Afkondigings 9 – 16 Februarie 2025. NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 9 Februarie 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Gerrie van Deventer.

Ons skriflesing kom vanoggend uit Jakobus 3:13-4:10.

Die tema van die prediking is: Die kuns van die lewe.

  • Biddag vir Opvoeding & Onderwys.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Kindersorg by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Gerrie van Deventer.

Dinsdag 11 Februarie 2025 :

  • Die Bestuurspan vergader om 17:30 in Lokaal 6 onder voorsitterskap van

Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 12 Februarie 2025 :

  • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blokke: 4A (Pine Creek & Bo-Langstr.) en 4B (Onder-Langstr tot Kiewietlaan) by Gert & Riana Briers, Kiewietlaan 18 – 081 039 8854.

Sondag 16 Februarie 2025 :

  • Erediens om 09:00. Prediker – Ds Danie Goosen.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 –Digitaal.

Kategese :

Kategese vind plaas tydens die erediens (09:00-10:00). Die kinders kom in die kerksaal bymekaar. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor.

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 20, asook die antwoorde vir nommer 19, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Bedieninge

Omgeebediening : 

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Getuienisbediening : 

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 12 & 26 Februarie en 12 & 26 Maart.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsgroep : 

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak: 

Riana Briers –  081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

DANKIE

Baie dankie aan elkeen vir julle gelukwensing en seën met baba Sion se geboorte. Ons is oorweldig deur almal se liefde en omgee!  Ons kry nie altyd sinvol tyd om op elke boodskap te reageer nie, maar ons sien dit raak en waardeer dit baie.

Liefde,

Charné, Ruan en Emma.

Bybelstudiegroepe 2025

Ons gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke.

Indien u by ’n groep wil inskakel, skakel die kerkkantoor (044 620 2205) om uit te vind watter groep die naaste aan u huis vergader.

DAGTYDPLEKKONTAK-PERSOON(
Maandae16:30Lokaal 6Jan Richter072 231 7859
Maandag17:00(Wissel)Cornie Pieters082 499 0516
Dinsdag10:00Lokaal 6Gert Louw082 712 7929
Dinsdag10:00Tergniet/ReebokhoogteMarita Erasmus082 253 2876
Dinsdag10:00Reebokhoogte (Vroue groep)Marietjie Smit082 771 6034
Dinsdag10:00Reebok (Manne groep)Koos van Zyl082 200 9480
Dinsdag10:00Groenkloof Bibl. (GK Inwoners)Ds Danie Goosen044 620 2205
Dinsdag15:00ReebokhoogteWilna Lourens083 277 4999
Woensdag07:00Lokaal 6 (Manne groep)Jurie Vermeulen072 316 9562
Woensdag10:00Lokaal 6 (Vroue groep)Rumada J v Rensburg082 773 8996
Donderdag09:00Tergniet (Vroue groep)Carin van Ginkel067 173 1473

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Eurasië

Bid vir FEBA se bediening aan Moslembevolkings in Kirgisië, Kazakstan, Turkmenistan, Oesbekistan en Tadjikistan. Dié lande is tradisioneel en oorwegend Islamities, so daar is erge teenstand teen die evangelie, en diegene wat hulle na Christus keer, staar verwerping en mishandeling in die gesig deur hul families en gemeenskappe. Tog is baie op soek na die ware God.

Ons gebed vir die week: Bid dat God Sy kinders se geloof sal versterk gedurende moeilike tye en dat FEBA se uitsendings elke luisteraar tot ’n dieper begrip van God se Woord sal lei.

NEEM KENNIS:

Isabella Wolmarans wat ons gemeente so getrou dien by die deure elke Sondag en die tuine so pragtig onderhou gaan vir ‘n kort rukkie in New-Zealand kuier.  Ons wens haar alle sëen, vreugde en voorspoed toe met haar reis.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

9 Februarie 2025

  1. Erediensbediening:

Skakel na die YouTube Erediens van 9 Februarie 2025.

Getuienisbediening:

  1. Lynette se weeklikse nuusbrief, uit Madagaskar, is beskikbaar.

Bybelstudiereeks:

Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Mag ons die lewe geniet?”.

Gemeentenuus:

  1. ‘n Historiese oorsig van die NG Kerk Groot-Brakrivier is nou op die webwerf

beskikbaar.

b) Die blokkiesraaisel en woordsoek 20 is beskikbaar in voorportaal, by die kerkkantoor se hek en kan aanlyn gespeel word op die webwerf.

Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624

   Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  ‘ 044 620 2205

 e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za                     

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier
SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier