Sendingnuus: Missie Japan: Rampspoedig

RAMPSPOEDIG

Beste Ondersteuner, 
Aardskuddende afskop in 2024
‘Ramspoedige Nuwejaar!’, is nié wat jy wil hoor op die eerste dag van Januarie nie. Nuwejaarsdag is normaalweg ‘n feestelike dag om iets te doen wat jy elke jaar geniet. Vir miljoene mense in Japan is die eerste drie dae van Januarie gewoonlike ‘n sonderlinge kans om saam met familie deur te bring. En om saam spesiale disse te geniet en laaaang verkeersknope rondom winkel- en tempelbesoeke te trotseer. Rituele wat oudergewoonte vir Japannese ‘n voorspelbare ritme tuisbring.  

Lees meer “Sendingnuus: Missie Japan: Rampspoedig”

Missie Japan: Vrede

RCJ GETUIG EN BELIGGAAM DIT OPNUUT

Beste Ondersteuner, 

Vrede. ‘n Gesogte woord in vandag se wêreld vol haat en konflik. Jesus het vredemakers as geseënde kinders van God beskryf (Matt. 5), maar deesdae word hulle soms geïgnoreer of gekritiseer as romantiese dromers wat uit voeling is met realiteit.  

Die versugting na vrede: wêreldwyd, verál ook in Japan

Lees meer “Missie Japan: Vrede”

Missie Japan: Opwindende ワクワク SOMER

Beste Ondersteuner,

“Wanneer is die beste tyd om Japan te besoek?”, vra jy dalk. Beslis nie in die somer nie! Japannese somers is soos ’n wet sauna – vir 24 uur wurg jy met ’n sopnat kombers om jou. In die middel van die somer is jou energie en jou emosies in flarde. En wat ookal oorbly van jou word deur sonbesies se konstante skreeuery deurboor.

Lees meer “Missie Japan: Opwindende ワクワク SOMER”

Pinkster-Getuienis vanaf Missie Japan

Logo

PINKSTER GETUIENIS

DIE HEILIGE GEES WAAI WAAR HY WIL

Beste Ondersteuner

Die jaar 2000 het—vir my—nie net die nuwe millennium ingelui nie. Dit was ook ‘n jaar van beslissende verdieping in my lewensreis oppad met God. Ek was voor ‘n kruispad as vyfde-jaar teologie student. Gaan ek voltyds die kerklike bediening afdraai vat, professioneel probeer rugby speel, óf was daar ‘n ander, derde weg?

Lees meer “Pinkster-Getuienis vanaf Missie Japan”

Missie Japan Nuusbrief vir Maart 2023

Tobie en Annalie de Wet se uitstuurdiens by Swellendam Moederkerk, gelei deur leraars (Gawie Gouws en Lounette Engelbrecht) en die gemeente se getuienis leiers Beste Ondersteuner, Tyd vlieg. Lydenstyd is alweer halfpad verby. Hoe draai die seisoen waar jy jou bevind?Daar’s baie aan die gebeur, op klein en groot skaal by ons. Hierdie nuusflits vat — nes onsself die afgelope tyd — net hier en daar grond, met ‘n paar onlangse gebeure vir jou aandag. Dis uiteenlopend, en bietjie langer as gewoonlik (jammer!), maar dankie dat ons kan vra jy dalk end-uit sal lees, meeleef en saam bid en ondersteun. 

Lees meer “Missie Japan Nuusbrief vir Maart 2023”

Sendingnuus: Japan – Elmar en Nadine du Randt van OMF

Goeie dag liewe vriende.

Graag deel ons nuus oor die afgelope paar weke se bedrywighede.

Ons is weer volstoom besig met besoeke aan gemeentes. Ons het Clarens, Frankfort, Volksrust en Bethal onlangs besoek. Dit was geseënde geleenthede by elke gemeente. Ons het ‘n wêreldsending kinderboodskap aangebied by Volksrust. Ons het ook vir die mediese ondersoek gegaan wat OMF vereis. Ons moet nou heelwat inentings ontvang. Die mediese goedkeuringsproses is baie volledig, so daar is nog heelwat toetse wat gedoen moet word voordat dit voltooi is.

Lees meer “Sendingnuus: Japan – Elmar en Nadine du Randt van OMF”

Elmar en Nadine van OMF se Nuusbrief vir Januarie 2023

Elmar en Nadine se Nuusbrief vir Januarie
Konnichiwa Nuusbrief  
こんにちは

Goeie dag liewe ondersteuner, 
“You will keep him in perfect peace,whose mind is stayed on You,because he trusts in You.” 
Isaiah 26:3
NIV Hierdie vers in Jesaja is ‘n belofte dat as ons ons gedagtes op Christus vestig, ons vrede sal ervaar. In die Nuwe Testament beloof Jesus aan Sy volgelinge Sy vrede. Dit is nie die valse vrede van die wêreld nie rn ook nie ‘n vrede wat afhangend van die omstandighede rondom ons is nie. Dis ‘n innelike vrede wat ons die vertroue gee dat Jesus altyd saam met ons is. Dis ons gebed dat jy vrede in Jesus sal vind temidde van moeilike omstandighede en dat jy sal onthou Hy het beloof dat Hy met ons is tot die voleinding van die wêreld.

Lees meer “Elmar en Nadine van OMF se Nuusbrief vir Januarie 2023”

Missie Japan: Te veel om te deel. Waar begin ons?

Misssie Japan Desember 2022

Beste Ondersteuner
 
Hoe het 2023 aan jou kant begin?
 
Ons is terug op spoed sedert die eerste week van Januarie. Meeste van ons gesin moes onlangs deur ‘n griep episode werk, maar andersins loop dinge sover goed.
 
Omdat ons weet hoeveel energie die wegspring van ‘n nuwe jaar vereis, wil ons jou nie vermoei met te veel inligting nie, maar deel ons eerder net foto’s met byskrifte van wat die afgelope maand gebeur het. Deur gasvryheid, prediking en vele geleenthede het ons die vreugde van Christus se koms gedeel. Wat ‘n voorreg!

Lees meer “Missie Japan: Te veel om te deel. Waar begin ons?”

Missie Japan Nuusflits -TERUGVOER NA BESOEK: 16 November 2022

Missie Japan Leiers

TERUGVOER NA BESOEK

VIDEO VERTEL DIE VERHAAL

Beste Ondersteuner,

Bemoedigend. Versterkend. En veel meer! 

Só was die pas afgelope, amptelike besoek van Missie Japan se leiers – dr Nico Mostert en ds Johann Winterbach – aan Japan. Ons het die hoogste waardering vir hulle omgee en heelhartige betrokkenheid, en vir al die kilometers wat hulle moes aflê tot hier asook tydens hulle veelvuldige ontmoetings regoor die land. 

Lees meer “Missie Japan Nuusflits -TERUGVOER NA BESOEK: 16 November 2022”

Elmar en Nadine Durandt – こんにちは😁 Konnichiwa, Goeie dag 15 November 2022

Elmar en Nadine Durandt2022-11-18

こんにちは😁 Konnichiwa, Goeie dag. Ons hoop dit gaan goed met jou. Dit gaan goed met ons gesinnetjie. Leah is alreeds 2 maande oud ☺️. Hierdie maand sing ons saam met mede sendelinge by Kerssangdienste tydens eredienste by 3 gemeentes. Ons sal ‘n Japanese kerslied sing. Vroeg Desember het ons ‘n kursus saam met OMF, waarin ons saam ander sendelinge wat ook oppad na Japan gaan vergader. Ons sien uit om weer gemeentes te begin besoek. Ons sal graag by huidige ondersteunende gemeentes wil uit kom sodat ons, ons sendeling kindjie (Leah) aan almal kan voorstel. Alhoewel ons ook nuwe gemeentes moet probeer besoek. Baie dankie dat jy vir ons bid en ons roeping na Japan ondersteun. ありがとうございます (Baie dankie).

Lees meer “Elmar en Nadine Durandt – こんにちは😁 Konnichiwa, Goeie dag 15 November 2022”

Sendingnuus: Elmar en Nadine

Elmar en Nadine Durandt

Goeie dag 😁. U goedheid Heer kan ons nie peil nie, wie word daardeur nie diep getref. Dis vanoggend die boodskap in ons hart en die woorde op ons lippe. Ons kan net dankie sê vir ‘n pragtige, gesonde klein dogterjie. Ons kan nie ophou om onsself te verkyk aan haar kleine handjies en voetjies nie. Ons bid vir elkedeel van Leah. Ons bid dat Jesus haar voete sal seën sodat sy diep spore in harte sal trap, dat Jesus haar oortjies sal seën sodat sy, God se Woord eendag sal kan aanhoor en verstaan (ook dat sy sal luister na mamma en pappa😉) . Ons bid vir haar mondjie om Jesus daarmee te loof en net mooi woorde te uiter. Ouerskap verander alles, en dis regtig waar dat ‘n mens se hart buite jou liggaam is wanneer jy ‘n kindjie kry. Ons wil Leah elkedag net koester en begeer net die beste vir haar. Ouerskap leer ‘n mens ook van God se liefde vir ons. Dis ‘n diep en onvoorwaardelike liefde. Baie dankie vir jou gebede en omgee vir ons. Liefde Elmar, Nadine en Leah 🌸

Missie Japan: Oktober 2022 Nuusbrief

Missie Japan okt 2022

Voet in die hoek! Dis hoe dit hier gegaan het die afgelope maand of twee. Die hekke is nou weer wawyd oop in Japan, ná die 7e vlaag van Corona verby is. Alhoewel alle maskers nog nie die trekpas gekry het nie, is daar beslis meer interaksies en ontmoetings.  

Ons is veral dankbaar dat ‘n onlangse jeugbyeenkoms (met ‘n braai ingesluit) en verskeie kampe regtig goed verloop het, in groot getalle. Dit het vir heelwat nie-Christene) ‘n kans gegee om die evangelie te hoor, en verál vir Carina geleentheid gebring om haar getuienis en ervaringe te deel (sien foto, méér in video hierby). Ons is bemoedig en aangespoor. Intussen het Carina heelwat ander aanbiedings en werk as deel van RCJ Kita Kobe gemeente.

Lees meer “Missie Japan: Oktober 2022 Nuusbrief”

Elmar en Nadine se Konnichiwa Nuusbrief

Elmar en Nadine Durandt

Konnichiwa Nuusbrief  
こんにちは “Dit is nie geluk wat ons dankbaar maak nie, dit is dankbaarheid wat ons gelukkig maak”.

Liewe ondersteuner,
dis met groot dankbaarheid dat ons hierdie nuusbrief aan u skryf. Ons is dankbaar vir die Here se onverdiende genade, voorsiening en omgee oor ons lewens. Ons is dankbaar vir elke oop deur en oop hart wat net die Here kon bewerk het. Ons is dankbaar vir ‘n gesonde baba-dogtertjie wat groei, vir elke kerk wat hulle erediens vir ons beskikbaarstel en ons is dankbaar vir elkeen van u. 

Lees meer “Elmar en Nadine se Konnichiwa Nuusbrief”