Afkondigings 16 – 23 Februarie 2025

Sondag 16 Februarie 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 32 (2020-vertaling).
  • Die tema van die prediking is: ‘n Aanskouingsles?
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Woensdag 19 Februarie 2025 :

  • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok 4C (Avonddans) by Dirk & Dorette Visser – Morgensterstraat 43 – 082 416 3281.
  • GEEN Kooroefening.

Sondag 23 Februarie 2025 :

  • Erediens om 09:00. Prediker – Ds Danie Goosen.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Hartenbos Versorgingsoord by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 –Ds Danie Goosen.

Kategese :

Kategese vind plaas tydens die erediens (09:00-10:00). Die kinders kom in die kerksaal bymekaar. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor.

Lief & Leed

Sterftes 2025:

12 Februarie –Salomon Delport: Wyk 13B
Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.

Ons dink aan ons orrelis, Marida Bridges, in haar afwesigheid, met haar broer se skielike afsterwe. Ons innige meegevoel aan sy familie en vriende.

Verjaarsdae

Bedieninge

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 26 Februarie en 12 & 26 Maart.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

DANKIE

Baie dankie aan elkeen vir julle gelukwensing en seën met baba Sion se geboorte. Ons is oorweldig deur almal se liefde en omgee!  Ons kry nie altyd sinvol tyd om op elke boodskap te reageer nie, maar ons sien dit raak en waardeer dit baie.

Liefde,

Charné, Ruan en Emma.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Thailand

Hoewel daar reeds vir sowat 200 jaar sendelinge in Thailand is, is minder as 1% van die bevolking Christene. FEBA Thailand het hande gevat met ander Christelike organisasies in die “Love Thailand 1-1-1” projek – waar hulle bid en werk vir ’n oes van 1 miljoen gelowiges, 10 000 kerke en 10 000 pastore teen 2028.

Ons gebed vir die week: Prys God vir hierdie enorme visie en vir die voorsiening van vennootskappe wat dit moontlik maak. Bid dat Hy die projek met Sy genade en krag sal aanvuur en dat die resultaat die teiken sal oorskry.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Ds Danie besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
16 Februarie 2025
Erediensbediening: Skakel na die YouTube Erediens van 16 Februarie 2025. Bybelstudiereeks: Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Die ewigdurende aardse soeke…”. Gemeentenuus: ‘n Historiese oorsig van die NG Kerk Groot-Brakrivier is vanaf 8 Februarie 2025 op die Webwerf beskikbaar.
Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:
Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  ‘ 044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons          

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier
SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier