Nuusflitse Week 23+ van 2024

Nuusflitse

Woensdag 5 Junie 2024 :

• Klub 50 pannekoek en koffie verkope om 10:00 

Sondag 9 Junie 2024 :

• Erediens om 10:00.
• Prediker – Ds Paul du Plessis van Bybelgenootskap

BLOKBYEENKOMS

Blok12A & 12B (Reebok tot Mosselbaai) vind plaas Sondag 9 Junie 

Wolwedans boodskap, sop en brood:

5 & 19 Junie


Afkondigings 2 – 9 Junie 2024

Afkondigings

Sondag 2 Junie 2024 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers:
Dolf & Lizette Delport (dogtertjie – Morgan Delport).
• Ons skriflesing kom vanoggend uit 2 Kor 4:13-5:1.
Die tema van die prediking is: Die groot val!
• Biddag vir Ekologie.
• Kategese.
• Spesiale offer vir Ramot by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Woensdag 5 Junie 2024 :

• Klub 50 pannekoek en koffie verkope om 10:00 in die kerksaal.
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
• Blokbyeenkoms Blok: 11A & 11B (Pienaarstrand tot Heroldsbaai) om 18:00 in die kerksaal. Jan Nortje – 082 806 3794.

Sondag 9 Junie 2024 :

• Erediens om 10:00. 
• Prediker – Ds Paul du Plessis van Bybelgenootskap.
• Nasionale Biddag vir die Blindes.
• Kategese afsluiting.
• Spesiale offer vir Innovation for the Blind by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

BLOKBYEENKOMS

Blok12A & 12B (Reebok tot Mosselbaai) vind plaas Sondag 9 Junie direk na die erediens in die kerksaal.

Sterftes 2024:

23 Mei – Johan Fouche: Wyk 12B
24 Mei – Robert Crause: Wyk 03
Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Junie 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Dankie vir die persoon wat na vore gekom het om te help met die gebedsgidse!
Ons benodig nog een persoon wat kan help met die opstel van maandelikse gebedsgidse. Elke persoon kry 3 beurte per jaar (elke 4de maand) om ’n gebedsgids op te stel, dit kan oor enige onderwerpe handel. Indien u wil betrokke raak skakel Mona de Wet – 084 628 2866.

Getuienisbediening :

• Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die oorblywende datums vir die tweede kwartaal is 5 & 19 Junie. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.

• Behoeftes vir Getuienisprojekte:

• Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.
◦ Daar is steeds ’n spesifieke behoefte vir ’n baba stootwaentjie. Indien u een kan skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel asb vir Aletia – 0847831308.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

VAKANTE POS: HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS

ASSISTENT / STAF VERPLEEGKUNDIGE
Die kandidaat moet geregistreer wees by die SAVR.
Moet oor die vermoë beskik om met verswakte bejaardes te werk.
Die kandidaat sal direk aan die Hoof Verpleegkundige verslag doen.
Moet bereid wees om skofte te werk.

Ons bied ‘n onderhandelbare salaris met pensioen en medies.

KEERDATUM VIR AANSOEKE 7 Junie 2024
Rig ‘n volledige CV en bewys van Registrasie aan:
Die Bestuurder: Hartenbos Bejaardesorgdiens
Epos: bejaarde0@gmail.com

Omgeebediening :

• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 2 Junie 2024

  • Erediensbediening:
  • Skakel na die YouTube Erediens van 2 Junie 2024.
  1. Bybelstudiereeks:
    Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Hoe bly ons staande?”
  2. Gemeentenuus:
    a) Die Junie gebedsgids is beskikbaar op die webtuiste.
    b) Bybelblokraaisels 5 & 6 is beskikbaar op die webtuiste.
  3. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Lanstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Nuusflitse Week 22+ van 2024

Nuusflitse

Woensdag 29 Mei 2024 : • Nasionale Stemdag. • Daar is GEEN kooroefening die week nie
Sondag 2 Junie 2024 : • Erediens om 10:00. • Prediker – Ds Danie Goosen. • Doop. • Kategese
Wolwedans boodskap, sop en brood: 5 & 19 Junie

Afkondigings 26 Mei tot 2 Junie 2024

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 26 Mei 2024 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 3:1-17.
Die tema van die prediking is: Nuwe Lewe.
• Kategese.
• Sinodale offer vir Buitelandse Sending (Zimbabwe/Malawi/Mosambiek) by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Woensdag 29 Mei 2024 :
• Nasionale Stemdag.
• Daar is GEEN kooroefening die week nie.
• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok 10A (Tergniet-Oos) en 10B (Tergniet-Sentraal & Wes) by Maja Wagener, Luckhoffstraat 2 – 083 476 6147.

Sondag 2 Junie 2024 :

• Erediens om 10:00.
• Prediker – Ds Danie Goosen.
• Biddag vir Ekologie.
• Doop.
• Kategese.
• Spesiale offer vir Ramot by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Die eredienstye verskuif na 10:00 gedurende die maande van Junie, Julie en Augustus.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Junie 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Dankie vir die persoon wat na vore gekom het om te help met die gebedsgidse!
Ons benodig nog een persoon wat kan help met die opstel van maandelikse gebedsgidse. Elke persoon kry 3 beurte per jaar (elke 4de maand) om ’n gebedsgids op te stel, dit kan oor enige onderwerpe handel. Indien u wil betrokke raak skakel Mona de Wet – 084 628 2866.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.
Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die oorblywende datums vir die tweede kwartaal is 5 & 19 Junie. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.

• Behoeftes vir Getuienisprojekte:

• Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.
◦ Daar is steeds ’n spesifieke behoefte vir ’n baba stootwaentjie. Indien u een kan skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel asb vir Aletia – 084 783 1308.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

KOLLEKTE SAKKIES
Ons benodig vrywilligers wat kan help met die mooimaak van ons kollekte sakkies. Indien u bereid is kontak asseblief die kerkkantoor.

Dankies

Bloedskenking :
Die bloedskenking op 23 Mei 2024 het 54 volpinte bloed opgelewer.

Baie dankie vir die 60 mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.

Bybelgenootskap :
’n Bedrag van R20 404 is ingevorder vir Bybelgenootskap met die Pinksterdienste se deurkollekte. Baie dankie vir elkeen se bydrae.

Omgeebediening :
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
26 Mei 2024

1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 26 Mei 2024.

  1. Getuienisbediening:
    Die weeklikse nuus uit Madagaskar.
  2. Bybelstudiereeks:
    Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Verskillende Gawes”.
  3. Gemeentenuus:
    a) ‘n Kort oorsig en fotogallery van die Ekumeniese Pinksterdiens 2024 wat by VGK
    gehou is op 19 Mei 2024.
    b) Sien die veranderde tye van die Eredienste vir Junie, Julie en Augustus.
  4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Lanstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Stof tot nadenke: “Hou God van jou? “

“Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word.”
Joh. 3: 16-17

God het ons onvoorwaardelik lief. Dit weet ons virseker. Hierdie twee bekende verse in Johannes 3 kan ons koester en vashou. Iemand vra toe of dit ook beteken dat God van ons hou? Dit is ‘n eg menslike vraag. Ouers is dikwels onvoorwaardelik lief vir hul kinders, maar beteken dit dat hulle noodwendig van elkeen van hulle kinders hou? Ons word ook voor die “jy moet jou medemens lief hê soos jouself” vereiste geplaas. Kan ons hulle lief hê, maar nie van hulle hou nie?

Persoonlik glo ek dis een van daardie dinge wat moeilik is om te oorkom. In ons menslike swakheid is daar so dikwels mense wat jou ontstel, wat jy nie heeltemal en volkome kan aanvaar as vriende nie. Wat net anders is as jy; wat die lewe anders benader; wat baie ander waardes belangrik ag en wat nie vir jou belangrik is nie, dus ontstaan daar uit ons menslike perspektief die gevoel van afkeur, of die gedagte ‘nie hou van nie’. Dis deel van ons menslike stryd.

God beloof ons egter dat Hy ons so lief het, dat Hy selfs bereid was, en wel van die begin af, om sy Seun vir ons op te offer. Vanuit ‘n menslike perspektief voel dit soms onmoontlik om dieselfde te voel en omdat elkeen van ons weet hoe ver ons te kort skiet, ontstaan hierdie gedagte dat God dalk nie eintlik van elkeen van ons kan hou nie. Persoonlik dink ek egter dat God ons so lief het dat God het ons van die begin van elkeen van ons se bestaan, reeds beplan hoe ons sal wees. Hy het ook elkeen van ons op ‘n unieke vormingstog geplaas, sodat ons by Sy Plan kan inpas, daar waar Hy ons nodig het.

Ek glo vas dat God ons onvoorwaardelik lief het net soos ons is, met elkeen se eie unieke, soms eienaardige, persoonlikhede. Hy is die pottebakker, en ons die klei. Hy het ons so gevorm soos wat ons is. Daarom hou Hy van elkeen van ons, net soos ons is. Daarom het Hy Jesus Christus na hierdie aarde gestuur om vir ons sondes te sterf en op te staan, sodat die dood oorwin kon word. God die Vader hou so baie van ons dat Hy ook die Heilige Gees gestuur het om elkeen van ons, elke dag, by te staan totdat ons Hom van aangesig tot aangesig sal kan sien.

Nuusflitse Week 26+ van 2023

Nuusflitse

21 Junie 2023, is ds Anneri Viljoen-Potgieter van NG Hugenoot in Bloemfontein beroep na Groot-Brakrivier
Woensdag 28 Junie 2023 : Daar sal GEEN Kooroefening
Sondag 2 Julie 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: ds Danie Goosen. • GEEN Kategese
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: 19 Julie, 2 & 16 Aug en 6 & 20 Sep.
Klub 50 Snoekbraai op Woensdag 5 Julie by die kerksaal

Afkondigings 25 Junie – 2 Julie 2023

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 25 Junie 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Gen 21: 1-21. Die tema van die prediking is: Wie laaste lag…
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• As gevolg van instandhoudingswerk in die kerksaal sal daar GEEN tee bedien word na afloop van die eredienste tot na die skoolvakansie nie.

Gedurende spesiale kerkraadsvergadering gehou op 21 Junie 2023, is ds Anneri Viljoen-Potgieter van NG Hugenoot in Bloemfontein beroep na Groot-Brakrivier.

Lees meer “Afkondigings 25 Junie – 2 Julie 2023”

Nuusflitse Week 25+ van 2023

Nuusflitse

Woensdag 21 Junie 2023 : • Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751. • Daar is GEEN blokbyeenkoms die week nie.
Spesiale Kerkraadsvergadering • Daar sal Woensdag 21 Junie 2023 om 18:00
Sondag 25 Junie 2023 :• Erediens om 09:00.• Prediker: dr Gerrie van Deventer.• GEEN Kategese.
Wolwedans se laaste boodskap, sop en brood uitreik vir die tweede kwartaal geskied op 21 Junie 2023.

Lief en Leed Week 25 van 2023

Lief en Leed

Dis met leedwese dat ons u meedeel van die afsterwe van John Viljoen en Sias Hoffman.

Ons dra ons innige simpatie en voorbidding oor aan hulle geliefdes, mag die Here u troos en bystaan in hierdie moeilike tyd.

Afkondigings 18 – 24 Junie 2023

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 18 Junie 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Gen 18: 1-15. Die tema van die prediking is: Onverwagte gaste.
• GEEN Kategese.
• Vadersdag.
• Nasionale Biddag vir Blindes.
• Spesiale Offer vir Innovation for the Blind by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Lees meer “Afkondigings 18 – 24 Junie 2023”

Gemeentebrief Junie 2023

Gemeentebrief

13 Junie 2023

Goeiemôre gemeente

Ons dank die Here vir elke goeie gawe in ons gemeente. Ons is dankbaar vir elke lidmaat wat die
Boodskap uitdra en uitleef waar hulle ookal gaan. In besonder wil ons u bedank vir u betrokkenheid
by die verskeie bedieningsaksies in die gemeente. Sonder elkeen se insette sou die werk nie moontlik wees nie.

Ons het sedert die Covid-pandemie ons situasie fyn dopgehou en is dankbaar om te getuig dat ons
eredienste weer dieselfde getalle begin toon as voor die pandemie. Ons het twee versoeke gehad
dat ons die tyd wat die kerk in die winter begin, moet verander. Ons sal die situasie monitor en voor
die einde van die jaar hieroor terugvoer gee.

Ons het ook na vele oorwegings besluit om ons tweede leraarspos te vul. Die kerkraad het die pos
geadverteer in die Kerkbode en die sluitingsdatum vir die pos was 2 Mei 2023. Daar was 31 aansoeke en ons is opgewonde, om na deeglike oorweging, aan te kondig dat ons 3 kandidate genooi het vir onderhoude. Die onderhoude vind die week plaas en ons wil u vra om voorbidding te. doen vir die onderhoudspaneel en al die kandidate. Ons besef dat dit ‘n groot verantwoordelikheid is om ‘n leraar na ‘n gemeente te beroep en vertrou die Here in hierdie proses.

Die ander werk in die gemeente gaan spontaan voort en ons sal nadat die huidige ouditproses afgehandel is terugvoering gee oor die finansiële posisie van die gemeente. Ons kan egter met vertroue noem dat die boekjaar met positiewe syfers afgesluit kon word.

Indien u gereeld op die terrein kom, sal u opmerk dat daar tans verskeie onderhoudswerk op die terrein gedoen word. Ons kan u verseker van ons deeglike beplanning en bestuur van ons fondse in die verband.

Ons wil u ook vra om die kerkkantoor te kontak indien daar nood is, ‘n besoek verlang word, of indien ons op enige manier kan help om die dienskarakter van ons gemeente te verbeter.

Saam in Koninkryksdiens.

Willem du Preez
Voorsitter van die Kerkraad

Lees meer “Gemeentebrief Junie 2023”