Vandag – Sondag 30 April 2023 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Altus & Carmi Kitching (dogtertjie – Hanje Helena Kitching).
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Hand 2: 41-47. Die tema van die prediking is: Vreemdelinge?
• Geen kategese.
• Spesiale Offer vir Magdalenahuis by die deure.
• Geen tee sal vandag bedien word na afloop van die erediens nie.
JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
• Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Dinsdag 2 Mei 2023 :
• Kerkraadsvergadering 18:00 in die kerksaal. U voorbidding vir die vergadering sal waardeer word.
Woensdag 3 Mei 2023 :
• Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 9B (Vogelsang tot Duinelaagte) by Chris en Ann Pretorius, Heuwelsigstraat 10 – 082 565 1868.
• Sondag 7 Mei 2023 (Sinodale Bid & Dankdag) :
• Erediens om 09:00.
• Prediker: dr Frans Hancke.
• Kategese.
• Arbeidsondag.
• Sinodale Offer vir Gemeente-ondersteuning by die deure.
Sinodesitting 8 – 12 Mei 2023 te Goudini :
Die afgevaardigdes wat aangewys is om ons kerk te verteenwoordig:
Predikant: Ds Danie Goosen (sekundi: mev Marie Snyman).
Kerkraadslid: Mnr Willem du Preez (sekundi: mev Carin van Ginkel).
- U voorbidding vir hierdie aangeleentheid sal waardeer word.
Dr Frans Hancke sal vir ds Danie instaan in hierdie tyd.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Mei 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Nuwe lidmate en lidmaat besoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds. Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.
- Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: Ons volgende uitreikdatums vir die kwartaal is op 10 en 24 Mei, 7 en 21 Junie.
• Ons het ons uitreik verhoog na 100 gesinne, aangesien die nood net te groot is.
• Ons is so dankbaar vir die getroue ondersteuning en voorsiening wat deurlopend gedoen word. Ons wil dit moontlik maak vir meer mense om dit te ondersteun en daarom maak ons bekend dat daar drie alternatiewe is om die sopvoorsiening te ondersteun:
- Die bekende 2 liter (gevries in ‘n roomysbak) sop voorsiening – bakke is verkrygbaar by die vrieskaste.
- Mengsel droë bestandele, resep hieronder, in twee formate:
- Bestanddele in ‘n glas koffiebottel ofGevries in 2 liter roomysbak
- ‘n Ander alternatief is om kontant te skenk vir die aankoop van bestanddele wat verpak kan word.
Ons benodig op ‘n deurlopende basis leë 200g koffiebottels om die droë sopbestanddele in te plaas asb.
Behoeftes vir Getuienisprojekte :
• Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak deur middel van foto’s wat op die webblad geplaas word.
• Baie dankie vir die loopraam, rolstoel en krukke wat ontvang is. Daar is nog ’n behoefte vir krukke vir verskeie volwassenes, asook ou selfone vir ons dienswerkers van die getuienisbediening. Indien iemand kan help kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word / gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel vir Aletia – 084 783 1308.
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA JAPAN
FEBA Japan doen hul bes om groei aan te wakker in die krimpende en verouderende Japannese kerk. Meer as 97% van die bevolking is steeds nie bereik nie, wat die ryk Asiatiese lande geestelik arm maak.
Ons gebed vir die week: Bid asseblief vir FEBA Japan en dat hul invloed en omvang kan toeneem en versprei na die stedelike gebiede sowel as hoofstede. Bid dat die Heilige Gees herlewing aan die Japannese nasie sal bring.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
30 April 2023
- Erediensbediening: Skakel na die YouTube Preek van 30 April
2023. - Gebedsgids: Mei se gebedsgids is beskikbaar.
- Gemeentefees: ‘n Kort oorsig en foto-kollage van die gemeentefees.
- Bybelstudiereeks:
a) Die Bybelstudiereeks ‘Ons is die Plan’ van Dr Frans Hancke sal van 1 Mei 2023 beskikbaar wees. Stuur ‘n WhatsApp met die woorde “9 weke” na 073 319 9807 om by die groep aan te sluit.
b) Die weeklikse bydrae: “Stof tot nadenke: Uitvoering van God se wet…”. - Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
- Die QR kode regs bo is om die toegang tot die webwerf vir almal te vergemaklik.
Dankfees
Ons is die Here opreg dankbaar vir die fondse wat ons kon insamel met die dankfees.
Dankie aan elkeen wat betrokke was by die dankfees. Opregte dank vir elkeen se samewerking en harde werk!
Klub 50
Tenpin Bowling
Woensdag 3 Mei 2023
Plek: Hartenbos tenpin bowling baan.
Tyd: 09:45 vir 10:00 by die baan te Hartenbos.
Koste: R30 per persoon. Die klub borg die res van die baanfooie.
Reël asb eie vervoer tussen mekaar.
Ons deurkollekte die week gaan aan die Magdalenahuis
Magdalenahuis Beradingsentrum het in 1902 tot stand gekom en was ’n inisiatief van die NG Kerk. Magdalenahuis fokus op drie diensterreine: swangerskapsberading, aanneming en herkomsfasilitering.
In 2014 neem Magdalenahuis dan ook die geloofstap om weens die oorweldigende nood en behoefte aan hulp, die inwoningskomponent oor te skakel na ’n ondersteunings / ontwikkelingsprogram in hoë risiko gemeenskappe. Die Isiqalo Program (“New Beginnings”) fokus steeds daarop om hierdie weerlose swanger vroue en hul ongebore babas in nood by te staan en te ondersteun.
Met dieselfde visie “uit liefde help ons heelmaak” onderskryf ons die filosofie van die Eerste 1000 Dae, met die uitkoms dat gesonde kinders lei tot ’n gesonde samelewing.
Moederskamer :
Tans dien die konsistorie ook as moederskamer. Ons vra asseblief u geduld op Sondae wat díé reëling aanbetref. Die kerkraad probeer om op die laatste 08:50 daar uit te wees, sodat die moeders en kinders kan ingaan betyds vir die 09:00 diens.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314


