Gemeentefees: 22 April 2023

Die fondsinsameling van die NG Kerk Groot-Brakrivier Gemeentefees was ‘n groot sukses, te midde van koue, klam weer. Die gemeente het heerlik gekuier om die tafels waar allerlei verkoop is. Daar was heerlike koffie, tee en allerlei gebak by verskeie punte te koop. Vars groente van die plaas en die sosaties en roosterkoek was soos altyd ‘n heerlikheid en selfs die nageregtafel het uitverkoop.

Die pannekoek-bakkers het soos altyd vlytig gewerk en moes byhou by die pannekoek rollers. Die koektafel en jafeltafel het vroeg reeds uitverkoop, en die Wit olifant vertrek en boeke tafel was ‘n lekker afwisseling.

Vir die kinders was daar heerlike aktiwiteite soos springkasteel, gesigverf, ballon-gedraaide diertjies en vele meer.

‘n Ieder en elk, oud en jonk, het hulleself geniet in die ware Gees van die Gemeentefees.