘n koppie koffie of tee en iets lekkers te ete en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.
Pannekoektafel:
Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie en kaneel), wat by die kerkkantoor kan afgegee word. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman – 082 297 3476.
Gebak:
Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Liana – 084 764 6155.
Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb. ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
SAMEROEPERS
1. KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R15 & 500 ml @ R30. Barbara Gericke – 082 411 1222 / Corita du Preez – 084 265 9487. Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.
2. JAFELS: @ R20 ELK: Daar sal jaffels beskikbaar wees. Om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie van Rensburg – 082 871 0927 of Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.
3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. Amelia – 072 975 0917.
4. PANNEKOEK: Piet Snyman – 082 297 3476.
5. SOSATIES: Sosaties @ R16 elk. Asseblief geen bestellings!
Eddie Drost – 082 920 1829.
6. GEBAK EN TEETUIN: Liana Boshoff – 084 764 6155 / Michelle Roon – 064 674 9756 / Marie Snyman – 082 229 8316.
7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.
8. WIT OLIFANT: Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.
9. KINDERTAFEL: Pauline Richards – 079 557 8591.
10. POEDING: 350ml@ R15 ELK: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 of Dorette Visser – 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help. Dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.
11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerk of kontak Ina Blom – 083 651 4517.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



