Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 9 April 2026

9 April

Liewe Vriend

Ek hoop en bid dat jy vandag die vrede sal ken van iemand wat deur die beste Oppasser opgepas word. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: God sorg vir my.

Teks: “Die Here sorg vir my soos ‘n herder wat sy skape oppas; ek het niks meer nodig nie.” (Ps. 23:1 – Die Boodskap)

  • God slaap nooit nie — Hy hou altyd ‘n oog oor jou. Hy pas jou op. (Ps. 121:3)
  • God ken jou by die naam, Hy weet wat jy nodig het, en Hy sal vir jou sorg. (Ps. 121:5)
  • “Ek het niks meer nodig nie” — dit is nie net ‘n wens nie, dit is iets wat jy vandag hardop kan sê en glo.
  • God sorg nie net vir jou gesin, familie, werk, besittings, kos en klere nie — Hy sorg ook vir jou hart, jou gedagtes en jou gees.
  • Rus vandag daarin: jou Oppasser hou jou dop, en Hy sal jou nooit laat verlore gaan nie.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U soos ‘n goeie Herder oor my lewe waak — help my om vandag in U sorg te rus sonder om te bekommerd te wees

 In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.