Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 19 April 2026 – God se beste vir jou.

19 April

Liewe Vriend

Ek hoop dat jy vandag die ryke seëninge van God wat die beste vir jou voorberei het, geniet. Lees die Bybel ek kry hoop vir die toekoms. Hier is vandag se boodskap.

Tema: God se beste vir jou.

Teks: “Soos ‘n gasheer sit U net die beste van die lewe aan my voor…” (Ps. 23:5a – Die Boodskap)

  • By God is daar altyd meer as genoeg — Hy maak jou hart so bly dat dit voel soos ‘n rivier wat loop! (Ps. 36:9)
  • God gee jou nooit tweedehands nie — jy kry altyd sy allerbeste.
  • God dek die tafel vir jou — dis wie Hy is. Jy hoef dit nie te verdien nie.
  • God se “beste” is presies wat jy nodig het — al weet jy dit nie altyd nie. Vertrou Hom net daarvoor.
  • Kom sit vandag aan Sy tafel, kom sê dankie en kom ontvang wat Hy vir jou gereed gemaak het.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U net die beste vir my voorberei — help my om vandag dankbaar te wees en U seëninge ten volle te ontvang.

 In die Naam van Jesus Christus die Here.

 Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.