Prediker: Ds. Danie Goosen
Tema: Die ontroue geliefde?
Skriflesing: Hosea 5: 15 – Hosea 6:6
Begeleiding:
Klavier: Marida Bridges
Prediker: Ds. Danie Goosen
Tema: Die ontroue geliefde?
Skriflesing: Hosea 5: 15 – Hosea 6:6
Begeleiding:
Klavier: Marida Bridges
Woensdag 14 Junie 2023 : • Daar is GEEN kooroefening hierdie week nie.
• As gevolg van onderhoude vir die nuwe leraarspos is daar GEEN blokbyeenkoms
Sondag 18 Junie 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: dr Gerrie van Deventer.
• GEEN Kategese.
Spesiale Kerkraadsvergadering • 21 Junie 2023 om 18:00
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: 21 Junie 2023
Ned. Geref. Kerk Groot-Brakrivier
Vandag – Sondag 11 Junie 2023 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Hosea 6. Die tema van die prediking is: Die ontroue geliefde?
• Kategese.
• Biddag vir Jeug & Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Woensdag 14 Junie 2023 :
• Daar is GEEN kooroefening hierdie week nie.
• As gevolg van onderhoude vir die nuwe leraarspos is daar GEEN blokbyeenkoms die week nie. Ons sal herskeduleer.
Sondag 18 Junie 2023 :
• Erediens om 09:00.
• Prediker: dr Gerrie van Deventer.
• GEEN Kategese.
• Vadersdag.
• Nasionale Biddag vir Blindes.
• Spesiale Offer vir Innovation for the Blind by die deure.
Spesiale Kerkraadsvergadering
• Daar sal op 21 Junie 2023 om 18:00 ‘n spesiale kerkraadsvergadering in die kerksaal plaasvind.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds. Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Junie 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: Ons volgende uitreikdatums vir die kwartaal is op 21 Junie.
• Ons het ons uitreik verhoog na 100 gesinne, aangesien die nood net te groot is.
• Ons is so dankbaar vir die getroue ondersteuning en voorsiening wat deurlopend gedoen word. Ons wil dit moontlik maak vir meer mense om dit te ondersteun en daarom maak ons bekend dat daar drie alternatiewe is om die sopvoorsiening te ondersteun:
- ‘n Ander alternatief is om kontant te skenk vir die aankoop van bestanddele wat verpak kan word.Ons benodig op ‘n deurlopende basis leë 200g koffiebottels om die droë sopbestanddele in te plaas asb.
Behoeftes vir Getuienisprojekte :
• Daar is tans ’n groot behoefte aan wol – baie dankie vir die wol reeds ontvang. Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak deur middel van foto’s wat op die webblad geplaas word.
• Ons het ‘n behoefte vir ’n naaldwerk masjien. Indien iemand een het om te skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word / gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel vir Aletia – 084 783 1308.
Omgeebediening :
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Pakistan
FEBA Ethiopië se hoofkantoor is in Addis Ababa, waar hulle twee programme van 15 minute elk vervaardig. Die programme word uitgesaai na Ethiopië en die Midde-Ooste, insluitend Libanon en Saoedi-Arabië, waar mense dit elke aand om 19:00 kan luister. In Maart en April het FEBA Ethiopië briewe en telefoonoproepe van sowat 1,148 luisteraars ontvang, waarvan 570 nuut was!
Ons gebed vir die week: Loof God vir hierdie wonderlike groei en bid dat FEBA Ethiopië se direkteur, Tenkir Teni, en sy span se harde werk nog meer vrugte sal afwerp.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
11 Junie 2023
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 11 Junie 2023.
Dankies
Bloedskenking :
Die bloedskenking op 1 Junie 2023 het 63 volpinte bloed opgelewer.
Baie dankie vir die 71 mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.
Gevind
Na die Gemeentefees het daar ’n inkopiesak met 2 pakkies koekies en ’n paar 2de handse boekies agtergebly. Indien dit aan u behoort kan u dit kom afhaal by die kerkkantoor gedurende kantoorure.
Vandag is Nasionale Biddag vir Jeug en Kategese.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Liewe vriende en familie
Net gou vra, indien daar op die Gebedsbrief gereageer word, stuur asseblief ‘n epos vir my na nuwedag@gmail.com anders gaan jou brief na almal op die gebedslys terug gestuur word.
Dankie dat julle bid en dankie vir elke brief, oproep en bemoediging. Ek waardeer dit oneindig baie.
Die Here is so goed en getrou.
Lees meer “Oekraïne Nuusbrief vanaf Michele – Reni Gebedsbrief Mei 2023”Dries’ 70th birthday turned out to be a rather subdued and quiet day. The main reason for that being the news about the valuation of Gabriel which we heard on Friday.
Lees meer “Nuusflits vanaf Lynette van Madagaskar – Die WEEK – 28/05/2023”| Donateurnommer: 107949 Beste Vriende Die winter is hier en die Kaap is lekker nat en koud! Gelukkig is die meeste sport en aktiwiteite vir die kwartaal klaar en Jan Krielers is reeds druk besig met eksamen. Lees gerus in die meegaande nuusbrief meer oor hoe ons leerders én oud-leerders presteer, die eerste Food Jam @ Jan Kriel en hoe donateurs se bydraes Jan Krielers veilig hou. Kliek hier om die Nuusbrief in pdf-formaat te lees.Click here to read the Newsletter in pdf format. Lekker lees! Ds. André van Wyk Direkteur: Jan Kriel Instituut “Jan Krielskool het my kind die vrymoedigheid gegee om uit haar dop te kruip, om ander se hindernisse te verstaan en ook haar eie te aanvaar. Dit is vir my asemrowend dat een skool leerders met so ʼn verskeidenheid van hindernisse kan ondersteun” Lees meer… Hierdie jaar is die eerste Food Jam @ Jan Kriel aangebied en dit was ‘n besonderse geleentheid! Tiaan Langenegger, Elmarie Berry, Martjie Malan en Fayruza Abrahams het die gaste prakties kom leer om self die heerlikste disse voor te berei. Van pasta tot vis, eiervrug, lam en ‘everything in between’. Jan Kriel se spesiaal ingerigte kombuise (vir ons leerlinge se gasvryheidstudies) is perfek toegerus vir sulke ‘Master Classes’. Food Lover’s Market het al die bestanddele geborg en Delheim Wynlandgoed kon die kosmaak en lekker eet met die beste wyne afrond. Food Jam @ Jan Kriel is beslis weer op 2024 se agenda! As Jan Kriel School celebrated its 86th birthday this year and have buildings dating back to 1950, a fire system upgrade is not only necessary but very important. Not many schools have the privilege of supportive donors who carry our learner’s educational and safety interest at heart. Read more… Sedert 1 Maart 2023 het SARS nuwe vereistes vir Artikel 18A kwitansies en belastingserifikate ingestel. Stuur vir ons ʼn epos aan info@jankriel.co.za met die nodige inligting of voltooi die aanlynvorm HIER. Navrae kan gerig word aan Suzette Goldie per epos of by 021 903 0434. Die volgende informasie is nou verpligtend in u belastingkorting wil eis-Individue: Volle naam, ID-nommer, selfoonnommer, inkomstebelastingnommerBesighede: Geregistreerde besigheidsnaam en registrasienommer, kontaknommer n Kans op toepaslike en sinvolle onderrig, ‘n kans op terapie wat help om leerhindernisse te verstaan en te oorwin en ‘n kans op spesialis-ondersteuning om individuele uitdagings te oorkom. Sal jy ook hierdie kanse in jou testament wil verseker? Jou nalatenskap laat hierdie liefdeswerk aanhou om vir baie kinders hoop en nuwe lewenskanse te gee. Verder word alles wat aan Jan Kriel bemaak is vrygestel van boedelbelasting. Kontak Ds. André van Wyk by 021 903 0434 ofinstituut@jankriel.co.za vir meer inligting. Ons getuig ook in dankbaarheid van die volgende bemakings wat onlangs ontvang is:Mev. MJ Crous (Durbanville) Dr. PW Etsebeth (Kockspark) Christa le Roux (Strand) Jan Kriel has 16 busses that run daily to ensure 250 learners get safely to school and back home. One of the furthest routes belongs to driver Frank, going all the way to Table View. He gets up at 4.30am to get to his first stop at 6.00am. One of his learners, travels by MyCity bus from Atlantis at 5.45am to get on board with Frank at 6.30am.One way Frank overcomes delays is having a WhatsApp group with a live location of the bus. He comments that he has wonderful cooperation from the parents. Together with Sarel Marais, responsible for getting everyone on the road in the mornings, our bus drivers are truly a necessary and very valuable asset to the learners of Jan Kriel.“It’s not just about getting the learners on the bus, they should feel safe, relaxed and happy” HIER en hou haar Facebook-blad dop: Sumarie Jordaan – Ms Deaf South Africa 2023 Finalist Jan Krielskool streef daarna om elke leerder se potensiaal te ontwikkel. Ons wil die leerders holisties bou en ontwikkel. Met hierdie holistiese benadering ingedagte, wil ons graag ons leerders se leierseienskappe ontwikkel en erkenning gee daaraan. Ons kan met trots sê dat ons vanjaar begin het met ‘n prefekte-stelsel in graad 6. Ons sien baie uit daarna om hierdie leiers te betrek deur vir hulle verantwoordelikhede te gee, asook deel te maak van verskeie projekte in die laerskool. Our mailing address is: PO Box 650, Kuilsriver, Western Cape, 7579. Copyright © 2023 Jan Kriel Instituut, All rights reserved. |
Donderdag 1 Junie: Kiëf ervaar die afgelope tyd swaar bombardering. Die geweld eis daagliks lewens, insluitende sommige van FEBA Oekraïne-personeel se familielede. Baie aanbieders is tans in die buiteland ter wille van veiligheid, wat ‘n groter werkslas op die huidige span laai. Bid asseblief dat God vir FEBA Oekraïne en hul luisteraars krag, moed, troos en hoop sal gee.
Lees meer “Radio FEBA e-gebedsfokus Junie 2023”This week’s news might sound like lamentations all around, but the difficulties and spiritual attacks leave us somewhat bruised and despondent. We have been encouraged by testimonies from missionaries in other countries this week and listening to sermons always strengthen us.
Lees meer “Madagaskar Sending: Lynette – Die Week 21 Mei 2023”“Ek het self ook nie geweet Wie Hy is nie, maar God wat my gestuur het om met water te doop, het vir my gesê : ‘Die Een op wie jy die Gees sien kom en bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop. Ek het dit self gesien, en daarom getuig ek: Hy is die Seun van God’”
Joh. 1: 33-34
Die herinnering aan die uitstorting van die Heilige Gees is nou weer agter ons, en met die reeks wat ons in Groot Brakrivier beleef het is ons herinner daaraan dat ons deur die Heilige Gees se aanraking nuwe mense, met nuwe prioriteite sal word. Dat die goue draad van God se beplanning van wat hier gebeur dwarsdeur die Bybel beskryf word. Die lewe staan nie stil nie en ons word dikwils weer vasgevang in ons alledaagse bedrywighede.
Lees meer “Stof tot nadenke: “Jesus Christus alleen…””Prediker: Ds. Danie Goosen
Tema: Is jy die gom?.
Begeleiding:
Klavier: Marida Bridges
Woensdag 7 Junie 2023 : • Kooroefening – 17:15 by die orrel. • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 11A & 11B
Sondag 11 Junie 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: ds Danie Goosen. • Kategese
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: 7 en 21 Junie
Klub 50 Pannekoek bak en verkoop @ R6 elk Datum: Woensdag 7 Junie
Ned. Geref. Kerk Groot-Brakrivier
4 Junie 2023 – 11 Junie 2023
Vandag – Sondag 4 Junie 2023 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit 2 Kor 13: 11-13. Die tema van die prediking is: Is jy die gom?
• Kategese.
• Biddag vir die Ekologie.
• Sinodale Offer vir Jeugwerk by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Woensdag 7 Junie 2023 :
• Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.
• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 11A & 11B (Pienaarstrand tot Heroldsbaai) by Kobus en Hanli Huysamen, Gleniquarylaan 283, Outeniquastrand.
082 773 9320.
Sondag 11 Junie 2023 :
• Erediens om 09:00.
• Prediker: ds Danie Goosen.
• Kategese.
• Biddag vir Jeug & Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Junie 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds. Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: Ons volgende uitreikdatums vir die kwartaal is op 7 en 21 Junie.
• Ons het ons uitreik verhoog na 100 gesinne, aangesien die nood net te groot is.
• Ons is so dankbaar vir die getroue ondersteuning en voorsiening wat deurlopend gedoen word. Ons wil dit moontlik maak vir meer mense om dit te ondersteun en daarom maak ons bekend dat daar drie alternatiewe is om die sopvoorsiening te ondersteun:
- ‘n Ander alternatief is om kontant te skenk vir die aankoop van bestanddele wat verpak kan word.Ons benodig op ‘n deurlopende basis leë 200g koffiebottels om die droë sopbestanddele in te plaas asb.
Behoeftes vir Getuienisprojekte :
• Daar is tans ’n groot behoefte aan wol. Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak deur middel van foto’s wat op die webblad geplaas word.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.
Omgeebediening :
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters (082 327 9527).
JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
• Skakel asb vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA Filippyne
In 1948, toe China buitelandse sendelinge verbied, het FEBA begin uitsaai vanuit die Filippyne. Die eerste uitsending het op 4 Junie 1948 plaasgevind. Vandag saai FEBA Filippyne uit na 65% van die land via 13 radiostasies. Hulle verskaf weekliks 1,500 ure se Christelike inhoud op die lug, met ’n verdere 1,200 ure aanlyn, in 26 van die landstale. Die FEBA Filippyne-span het Jesaja 26:12 gekies as die leuse vir hul herdenkingsmaand: “…U het ook al ons werk vir ons volbring.”
Ons gebed vir die week:
Veels geluk met jul 75ste verjaardag, FEBA Filippyne! Ons bid dat God sal voortgaan om Sy liefde deur julle bekend te maak.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
4 Junie 2023
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 4 Junie 2023.
Klub 50
Pannekoek bak en verkoop @ R6 elk
Datum: Woensdag 7 Junie vanaf 8:00
Plek: Kerksaal
Klub 50 vra asb n donasie/bestanddele van lede wat nie met hierdie fondsinsameling kan help nie.
Kom ondersteun ons asb. Julle is welkom om by die kerksaal te kom koop.
Bestellings kan ook vooraf geplaas word by:
Estelle Uys – 072 675 6696
Marie Snyman – 082 229 8316
Johan Snyman – 083 736 5747
Faan Muller – 084 870 3236
Dankies
’n Bedrag van R17 785 is ingevorder vir Bybelgenootskap met die Pinksterdienste se deurkollekte. Baie dankie vir elkeen se bydrae.
Bloedskenking :
Die bloedskenking op 1 Junie 2023 het 63 volpinte bloed opgelewer.
Baie dankie vir die 71 mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.
Ons deurkollekte gaan vandag vir Jeugwerk
Jeug- en Familiebediening fokus op die ondersteuning, toerusting en navorsing van jeugwerk wat deur gemeentes gedoen word. Dit sluit onder andere die volgende in: kategese ondersteuning, familiebediening hulpmiddels, #imagine feesnaweek, navorsing oor jong volwasse bediening en kinderbediening ondersteuning. Jeug en Familiebediening het ook twee gratis toeps ontwikkel: “onsglo” en “dinkjeug families” wat geloofsgesprekke onderskeidelik in groepe en in gesinne wil ondersteun.
Vandag is Biddag vir Ekologie
Alan Paton, die gevierde skrywer en filosoof, het gesê: “Die grond is heilig. Dit kom immers van die Skepper self. Onderhou dit. Beskerm dit. Sorg daarvoor, want dit onderhou die mens, beskerm die mens, sorg vir die mens. Vernietig die grond, en jy vernietig die mens.”
Dié aanhaling en talle gedeeltes in die Bybel maak dit duidelik dat die welsyn van die skepping en die welsyn van die mensdom onskeibaar is. Hoe mense leef, het ʼn direkte impak op die skepping en wat met die skepping gebeur. Om hieroor na te dink word die eerste Sondag in Junie elke jaar as Biddag vir die Ekologie ingeruim.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314
1 Junie – Donderdag – Konflik
Bid vir oplossings in konflik situasies en vra dat vrede sal seëvier. Bid ook dat mense mekaar se siening sal insien en nie altyd “reg” moet wees nie, maar dalk die ander kant van die saak ook insien.
2 Junie – Vrydag – Eskom
Ons bid vandag vir ons leiers en die Eskom direksie om die regte besluite te neem en hul gelde reg aan te wend sodat die land se krag weer herstel sal word. Ons bid ook dat alternatiewe metodes van kragopwekking gevind sal word en meer werkskepping sal bevorder en krag sal vernuwe.
3 Junie – Saterdag – Vertroue
Ons bid vandag dat die gemeentelede sal leer om stil te raak en op God te vertrou vir versorging, leiding, wysheid en insig.
4 Junie – Sondag – Biddag vir Ekologie
Ons wêreld raak al hoe droӫr en daarom bid ons vandag dat die mense sal besef dat hul opdrag as mens uitgevoer moet word en dat hulle na die wêreld moet omsien en pro-aktief moet optree ter bewaring van ons bronne.
5 Junie – Maandag – Finansiӫle swaarkry
Ons bid vandag vir alle ouers wat finansieӫl swaarkry en nie altyd kan byhou vir alles wat hul kinders benodig nie. Ons bid ook vir die kinders se aanvaarding met hul ouers se situasie.
6 Junie – Dinsdag – Sending
Ons bid dat die kanale waarop die sendelinge boodskappe kan uitdra soos radio en tv en ander sosiale media, oop sal wees en gebruik sal word om die mense wat in afgeleë plekke leef, te bereik.
7 Julie – Woensdag- Geestelike gesondheid
Bid dat mense wat in hierdie uitdagende tye sukkel met hul geestelike gesondheid die nodige leiding sal kry en ook by die regte plekke sal aanklop vir hulp.
8 Julie – Donderdag – Hulpverlening
Ons wil graag vandag stil raak voor God en die mense wat altyd hulp verleen aan Hom opdra en vra dat daar uit ander bronne baie skenkings sal kom vir behoeftige kinders en dat hul ook die behoefte sal raaksien van die wat hulp benodig.
9 Julie – Vrydag – Paulus se gebed
Ons bid vandag Paulus se gebed in Ef 3: 14-21 – Ons bid dat Hy deur Sy Gees uit die rykdom van Sy heerlikheid aan julle krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.
10 Julie – Saterdag – Huis van God
Dank God met ‘n opregte hart en blymoedige gees dat ons in Sy huis kan aanbid sonder dat ons vervolg word en openlik tot Hom kan bid en gesange kan sing.
11 Julie – Sondag – Instandhoudingsfonds
Ons deurkollekte is vandag vir ons kerk se instandhouding en daarom vra ons vandag voorbidding dat gemeentelede met ‘n oop hart en hand sal skenk vir die instandhouding van die perseel.
12 Julie – Maandag – Hoop
Bid vir hulle wat hoop verloor het en wat elke dag net “oorleef” en wat nie meer kans sien om aan te gaan in ‘n wêreld wat geen hoop het in hulle oӫ nie.
13 Julie – Dinsdag – Geestelike gawes
Die Heilige Gees rig ons almal toe met sekere gawes wat in die kerk van God gebruik word. Bid dat die mense hul geestelike gawes sal raaksien en sal besef dat hul dit kan aanwend om God se koninkryk te bevorder.
14 Julie – Woensdag – Die Politiek
Ons bid vandag dat die korrupsie in die land en in die politiek uitgewys sal word en sal verminder en dat hulle die fondse wat tot hulle beskikking is sal aanwend tot opbou van ons land en sy mense en nie vir eie gewin nie.
15 Julie – Donderdag – Onsekerheid
Wag jy vir ‘n antwoord van God en is jy onseker? Bid en lê jou probleem aan God voor en wag dan getrou vir Sy antwoord. God het Sy eie tyd, maar wees gerus dat God sal antwoord. 1 Pet 5: 7.
16 Junie – Vrydag – Jeugdag
Bid vandag vir ons jeug en hul geestelike en emosionele welstand in vandag se tye en dat hulle standvastig sal bly in ‘n wankelende wêreld.
17 Junie – Saterdag – Leraars
Ons bid dat ons leraars die nodige insig en kennis van U sal ontvang om met die gemeente te deel en dat hulle dit op so ‘n ontvanklike manier aan die gemeente kan meedeel dat hulle dit sal verstaan en ook kan uitleef.
18 Junie – Sondag – Vadersdag
“Vader, kom versterk ons Vaders dat hulle ons huishoudings weer as die Koning van die huis sal beharting en die nodige leiding en rigting aan die huisgenote gee en versterk hulle met die nodige insig en begrip om as ware leiers op te tree.”
19 Junie – Maandag- Buitelandse sending
Buitelandse sending vorm ‘n groot deel van ons insamelings en daarom vra ons vandag vir ekstra voorbidding vir die werk wat die sendelinge in die buiteland onder moeilike omstandighede moet doen.
20 Junie– Dinsdag- Siekes
Vader, ons bid vir alle siekes en die wat in pyn is asook mense wat bekommerd is oor die behandeling wat dalk nie die gewenste uitwerking het nie. Seën asb alle dokters en verpleegpersoneel met wysheid om die regte diagnose te maak en siekes met deernis te versorg.
21 Junie – Woensdag – Internet
Tegnologie speel deesdae ‘n groot rol in ons daaglikse lewe. Ons bid dat daar ontwikkelaars vir die internet sal wees sodat die Woord van die Here weer gehoor en gelees sal word en dat die internet ook tot die uitbreiding van die Koninkryk van die Here gebruik sal word.
22 Junie – Donderdag – Besparing
Ons wêreld gaan gebuk onder allerlei spandabelrigheid en daarom bid ons dat die mense ons hulpbronne in ag sal neem en sal kyk waar hulle kan bespaar eerder as verkwis.
23 Junie – Vrydag- Personeel van Kerk en nuwe Dominee
Bid vandag en ook gedurende die maand vir ons Kerk se personeel asook die proses om ‘n nuwe dominee te beroep en dat ons die regte besluit sal neem, maar dat die dominee ook die bevestiging sal kry om hiernatoe te kom.
24 Junie – Saterdag – Onderwysers en Dosente
Ons dra vandag alle onderwysers en dosente aan die Here op en vra dat die Here hulle leiding sal gee om te alle tye so te leef dat Jesus in hul lewe sigbaar is en dat hulle ‘n voorbeeld van ware Christene sal wees. Bid ook dat hulle sal rus in hierdie vakansietyd.
25 Junie – Sondag – Motoriste
Ons bid vandag vir almal op die paaie. Ons bid dat U met hulle sal wees en dat die bestuurders die nodige respek teenoor ander motoriste sal toon asook kalmte op die paaie sal ervaar.
26 Junie – Maandag – Boere
Bid vir ons boerderygemeenskap wat leef met onsekerheid oor grondhervorming en
arbeidsverhoudings. Bid dat die regering hierdie sake met wysheid sal hanteer en dat hul die nodige oplossings vir die vrae sal vind.
27 Junie– Dinsdag – Wil van God
1 Joh.5:14 sê dat as ons iets vra volgens God se Wil, ons dit sal ontvang. Ons bid dat die mense U Bybel sal lees, sal oordink en op hul lewe sal toepas en gereeld na U sal kom om U wil te ontdek en U Woord te bid.
28 Junie – Woensdag – Ongereddes
Ons bid vandag dat die gemeente die ongereddes wat nog nooit van Christus gehoor het nie, sal nader en dat hul nie sal skaam wees om die Woord van God aan hulle te bring nie. Ons bid ook vir ontvanklike harte en dat Christus die weg vir hulle sal voorberei.
29 Junie – Donderdag – Beskermingsdienste
“Jesus, ons bid vandag vir elke lid van die beskermingsdienste wat onbaatsugtige diens lewer in moeilike plekke en tye en bid dat hulle die nodige krag sal ontvang om hul werk met blymoedigheid te kan doen en ook deur hul optrede U woord verder te versprei.
30 Junie– Vrydag – Roeping
Sal jy vandag jou drome net so los en Jesus volg? Bid vandag dat jy jou roeping wat jy van Jesus ontvang het, sal uitleef en ook in die proses ander met jou houding na Jesus sal lei.
Bloedskenk: Ons herinner u aan die bloedskenkingsgeleentheid, Donderdag 1 Junie 2023, vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.
Nuwe intrekkers, is veral welkom, asook enige iemand wat nog nie van te vore bloed geskenk het nie.
Die bloeddiens wil graag die gemeente bedank vir die 58 pinte bloed wat ontvang is tydens die laaste bloedskenking in ons gemeentesaal.
Dit is egter vakansie en die fees-seisoen en veel meer donansies is nodig om ons deur hierdie moeilike tyd te sien. Die Bloeddiens vra daarom as dit moontlik is dat u asseblief by ander donasie sentrums bloed sal skenk tydens hierdie periode.
Nogmaals dankie vir u elkeen se bydrae tot die bloedbank.
Konnichiwa Nuusbrief
こんにちは “Dit is nie geluk wat ons dankbaar maak nie, dit is dankbaarheid wat ons gelukkig maak”.
Liewe ondersteuner,
dis met groot dankbaarheid dat ons hierdie nuusbrief aan u skryf. Ons is dankbaar vir die Here se onverdiende genade, voorsiening en omgee oor ons lewens. Ons is dankbaar vir elke oop deur en oop hart wat net die Here kon bewerk het. Ons is dankbaar vir ‘n gesonde baba-dogtertjie wat groei, vir elke kerk wat hulle erediens vir ons beskikbaarstel en ons is dankbaar vir elkeen van u.
It has been a busy week for both of us. The school concert was on Friday and the picnic on Saturday. Dries will write and tell you all about that. Watch this space.
Load shedding on my side and continuous power cuts on Dries’s side made everything more challenging. At least I knew exactly when the electricity would go off. I managed to get my paper work for my Schengen visa done and printed. I have to go for the interview tomorrow. I find that I am somewhat nervous, because there were endless demands for documents and then to be told that all of it won’t necessarily ensure you of a visa. Please pray with me.
Lees meer “Madagaskar: Lynette’s Madanews THE WEEK – 19/06/2022”Liewe vriende en familie
Die Here is goed en getrou en aan Hom alle eer en heerlikheid. Hy doen wat Hy gesê het en daarvoor prys ons Sy naam. Hy het gesê dat Hy ons beskerm en Hy doen dit.
Ek en Ivan moes sy tydelike verblyfpermit in Odessa gaan haal. Eintlik sou die immigrasie kantoor in Izmail dit kry, maar die vrou in haar bruin uniform het nie eers opgekyk toe sy vir my sê “Gaan haal dit self, ek gaan nie Odessa toe nie!” Sy was besig om deur papiere te soek. Ek was net so dankbaar dat Ivan se permit gereed was en ons het die volgende dag gery.
Oral langs die pad was daar soveel soldate, padblokkades en tenks. Dit voel asof jy ‘n filmster is. Net buite Odessa het ons weer gestop waar soldate al ons dokumente deur gegaan het. Terwyl ons in die ry motors wag, het ons ‘n geskiet gehoor. Dit was na die Swartsee se kant toe. Ek en Ivan het vir mekaar gekyk. Wat moet ons doen? Ons het reeds 5 ure gery om tot daar te kom en ons gaan nie nou omdraai nie! Ons het besluit om net in te ry, die permit te kry en dadelik weer uit te ry. Dit is seker ons kinderlike geloof en besluit om in die middestad in te ry. Odessa was so stil, min mense in die strate. Al die vensters was toegepak met sandsakke, konkreet blokke of met hout toegekap. Gewoonlik in die tyd van die jaar is daar duisende mense in die strate. Van regoor Oekraine kom mense gewoonlik na die Swartsee vir vakansie en daar is ‘n vrolike, somer vakansie gevoel in die lug. Die strande is vol mense en kindertjies wat in die parke speel. Nou is alles stil. Die strand is met landmyne bewapen. Net verlede week het ‘n man dit in die water gewaag terwyl sy kind en vrou op die strand in hul swemklere was. Op die video sien mens net die ontploffing in die water. Dit is oorlog. Oorlog is lelik, wreed. Ivan en ek het uit die kar gespring, die dokument by ‘n vrou met bruin uniform aan gekry en dadelik uit Odessa gery, weer verby al die padblokkades, gewere, soldate. Baie dankbaar vir Ivan se dokument. Later het ons gehoor dat die skiettery die Oekrainiërs was wat Russiese missiele af geskiet het! Ons prys die Here dat Hy Odessa en die hele Odessa streek so beskerm.
Ons gee steeds elke dag vir vlugtelinge kos, baie van die vlugtelinge se kinders is in Raduga. Meer as 4 maande wat hierdie oorlog aangaan. Daar is steeds duisende vragmotors in Reni en duisende vlugtelinge en ons kan sien hoe die Here Reni bewaar. Al die vlugtelinge is baie dankbaar, hulle word soos familie vir ons. En wanneer hulle Oekraine verlaat groet ons mekaar met trane. Klein Irra wat ‘n seldsame sindroom het wat veroorsaak dat sy nie groei nie, is veilig in Engeland. Sy en haar gesin. Sy is twee jaar oud, maar is so groot soos ‘n ses maande oue baba. Gewoonlik stop hulle hartjies na twee jaar. Vriende van ons in Dover het gesê dat hulle die gesin sal help tot in England en blyplek gee, sodat Ira die beste behandeling kan kry. Ira se mamma, Roeslana wil nou in Engeland ‘n fonds stig met die hulp van die pastore waar hulle bly, om ander Oekrainiese kindertjies te help om behandeling te kry.
Cilliers het in Duitsland werk gekry as industriële ingenieur. Hy en Tanya, sy Oekrainiese vroutjie bly nou daar. Mari-Alena wou graag die vakansie kom kuier, maar sy kon nie vir Oekraine ‘n visum kry oor die oorlog nie. Sy land vandag in Duitsland waar sy vir Cilliers gaan kuier. Ek beplan om vir drie weke in Duitsland te wees en dan weer terug te keer na Oekraine. Benjamin Cor wou in Oekraine agter bly om sy verblyfpermit te kry. Nou sit ek en Ivan op ‘n bus oppad Duidsland toe. ‘n Busrit wat ons amper 48 ure gaan neem. Ons was vannag in ‘n 9 uur lange ry met busse en motors. By paspoort beheer is ek en Ivan in ‘n kantoor ingeroep na die “boss” soos hulle hom noem. Daar was ‘n kamer vol mense wat op stoele sit en lê. Baie van hulle het soos Sigeuners gelyk. Hulle het vir my gesê as jy eers in dié kamer is, stuur hulle jou terug Oekraine toe! Ek het in my binneste begin bid. Nadat die boss my dokumente na gegaan het, het hy gesê ons kan maar gaan. Ek het gesê “Prys die Here” en ek en Ivan het na ons bus gehardloop! Ek het die wet uitgedruk waarin staan dat ‘n persoon, met ‘n tydelike verblyfpermit van Oekraïne tot Augustus in Duitsland kan wees sonder ‘n visum. Duitsland en ander Europese lande, verskaf ook gratis verblyf en vervoer gedurende die tyd.
Daar is so baie “eerstes” vir my sonder Ockert en elkeen is die eerste keer moeilik, maar die Here is so getrou en dra ons. Verlede week het die Here vir baboeshka Nastia kom haal. Sy was 96. Vir baie jare was sy heeltemal blind, maar elke Sondag, as haar gesondheid dit toegelaat het, was sy in die kerk. Sy het met hande omhoog gestaan en die Here geloof en saam gesing. Sy was vol soveel liefde en dankbaarheid. Haar dogter en almal om haar het dit vir haar weggehou en nie gesê dat die Here vir Ockert kom haal het nie. Hulle het gedink dit Sal vir haar te groot skok wees. Sy was baie lief vir Ockert en het altyd sy hande in haar handjies geneem en sommer begin huil wanneer sy met hom gepraat het. Sy was die laaste paar maande te swak om kerk toe te kom. Laaste wat ek haar besoek het, het sy vir my gesê dat die Here, vir Ockert gaan stuur om haar te kom haal. Almal in die kamer was verbaas. Tydens haar begrafnis was daar oneenheid tussen haar dogter en die res van die familie. Die familie wou haar begrawe op die ou Russies ortodokse manier met soveel rituele en heidense gebruike, terwyl haar dogter haar wou begrawe op die Christelike manier. Gewoonlik bedien hulle by die graf ‘n ete waar hulle glo dat die oorledene saam met hulle eet en hulle sit ook ‘n bord kos en vodka uit vir die oorledene. Terwyl ons in die hittige son staan en die stof ons almal bedek terwyl hulle die graf toegooi, begin van die familie murmureer en ‘n stryery ontstaan. Hulle vra hoekom daar nie eers selfs koekies of lekkers is nie. Dit was so warm alsof jy voel jy gaan omval. Op daardie oomblik voel ek net hoe die Here woorde in my mond lê en ek begin praat. Die Here gee my ‘n bonatuurlike “boldness” en almal word stil. Ek begin deel van baboeshka Nastia se wens dat hulle elkeen gered sal word en van sonde, berou en bekering. Want so lief het God die wêreld gehad….Almal het stil geword en geluister. Daar het ‘n wolk oor ons gekom by die graf. Die hitte en son was weg vir ‘n oomblik. Net asof die Here sê dat Hy daar is. Ek het gevoel hoe die Here woorde in my mond lê en mense het instemmend hulle koppe geskud. Een het hardop gesê, “Sy praat die waarheid.” Alle lof en eer aan die Here wat ons gebruik wanneer ons klein en swak is en wanneer ons so afhanklik is van Hom. Wanneer ons in geloof leef en nie in wat ons gesonde verstand vir ons sê nie. Ons leef nie volgens dit wat ons sien nie, maar in geloof.
Love Reni het goed gegaan onder omstandighede! Die Here is so goed. Die jaar het 10 skole deelgeneem. Ons het elke skool gaan besoek, danse vir hulle aangeleer en elke skool het hul eie video gemaak met die tema: Ek is lief vir Reni, ek is lief vir Oekraine. Ons boodskap is, Oekraine is mense. Ons Gala geleentheid was in die park met oor ‘n honderd kinders wat saam aan ‘n flashmob dans deelgeneem het.
Enough (Хватит) 2013 [Russian with ENG subtitles]
Al die videos van die skole is op YouTube gelaai. https://youtube.com/c/novidien

Bid asseblief vir Benjamin Cor wat nou alleen in Oekraïne is vir 3 weke. Bid asseblief dat ons veilig terug sal ry tot by die huis in Reni na hierdie kort vakansie saam met die kinders. Bid asseblief vir Hannes-Joshua en Anastasia. Anastasia se visum vir Suid-Afrika is verby en hulle het meer as 8 maande terug aansoek gedoen en binnenlandse sake in SA beweeg nie. Hulle het in House and Home Tydskrif, ‘n fotografie kompetisie gewen en ‘n reis na Thailand. Hulle week daar is nou verby. Hannes-Joshua kon nie ‘n visum vir Oekraine kry nie. Intussen wag hulle vir hul visum om Amerika toe te gaan om vir Ockert se sussie en haar man Keith in Santa Rosa te help met ‘n Christen televisie stasie. Op die oomblik is die twee gestrand in Thailand. Ockert se sussie het vir hulle nog ‘n week gekry in ‘n goedkoper blyplek. Moontlik sal hy weer moet Suid-Afrika toe gaan om vir hom ‘n Oekraine visum te probeer oopmaak, terwyl Anastasia alleen Oekraine toe gaan. Bid asseblief vir uitkoms vir hulle twee.
Hierdie jaar sal ons nie Masada kan hou nie omdat die kampterrein vlugtelinge huisves. Steeds het ons jeugleiers besluit om ‘n “kamp” in ons huis te hou terwyl ek weg is. Toemaar, ek vertrou hulle. Ek glo dat die huis nog gaan staan wanneer ek terugkeer. Tanya en haar man Steve van New Zealand is daar vir nog drie weke. Die meisies gaan in die huis slaap en die seuns in tente op die erf. Hulle speletjies gaan hulle op die dorp se sportveld doen. Hulle gaan drie keer per dag praatjies hê en die doel is om meer tyd in die Woord van die Here te spandeer en ‘n verdieping in die jongmense se kennis van die Woord.
Hierdie laaste paar maande was verskriklik intens en besig. Terwyl ek nou hier op die bus sit en niks doen nie, gee dit my die eerste keer in baie lank tyd om net te dink, te huil en veral toe ons gister deur Lviv gery het, het ek Ockert so baie gemis. ‘n Jaar terug, net voor ons SA toe is, was ons saam met pappa Hannes en Ma Magda in Lviv. Sonder dat ons geweet het, was dit ons afskeid vakansie. Twee weke in Lviv was ‘n groot geslenterd van die Here vir ons en Ockert se ouers. Nou ry ek daar verby en alles is anders. Soldate, loopgrawe, tenks. Hoe vinnig kan mens se wêreld en lewe heeltemal verander. Ek mis hom so verskriklik baie. Soms kom die verlange soos ‘n wolk wat mens toevou en te veel om te hanteer. Dan lig die Here my kop op en sê om verder te kyk in die ewigheid. Ek weet ons gaan mekaar weer sien. Nou is die verlang net te veel. Maar die Here is goed en getrou tot in alle ewigheid. Hy sal ons trane afvee en ons krag gee om tot aan die einde getrou te wees aan Sy roeping tot die laaste dag wat ons Hom sien. Die dag wanneer Hy vir ons ook sê, kom in, my goeie en getroue dienskneg. Dat ons, ons lewe tot die laaste druppeltjie uitgiet as ‘n lewende offer.



Kontak en bankbesonderhede:
Epos: nuwedag@gmail.com, Kontak nr: Op WA +380938126060
Bank: Capitec Rekeningnaam: Mev M Potgieter, Takkode: 470010, Rekeningnr: 1554335599, Soort rekening: Spaar