Vandag – Sondag 14 Mei 2023 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan ds Düring Cornelius wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Fil 2: 5-11. Die tema van die prediking is: Algehele Oorgawe.
- Kategese.
- Moedersdag.
- Groot-Brakrivier se Blaasorkes tree op.
- Sinodale Offer vir Buitelandse Sending (Zimbabwe / Malawi / Mosambiek) by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Mei 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Woensdag 17 Mei 2023 :
- Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
- Daar is GEEN blokbyeenkoms die week nie.
Blok 10A (Tergniet-Oos) se blokbyeenkoms sal saam met blok 10B (Tergniet-Sentraal & Wes) gehou word op 31 Mei 2023.
Donderdag 18 Mei 2023 – Hemelvaart :
- Aanddiens om 18:00.
- Prediker: ds Danie Goosen.
Sondag 21 Mei 2023 :
- Erediens om 09:00.
- Prediker: dr Fanie Bergh.
- Kategese.
- Deuroffers tydens Pinkster vir Bybelgenootskap.
- Pinksterdiens om 18:00.
- Prediker: dr Frans Hancke
Pinksterprogram Sondag 21 Mei tot Donderdag 25 Mei 2023
| Al die Pinksterdienste word gelei deur dr Frans Hancke TEMA: Nuwe identiteit, nuwe mense | ||
| So 21 Mei | 10:00 | Groenkloof |
| 18:00 | Kerkgebou | |
| Ma 22 Mei | 10:00 | Groenkloof |
| 18:00 | Kerkgebou | |
| Di 23 Mei | 10:00 | Groenkloof |
| 18:00 | Kerkgebou | |
| Wo 24 Mei | 10:00 | Groenkloof |
| 18:00 | Kerkgebou | |
| Do 25 Mei | 10:00 | Groenkloof |
| 18:00 | Kerkgebou | |
| Deuroffers tydens Pinkster vir Bybelgenootskap | ||
Na die aanddienste kan u ’n koppie sop kom geniet in die kerksaal. | ||
Nuwe lidmate en lidmaat besoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds. Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.
– Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
- Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
- Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.
JEUG :
- Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
- Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Moederskamer :
Tans dien die konsistorie ook as moederskamer. Ons vra asseblief u geduld op Sondae wat díé reëling aanbetref. Die kerkraad probeer om op die laatste 08:50 daar uit te wees, sodat die moeders en kinders kan ingaan betyds vir die 09:00 diens.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Pakistan
Pakistan is bekend daarvoor dat sy mense Islamitiese ekstremiste is en Christene vervolg. Ten spyte van die potensiële gevare wat om elke hoek en draai skuil, saai die personeel van FEBA Pakistan getrou elke dag die Goeie Nuus uit.
Ons gebed vir die week: Bid asseblief dat FEBA Pakistan sal uitbrei en dat hul reikwydte in Pakistan sal aanhou vergroot.
Getuienisbediening :
- Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: Ons volgende uitreikdatums vir die kwartaal is op 24 Mei, 7 en 21 Junie.
- Ons het ons uitreik verhoog na 100 gesinne, aangesien die nood net te groot is.
- Ons is so dankbaar vir die getroue ondersteuning en voorsiening wat deurlopend gedoen word. Ons wil dit moontlik maak vir meer mense om dit te ondersteun en daarom maak ons bekend dat daar drie alternatiewe is om die sopvoorsiening te ondersteun:
– Die bekende 2 liter (gevries in ‘n roomysbak) sop voorsiening – bakke is verkrygbaar by die vrieskaste.
– Mengsel droë bestandele, resep hieronder, in twee formate:
1. Bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
2. Gevries in 2 liter roomysbak
Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies,150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop.Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.
– ‘n Ander alternatief is om kontant te skenk vir die aankoop van bestanddele wat verpak kan word.
Ons benodig op ‘n deurlopende basis leë 200g koffiebottels om die droë sopbestanddele in te plaas asb.
Behoeftes vir Getuienisprojekte :
- Daar is tans ’n groot behoefte aan wol. Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak deur middel van foto’s wat op die webblad geplaas word.
- Daaris nog ’n behoefte vir krukke vir verskeie volwassenes, asook ou selfone vir ons dienswerkersvan die getuienisbediening. Indien iemand kan help kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word / gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel vir Aletia – 084 783 1308.
VAKANTE POS: HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS
INGESKREWE/ASSISTENT VERPLEEGKUNDIGE
Die kandidaat moet geregistreer wees by die SAVR.
Moet oor die vermoë beskik om met verswakte bejaardes te werk.
Die kandidaat sal direk aan die Hoof Verpleegkundige verslag doen.
Moet bereid wees om skofte te werk.
Ons bied ‘n onderhandelbare salaris met pensioen en medies.
KEERDATUM VIR AANSOEKE 26 MEI 2023
Bring asseblief persoonlik u CV na Hartenbos Versorgingsoord
Die webwerf(nggrootbrak.co.za)
14 Mei 2023
- Erediensbediening:
a)Skakel na die YouTube Preek van 14 Mei 2023.
b) Tema vir Pinkster: Nuwe identiteit, nuwe mense.
Pinksterpreke sal tydens Pinkster (18 – 26 Mei 2023), die volgende dag beskikbaar wees op die webwerf.
2. Bybelstudiereeks:
a) Afdrukke van die oorspronklike Bybelstudiereeks ‘9 Weke’ van Dr Frans Hancke is met donasie beskikbaar by die kerkkantoor.
b) Die weeklikse bydrae: “Stof tot nadenke: Die Gawe van die Heilige Gees”.
3. Getuienisbediening: Mei nuusbriewe van Madagaskar, Oekraïne en Japan is beskikbaar.
4. Sinodesitting 2023:
a) ‘n Kort oorsig oor die doel van die Sinode is beskikbaar.
b) Daar is YouTube skakels beskikbaar van elke dag se aktiwiteite by die Sinodesitting.
5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
6. Die QR kode regs bo is om die toegang tot die webwerf vir almal te vergemaklik.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning
van die werk van die Here.
L eraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



