Dit is wonderlik om terug te wees in Oekraine. ‘n Week is verby en daar het so baie gebeur.
Dit was ook moeilik en goed om in ons huis te wees. Dit is ‘n groot aanpassing om self al die besluite te neem.
Nou verstaan ek eers hoe maklik die lewe met Ockert was. Hy het alles gereel en ek het net saamgery. Maar ek leer om meer en meer my Vader se stem te hoor en Hom te gehoorsaam.
Wat Beteken dit om ‘n Sendeling te wees in Japan? Oor brandende bosse…en brandende harte (wat nie uitbrand nie…)
Beste Ondersteuner
Dertien jaar gelede, ses maande volswanger, met ‘n 18 maande oue, hiper-aktiewe dogtertjie, was daar min tyd vir my Japannese taalstudies. Destyds het ons allerhande dinge blameer en onsself baie jammer gekry, omdat nie een van ons vier kinders goeie slapers was nie. Inteendeel, hulle het bitter min geslaap. Min slaap. Aktiewe kleuter én ‘n pap babatjie.
Erediens Sondag 20 Februarie – 10:00 Ds. Danie Goosen Kategese 09:00 Nagmaal 27 Februarie 2022 Rek en Strek oefeninge Dinsdag 08:00 – 9:00 Kerksaal Bestuurspan 15 Februarie Golfdag 26 Maart Klub 50 Woensdag 23 Februarie 10:00 Voorlesing – Onverantwoorelik – Dr. Frans Hancke – 082 490 5737 Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 23 Februarie asook 9 en 23 Maart Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners – Sondagmiddae 082 414 0462.
Dis met leedwese dat ons u meedeel van die afsterwe van Christo Jordaan. Ons dra ons innige simpatie en voorbidding oor aan sy geliefdes, mag die Here u troos en bystaan in hierdie moeilike tyd.
Ons eerste termyn het goed afgeskop. Lokale 3, 4 en 5 is Sondae vanaf 09h00 beskikbaar vir Junior Kategete. Seniors is in die bovertrekke bokant saal. Kinderkerk sal op volumes hanteer word. Belydenisklas is by Ds Danie Navrae kan aan my(Pauline) gerig word by +27 79 557 8591
Tema vir die Jaar Ons tema vir die jaar is die wapenrusting. Ons het reeds dit so aan die kinders verduidelik en elke groep hanteer dan hul hulpmiddels.
Ons skriflesing vanoggend kom uit Lukas 4. Die tema van die prediking is:
Raak ontslae van die dominee.
Spesiale deuroffer gaan vir die Gemeente Instandhoudingsfonds
Kategese om 09:00
Biddag vir Opvoeding en Onderwys
Die ontwrigting van ons onderwysstelsel het verreikende implikasies gehad vir huishoudings en die gemeenskappe waarin leerders woonagtig is. In vele opsigte was dit ‘n sosiale ramp. Nou moet die onderwysstelsel, wat al voor die pandemie onder druk was, herbou word. Dit stel geweldige eise aan leerkragte, leerders en ouers. Ons wil vra dat daar voorbidding gedoen sal word vir:
~ Skole se beheerliggame en komitees ~ Skoolhoofde ~ Onderwysers ~ Ondersteuningspersoneel ~ Toegewyde en betrokke ouers ~ Onderwysowerhede
Dit is Ds Danie se afnaweek.
Jeug
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op
083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Ds Danie Goosen
Spesiale Offer vir die Straatwerk.
Rek en strek oefeninge vir seniors
Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die
kerksaal. Nuwe lede is welkom.
Kontakpersoon: Piet Snyman (082 297 3476).
Bestuurspanvergadering – 15 Februarie 2022
Die bestuurspan vergader eerskomende Dinsdagaand om 17h30 in die kerk onder die voorsitterskap van Ds. Danie Goosen. Ons vra u voorbidding vir die vergadering.
Blokbyeenkoms – 16 Februarie 2022
Blok 3 (Voorbrug) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Susan Calitz (082 331 5438).
Gholfdag fondsinsameling
Die jaarikse gholfdag fondsinsameling vind plaas op 26 Maart 2022.
Vir navrae kontak vir Johan Smit (084 500 4296).
Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners
Hiermee wil ons u hartlik uitnooi om kontak te maak met André Olivier. Hy en sy Sotho huishoudster, Janette wil graag ‘n Bybelstudie groep begin vir Sotho, Pedi en Tswana sprekende inwoners van die dorp en gemeenskap op Sondagmiddae by die kerk terrein.
Alle belangstellendes kan André kontak op sel nr 082 414 0462.
Klub-50
Klub-50 se jaarvergadering word op Woensdag 23 Februarie 2022 om 10h00 in die kerksaal gehou. Kontak Marie Snyman (082 229 8316 / 044 620 3053); Estelle Uys (072 675 6696) of Anneke Blaauw (082 371 8889 / 044 620 4575). Covid maatrëels sal geld.
Kerkkalender27 Februarie 2022 – Neem asseblief kennis dat daar tydens die 10:00 erediens nagmaalbedien sal word.
Voorlesings – Dr. Frans Hancke
Om die voorlesings uit dr. Frans Hancke se boek “ONVERANTWOORDELIK”weekliks te ontvang, stuur u Naam en Whatsapp-nommer (selfoonnommer) na 082 490 5737 voor Saterdag 19 Februarie 2022.
Getuienisbediening
Liewe Gemeente, baie dankie vir die oorgawe waarmee verlede jaar bygedra is tot die Getuienisprojek se behoeftes! Ons is dankbaar om weer in 2022 te kan steun op U welwillendheid! Soos altyd benodig ons kinderklere, materiaal, gare, borduur-gare en wol. Ons is ook op soek na ‘n ketel in ‘n goeie werkende toestand – dit hoef nie nuut te wees nie.
Ons datums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 23 Februarie asook 9 en 23 Maart.
Na verlede week se uitreik na Wolwedans is die vrieskaste leeg en ons sal dit waardeer as ons as gemeente weer kan ekstra poging insit om 80 soppe vir volgende week se uitreik beskikbaar te maak. Ons weet die weer is dalk te warm, maar dit maak ‘n verskil by die mensies vir wie ons dit gee.
Baie dankie vir jul deurlopende ondersteuning.
Omgeebediening
In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens.
Baie dankie vir almal wat op verskillende wyses bygedra en gehelp het.
Ondersteuningsgroep
Eensaamheid is ‘n probleem wat toenemend voorkom in ons eie gemeente, daarom het ons dit goed gedink om ‘n ondersteuning network en groep te begin vir:
enkellopendes;
mense wat gemarginaliseerd voel;
nuwe intrekkers wat uitgesluit voel;
selfs mense binne ‘n verhouding wat eensaam voel;
of wat ookal jou omstandighede is, dalk weens verlies of siekte.
Indien jy wil inskakel by so ‘n groep, of nodig het om net met iemand vertroulik te praat, kontak of whatsapp my. Riana Briers (081 039 8853)
Bybelstudiegroepe
Ons gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke. Indien u by ’n groep wil inskakel, skakel die kerkkantoor (044 620 2205) om uit te vind watter groep die naaste aan u huis vergader.
DAG
TYD
PLEK
KONTAK-PERSOON
🕿
Maandag
17:00
Suiderkruis
Danie Goosen
079 525 3624
Dinsdag
10:00
Lokaal 6
Gert Louw
082 712 7929
Dinsdag
10:00
Tergniet / Reebokhoogte
Marita Erasmus
082 253 2876
Dinsdag
10:00
Reebokhoogte
Marietjie Smit
082 771 6034
Dinsdag
10:00
Tergniet / Reebokhoogte
Kobus Stemmet
082 577 7316
Dinsdag
10:00
Groenkloof
Dalene le Roux
072 383 0498
Dinsdag
10:00
Groenkloof
Tolletjie vd Merwe
082 412 3153
Dinsdag
10:00
Groenkloof sitkamer
Mienie Zietsman
082 418 8922
Dinsdag
15:00
Reebok
Julie Viljoen
082 662 1749
Dinsdag
15:00
Reebokhoogte
Johan Muller
082 823 2162
Donderdag
09:00
Tergniet
Carin van Ginkel
082 891 7791
Donderdag
18:30
Glentana
Jan Richter
072 231 7859
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
I can hardly believe that I have been back in SA for more than a month. The Cape is beautiful, but I have to get used to the daily changes in the weather; from wind to a heat wave to rain and cold weather, all within a few days.
Konnichiwa Nuusbrief Liewe ondersteuner, Ons skryf hierdie nuusbrief nie uit ‘n koue Japan nie, maar hier vanuit ‘n sonnige Suid-Afrika. Terwyl ons harte verlang om weer in Japan te wees, is ons dankbaar vir elke oomblik saam ons geliefde familie en vriende. Ons koester hierdie tyd en sien dit as ‘n geskenk uit die Here se Hand. Ons sien ook uit na toekomstige geleenthede waar ons met julle, ons ondersteuners, kan tyd saam spandeer. Ons bid dat hierdie tyd in Suid-Afrika mag dien as ‘n tyd waarin ons dieper verhoudings met u kan bou.
In hierdie nuusbrief wil ons baie graag groot nuus met u deel. Ons deel graag met u ‘n brief spesifiek gerig aan u, inligting oor waar onsself nou in Suid-Afrika bevind en waarmee ons tans besig is.
Dis met leedwese dat ons u meedeel van die afsterwe van Hansie Verwey. Ons dra ons innige simpatie en voorbidding oor aan sy geliefdes, mag die Here u troos en bystaan in hierdie moeilike tyd.
As gedeelde vreugde verdubbel, en gedeelde smart halveer, wat gebeur met gedeelde Corona?! Die afgelope week was dit ons gesin se beurt om uit te vind (saam met Carina se broer Nico en sy vriendin wat tydelik by ons oorbly). Ons was almal tegelyk redelik plat, maar is baie verlig om weer aan die gang te wees, al is dit nog bietjie wankelrig. Die sesde infeksie-vlaag is besig om ‘n piek te bereik in Japan, met 85000 nuwe gevalle vandag. Ons dien nog die laaste dae van verpligte isolasie uit, maar sien weer kans vir wat kom. Intussen werk ons aanlyn voort …
Hiermee die nuus dat Michele, Cilliers en Ivan môre na die Oekraïne terugkeer – hulle doen dit met groot geloof dat hulle sal kan ingaan, aangesien die grense vir SA nog toe is. Ons kan vir hulle bid aangesien die risiko groot is dat hulle na Turkye sal moet terugkeer.
Liewe vriende en familie.
Die Here is goed. Alles is in Sy hand. Hy hou ons elke dag vas en vir Hom is alles moontlik. Hy maak deure oop en toe. Hy is almagtig.
Baie welkom by vanoggend se erediens. Vanoggend se diens word gelei deur Dr Frans Hancke.
Ons skriflesing vanoggend kom uit Nehemia 1. Die tema van die prediking is: Biografie van ‘n skinker.
Jaarlikse bevestiging van kerkraadslede:
Ouderlinge: Dr Frans Hancke, Ann Pretorius (Blok 9B) en Johan de Wit (Blok 8A) Diakens: Adolf Jonker (Blok 7) en Corlien Kleyn (Blok 13B)
Spesiale deuroffer gaan vir die Instituut vir Dowes.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames.
Ons begin om 16:00 Woensdagmiddag met die opnames in die kerkgebou en u is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op 083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk.
Jeug
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Gebedsgidse
Gebedsgidse vir Februarie 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Sondag – 6 Februarie 2022
Kategese om 09:00
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Ds Danie Goosen
Spesiale Offer vir die Morreson Kinderhuis.
Rek en strek oefeninge vir seniors
Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die
kerksaal. Nuwe lede is welkom.
Kontakpersoon: Piet Snyman (082 297 3476).
Blokbyeenkoms – 2 Februarie 2022
Blok 1 (Gonnakraal, Sorgfontein en Vlakte) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas, by Hynn & Hannetjie Engelbrecht, Eilandskloof. (082 950 8714)
Gholfdag fondsinsameling
Die jaarikse gholfdag fondsinsameling vind plaas op 26 Maart 2022.
Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners
Hiermee wil ons u hartlik uitnooi om kontak te maak met André Olivier. Hy en sy Sotho huishoudster, Janette wil graag ‘n Bybelstudie groep begin vir Sotho, Pedi en Tswana sprekende inwoners van die dorp en gemeenskap op Sondagmiddae by die kerk terrein.
Alle belangstellendes kan André kontak op sel nr 082 414 0462.
Getuienisbediening
Ons vertrou almal het ‘n geseënde feesgety gehad en ons sien uit om 2022 weer saam die pad te stap en ‘n verskil in ons gemeenskap te maak.
Ons datums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is:
9 en 23 Februarie asook 9 en 23 Maart.
Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 80 gesinne te kan bedien.
Omgeebediening
In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens.
Baie dankie vir almal wat op verskillende wyses bygedra en gehelp het.
KAIROS KURSUS – FEBRUARIE 2022 Wil jy GOD se plan beter verstaan? Wil jy SY opdrag beter verstaan? Wil jy SY wil daagliks doen? Hier is die geleentheid om meer uit te vind. GRATIS KURSUS – KERKGEBOU 10 & 11, 18 Februarie (aand) 12 & 19 Februarie (volle dag) 13 & 20 Februarie (middag) Bespreek jou plek voor 31 Januarie 2022! Skakel Kobus Verreynne (060 889 6897)
Webtuiste
Die gemeente se webtuiste is herontwerp. Die webadres is https://www.nggrootbrak.co.zaen as u ng kerk grootbrak op Google intik sal u die skakel na die webtuiste sien. Kliek net daarop om by die webtuiste uit te kom.
Daar is baie intydse, lewendige en relevante inligting op die webblad, so besoek dit gerus.
Dankies
Ons het die volgende dankie sê boodskappe ontvang:
Dr Jurie Vermeulen – FEBA Radio bediening (R 2 700 donasie)
Dankie dat U getrou saam met ons in gebed staan en die werk van die bediening ondersteun wat die evangelie aan mense bring wat nooit die Goeie Nuus op enige ander manier sou gehoor het nie. Die saadjies wat in 2021 gesaai is, het ’n blywende impak op die lewe van luisteraars regoor Afrika gehad.
Suzanne Storbeck – Up with Downs (R 1 453 donasie)
Dit is met groot dankbaarheid in ons harte wat ons hierdie epos stuur. Baie-baie dankie dat julle ons elke jaar onthou. Dankie vir julle liefde en ondersteuning. Ons waardeer dit opreg.
Lynette Leibach – Geopende Deure (R 767 donasie)
Dankie vir jou geskenk om geestelike en praktiese ondersteuning te voorsien aan ons vervolgde familie in Christus deur jou onlangse geskenk van R 767.
Dankie dat jy deur jou gebede en geskenke die wedren van geloof saam met ons vervolgde familie in geloof aanpak. Jy help om die koninkryk te bou vir toekomstige generasies wanneer jy help om hulle te versterk en toe te rus om hul geloof uit te leef in plekke waar ons geloof onwelkom is.
Adam van Tonder – VGK Groot-Brakrivier (R 1 000 kwartaallikse bydrae)
Kategese 9:00 Blokbyeenkoms Blok 1 – 2 Februarie Golfdag – 26 Maart Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 9 en 23 Februarie asook 9 en 23 Maart Rek en strek oefeninge vir seniors: Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00
Hiermee die brief rakende Elmar en Nadine, soos ons bespreek het in ons vergadering vir julle inligting en voorbidding asb. Ek is in gesprek met Missie Japan aangesien hierdie brief baie eensydig is. Ons gaan voort om hulle te ondersteun aangesien hulle passie nog steeds is om sendingwerk in Japan te doen ( dit het geensins verander nie) en om die Evangelie na die die 99% nie-Christene in Japan te neem. Sodra ek hul nuwe bankrekening ontvang het sal ek dit aan die kerkkantoor stuur.