Vandag – Sondag 7 Mei 2023 (Sinodale Bid & Dankdag) :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 13: 1-9. Die tema van die predeking is: Nog ’n kans.
- Kategese.
- Arbeidsondag.
- Sinodale Offer vir Gemeente-ondersteuning by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Mei 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Woensdag 10 Mei 2023 :
- Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
- Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 9C (Tergniethoogte & Groenkloof Rheebok) in Groenkloof Rheebok se eetsaal.
Sondag 14 Mei 2023 :
- Erediens om 09:00.
- Prediker: ds During Cornelissen.
- Kategese.
- Groot-Brakrivier se Blaasorkes tree op.
- Moedersdag.
- Sinodale Offer vir Buitelandse Sending (Zimbabwe / Malawi / Mosambiek) by die deure.
Sinodesitting 8 – 12 Mei 2023 te Goudini :
Die afgevaardigdes wat aangewys is om ons kerk te verteenwoordig:
Predikant: Ds Danie Goosen (sekundi: mev Marie Snyman).
Kerkraadslid: Mnr Willem du Preez (sekundi: mev Carin van Ginkel).
– U voorbidding vir hierdie aangeleentheid sal waardeer word.
Dr Frans Hancke sal vir ds Danie instaan in hierdie tyd.
Nuwe lidmate en lidmaat besoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds. Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.
– Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
JEUG :
- Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
- Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
- Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
- Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.
Getuienisbediening :
- Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: Ons volgende uitreikdatums vir die kwartaal is op 10 en 24 Mei, 7 en 21 Junie.
- Ons het ons uitreik verhoog na 100 gesinne, aangesien die nood net te groot is.
- Ons is so dankbaar vir die getroue ondersteuning en voorsiening wat deurlopend gedoen word. Ons wil dit moontlik maak vir meer mense om dit te ondersteun en daarom maak ons bekend dat daar drie alternatiewe is om die sopvoorsiening te ondersteun:
– Die bekende 2 liter (gevries in ‘n roomysbak) sop voorsiening – bakke is verkrygbaar by die vrieskaste.
– Mengsel droë bestandele, resep hieronder, in twee formate:
1. Bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
2. Gevries in 2 liter roomysbak
Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies,150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop.Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.
– ‘n Ander alternatief is om kontant te skenk vir die aankoop van bestanddele wat verpak kan word.
Ons benodig op ‘n deurlopende basis leë 200g koffiebottels om die droë sopbestanddele in te plaas asb.
Behoeftes vir Getuienisprojekte :
- Daar is tans ’n groot behoefte aan wol. Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak deur middel van foto’s wat op die webblad geplaas word.
- Daaris nog ’n behoefte vir krukke vir verskeie volwassenes, asook ou selfone vir ons dienswerkersvan die getuienisbediening. Indien iemand kan help kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word / gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel vir Aletia – 084 783 1308.
Moederskamer :
Tans dien die konsistorie ook as moederskamer. Ons vra asseblief u geduld op Sondae wat díé reëling aanbetref. Die kerkraad probeer om op die laatste 08:50 daar uit te wees, sodat die moeders en kinders kan ingaan betyds vir die 09:00 diens.
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA RUSLAND
Die republiek van Boerjatië bestaan tradisioneel uit Boeddhisme, animisme en voorvaderlike aanbidding. Ten spyte van die tradisioneel oorheersende godsdienste en die wreedaardige oorlog, groei FEBA Rusland se bediening steeds.
Ons gebed vir die week:
Bid asseblief dat God hulle die genade en guns sal voorsien wat nodig is om diegene te bereik wat desperaat is vir hoop.
Die webwerf(nggrootbrak.co.za)
7 Mei 2023
- Erediensbediening: Skakel na die YouTube Preek van 7 Mei 2023.
2. Gebedsgids: Mei se gebedsgids is beskikbaar.
3. Bybelstudiereeks:
a) Die Bybelstudiereeks ‘Ons is die Plan’ van Dr Frans Hancke is beskikbaar per WhatsApp by 073 319 9807.
b) Die weeklikse bydrae: “Stof tot nadenke: God se Gees”.
4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
5. Die QR kode regs bo is om die toegang tot die webwerf vir almal te vergemaklik.
Dankies
Geagte Omgee-vriende van Dowes,
Opregte dankbaarheid vir u gemeentebydrae tot die Nasionale Instituut vir Dowes.
‘As jy bloot Jesus se lig reflekteer, kry die wêreld die kleur en God die eer.’ – Lindie Strydom.
In elkeen van ons het God die potensiaal geplaas om helder te skyn waarookal ons onsself bevind. Elke individu is kunstig met God se hande gevorm. Ons is elkeen soos ‘n geskenkpakkie wat stukkie vir stukkie oopgemaak word – daar is verskillende lagies (lesse, tyd, ervaring, belewenisse, emosies) waardeur ons moet gaan, selfs skeur soms, om by ons unieke gawes, talente, en volwaardige menswees, uit te kom.
By die Nasionale Instituut vir dowes werk ons met ‘n groot verskeidenheid van mense, met ons fokus op dowes en persone met gehoorverlies. Deur die wye spektrum van dienste wat NID bied sien ons altyd uit na elke dowe persoon se potensiaal wat besig is om te ontwikkel, hetsy dit ‘n student; ‘n meervoudige gestremde volwassene; of ‘n bejaarde persoon is. Hier waar hulle op die NID kampus woon is hulle vry om in oorvloed te lewe, te leer en hul helder liggies en glimlaggies uit te straal na buite. Hier word in hul alledaagse behoeftes voorsien wat natuurlik ook hul harte gelukkig en hoopvol hou.
Hoe hou ons dit vol? Veral met uitdagings buite ons beheer?
Alleenlik deur God se groot genade, want ons weet dat dit deur Hom in julle harte geplaas is om jul medemens te help. U weet Dowes se behoeftes is groot en uitdagend van ‘n heel ander aard. Ons kan net oor en oor dankbaarheid besing teenoor God en u as Sy gemeente vir deurlopende ondersteuning en liefde. U hou NID omhoog om steeds God se werke te verrig tot die beste van ons vermoë. Ons staan op die drumpel van 140 jaar se dienste aan Dowes en dit is slegs deur God en waardevolle omgee-vriende soos u dat ons deurgedra is tot hier. Ons eer u vir u bydraes.
Jesaja 60:1-3 NLV
“Staan op, Jerusalem, laat jou lig skyn sodat alle volke dit kan sien! Want die Here se heerlikheid skyn op jou.”
Duisternis kom oor die aarde, donkerte oor al die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy teenwoordigheid.
Nasies sal stroom na jou lig, en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het.
Mag u as gemeente God se seën in oorvloed ontvang.
Vriendelike groete,
Chriszelda.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



