The saying, ‘one man’s trash, is another man’s treasure’, rings true in our daily lives. After the new classroom was completed, we had to install a railing and a gate for the safety of the children. PM mentioned to Dries that he had some old railings and burglar proofing materials lying around at the factory and that we were welcome to use it. Given the high cost of rebar her, that was a big help. It was also a rush to get it all done before Dries leaves for South Africa on Tuesday.
Lees meer “Sendingnuus – Madagaskar The Week 9 February 2025”Ondersteuningsgroep: Valentyns ontbyt 2025
Op 14 Februarie 2025 het die Ondersteuningsgroep in samewerking met Seeds of Hope ‘n suksesvolle funksie gehou. Die groep wat die ontbyt bygewoon het, het dit geniet. Daar was ook heerlike lewendige romantiese musiek deur Michael Lindt.
Lees meer “Ondersteuningsgroep: Valentyns ontbyt 2025”Stof tot nadenke: Die ewigdurende aardse soeke…
“Kyk, al wat ek kon vasstel, is dat God die mensdom reg geskape het, maar hulle is op soek na allerlei slim verklarings.”
Pred. 7: 29
Deur elkeen van ons se lewe is ons op soek na soveel verskillende dinge. Sommiges soek na geluk; sommiges soek na ewigdurende lewe; sommige na rykdom; sommige na eer en roem; sommige na wysheid en kennis; sommige na die liefde; sommige na genot. Elkeen word deur verskillende begeertes in die hart in hierdie aardse bestaan voortgedryf. Soms dink ons ons het gevind wat ons gesoek en nagejaag het; soms besef ons, net soos die Prediker, dat baie van hierdie soeke, net ‘n gejaag na wind en ‘n sinnelose soeke is (“Sinloos, volslae sinloos, sê Prediker, sinloos, volslae sinloos; alles is sinloos.” (Pred. 1: 2); (“Alles bly aan die worstel – ‘n mens kan dit onder woorde nie bring nie; oë raak nie versadig van sien en ore raak nie vol van hoor nie.” (Pred. 1: 8); “Ek het gekyk na alles onder die son: Kyk, dit alles is sinloos, ‘n gejaag na wind.” (Pred. 1: 14b)).
Lees meer “Stof tot nadenke: Die ewigdurende aardse soeke…”Erediens: ‘n Aanskouingsles? Psalm 32. Ds Danie Goosen. NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Psalm 23
Tema: ‘n Aanskouingsles
Datum: 16 Februarie 2025
Lees meer “Erediens: ‘n Aanskouingsles? Psalm 32. Ds Danie Goosen. NG Kerk Groot-Brakrivier”Lief en Leed: Week 8 van 2025
Sterftes 2025:
12 Februarie –Salomon Delport: Wyk 13B
Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.
Ons dink aan ons orrelis, Marida Bridges, in haar afwesigheid, met haar broer se skielike afsterwe. Ons innige meegevoel aan sy familie en vriende.
Verjaarsdae:

Nuusflitse vir Week 8+ van 2025
Sondag 16 Februarie 2025: 09:00 Erediens en Kategese
Woensdag 19 Februarie 2025 : Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok 4C
Woensdag 19 Februarie 2025 : Geen kooroefening nie
Sondag 23 Februarie 2025 : Kategese & Erediens om 09:00.
Wolwedans boodskap, sop en brood: 26 Februarie en 12 & 26 Maart
Afkondigings 16 – 23 Februarie 2025
Sondag 16 Februarie 2025 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 32 (2020-vertaling).
- Die tema van die prediking is: ‘n Aanskouingsles?
- Kategese.
- Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Woensdag 19 Februarie 2025 :
Lees meer “Afkondigings 16 – 23 Februarie 2025”Stof tot nadenke: Mag ons die lewe geniet?
“Beveel die rykes in die huidige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie, en nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom te vestig nie, maar op God, wat alle dinge in oorvloed aan ons gee om te geniet.”
Tim 6: 17
Vir elkeen van ons, is die idee van geniet, heel moontlik verskillend. Een mens hou van kuier, lag en gesels, ‘n ander van hardloop en oefen tot die sweet hom of haar aftap, terwyl ‘n ander van stil-in-‘n-hoek sit en lees hou, om maar enkele teenstrydige genietinge te noem. God het ons elkeen op ‘n pad geneem, wat maak dat ons enig is in ons genietinge, ervaringe en waarmee ons ons besig hou. Ons worstel dikwels met die vraag: “Mag ons die lewe geniet?” Die antwoord lê heel moontlik daarin: “Wat ons as genieting beskou?” Is dit tot ondersteuning en uitbou van die Koninkryk? Is dit ten koste van ander, of is dit tot opbou van ander?
Lees meer “Stof tot nadenke: Mag ons die lewe geniet?”Erediens: Die kuns van die lewe. 9 Februarie 2025.Jakobus 3: 13 – 4:10. Dr. Gerrie van Deventer. NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Dr. Gerrie van Deventer
Skriflesing: Jakobus 3:13-4:10
Tema: Die kuns van die lewe
Datum: 9 Februarie 2025
Lees meer “Erediens: Die kuns van die lewe. 9 Februarie 2025.Jakobus 3: 13 – 4:10. Dr. Gerrie van Deventer. NG Kerk Groot-Brakrivier”Historiese Oorsig : NG Kerk Groot-Brakrivier – 1924 – 2025
Historiese Oorsig
NG Kerk Groot-Brakrivier
1924 – 2025
Inleiding
Groot-Brakrivier is ongeveer 25 km noordoos van Mosselbaai en die dorp is in die vloedvlakte van die Groot-Brakriver se seemeer ontwikkel, onder die 50jaar vloedlyn. Die Groot-Brakrivier ontspring in die hange van die Engelsberg en Jonkersberg (die Varingsrivier) in die Outeniqua Bergreeks en vloei redelik reguit, na net ongeveer 25 km, suid na die Indiese oseaan, strooaf van die Wolwedans dam, wat in 1989 voltooi is. Die verhoogde plato, bokant die dorp is tussen 150-300 m bo seevlak. Die naam van die rivier is ontleen aan die hoë soutgehalte van die gety-gebonde seemeer wat dikwels toegespoel word.
Lees meer “Historiese Oorsig : NG Kerk Groot-Brakrivier – 1924 – 2025”Lief en Leed: Week 7 van 2025
Verjaarsdae:

Nuusflitse vir die week 7+van 2025
Sondag 9 Februarie 2025 : Erediens en Kategese 09:00
Dinsdag 11 Februarie 2025: Bestuurspan 17:30
Woensdag 12 Februarie 2025: Blokbyeenkoms om 18:00 in Blokke: 4A (Pine Creek & Bo-Langstr.) en 4B (Onder-Langstr tot Kiewietlaan)
Wolwedans boodskap, sop en brood 12 en 26 Februarie 2025
Sondag 16 Februarie 2025: Erediens en Kategese 09:00
Afkondigings 9 – 16 Februarie 2025. NG Kerk Groot-Brakrivier
Sondag 9 Februarie 2025 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Gerrie van Deventer.
Ons skriflesing kom vanoggend uit Jakobus 3:13-4:10.
Die tema van die prediking is: Die kuns van die lewe.
- Biddag vir Opvoeding & Onderwys.
- Kategese.
- Spesiale offer vir Kindersorg by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Gerrie van Deventer.
Dinsdag 11 Februarie 2025 :
- Die Bestuurspan vergader om 17:30 in Lokaal 6 onder voorsitterskap van
Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.
Woensdag 12 Februarie 2025 :
- Blokbyeenkoms om 18:00 in Blokke: 4A (Pine Creek & Bo-Langstr.) en 4B (Onder-Langstr tot Kiewietlaan) by Gert & Riana Briers, Kiewietlaan 18 – 081 039 8854.
Sondag 16 Februarie 2025 :
- Erediens om 09:00. Prediker – Ds Danie Goosen.
- Kategese.
- Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 –Digitaal.

Kategese :
Kategese vind plaas tydens die erediens (09:00-10:00). Die kinders kom in die kerksaal bymekaar. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor.

Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 20, asook die antwoorde vir nommer 19, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Bedieninge
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
- Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 12 & 26 Februarie en 12 & 26 Maart.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
- Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
- Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
- Hulp met inkopies.
- Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
- Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
DANKIE
Baie dankie aan elkeen vir julle gelukwensing en seën met baba Sion se geboorte. Ons is oorweldig deur almal se liefde en omgee! Ons kry nie altyd sinvol tyd om op elke boodskap te reageer nie, maar ons sien dit raak en waardeer dit baie.
Liefde,
Charné, Ruan en Emma.
Bybelstudiegroepe 2025
Ons gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke.
Indien u by ’n groep wil inskakel, skakel die kerkkantoor (044 620 2205) om uit te vind watter groep die naaste aan u huis vergader.
| DAG | TYD | PLEK | KONTAK-PERSOON | ( |
| Maandae | 16:30 | Lokaal 6 | Jan Richter | 072 231 7859 |
| Maandag | 17:00 | (Wissel) | Cornie Pieters | 082 499 0516 |
| Dinsdag | 10:00 | Lokaal 6 | Gert Louw | 082 712 7929 |
| Dinsdag | 10:00 | Tergniet/Reebokhoogte | Marita Erasmus | 082 253 2876 |
| Dinsdag | 10:00 | Reebokhoogte (Vroue groep) | Marietjie Smit | 082 771 6034 |
| Dinsdag | 10:00 | Reebok (Manne groep) | Koos van Zyl | 082 200 9480 |
| Dinsdag | 10:00 | Groenkloof Bibl. (GK Inwoners) | Ds Danie Goosen | 044 620 2205 |
| Dinsdag | 15:00 | Reebokhoogte | Wilna Lourens | 083 277 4999 |
| Woensdag | 07:00 | Lokaal 6 (Manne groep) | Jurie Vermeulen | 072 316 9562 |
| Woensdag | 10:00 | Lokaal 6 (Vroue groep) | Rumada J v Rensburg | 082 773 8996 |
| Donderdag | 09:00 | Tergniet (Vroue groep) | Carin van Ginkel | 067 173 1473 |
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Eurasië
Bid vir FEBA se bediening aan Moslembevolkings in Kirgisië, Kazakstan, Turkmenistan, Oesbekistan en Tadjikistan. Dié lande is tradisioneel en oorwegend Islamities, so daar is erge teenstand teen die evangelie, en diegene wat hulle na Christus keer, staar verwerping en mishandeling in die gesig deur hul families en gemeenskappe. Tog is baie op soek na die ware God.
Ons gebed vir die week: Bid dat God Sy kinders se geloof sal versterk gedurende moeilike tye en dat FEBA se uitsendings elke luisteraar tot ’n dieper begrip van God se Woord sal lei.
NEEM KENNIS:
Isabella Wolmarans wat ons gemeente so getrou dien by die deure elke Sondag en die tuine so pragtig onderhou gaan vir ‘n kort rukkie in New-Zealand kuier. Ons wens haar alle sëen, vreugde en voorspoed toe met haar reis.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
9 Februarie 2025
- Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 9 Februarie 2025.
Getuienisbediening:
- Lynette se weeklikse nuusbrief, uit Madagaskar, is beskikbaar.
Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Mag ons die lewe geniet?”.
Gemeentenuus:
- ‘n Historiese oorsig van die NG Kerk Groot-Brakrivier is nou op die webwerf
beskikbaar.
b) Die blokkiesraaisel en woordsoek 20 is beskikbaar in voorportaal, by die kerkkantoor se hek en kan aanlyn gespeel word op die webwerf.
Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 ‘ 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Klub50 : Eerste Vergadering – ‘n Foto sessie
Klub50 het op 5 Februarie 2025 hul eerste vergadering vir die jaar gehad.
Danie het die vergadering van Klub 50 van 2025 op n ligte noot met n baie mooi boodskap geopen.
Daarna het lede jolig gekuier om die Vrugte bakkie van spanspek, druiwe en waartlemoen. Te drink was heerlike sap. Wors is gebraai en wors broodjies is later voorgesit.
Tydens die foto sessie is fotos van lede geneem, van wie party prettige kostuums of bykomstighede aan gehad het.
Die bestuur is:
Voorsitter – Koos Geldenhuys, Sekretaresse – Anina Geldenhuys, Onder voorsitter – Estelle Uys, Tesourier – Johan Snyman, Fotograaf – Elsabe Richards
Aktief Kerk: ‘n Uitnodiging vir 2025
Het jy al ooit gewens jy kon jou geloof op ’n meer dinamiese manier uitleef – buite die kerkgebou, maar wel op ‘n Sondag?
Aktief Kerk is vir mense soos jy!
Ons kom een keer per maand bymekaar vir ’n ontspanne, aktiewe geloofsreis. Of jy nou stap, draf, fietsry of bloot die natuurskoon geniet, dit gaan nie oor prestasie nie – dit gaan oor belewenis.
Ons gesels saam oor geloof, lag saam, en bou ’n gemeenskap waar jy aktief, jouself kan wees. Geen druk. Net ’n oop ruimte om te groei en te ontdek.
Maak nie saak waar jy op jou geloofspad is nie – jy’s welkom hier! Sluit gerus aan en ervaar kerkwees op ’n nuwe manier.
Ons eerste bymekaar kom vir 2025 is 23 Februarie 2025 by Glentana Cafe.
Sendingnuus – Madagaskar: THE WEEK – 27/01/2025
“Guard my life and rescue me; do not let me be put to shame, for I take refuge in you. May integrity and uprightness protect me, because my hope, Lord, is in you.“
Psalm 25: 21
The Adventure and Expedition Rangers are currently exploring a Bible series on the Book of Psalms, and this past Saturday, we were especially blessed by Psalm 25. Every verse in this chapter is rich in meaning and deeply relevant to our daily lives. It was a comforting reminder that when we place our trust in the Lord, He provides for us and delivers us from the schemes of the wicked. The Rangers also reflected on God’s call to live with integrity and righteousness, striving to walk in His ways.
Lees meer “Sendingnuus – Madagaskar: THE WEEK – 27/01/2025”Stof tot nadenke: Die Enigste Leidsman
“Hom het God as Leidsman en Verlosser tot aan sy regterhand verhoog, om aan Israel bekering en vergewing van sondes te skenk. Ons is die getuies van hierdie gebeure, en so ook die Heilige Gees, wat God gegee het aan hulle wat aan Hom gehoorsaam is.”
Hand. 5: 31-32
Met elke verkiesing, wêreldwyd en plaaslik, word mense voor die keuse van ‘n leier geplaas. Met ons beperkte kennis oor enigiemand wat hom, of haarself beskikbaar stel, is dit bykans onmoontlik om ‘n goeie keuse te maak. Dan word dit, waarvoor elke persoon staan, beoordeel. Ons is egter deeglik bewus daarvan dat mense wat politieke aspirasies het, bykans enigiets vir die mense beloof voor sulke verkiesings, want hulle wil verkies word. Dit is onmoontlik om, uit menselike perspektiewe, ‘n goeie keuse te maak. Die media ondersteun duidelik sekere rigtings en persone. Op langerlaas, word daar selde uitvoer gebring aan al hierdie beloftes, want uit die menslike natuur, staan mense dikwels vir hulle self, en wat hulle daardeur vir hulle self kan bereik. Dit maak die volgende verkiesing net nog moeiliker vir ‘n keiser, want wie kan jy glo? Wie kan jy navolg? Wie is getrou aan dit wat hulle beloof het? Wie doen wat hulle doen werklik vir die kieser?
Lees meer “Stof tot nadenke: Die Enigste Leidsman”Erediens: Die geskenk van verwerping? 2 Februarie 2025. Lukas 4: 21-30. Ds. Danie Goosen. NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds. DanieGoosen
Skriflesing: Lukas 4: 21-30
Tema: Die geskenk van verwerping.
Datum: 2 Februarie 2025
Lees meer “Erediens: Die geskenk van verwerping? 2 Februarie 2025. Lukas 4: 21-30. Ds. Danie Goosen. NG Kerk Groot-Brakrivier”Sendingnuus – Madagaskar: The Week 19 January 2025.
January 26, 2025
We had a couple of eventful weeks to start off the New Year. The clean-up after the cyclone is still ongoing, but everything is up and running. Dries has almost completed the work on the new roof of our balcony. He is paying extra attention to make sure that it stays attached in the event of another cyclone.
Lees meer “Sendingnuus – Madagaskar: The Week 19 January 2025.”Getuienisbediening se dankie…
Die Getuienisbediening het 28 Januarie 2025 ‘n oggend tee met versnaperinge voorgesit, as dankie vir almal wat bygedra het tot die sukses van die Wolwedans 2024 Kersprojek. Die gemeente en besighede in die omgewing het ruimskoots bygedra.
Lees meer “Getuienisbediening se dankie…”




































