8 April
Liewe Vriend
Vandag glo ek dat jy iets moois van God met die mense rondom jou sal deel. Die Woord van die Here het ook ‘n wonderlike boodskap vir jou.
Tema: Vertel van God se dade.
Teks: “Almal sal bymekaar kom en oor Sy goeie dade met hulle kinders praat. Dit is net die Here wat mense red.” (Ps. 22:32 – Die Boodskap)
- Jy moet ook vir jou kinders vertel — hulle moet ook weet wat God gedoen het.
- God is die enigste ware Redder — wat Hy in mense se lewens doen, is die beste bewys van Sy liefde. (Ps. 107:2)
- Kinders en jongmense leer geloof deur stories — deel vandag met hulle ‘n verhaal van wat God in jou lewe gedoen het.
- Die beste ding wat jy vir die volgende geslag kan nalaat, is nie geld nie, maar ‘n geloof wat lewe.
Gebed
Liewe Vader, dankie vir al die goeie dinge wat U in my lewe gedoen het — help my om dit vandag vrymoedig met ander te deel.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


