7 April
Liewe Vriend
Ek hoop en bid dat jy vandag veilig in God se hande sal rus. Hier is ‘n spesiale Woord van die Here net vir jou.
Tema: God heers oor alles.
Teks: “Die Here is die sterkste van almal. Hy heers oor die volke hier op aarde.” (Ps. 22:29 – Die Boodskap)
- God het die hoogste gesag oor die hele wêreld — niks en niemand kan teen Hom opweeg nie. (Ps. 47:8)
- Daarom is Hy sterker as enige probleem, moeilikheid of teëstand waarmee jy te doen kan kry. (Ps. 46:2)
- Onthou vandag: die God wat oor die wêreld regeer, sorg ook vir die fyn besonderhede van jou lewe.
- Niks is buite God se beheer nie — vertrou Hom met die dinge wat jou bekommer.
- Lewe vandag met die vrede van iemand wat weet: die Sterkste van almal is aan my kant.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U oor alles heers en dat niks vir U te groot is nie — help my om vandag in U almag te rus.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


